RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 03.07.2019

Die Kaapstad Metroraad sê munisipale regulasies geld vir alle inwoners wat ook haweloses insluit. Dit volg nadat die metroraad mense begin beboet het wat sypaadjies versper en skuilings bou in gebiede wat nie daarvoor toegewys is nie. Corbin August doen verslag.

Monitor 03.07.2019

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê sy is nie verbaas met die bevindinge van die 2018 Internasionale Onderwys en Opleiding Opname, TALIS nie. Die navorsing is in Mamelodi in die Ooste van Pretoria bekend gemaak. Altesaam 48 lande het aan die opname deelgeneem, insluitend die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koningkryk, Japan en Rusland. Suid-Afrika was die enigste Afri...

Monitor 03.07.2019

Die kampvegter wat as 'n Boesman identifiseer, Piet Berendse van die Oos-Kalahari, is een van die trekpleisters by vanjaar se Vryfees in Bloemfontein. Berendse leer kinders om spoor te sny en as't ware die veld te lees. Hy het aan Annelene Moses gesê die vaardighede word so lewendig gehou, omdat dit aan die jonger generasie oorgedra word.

Monitor 03.07.2019

Suid-Afrika se eerste gebaretaal onderwysersprogram is Maandag in Pretoria begin en gaan voornemende gebaretaal onderwysers en hulponderwysers in dowe skole oplei. Dit word gedoen deur die Embury Instituut vir Hoër Onderwys en die Ontwikkelings Instituut vir Dowes en Blindes. Die instellings is dit eens dat hierdie tipe opleiding groot verligting behoort te bring vir die meer as vier miljoen dowe...

Monitor 03.07.2019

'n Enkelmoeder van Khayelitsha buite Kaapstad het vra Twitter-gebruikers om ander mense te help. Dit volg nadat die 32-jarige Thabisa Xhelithole verlede maand op die sosiale media platform, Twitter, 'n tien rand elektrisiteits betaling versoek het. Sy het 'n foto van haar voorafbetaalde elektrisiteitsmeter met die lesing nul kilowatt uur ook geplaas. Sy het sedertdien veel meer gekry wat sy gevra...

Monitor 01.07.2019

Die gemeenskap van Delft op die Kaapse Vlakte is pal in die nuus vir die verkeerde redes, maar nou is daar goeie nuus. 'n Ma wat aangeneem het dat haar seun dood is nadat hy ses jaar gelede vermis geraak het buite hulle huis, is met hom herenig. Jane en haar seun, Denzil Daniels, het gister in Kaapstad aangekom. Dit is nadat sy na eSwatini moes reis om Denzil terug te bring. Ons Wes-Kaapse korresp...

Monitor 28.06.2019

Leon van Nierop was onlangs omring deur troeteldiere in die teater. Hy het darem heelhuids uitgekom, en vertel van sy ervaring..

Monitor 26.06.2019

SA Rugby en die Springbokke loods hulle Gesigte op Nommers-veldtog vir die komende rugby wereldbekertoernooi wat September in Japan begin. Vincent Mofokeng en Anita Visser het met die Springbok flank, Pieter-Steph du Toit, slot Marvin Orie, en die mediabestuurder van die Springbokke, Rayaan Adriaanse gepraat.

Monitor 21.06.2019

Monitor het verlede week gevra dat luisteraars hulle geliefde woorde instuur. Maaifoedie en kakkerlak is van die gunstelingwoorde wat ingestuur is. Baie luisteraars het ook gevra na die herkoms van hierdie woorde. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat oor die herkoms van hul geliefde woorde.

Monitor 21.06.2019

Die Universiteit van Kaapstad maak gereed om die oorblyfsels van nege geraamtes aan hulle afstammelinge in Sutherland in die Noord-Kaap te oorhandig. Die universiteit was besig met 'n ouditproses van sy geraamte-argief toe die beendere verlede jaar in sy versameling ontdek is. Volgens argeoloë en ander kundiges aan die universiteit, dateer die beendere uit die negentiende eeu. Annelene Moses het m...

Monitor 21.06.2019

'n Internasionale navorsingspan het twee aardagtige planete, wat om 'n nabygeleë ster wentel, ontdek. Die ster, waarom twee moontlik bewoonbare planete wentel, is 12 ligjare van die aarde af. Wetenskaplikes glo die twee planete is in die perfekte sone om water op hul vermoedelik rotsagtige oppervlaktes te laat vloei en poele vorm. Annelu le Roux doen verslag...

Monitor 21.06.2019

Die San-gemeenskap van Smidtsdrift in die Noord-Kaap gaan voort om in die wildernis te woon. Die groep het besluit om nie te trek met die res van die gemeenskap na Platfontein, toe die anders in 2003 verskuif was nie. Hulle het besluit om eerder agter te bly. Sedertdien woon hulle in armoede. Sommige inwoners bly nou in 'n saal, terwyl ander in tente leef. Bert Katjorro doen verslag.

Monitor 21.06.2019

Monitor het verlede week gevra dat luisteraars hulle geliefde woorde instuur. Maaifoedie en kakkerlak is van die gunstelingwoorde wat ingestuur is. Baie luisteraars het ook gevra na die herkoms van hierdie woorde. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat oor die herkoms van hul geliefde woorde.

Monitor 21.06.2019

In vandag se Fliekrubriek kyk Leon van Nierop onder andere na een van die wêreld se mees geliefde animasiereekse, Toy Story, waarvan daar nou 'n vierde aflewering is.

Monitor 18.06.2019

Suid-Afrika se ambassadeur in Kopenhagen, Zindzi Mandela, het deur haar beweerde rassistiese uitlatings op Twitter, ernstige vrae gelaat oor of sy hoegenaamd vir haar pos geskik is. Trouens, in sekere Suid-Afrikaanse kringe word haar kop ge-eis. Anita Visser het hierdie verslag saamgestel en met 'n kenner oor die saak gepraat.

Monitor 14.06.2019

Men in Black International is spesiaal vir die langnaweek uitgereik. Leon van Nierop resenseer dit in sy weeklikse fliekrubriek.

Monitor 14.06.2019

Terwyl die debat oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank hierdie week nog opslae gemaak het na aanleiding van Ace Magashule se stelling dat die bank se mandaat uitgebrei gaan word om op werkskepping te fokus, is daar ook 'n debat in Brittanje aan die gang oor die land se sentrale bank. Die gonswoorde in Londen is "quantitative easing" - in Afrikaans vertaal as kwantitatiewe verruiming. Anita Visser he...

Monitor 14.06.2019

Die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Maatskaplike Ontwikkeling in Afrika het bevind dat werkskeppingsprogramme wel jongmense help om werk kry. Dit word as bemoedigend beskou, veral gesien in die lig van die onlangse inkrimping van die ekonomie. Metzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 07.06.2019

Identiteitsbedrog deur middel van E-posse het vanjaar met 62 persent toegeneem. Dit is die bevindings vervat in die maatskappy Mimecast se jongste kuber sekuriteitsverslag. Heino Gevers van Mimecast sê 88 persent van die respondente wat aan die navorsing deelgeneem het, het aangedui dat hulle inligting al op 'n slinkse manier in die kuberruim gesteel is..

Monitor 28.05.2019

Geoloë het die grootste ondersese vulkaan naby die eiland Mayotte in die Indiese Oseaan gevind. Die deursnit van die vulkaan is sowat 5 kilometer. In November verlede jaar was daar seismiese aktiwiteit in die omgewing en nou glo wetenskaplikes dit was die geboorte van die ondersese vulkaan. Jean Esterhuizen doen verslag.

Monitor 28.05.2019

KOOL GAS 07:14 MONITOR 28 5 2019 [TAKE PKG INCUE: DIE BELASTING IS OUTCUE: TE KAN IMPLEMENTEER DURATION:5'41"] [] INTRO = 'n Koolstof-belasting sal van 1 Junie gehef word. President Cyril Ramaphosa het die wetgewing Sondag onderteken. Dit maak Suid-Afrika een van 40 lande wat 'n koolstofprys-program aanvaar het. 'n Klimaatsveranderingskonsultant wat die regering raad gegee het met die skryf van di...

Monitor 27.05.2019

Die Inxuba Yethemba Munisipaliteit in die Oos-Kaap het onlangs 'n kennisgewing van Eskom ontvang dat massa-kragonderbrekings vanaf 4 Junie toegepas sal word, indien die munisipaliteit nie sy betalings-ooreenkoms met die kragreus nakom nie. Die munisipaliteit, wat die dorpe Cradock en Middelburg insluit, skuld Eskom reeds sowat 98-miljoen rand. Die Inxuba Yethemba Munisipale bestuurder, Xolela Mswe...

Monitor 24.05.2019

Ons eerste stel ondersoek in na ons boere se gereedheid om die legio geleenthede in die internasionale landboumark te ontgin. Die regering se 5-jaar landbousektorplan kom ook onder die vergrootglas.

Monitor 22.05.2019

Wanneer hedendaagse kliënte finansiële instellings evalueer, vergelyk hulle nie meer verskillende banke nie, hulle vergelyk ervarings. Alles in hul lewe as verbruikers is beter as ooit, die inligting is onmiddelik beskikbaar en hulle slim digitale dienste wat hulle daagliks gebruik word deur hul slimfoon afgelewer. Die bespreking van 'n vlug, die beplanning van 'n vakansie, inkopies aanlyn - dit i...

Monitor 22.05.2019

Tanzanië het die gebruik van plastieksakke vanaf 1 Junie verban. Die land het ook reisigers gewaarsku dat plastieksakke nie vanaf 1 Junie die land binnegelaat sal word nie. Wêreldwyd het plastiekproduksie die afgelope 50 jaar van 15 miljoen ton tot 348 miljoen ton gestyg. Daar word geskat dat 13 000 stukkies plastiekrommel in elke vierkante kilometer van die see gevind kan word. Suid-Afrikaners is...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.