RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 12 Januarie 2024 12.01.2024 51:09
Suid-Afrika stel sy saak teen Israel by die Internasionale Geregshof in Den Haag. Die Tshwane Universiteit van Tegnologie smelt Joernalistiek en Openbare betrekkinge saam. 'n Mediakenner verduidelik die implikasies daarvan, en 'n Suid-Afrikaanse seiljag in 'n wedvaart om die wêreld - sonder moderne tegnologie.
Monitor 11 Januarie 2024 11.01.2024 47:02
Suid-Afrika se hofsaak teen Israel begin vandag. Ons fokus op die proses en die politieke gevolge vir alby lande en minstens 700-duisend SASSA begunstigdes wag steeds op hul maatskaplike toelaes vir die maand van Januarie.
Monitor 10 Januarie 2024 10.01.2024 49:52
Minstens vyf mense nog vermis ná die oorstromings in KwaZulu-Natal. Regsspanne van Suid-Afrika en Israel berei voor vir die saak wat môre by die Internasionale Strafhof in Den Haag begin, en 'n politieke ontleder bespreek die ANC se LEUENS oor oud-president Zuma se brandpoel.
Monitor 9 Januarie 2024 09.01.2024 50:11
Siviele eise teen die polisie beloop in die eerste kwartaal reeds miljoene rand. 'n Deurbraak in die ondersoek na 'n vee-diefstal-sindikaat in Noordwes. Meer oor die nuwe Covid-19 variant, geken as J-N-punt-1, en kontant kraai lankal nie meer koning nie - maar wat is die implikasies van 'n kontantlose samelewing? Ons praat met 'n kenner.
Monitor 8 Januarie 2024 08.01.2024 47:49
Hoë-koppe word betrek by guns-lone van miljoene rande by NSFAS. Die ondersoek na die dood van die Cradock 4 heropen. en 158 aasvoëls gaan van Noordwes na die Oos-Kaap verskuif word.
Monitor 5 Januarie 2024 05.01.2024 53:07
Hulde aan 'n legendariese radio- en televisie-persoonlikheid. Die tronkdeure swaai oop vir Oscar Pistorius, en die voortslepende waterkrisis in dele van die Noord-Kaap noop die burgerlike samelewing om die howe te nader.
Monitor 4 Januarie 2024 04.01.2024 53:02
Nog vyf lande sluit by BRICS aan..Kommer oor 'n hernude vlaag beurtkrag, en 'n bekende hotel langs die Weskus brand af.
Monitor 3 Januarie 2024 03.01.2024 50:04
Brandstofpryse daal vir die derde agtereenvolgende maand. Ramp-reaksiespanne in KwaZulu-Natal is op 'n gereedheidsgrondslag, met nog storms vandag, en nuwejaars-babas plaas tienerswangerskappe en afwesige pa's onder die soeklig.
Monitor 2 Januarie 2024 02.01.2024 46:30
27 lyke reeds gevind ná oorstromings in die KwaZulu-Natalse Middellande. 'n Sensoriese tuin in Bronkhorstspruit verryk die lewens van dementia-lyers, en vanjaar se verkiesing word beskou as die belangrikste sedert 1994.
Monitor 1 Januarie 2024 01.01.2024 43:43
Die Kaapse Klopse skud hul vere reg vir môre se Twee Nuwejaars Parade. Kenners voorspel wat in vanjaar se verkiesing gaan gebeur, en, reën vandag vir die Oos-Kaap en KwaZuluNatal voorspel.
Monitor 29 Desember 2023 29.12.2023 49:31
Die jongste oor die brand by Kamiesberg in die Noord-Kaap. Opposisie-kanidate in die DRK sê die presidensiële verkiesing is 'n bedrogspul - ons praat met 'n kenner, en terwyl die vakansie-seisoen pret vir mense beteken, is dit minder so vir baie diere.
Monitor 28 Desember 2023 28.12.2023 52:25
Mpumalanga verskerp toerisme-veiligheid..Kenners waarsku dat duisende onderwysers oor die volgende dekade gaan aftree, en die Amasone het sy ergste droogte ooit vanjaar beleef.
Monitor 27 Desember 2023 27.12.2023 50:33
Gerco van Deventer is weer tuis - ná 6 jaar in Al Kaida se kloue. Veilige hawens vir mishandelde vroue en kinders steier onder ekonomiese druk, en Immigrasie was die afgelope jaar 'n warm onderwerp in Suid-Afrika - en kenners meen dit sal gesprekke oorheers in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.
Monitor 26 Desember 2023 26.12.2023 49:04
Boere in Noordwes is woedend oor veediefstalsake wat nie ondersoek word nie. Die Stad Kaapstad sê wetstoepassings-personeel is vandag ten volle op die stad se strande ontplooi, en brandbestryders het die afgelope 24 uur onverpoosd gewerk om talle brande in die Wes-Kaap te blus.
Monitor 25 Desember 2023 25.12.2023 53:32
'n Spesiale Kersdag-Monitoruitsending.
Monitor 22 Desember 2023 22.12.2023 47:27
Verkeer na vakansiebestemmings neem skerp toe. Sakeliga sê die Lisensieraad vir Lugdienste is onregmatig besig om lugdiens-lisensies aan raskriteria onderhewig te maak. En, buurlande is toenemend bekommerd oor die konflik tussen Israel en Hamas.
Monitor 21 Desember 2023 21.12.2023 46:50
Stakende Noordwes-mynwerkers keer terug na die oppervlak..Ons bespreek die gespanne situasie in die Rooisee met 'n militêre kenner, en, dis slangbyt-seisoen.
Monitor 20 Desember 2023 20.12.2023 44:54
Duisende laat aansoeke vir skooltoelating in Gauteng, is reeds ontvang. 'n Landbou-ekonoom sê die agteruitgang van biosekerheid, hou ernstige gevolge vir die ekonomie in. Die Demokratiese Republiek die Kongo hou vandag sy algemene verkiesing.
Monitor 19 Desember 2023 19.12.2023 41:46
Kaapse owerhede waarsku teen braaivleis-vure. Die privaatsektor en die regering sit koppe bymekaar oor ekonomiese groei, en 'n blinde Paralimpiese swemmer maak geskiedenis met 'n doktersgraad in Handelsreg.
Monitor 18 Desember 2023 18.12.2023 46:33
Die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, wat vir ses jaar in Mali aangehou is, is vrygelaat. Oudpresident Jacob Zuma gaan nie vir die ANC in 2024 stem nie. Suid-Afrikaanse organisasies verleen humanitêre hulp aan burgers, wat deurloop onder die oorlog tussen Hamas en Israel.
Monitor 15 Desember 2023 15.12.2023 49:23
'n Nuwe politieke-tuiste vir die veteraan-politikus Carl Niehaus. Gauteng se AmaPanyaza-misdaadbestryders kry amptelike status as vredesbeamptes. Plaaswerker-vervoer is onder die soeklig, na 'n dodelike oop-vragmotor-ongeluk in die Wes-Kaap en die jongste Versoeningsbarometer toon 'n afname in vertroue in openbare instellings. Maar daar is nog 'n aptyt vir samehorigheid.
Monitor 14 Desember 2023 14.12.2023 49:44
Ses van Durban se strande word gesluit, weens hoë vlakke van e.coli. Honderde toerisme-veiligheidsmonitors gaan by gewilde toerismebestemmings ontplooi word. Intussen word bykomende veiligheidsmaatreëls by die Tafelberg Nasionale Park vir die feestyd ingestel en 'n geskiedkudinge ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe, word by die COP28-klimaatsberaad bereik.
Monitor 13 Desember 2023 13.12.2023 49:33
Die regering kry die groen lig om 2500 megawatt Kernkrag. aan te skaf - 'n stap wat nie sonder 'n tikkie sinisme begroet word nie. Dele van die Vlugtelinge-wet is ongrondwetlik - so sê die Konstitusionele. En 300 nuwe mediese praktisyns by die Universiteit van Pretoria neem 'n eed van onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.
Monitor 12 Desember 2023 12.12.2023 44:02
Die nasionale minimum loon gaan dalk volgende jaar styg. Daar is kommer dat die Nasionale Gesondheidsversekering tot 'n uittog van medici kan lei. 'n Kenner gee raad oor hoe om uitbranding te bestuur.
Monitor 11 Desember 2023 11.12.2023 49:20
Die sakeman en voormalige anti-apartheidsaktivis, Roger Jardine, stel 'n politieke alternatief vir die ANC bekend. Eenheid twee van die Koeberg-kernkragsentrale word vandag vir onderhoudswerk afgeskakel, en die Minister van Polisie Bheki Cele ontplooi 'n bykomende tienduisend polisiebeamptes op die vooraand van die vakansieseisoen.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.