RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 16 Februarie 2024 16.02.2024 48:16
Die Veelpartyhandves vra die hulp van buitelandse waarnemers tydens die verkiesing. 'n Politieke wetenskaplike ontleed die president se staatsrede-repliek. Agt vooraanstaande Suid-Afrikaanse medici steun bystanddood.
Monitor 15 Februarie 2024 15.02.2024 47:45
Kommer oor die gebruik van glisofaat om waterslaai in die Vaalrivier te verwyder. Die DA se mosie om die Ethekwini Metro te ontbind, misluk. Prabowo Subianto is die voorloper in Indonesië se presidentsverkiesing.
Monitor 14 Februarie 2024 14.02.2024 48:17
Bafana Bafana deur talle ondersteuners verwelkom by OR Tambo-lughawe. Die ANC gaan voort met kaderontplooiing, ter wille van transformasie. Zimbabwe begin binnekort met openbare verhore oor die Matabeleland-slagting van die 1980's. Navorsing gedoen oor depressie onder die werklose jeug.
Monitor 13 Februarie 2024 13.02.2024 49:48
Inwoners van Ermelo vra vir ingryping oor die waterkrisis in dié dorp. Die Tshwane Metro wil sy uitgawes oor die volgende ses maande met 'n miljard rand per maand verminder. Die uitdagings van radio in 'n digitale wêreld is in die kollig.
Monitor 12 Februarie 2024 12.02.2024 49:40
Twee Suid-Afrikaners is ná 'n jaar steeds in aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee, maar die regering sleep glo sy voete om hulle vrygelaat te kry. Eskom ontken dat Vlak 6-beurtkrag die gevolg van sabotasie is. Sal die EFF die amptelike opposisie word?
Monitor 9 Februarie 2024 09.02.2024 48:34
President Cyril Ramaphosa fokus in sy staatsrede op die afgelope 30 jaar se suksesse. Ons vra ontleders wat hulle dink. Tientalle onwettige elektrisiteitsverbindings is onlangs in Tshwane ontkoppel, en die metro het nóg sowat 1 500 wanbetalers in sy visier. Miljoene kiesers stroom na die stembusse in Pakistan, ondanks die onlangse vlaag van terreur en geweld.
Monitor 8 Februarie 2024 08.02.2024 48:34
Rolspelers in die onderwys en landbou vertel wat hulle verwagtinge van die staatsrede verwag. Die Nasionale Tesourie gaan volstoom voort om die tweepot-aftreestelsel teen September in werking te stel. Bafana Bafana herstel trots in hom, in weerwil van die nederlaag teen Nigerië.
Monitor 7 Februarie 2024 07.02.2024 50:31
Ses leerders sterf in 'n busongeluk naby Ventersburg in die Vrystaat. Die seun van oudpresident Jacob Zuma, Duduzane Zuma, stig sy eie party, en wys sy kleure. Opposisiepartye het ’n reuse taak voor hulle om die ANC uit die saal te lig.
Monitor 6 Februarie 2024 06.02.2024 49:48
Sakelui vra die president om die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering terug parlement toe te stuur. Die werkgewersorganisasie, NEASA, meen die styging in die nasionale minimumloon kan werkskepping ontmoedig. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van die ontslape president van Namibië, Hage Geingob.
Monitor 5 Februarie 2024 05.02.2024 48:43
Baie mense het die afgelope naweek vir vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings geregistreer, maar kiesersapatie bly 'n probleem. 'n Nuwe skietstilstand is op die tafel tussen Israel en Hamas, maar dit bring ook nuwe eise. Huldeblyke stroom in ná die afsterwe van Namibië se president, Hage Geingob.
Monitor 2 Februarie 2024 02.02.2024 47:16
Eskom brei sy ladingverminderingsprojek in Gauteng uit ná 'n suksesvolle toetslopie in een van die provinsie se voorstede. Die regering verlaag invoertariewe op bevrore hoenderstukke. Dié naweek is jou laaste kans om te registreer om te stem in vanjaar se provinsiale en nasionale verkiesings.
Monitor 1 Februarie 2024 01.02.2024 50:30
'n Suid-Afrikaanse vrou ontvang 'n genadedood in Switserland. Die aantal geregistreerde kiesers styg tot meer as 27 miljoen op die vooraand van die tweede verkiesingsregistrasie-naweek. Die Afrika-voorkeurhandelsooreekoms tree in werking.
Monitor 31 Januarie 2024 31.01.2024 48:04
Die brand in Pringlebaai woed steeds buite beheer. Transperancy International sê demokrasie in Afrika is in gedrang. Hoërskoolleerlinge kan nou 'n kwalifikasie in sitrusproduksie verwerf.
Monitor 30 Januarie 2024 30.01.2024 48:27
President Cyril Ramaphosa sê hy is nie bekommerd oor oudpresident Jacob Zuma se skorsing nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bevind intussen dat die 2021-onluste nie met oudpresident Jacob Zuma verbind kan word nie. 10111 - Hoe werk dié nooddiens vir jou?
Monitor 29 Januarie 2024 29.01.2024 48:12
Die brande in die Kaapse Wynlanddistrik woed voort. Build One South Africa het groot planne om werkskepping te bevorder. Zimbabwe plaas 'n tydelike verbod op die invoer van aartappels uit Suid-Afrika.
Monitor 26 Januarie 2024 26.01.2024 49:06
Die Internasionale Geregshof lewer later vandag uitspraak in die Suid-Afrikaanse regering se volksmoord-saak teen Israel. Die stryd teen die brand in die Wolseley-gebied in die Wes-Kaap woed voort. Die Reserwebank laat die rentekoers vir die vierde keer onveranderd op 8,25%.
Monitor 25 Januarie 2024 25.01.2024 48:12
Drankmisbruik is die hoofoorsaak van padsterftes oor die feestyd. Die Veelparty Handves onderneem om eiendomsreg te beskerm. Ekonome verwag nie dat rentekoerse vandag sal daal nie.
Monitor 24 Januarie 2024 24.01.2024 49:41
Politieke partye kritiseer die premier van Noordwes, Bushy Maape, nadat hy na Thailand reis om mediese behandeling te ontvang. Donald Trump word voorspel om die Amerikaanse deelstaat, New Hampshire, se Republikeinse voorverkiesing te wen. Die rand begin effens versterk teen die Amerikaanse dollar.
Monitor 23 Januarie 2024 23.01.2024 48:11
Daar is verskeie opsies vir matriekleerlinge wat gedruip het - ons praat met 'n onderwyskenner. Opposisiepartye bevraagteken weermagvlugte na ANC-bedrywighede. Die MK-party werk saam met ander linkse partye - 'n politieke ontleder bespreek die moontlikheid van 'n linkse koalisie.
Monitor 22 Januarie 2023 22.01.2024 48:46
Die regering gaan voort met sy plan om 'n onderwys-sertifikaat vir graad nege leerlinge in te stel. Die redakteursforum, SANEF, en Media Monitoring Africa vra die parlement om die SAUK-wetsontwerp terug te trek. Die politieke party, Rise Mzansi, wil wanfunksionele munisipaliteite onder administrasie plaas, indien hy aan bewind sou kom.
Monitor 19 Januarie 2024 19.01.2024 49:55
Onderwyskenners ontleed die matrie-uitslae. Pakistan loods teenaanvalle op Iran en kommer oor hongersnood en dodelike siektes in Gaza.
Monitor 18 Januarie 2024 18.01.2024 46:18
Die Onafhanklike Eksamenraad se matriek slaagsyfer is hoër as verlede jaar. 'n Styging in die brandstofprys word vir Februarie verwag en twee gevalle van Cholera is in Limpopo aangemeld.
Monitor 17 Januarie 2024 17.01.2024 47:23
Die land se skole begin vandag....maar plek-plek is daar probleme. Nóg ontwrigtende reën vir KwaZulu-Natal en die Wonderboom-lughawe in Pretoria gaan privaat bestuur word.
Monitor 16 Januarie 2024 16.01.2024 50:57
Kan Suid-Afrika se regsoptrede teen Israel Westerse beleggers afskrik? Die gemeenskap van Lethabo-park in Kimberley in the Noord-Kaap trek saam om leerlinge skoolgereed te kry. Die Kaapse Metro word van die selektiewe toepassing van munisipale regulasies beskuldig na die toeverf van 'n Palestynse vlag in die Bo-Kaap en die DA soek antwoorde, na Krieket Suid-Afrika se besluit om David Teeger van sy...
Monitor 15 Januarie 2024 15.01.2024 49:34
Meer as 16-duisend misdadigers is verlede jaar saam met oud-president Zuma vrygelaat.. Sterrekundiges is opgewonde oor die sogenaamde Groot Ring wat ondek is en die sanger Koos du Plessis is vandag 40 jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.