RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 13 September 2024 13.09.2024

Die omstrede BELA-wet sal waarskynlik vandag bekragtig word. Is kernkrag 'n lewensvatbare opsie vir Suid-Afrika se energiebehoeftes? Reën is volgende week op pad na groot dele van die binneland.

Monitor 12 September 2024 12.09.2024

Die DA dreig om uit die regering van nasionale eenheid te stap indien president Cyril Ramaphosa die BELA-wysigingswetsontwerp onderteken. Landdroste se salarisse en werksomstandighede weer onder die vergrootglas. Die Jagersfontein-ramp van twee jaar gelede word met 'n foto-uitstalling herdenk.

Monitor 11 September 2024 11.09.2024

Die paroolverhoor van Najwa Petersen sal na verwagting vandag plaasvind. Honderde onderwysers se poste in gedrang weens besnoeiings aan provinsiale onderwysbegrotings. Kamala Harris en Donald Trump pak mekaar in 'n debat.

Monitor 10 September 2024 10.09.2024

Skok oor Gauteng se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se onderbesteding van R554 miljoen. Een uit elke vier kinders in Suid-Afrika het vertraagde groei en ontwikkeling weens wanvoeding. Die VSA se twee presidensiële kandidate pak mekaar in 'n debat.

Monitor 9 September 2024 09.09.2024

Duitse masels onder kinders aan die toeneem. Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die skrywer en aktivis, James Matthews. Ons fokus op die Springbokke en die Vroue Bokspan se oorwinnings.

Monitor 6 September 2024 06.09.2024

Die minister van basiese onderwys word gevra hoe ‘n nuwe plan om sportgeriewe aan alle skole beskikbaar te stel, gedoen sal word. 'n Beweerde lid van die konstruksiemafia sê politici sit agter dié soort misdaad. President Ramaphosa sê daar was geen druk op Suid-Afrika om nie handelsooreenkomste met China te sluit nie.

Monitor 5 September 2024 05.09.2024

Die Minister van Korrektiewe Dienste vra strenger paroolvoorwaardes en groter deelname deur die gemeenskap. Suid-Afrika wil meer na China uitvoer. Die Nama Khoi-munisipaliteit in die Noord-Kaap verlaag residensiële eiendomsbelasting met 19 persent.

Monitor 4 September 2024 04.09.2024

Burgerregte-organisasies plaas druk op die president om die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg te onderteken. Die ekonomie het effens gegroei in die tweede kwartaal van die jaar. 'n Rolprent oor plaaskinders wat hulle honde oplei om toertjies te doen, is as beste dokumentêre rolprent by die Silwerskermfees aangewys.

Monitor 3 September 2024 03.09.2024

Die heropende ondersoek na die dood van die Cradock Vier is tot volgende jaar uitgestel. Kommer oor die toename in die stroop van inheemse plante. Hoe volhoubaar is laer brandstofpryse?

Monitor 2 September 2024 02.09.2024

Kommer oor die toename in moord op kinders, en die verkragting van vroue. Die taalraad, Pansat, vra dat Khoe- en San-tale by openbare skole aangebied moet word. Ons fokus op die Springbokke se oorwinning teen die All Blacks.

Monitor 30 Augustus 2024 30.08.2024

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement moet 2 400 onderwysposte besnoei - 'n onderwyskenner reageer. Nóg sukses vir Suid-Afrika by die Onder 20-spele. Die oud-Bok André Pretorius praat oor môre se stryd tussen die Bokke en All Blacks.

Monitor 29 Augustus 2024 29.08.2024

Slegs vier munisipaliteite in KwaZulu-Natal het 'n skoon oudit gekry. Munisipaliteite se skuld aan waterrade beloop meer as R22-miljard. Goeienuus wink steeds vir motoriste by die brandstofpomp.

Monitor 28 Augustus 2024 28.08.2024

Politieke partye en nie-regeringsorganisasies vra dat Justisie-minister Thembi Simelane ondersoek word. Ons praat met 'n belastingkenner oor die tweepot-stelsel. Die Silwerskermfees pas aan by die manier waarop ons na rolprente en televisie kyk.

Monitor 27 Augustus 2024 27.08.2024

Vyf verdagtes verskyn in die hof in Camperdown, KwaZulu-Natal, in verband met die konstruksiemafia in uMsunduzi. Ons praat met Business Against Crime South Africa oor hierdie soort misdaad. Planne word gemaak om 'n muisplaag op Marion-eiland te beveg. Huldeblyke stroom in vir die voormalige rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap, prof. Brian O'Connell. Die Departement van Internasionale Betr...

Monitor 26 Augustus 2024 26.08.2024

Nóg 'n brandende gebou in Johannesburg eis lewens. 'n Nuwe inisiatief om vroue en kinders wat erg getraumatiseer is deur geslagsgebaseerde geweld, by te staan. 'n 72-jarige Suid-Afrikaner stel sy eerste rolprent as regisseur vry.

Monitor 23 Augustus 2024 23.08.2024

Floyd Shivambu organiseer nou die MK-Party. R67 miljoen vir sportontwikkeling bewillig. 'n Nuwe veldtog om kinders wat skool toe stap, te beveilig.

Monitor 22 Augustrus 2024 22.08.2024

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging gaan nie die presidensiële gesondheidsverdrag onderteken nie. Ons fokus op die uittredende hoofregter Raymond Zondo se invloed op die bevordering van demokrasie en die politiek. Tim Walz aanvaar amptelik sy benoeming as die Demokratiese Party se visepresidentskandidaat.

Monitor 21 Augustus 2024 21.08.2024

Vrae oor bewerings dat bendelede die topvlakke van die polisie in die Wes-Kaap geïnfiltreer het. Die Minister van Binnelandse Sake sê die departement se werkswyse is 'n bedreiging vir nasionale veiligheid. Kommer oor 'n brand by 'n skool in Eldorado Park, waar daar 'n voorval van messtekery onder leerlinge was. Die Universiteit van Pretoria teken 'n ooreenkoms om malaria in die SADEK-streek te bev...

Monitor 20 Augustus 2024 20.08.2024

Die ANC gaan nie sy provinsiale uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal ontbind nie. Die Tshwane Metro sê eiendomskaping is aan die toeneem. Ons fokus op die Amerikaanse Demokratiese Party se Nasionale Konvensie.

Monitor 19 Augustus 2024 19.08.2024

Die ANC se leier in Gauteng, Panyaza Lesufi, waarsku lede teen leedvermaak oor Floyd Shivambo se uittog uit die EFF. Inwoners van Riverlands in die Swartland is bekommerd nadat 'n vierde dam oorstroom. Sommige politieke partye is ongelukkig oor die Koalisiewetsontwerp. Die 95 Libiërs wat militêre opleiding in Suid-Afrika ontvang het, word gedeporteer.

Monitor 16 Augustus 2024 16.08.2024

EFF-leier Julius Malema verwag dat talle lede die party sal verlaat nadat Floyd Shivambo na die MK-party oorgeloop het. Skoolveiligheid kom onder die loep ná 'n skietvoorval by 'n skool in Eldoradopark in Johannesburg. Rusland mobiliseer om Oekraïne se inval teen te staan.

Monitor 15 Augustus 2024 15.08.2024

Verbruikers het in Junie vanjaar meer klere en skoene gekoop as 'n jaar gelede. Die SAUK-wetsontwerp is terug na die parlement gestuur. Israel gaan voort met aanvalle teen Hamas in die Gasastrook, ure voor beplande vredesamesprekings.

Monitor 14 Augustus 2024 14.08.2024

Een uit drie volwassenes in Suid-Afrika is werkloos. Johannesburg maak gereed vir 'n nuwe burgemeester. 'n Einde aan diskriminasie teen linkshandiges word bepleit. Namibië beoog om 'n radioteleskoop te bou wat in die millimetergolflengte-spektrum sal kan waarneem - dit sal die eerste van sy soort in Afrika wees. Die parlement se justisiekomitee wil hê 'n nuwe adjunk openbare beskermer moet teen di...

Monitor 13 Augustus 2024 13.08.2024

Ace Magashule se voormalige assistent, Moroadi Cholota, sê die staat se saak teen haar is swak. OUTA vra die parlement om in te gryp om die SA Maritieme Veiligheidsowerheid reg te ruk. Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê werkloosheid is wêreldwyd aan die afneem onder jongmense.

Monitor 12 Augustus 2024 12.08.2024

Twee-derdes van alle misdaadsake bly onopgelos. Die MK-party wankel onder interne toutrekkery. Opruimingswerk gaan voort in Riverlands in die Wes-Kaap waar twee damwalle verlede week meegegee het. Genadiglik het dit daar opgehou reën.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.