RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 18 Oktober 2024 18.10.2024

Die Instituut vir Sekerheidsstudies sê ernstige misdaad kan deur die opsporing van onwettige vuurwapens bekamp word. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton MacKenzie, reageer op kritiek dat sy besoek aan die Olimiese Spele R800 000 gekos het. Die Padvragvereniging sê die privatisering van hawens is waarskynlik vir eers van die baan ná 'n belangrike hofuitspraak in Durban.

Monitor 17 Oktober 2024 17.10.2024

Kleinhandelverkope styg vir die sesde agtereenvolgende maand. Hoe gaan jy vir 'n mammogram? Ons praat met 'n kenner oor borskanker-bewusmaking. 'n Elekrtiese motorfiets kom 6 000 kilometer later, vanaf Kenia in die Kaap aan.

Monitor 16 Oktober 2024 16.10.2024

'n Moontlike styging in die brandstofprys in November. Rand Water vra munisipaliteite om dringend waterverliese te beperk om te verhoed dat krane opdroog. Brittanje, Duitsland, Frankryk en Italië vra Israel om nie VN-vredesmagte in die suide van Libanon aan te val nie.

Monitor 15 Oktober 2024 15.10.2024

President Ramaphosa vra dat die Regering van Nasionale Eenheid regverdig beoordeel word. Action SA sê hy is nog nie klaar met die Phala Phala-skandaal nie. Ons praat met Helen Zille oor koalisie-politiek, veral op plaaslike regeringsvlak.

Monitor 14 Oktober 2024 14.10.2024

Die polisie ondersoek 'n massa-skietvoorval in Orange Farm. Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die voormalige minister van finansies, Tito Mboweni. Ons bespreek Mboweni se invloed op die ekonomie en politiek. Die polisiediens kry 'n ongekwalifiseerde ouditmening. Moontlike regstappe oor die besnoeiing aan onderwysposte in die Wes-Kaap.

Monitor 11 Oktober 2024 11.10.2024

Ons praat met 'n kenner oor die reuse bedrae wat in die Amerikaanse verkiesingsveldtogte betrokke is. Massa-optrede beplan teen die Wet op Basiese Onderwys en Orkaan Milton eis die lewens van 16 mense.

Monitor 10 Oktober 2024 10.10.2024

Dr Nasiphi Moya van Action SA dra nou die burgemeestersketting in die Tshwane Metro. Die Gautengse kantoor vir verbruikersake vra mense om nie kosprodukte sonder etikette, te koop nie. Mosambiekers wag op die uitslag van dié land se algemene verkiesing. 

Monitor 9 Oktober 2024 09.10.2024

Spaza-winkels onder die vergrootglas ná die dood van vyf kinders. Een van die sterkste orkane ooit op pad na Florida. Die SAUK is tegnies insolvent - ons praat met ons eie finansiële hoof.

Monitor 8 Oktober 2024 08.10.2024

Dr. John Hlophe trek sy benoeming terug as lid van die Regterlike Dienskommissie. 'n Versoek om die wettige ouderdom om alkohol te gebruik, tot 21 jaar te verhoog. Daar is 'n groot tekort aan personeel by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.

Monitor 7 Oktober 2024 07.10.2024

Hamas het Israel 'n jaar gelede aangeval, met skrikwekkende gevolge en Israel wat nou op verskeie fronte oorlog voer - ons praat met 'n militêre kenner. Hulde aan ‘n politieke leier en 'n bekroonde joernalis. 'n Belangegroep sê ’n reuse skuif is nodig om geestesgesondheidsorg vir almal toeganklik te maak.

Monitor 4 Oktober 2024 04.10.2024

Treindienste op ses van Durban se agt spoorweglyne weer in bedryf gestel. Die AA bevraagteken die Gautrein-uitbreiding ten bedrae van R120 miljard. 'n Elektriese motorfiets pak die 6 000 kilometer van Kenia na Stellenbosch aan.

Monitor 3 Oktober 2024 03.10.2024

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê hy ondersteun nie 'n moontlike teenaanval deur Israel op kernkragaanlegte in Iran nie. Solidariteit nader Nedlac om die regering te dwing om 'n bemiddelingsproses oor die Bela-wet te begin. Ons skyn die kollig op laerskoolleerders se leesvermoë. Verskeie lande eis dat Afrika dringend permanente setels in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad moet kry.

Monitor 2 Oktober 2024 02.10.2024

Ons ontleed Iran se grootskaalse aanval op Israel. Brandstof is vandag aansienlik goedkoper, maar is dit 'n tendens wat sal voortduur, gegewe die konflik in die Midde-Ooste. Wilgenhoffers wil hof toe om die omstrede koshuis oop te hou.

Monitor 1 Oktober 2024 01.10.2024

‘n Spesiale uitsending om Monitor se 50ste bestaansjaar te vier. Gure rweer tref die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. Daar is 'n min skenkers van stamselle. Moord op vroue is aan die toeneem. Meer munisipaliteite dien hulle finansiële state betyds in.

Monitor 30 September 2024 30.09.2024

Voorstanders van AfriKaaps vra groter status. Die Woordfees se direkteur, Saartjie Botha, praat oor vanjaar se kleiner fees. Ons hoor met watter interessante nuutskeppings ons luisteraars vorendag kom.

Monitor 27 September 2024 27.09.2024

Action SA hoop die ANC steun hulle kandidaat vir die burgemeesterskap in Tshwane, adjunkburgemeester dr. Nasiphi Moya, nadat 'n mosie van wantroue teen die burgemeester, Cillier Brink, geslaag het. Ons praat met die DA oor wat hulle nou gaan doen. Sanparke stel sy Visie 2040-plan bekend. Een van die doelwitte is om 30% van die land se grondgebied teen 2030 onder bewaring te bring. In Libanon sterf...

Monitor 26 September 2024 26.09.2024

Provinsiale onderwysdepartemente sal teen 2027 'n reuse begrotingstekort hê. 'n Openbare raadplegingsproses begin oor Eskom se voorgestelde kragtariefverhogings. 'n Mosie van wantroue sal na verwagting vandag teen die burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink, gebring word.

Monitor 25 September 2024 25.09.2024

Die oorskot van 49 vryheidsvegters wat in Zimbabwe en Zambië oorlede is, word geherpatrieër. 'n Suid-Afrikaanse organisasie help met vlugtelinge in die suide van Libanon. Mejuffrou Suid-Afrika, Mia le Roux, word met groot blydskap tuis in Oudtshoorn verwelkom. Ons praat oor Rassie Erasmus se spankeuse vir Saterdag se wedstryd teen Argentinië.

Monitor 24 September 2024 24.09.2024

'n Ondersoek word gevra na die aanstelling van departementshoofde in die Mangaung-metro. Die Limpopo-regering plaas die Thabazimbi-munisipaliteit onder administrasie. Bykans 500 mense is in Libanon dood, nadat Israel sy lugaanvalle op Hezobollah-teikens verskerp.

Monitor 23 September 2024 23.09.2024

Huldeblyke stroom in vir die ontslape veteraan-parlementariër, Koos van der Merwe. Hulpverlening en reddingspogings is gister by van Reenenspas in die Drakensberg voortgesit. Die DNS van mense wat tienduisend jaar gelede in die George-omgewing gewoon het, word uitgepluis.

Monitor 20 September 2024 20.09.2024

Die repokoers verlaag vir die eerste keer in vier jaar. Die regering vergader met sakelui oor die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan. Die Tshwane Metro sê goeie vordering word gemaak om agterstallige skuld te verhaal.

Monitor 19 September 2024 19.09.2024

Ten minste 20 mense word in 'n tweede golf van ontploffings in Libanon gedood - dié keer was tweerigtingradios die teiken. Die konstruksiemafia word onder meer vir die vertragings met die installering van sonkrag warmwaterstelsels deur die regering blameer. Ons praat met Business Against Crime oor die jongste tendense wat die konstruksiemafia betref. Die Amerikaanse ruimteagentskap, NASA, nooi Sui...

Monitor 18 September 2024 18.09.2024

Die organisasie, WaterCan, sê swak beplanning is die rede vir waterprobleme in Gauteng. Vyf munisipaliteite in die Vrystaat skuld die Vaal Sentraal-waterraad R10 miljard. Ons praat met 'n ontleder oor die verhoogde spanning in die Midde-Ooste, wat die Lebanon-ontploffings meebring.

Monitor 17 September 2024 17.09.2024

Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, onderneem om die nuwe BELA-onderwyswet toe te pas, al het sy verlede week se ondertekening geboikot. Stellenbosch Universiteit se Wilgenhof-koshuis gaan vir 'n jaar sluit. sowat 30 000 besoekers word by die Africa Aerospace and Defence-skou in Pretoria verwag.

Monitor 16 September 2024 16.09.2024

Die Polisiediens hoes sedert 2018 R2,4 miljard aan uitbetalings weens onregmatige arrestasies. Die Raad van die Universiteit Stellenbosch besluit vandag oor die toekoms van die Wilgenhof-manskoshuis. Die jongste oor die sluipmoordpoging op Donald Trump.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.