RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Is daar vrede in DRK, soos VN beweer? 20.11.2014 3:46
Inligting wat ingewin is deur die Verenigde Nasies dui daarop dat die Democratic Forces for the Libertion of Rwanda aktief deelneem aan die skietstaking in die DRK, maar besig is om hulleself in die Noord-Masisi streek te herposisioneer. Die VN sê hulle inligting wys dat dit gedoen word in geval die onderhandelinge tussen hulle en die regering van die DRK op 'n dooiepunt uitloop. Tydens die rotasi...
Oefening help jou brein 19.11.2014 4:58
Twee belangrike studies wat vandeesweek vrygestel is, beklemtoon weer eens die waarde van oefening om die aftakeling van die brein te vertraag. Die eerste studie wat in Australië gedoen is, en wat in die aanlyn weergawe van Plos Medicine gepubliseer is, het bevind dat rekenaargefundeerde breinoefening vir bejaardes as sterk teenvoeter kan dien teen demensie. Die ander studie wat in Swede gedoen is...
Kaapse Klopse en Kaapstad teken ooreenkoms 18.11.2014 2:15
Kaapse Klopse groepe het 'n samewerkingsooreenkoms met die Stad Kaapstad en die provinsiale Departement van Kuns en Kultuur onderteken, om te verseker dat die jaarlikse gebeurtenis oor die feesseisoen vlot verloop. Die ooreenkoms volg na jarelange onenigheid tussen die groepe en owerhede oor wie die feeste moet reël.
“Geen speurdiens in Khayelitsha” 18.11.2014 1:59
Die voormalige ondervoorsitter van die Khayelitsha Kommissie van Ondersoek, regter Kate O'Regan, sê die speurdiens in Khayelitsha het doodgeloop en daar is geen behoorlike misdaadondersoeke nie. Volgens haar word dossiere nie by die hof ingegee nie, en dit lei tot groot frustrasie vir rolspelers.
Roudienste vir Nigerië-slagoffers 18.11.2014 3:17
Suid-Afrika is in rou gedompel ná die terugkoms van die oorskot van 74 Suid-Afrikaners wat in die kerkgebouramp in Nigerië omgekom het. Verskeie gedenkdienste is regoor die land gehou.
Shell in hof oor lekkasies in Niger Delta 17.11.2014 6:02
Die oliemaatskappy, SHELL, is tans die fokus van 'n groot hofsaak in Londen, wat deur inwoners van die Niger Delta-gebied, teen hom aanhangig gemaak is. Amnestie Internasionaal is een van vele menseregte- en omgewingsbewustes wat die saak met aandag volg.
Eerste SA droommyl herdenk 13.11.2014 3:54
Vandag, presies 50 jaar gelede, het die 23-jarige Matie-student De Villiers Lamprecht geskiedenis gemaak. Hy was die eerste Suid-Afrikaner om die myl in minder as 4 minute af te lê - tien jaar nadat die Brit Roger Bannister dit die eerste keer reggekry het. Só het 'n kaalvoet Div - soos hy bekend gestaan het - op 13 November 1964 'n droommyl in 3 minute 59,7 sekondes afgelê...
Mieliepap teen kolonkanker 13.11.2014 5:51
Suid-Afrika kan vir 'n deurbraak sorg in die voorkoming van kolonkanker. Aldus die hoof van navorsing by die Kankervereniging van Suid-Afrika, dr. Carl Albrecht. Hy sê die antwoord kan so eenvoudig wees soos... mieliepap!
Maak reg vir hoër belasting en kragtariewe 12.11.2014 4:08
Suid-Afrikaners sal volgende jaar meer vir krag moet betaal en hulle belastinglas sal ook groter wees. Dit is die reaksie van die hoof van die Fakulteit Ekonomie aan die Universiteit van die Witwatersrand, prof. Jannie Rossouw, op die nuus dat die graderingsegentskap Moody's, Eskom se kredietstatus afgegradeer het. Hy sê swak bestuur is die oorsaak van hierdie verwikkelings.
TV-aanbieder verloor arm 12.11.2014 3:23
Die akteur en aanbieder van KykNet se motorfietsprogram Woema, Theunis Nel, se regterarm is gister geamputeer. Dit volg nasat sy arm Maandag in 'n ongeluk op die N1 naby die Garsfontein-afrit in Pretoria vergruis is. Nel se mede-aanbieder van Woema, Anria van Heerden, sê hy is nog nie bewus daarvan dat hy sy arm verloor het nie.
Indië se korrupte ministers 12.11.2014 5:48
Sewe van Indië se 21 nuwe kabinetsministers staan tereg op verskeie aanklagte, wat wissel van ernstige misdade soos verkragting en poging tot moord, tot intimidasie. Hierdie bevindings deur die gerespekteerde Indiese nieregeringsorganisasie, The Association for Democratic Reforms, maak vandeesweek opslae in elke uithoek van 'n land waar die meeste landsburgers vuisvoos is van korrupsie.
Cosatu se probleme 11.11.2014 13:01
Die probleme wat sedert die waterskeidingskongres van COSATU in 2011 ondervind word, is tot 'n spits gedryf toe NUMSA Vrydag uit die vakverbond geskors is. Boonop het agt ander wat daarop aanspraak maak dat hulle die helfte van COSATU se ledetal verteenwoordig, gister met onmiddelike effek, tydelik uit Cosatu onttrek. Anita Visser praat hieroor met prof. Dirk Kotze van UNISA, en 'n kenner op die g...
SA op pad na perfekte storm 07.11.2014 8:51
Die veteraanjoernalis en ontleder Max du Preez sê Suid-Afrika is steeds 'n werkende skip, maar hy seil in 'n storm in sonder 'n vaardige skipper. En die perfekte storm wat die huidige stelsel omver kan werp, lê dalk heelwat nader as 2020, soos Moeletsi Mbeki voorspel het.
Heyns-moord: 20 jaar later 06.11.2014 5:12
Dit is nie soseer wie nie, maar waarom. wat die vraag is wat die 53-jarige Dirk Heyns homself steeds afvra, 20 jaar na die moord op sy pa, die N.G. Kerk moderator, prof. Johan Heyns. Half agt die aand van 5 November 1994 was die week twintig jaar gelede dat die 66-jarige Johan Heyns in sy TV-kamer in sy Waterkloofhuis voor sy kleinkinders, Johan, Theo en Hannes vermoor is, toe 'n sluipskutter deur...
Koch: opmerkings oor Steve is vryheid van spraak 06.11.2014 0:42
Conrad Koch, die humoris agter die buiksprekerpop Chester Missing, sê oefen bloot sy vryheid van spraak uit deur sy opmerkings op sosiale media oor Steve Hofmeyr.
Steve kry hofbevel 06.11.2014 1:46
Die sanger Steve Hofmeyr het gister 'n dringende hofbevel teen Conrad Koch, die humoris agter die buiksprekerpop Chester Missing, gekry. Hofmeyr sê die Randburgse Landdroshof het dit duidelik gemaak dat hy nie verder geteister mag word nie. Missing mag ook nie enige kontak met Hofmeyr se vennote of borge maak nie. Kwetsende of lasterlike aanmerkings oor Hofmeyr op sosiale media is ook verbied. 'n...
Ma's maak beweerde pedofiel se naam bekend 06.11.2014 3:43
Twee susters van Hartbeespoortdam in Noordwes het besluit om die identiteit van 'n vermeende pedofiel bekend te maak nadat hy vandeesweek uit die tronk vrygelaat is. Hulle kinders is glo deur hulle half broer verkrag, gesodomiseer en seksueel misbruik. Die 20-jarige het vlugtig in die landdroshof in Brits op twee aanklagte van verkragting en drie van seksuele aanranding verskyn. Die saak is Maanda...
Vrese oor Coxsackievirus ongegrond 05.11.2014 3:59
Die instituut vir oordraagbare siektes sê hoewel daar geen behandeling vir die Coxsackievirus is nie, hoef die publiek nie te vrees dat daar 'n onbeheerbare uitbreking van die virus in Suid-Afrika is nie. Sosiale netwerke was aan die gons nadat 'n kleuterskool op Vryburg in Noordwes sy deure gesluit het omdat die kinders na bewering die virus onder lede gehad het. Verskeie mense het op Facebook ge...
Eskom se probleme 03.11.2014 3:28
Die kragverskaffer Eskom loop deur onder kritiek, met bykans die ganse land wat beurtkrag sal moet verduur. Instandhouding blyk die grootste probleem te wees. 'n Silo met tonne steenkool by Eskom se Majuba-kragstasie het die naweek ineengestort, en kragvoorsiening is as gevolg daarvan beperk.
Meer beurtkrag-druk vir sommige 03.11.2014 2:44
Die ekonoom en eienaar van economist.co.za, Mike Schussler, sê alhoewel almal deur Eskom se beurtkrag geraak word, is daar tog sekere sektore wat onder meer druk sal wees...
Gedenkdiens vir drie atlete 31.10.2014 4:22
Die Suid-Afrikaanse sportgemeenskap het gister hulde gebring aan drie sportsterre wat die afgelope paar dae tragies oorlede is. Die 800 meter wêreldkampioen en silwer medalje-wenner by die 2004 Athene Olimpiese Spele, Mbulaeni Mulaudzi, die Bafana Bafana kaptein Senzo Meyiwa en die vroue-bokser Phindile Mwelase is binne drie dae van mekaar dood. Verskeie hooggeplaastes het gister se gedenkdiens by...
Matriekeksamen 30.10.2014 3:31
Die matriekeksamen is nie die einde van die wêreld nie. Dit is die mening van prof. Lukas Meyer van die Fakulteit Opvoedkundige Sielkunde op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hy sê die regte soort spanning kan selfs goed wees.
Hlaudi-uitspraak kan verreikende gevolge hê 27.10.2014 3:57
Die uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor die SAUK bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, kan verreikende gevolge hê. Ingevolge die uitspraak moet Motsoeneng geskors, en dissiplinêre prosesse teen hom begin word. Dit kan nou die weg baan vir opposisiepartye wat aanklagte wil bring teen pres. Zuma oor die wanbesteding by sy private woning op Nkandla. Anita Visser praat hieroor met die grondwetkenn...
SA kwadrupleeg ingenome stamsel-oorplanting 24.10.2014 3:56
Die Suid-Afrikaanse kwadrupleeg, Tommy Prins, is baie ingenome met die vordering wat hy gemaak het ná stamsel-oorplantings twee jaar gelede. Die 34-jarige Prins het drie maande gelede die eerste keer 'n lepel vasgehou, en kan nou weer self eet na sy ongeluk op 25-jarige ouderdom. Die ongeluk het gebeur toe Prins by Hartenbos teen 'n sandwal in die see geduik het.
Deurbraak vir stamselnavorsing 23.10.2014 4:50
"Dis groter as die maanlanding" sê professor Geoff Raisman van die University College London se Instituut vir Neurologie oor die oorplanting van senuweeselle van die neus se slymvlies na die rugmurg. Die praktiese gevolg is dat 'n Bulgaarse parapleeg weer met die hulp van 'n loopraam kan beweeg.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.