Maroela Media

Maroela-onderhoude

News AF ↓ 150 episodes

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

GLP-1 – foefie of wondermiddel vir gewigsverlies? 26.09.2025

In Maroela Media se jongste episode in ons podsendingreeks oor diabetes, werp Chanelle Retief, ʼn dieetkundige, en dr. Marlé van der Merwe, ʼn algemene praktisyn, lig op wat presies GLP-1 is en hoe dit gebruik kan word. Maroela Media

Proteïene: Wondervoedingsmiddel of dieetfoefie? 19.09.2025

In die eerste episode gesels ons met Chanelle Retief, ʼn dieetkundige en eienaar van die dieetkundige praktyk NutriFundi, oor die boustene van proteïene en of dit werklik nodig is om in ál jou maaltye in te werk. Maroela Media

Marthlé se Kraak Beskuit verower harte, en joune kan ook 18.09.2025

Dié voormalige onderwyseres vertel hoe ʼn baksel beskuit haar lewe onherroeplik verander het en bewys het familie, tradisie en ʼn skeppende hand kan die resep vir sukses wees. Maroela Media

Nuwe musiek vir Robbie Wessels in egte storievertelstyl 16.09.2025

Robbie Wessels se nuwe vollengte-album het onlangs die lig gesien, maar ná al die jare huiwer hy steeds nie om vir aanhangers die “Leeuloop” “stap vir stap” te verduidelik nie. Maroela Media

Só vloei musiek in vierde geslag Heuer-musikant se are 15.09.2025

“Ek voel baie keer soos ʼn middel waardeur God musiek laat vloei en het dit my missie gemaak om vir Afrikaanse mense musiek te bring.” Maroela Media

Afrikaner diaspora wil hul identiteit, taal en kultuur vier 12.09.2025

MyHartland is ʼn digitale platform wat Afrikaners wêreldwyd help om hul identiteit, taal en kultuur lewendig te hou. Nicolien Welthagen van die SNI vertel meer oor hulle navorsing oor die Afrikaner-diaspora en verduidelik hoe MyHartland ʼn brug bou tussen Afrikaners oor die wêreld heen. Maroela Media

'Jesus’-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges 12.09.2025

“Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.” Maroela Media

‘Diabetes nie ʼn resies nie,’ sê jare langer lyer 12.09.2025

“Diabetes beïnvloed jou lewe op verskillende maniere. Dit is soos ʼn kleuter in die huis wat voortdurend versorg moet word. My hele lewensuitkyk het verander nadat ek gediagnoseer is.” Maroela Media

Energieke bootskaatser ry nou Afrikaanse musiekgolf 12.09.2025

“Ek hou daarvan om nuwe dinge te probeer en gee nie om om my kop te stamp nie. Ek dink mense moenie so ʼn groot ding maak van goed wat verkeerd loop nie.” Maroela Media

Ruan Tennant gee nuwe lewe aan Carike-treffer van ouds 08.09.2025

“As kind het ‘Hoeka toeka’ vir my baie vreugde gebring, en Carike is steeds vir my ʼn ikoon. Die liedjie het ʼn lekker skop, en dit het my altyd goed laat voel.” Maroela Media

Skoolbenodighede is die verskil tussen hoop en wanhoop 05.09.2025

As ʼn maatskaplike werker het Chandré Oosthuizen al eerstehands die invloed gesien wat iets soos ʼn skooltas op ʼn kind het. Sy het in Maroela Media se ateljee hieroor kom gesels. Maroela Media

‘Jy is wat jy eet,’ sê dokter oor diabetes 05.09.2025

In die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor diabetes, werp dr. Marlé van der Merwe lig op die verskille tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes, asook tekens van dié siektetoestand. Maroela Media

Nádine gee Karin Hougaard-treffer nuwe asem 01.09.2025

Die sprankelende sangeres vertel in Maroela Media se ateljee sy het aanvanklik net beplan om die liedjie op Steve Hofmeyr se Ikoon-konsert te sing en het nooit gedink sy gaan dit opneem nie. Maroela Media

Pieter Koen terug agter mikrofoon 29.08.2025

“Belangrikste van alles was dit vir my ʼn manier om hulde te bring aan ʼn goeie vriend, asook een van die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars van sy era.” Maroela Media

Kritiese denke op voorgrond by Affies-redenaars 28.08.2025

Affies het vanjaar ʼn allemintige 14 leerders in 15 kategorieë by die ATKV-redenaarskompetisie se landsfinaal gehad. Drie leerders het by Maroela Media in die ateljee gekuier en is juis uitgedaag om oor kritiese denke onder die jeug te redeneer. Maroela Media

Krone-droom word waar vir Danny Smoke 26.08.2025

“Die groot verhoog, die ligte – dis alles net asemrowend. Dit is die meeste opwinding wat jy ooit in een vertoning sal beleef.” Maroela Media

Sangers vorm musiekduo ná liefde op verhoog blom 23.08.2025

“Terwyl ons gesing het, het ek haar deur my sonbril dopgehou. Ek het sommer geweet wanneer ons optrede verby is, gaan ons sokkie tot die môrester opkom.” Maroela Media

Vier 50-jarige mans wil Afrikaans en die lewe vier    23.08.2025

“Dit is 2025, al vier van ons is 50 jaar oud en in 1975 gebore, en Afrikaans is 100 jaar oud. 2025 is die jaar waarin ons al hierdie begrippe kan saamsnoer in een begrip, ‘Die Vyftigers’.” Maroela Media

Bernice West oor ma-wees en nuwe musiek 22.08.2025

“Dit bly ʼn groot voorreg, die voorreg om lewe te kan bring in hierdie wêreld is amazing. Elke keer wanneer ons vir Lua kyk, is daar ʼn gevoel wat mens nie kan verduidelik nie.” Maroela Media

‘Elke liedjie vertel eie storie,’ sê Jaid River 14.08.2025

“ʼn Mens moet eintlik met oorfone na die liedjie luister, want dan kan jy ervaar hoe kitaarklanke eers in die een oor, dan in die ander opklink. Presies asof die klank deur toutjies van die een kant na die ander getrek word.” Maroela Media

KKNK-verhoog rede vir haar musiekdroom 14.08.2025

“Toe my voete op daardie verhoog land, het ek geweet musiek is wat ek wil doen. Ek is baie bevoorreg en geseënd dat ek my musiekdroom voltyds kan najaag.” Maroela Media

Jennifer Zamudio vier 25 jaar van musiek 10.08.2025

“Die bedryf het verander. Ons as kunstenaars moet daarby aanpas.” Maroela Media

Passievolle ‘wildewragtig’ Reandi stap plaaspad saam met boere 08.08.2025

“Jy is so uitgelewer aan die natuur en die Here se genade, so jy as boervrou moet besef dat daar nie altyd roetine gaan wees nie en dat daar moeilike seisoene is wat jy saam met jou eggenoot sal moet trotseer.” Maroela Media

'Jy kán’ sê Prop met LIG-konsert vir gestremdes 04.08.2025

Hy wil vir mense wat daagliks weens gestremdhede voor unieke uitdagings te staan kom, wys dat hulle dit kán oorkom. Maroela Media

Carletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou 01.08.2025

Carletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou. Maroela Media

Listen to the Maroela-onderhoude podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.