Maroela Media

Maroela-onderhoude

News AF ↓ 150 episodes

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Zoé spreek tot jong vroue met treffersnit 01.08.2025

Uittreksel: “Ek het glad nie die reaksie verwag nie, maar dit is duidelik dat vroue, oud en jonk, by die lirieke aanklank vind. Ek dink dit is ʼn liedjie wat vroue raakgesien laat voel.” Maroela Media

Liefde, genesing ná fratsongeluk inspireer Heidi se musiek 31.07.2025

“Ek lewe elke dag voluit, bid vir wysheid, insig en krag om ʼn mooier mens van binne en buite te wees, om gesonder te leef en om daar te wees vir my kinders.” Maroela Media

Musiekgroep raak kreatief met KI 30.07.2025

“Dit sou maande en miljoene rande gekos het, nou het ons dit self binne twee dae geskep.” Maroela Media

Slim kosplanne vir kleuterskole op ʼn begroting 30.07.2025

Minder suiker, meer kleur en minder vermorsing begin alles met ʼn lysie en ʼn plan. Helpende Hand se span bemagtig kleuterskole met praktiese raad en hulp. Maroela Media

Landbouprogram wys fut van ywerige plattelanders 28.07.2025

Chris Burgess en sy span vertel stories van mense wat oplossings vir probleme in hul buurte en gemeenskappe aanpak. Maroela Media

Roerende Afrika-fliek is Embeth Davidtz se ode aan Afrika 27.07.2025

“Ek het self op ʼn plaas grootgeword. Zimbabwe gaan altyd anders as Suid-Afrika wees. Maar ek het geweet ek sou die storie kan vertel. My tyd in Suid-Afrika het die fliek ten volle beïnvloed.” Maroela Media

Oranjerooi sonsak inspireer musiekgroep se egte klank 24.07.2025

“Ek kan onthou ná ʼn dag wat ons musiek in Potchefstroom opgeneem het, het die son net so begin sak. As daar nou een ding is van Potch, dan is dit sy mooi sonsondergange.” Maroela Media

Wanvoeding kan ʼn kind se brein, hart én toekoms steel 23.07.2025

Maroela Media het met dr. Marita Serfontein, ʼn geregistreerde dieetkundige, en Danelle du Plessis, koördineerder van Helpend Hand se Kosblikkie-projek, gesels oor die tekens van wanvoeding. Dr. Marita het verduidelik ʼn tekort aan yster, vitamien A en B12 is sigbaar op die tong, vel en oë van ʼn kind, maar die ware skade lê dieper. Sy en Danelle het ook vertel wat gedoen kan word om kinders te help....

Jong groep Nikotien vind voete op Afrikaanse rockmusiektoneel 17.07.2025

Die groep, wat tussen hulle “meer grade as lede” het, het ontmoet as studente aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Maroela Media

Helpende Hand voed hoop, drome met Kosblikkie-projek 16.07.2025

Honger kinders sukkel om te leer, maar Solidariteit Helpende Hand wil dit verander, een kosblikkie op ʼn slag. Kom luister hoe ʼn eenvoudige kosblikkie ʼn kind se lewe kan verander. Maroela Media

Pitt-sjarme in supersoniese renjaerfliek sal spoedvrate sus 11.07.2025

Een van die beste renjaerrolprente ooit. Maroela Media

Nuwe horisonne wink vir Vrystaatse sanger Rudo 08.07.2025

“Die liedjie vat ʼn baie groot deel van my lewe saam. My vrou kom van Pretoria af, en nadat ek ʼn paar keer vir haar gaan kuier het, het ek vir haar gesê dat ek nie in die stad aard nie; sy moet haar tasse vir Clarens pak.” Maroela Media

Uitdagende Vryfees-toneelstuk werp lig op mensehandel 03.07.2025

“Met goed soos Joshlin Smith se saak het die kwessie rondom mensehandel vir baie mense ʼn realiteit begin word, en ons het besluit ons gaan in die diep kant induik en die tema uiteindelik takel.” Maroela Media

Snit kry ‘nuwe wiele’ vir Afrikaans 100 03.07.2025

“Ek wou nooit in Afrikaans skryf nie, want ek was bang om die taal aan te vat. Al is dit my moedertaal, moes ek leer hoe om daarin te skryf en ek moes oefen, want om te kan sing en skryf is vaardighede wat jy kan verbeter.” Maroela Media

Vry om ander te bevry: Verslawingsberader ken pad van pyn 27.06.2025

“Jou getuienis bewys aan ander dat jy dieselfde dinge oorkom het wat hulle gevange hou, en juis dít maak dit vir hulle makliker om dit ook te oorkom.” Maroela Media

‘Tyd vir dieper dinge,’ sê gewilde kletsrymer oor musiek 26.06.2025

“Ek wil musiek maak wat mense veilig genoeg laat voel om ná ʼn optrede na my toe te kom en te sê dat hulle deur iets gaan. Dan sal ek sê: ‘Oukei, kom ons chat’.” Maroela Media

Vaderskap breek nuwe wêreld vir Refentse oop 20.06.2025

Die dag wat Refentse pa geword het, het sy hele lewe verander. Maroela Media

Gesinne van verslaafdes verdien ook berading 20.06.2025

“Navorsing toon dat verslawing van generasie tot generasie oorgedra word en dat dit aangeleerde gedrag is. Dis nie net die verslaafde wat in so ʼn siklus vasgevang is wat swaarkry nie, maar ook dié se geliefdes.” Maroela Media

Luister | Kabouterbos Kleuterskool is die plek waar kleintjies in Afrikaans kan gedy 18.06.2025

Op 1 Julie open ʼn unieke Afrikaanse kleuterskool sy deure in Pretoria. Hier lê visie, waardes en hoop agter ʼn ruimte wat kinders se groei wil bevorder. Kom hoor hoekom die span van Die MOS Inisiatief dié droomprojek begin het – en hoe dit Afrikaans vier. Maroela Media

Stoepstories | Geloofsprong lei SA gesin na ‘idilliese eilandlewe’ in Mosambiek 17.06.2025

“Ek dink hulle is stomgeslaan en kan nie glo hoe ons leef nie, maar hulle is ook mal daaroor. Dit is pragtig, dis teen die see met palmbome oral. Ek dink hulle is bly dat ons die kans gevat het.” Maroela Media

Is dit tyd vir ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie? 09.06.2025

Kom luister ook na die onderhoud met Morné van Emmenes, bemarkingshoof by Virseker. Hy het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Mizanne van Wyk gesels oor Virseker se soektog na ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie. Maroela Media

Vervolgingsondag plaas kollig op Christene se nood in Afrika 03.06.2025

Die kerk in Afrika is die grootste en jongste ter wêreld, tog ervaar dit tans ʼn ongekende aanslag. Geopende Deure Suider-Afrika wil met die herdenking van Vervolgingsondag die soeklig op dié Christene se nood plaas. Kom luister ook na die volledige onderhoud met Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika. Maroela Media

Franja wys haar ander, dieper kant 03.06.2025

“Ek is beslis nog jonk van gees en jonk in my hart, maar ek voel nou anders oor sekere goed en sien uit daarna dat mense hierdie deel van my sien.” Maroela Media

Akteursvriende skuif saam agter mikrofoon in vir treffende duet 23.05.2025

“Moenie dink nie, doen net” is die leuse waarmee akteurs Armand Aucamp en Christia Visser se karakters in die 2015-lokettreffer Ballade vir ʼn enkeling die lewe aangepak het. Met dieselfde ingesteldheid het dié dinamiese duo, en hegte vriende, hul talente saamgesnoer vir ʼn nuwe – en in Armand se geval, debuut – enkelsnit. Maroela Media

Leah spog met lied uit haar eie pen 19.05.2025

Met lirieke soos “die lekkerste lekker ding om te doen is te soen” skerts sy dat die liedjie ook terugverwys na een van haar bekendste treffers. Maroela Media

Listen to the Maroela-onderhoude podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.