Maroela Media

Maroela Media-nuus

News AF ↓ 108 episodes

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Mar 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Shell gesels oor dieseluitdagings 19.06.2023

Shell betreë die wêreld van biodiesel. Maroela Media Nuus

Aan haar geliefde Gerco: "Ons wag vir jou" 18.06.2023

Lees die volledige artkel hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/aan-haar-geliefde-gerco-ons-wag-vir-jou/ Maroela Media Nuus

Plaasaanvalle en -moorde het 'n rimpeluitwerking 15.06.2023

Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se sentrum vir landelike veiligheid, verduidelik ’n plaasaanval en -moord raak ook nie net die slagoffers nie, maar ook die slagoffer se gesin, die werkers en die landelike gemeenskap. Maroela Media Nuus

‘Waar sal ons hulp vandaan kom’, vra boere onder beleg 15.06.2023

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, verduidelik hoe boere op hulself aangewese is vir beskerming en veiligheid – sonder veel hulp van die staat. Hy gee ook raad oor wat boere kan doen om hulself te beveilig. Maroela Media Nuus

Boere moet self verantwoordelikheid vir hul veiligheid neem 15.06.2023

VF Plus-leier dr. Pieter Groenewald verduidelik wat boere moet doen om hulself op die plaas te beveilig. Maroela Media Nuus

SA’ners sonder burgerskap: Jy haal nie SA uit iemand se siel 14.06.2023

Soos menige ander Suid-Afrikaner was Erik Le Roux destyds geskok toe hy uitvind sy Suid-Afrikaanse burgerskap is opgeskort. Maroela Media Nuus

‘Lady R’: Departement gee nog geen antwoorde 13.06.2023

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, sê die departement se vertraagde reaksie op sy versoek vir inligting wys dat die regering nie werklik belangstel in aanspreeklikheid nie. Maroela Media Nuus

Senior wetgewers vra Biden om SA te straf 13.06.2023

Senior wetgewers vra Biden om SA te straf Maroela Media Nuus

‘Onbekwame’ NVG maak steeds geen besluit oor Mbalula 06.06.2023

Die NVG word daarvan beskuldig dat hy alles in sy vermoë doen om die nakoming van sy “siviele verpligtinge” te vermy om moontlike oortreders, insluitend hooggeplaaste politici, te vervolg. Maroela Media Nuus

Plaasaanvalle: Gemeenskappe moet self 'mobiliseer' 05.06.2023

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, doen ’n dringende beroep op boere en landelike inwoners om hul veiligheid en paraatheid op te skerp. Die oproep kom na twee plaasaanvalle waarin vier mense gesterf het. Maroela Media Nuus

Hoe vorder herstel met masjien wat rybewyse druk? 05.06.2023

Suid-Afrikaners verdien antwoorde oor of die regering 'n belangrike diens, soos die druk van rybewyse, kan lewer, sê die burgerregtewaghond AfriForum se Ernst van Zyl. Maroela Media Nuus

Diplomatieke immuniteit kan Poetin nie teen lasbrief beskerm 31.05.2023

Die DA versoek die regering om Rusland duidelik in kennis te stel dat Poetin in hegtenis geneem sal word indien hy sy voete in Suid-Afrika sit. Maroela Media Nuus

Cholera: Tientalle gevalle met polisiekollege verbind 31.05.2023

ʼn Polisiebeampte van Musina in Limpopo wat vroeër vandeesmaand na Gauteng gereis het om ʼn kort kursus by 'n polisiekollege in Hammanskraal by te woon, was die eerste pasiënt om positief te toets vir cholera wat die uitbreking in Hammanskraal betref. Maroela Media Nuus

Beloning vir inligting oor moord op beskermingshoof se seun 31.05.2023

Die 31-jarige Rhoode is die seun van genl.maj. Wally Rhoode, hoof van pres. Cyril Ramaphosa se beskermingsdiens. Warren se liggaam se vroeër vandeesmaand in Delft gevind. Volgens Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, word Rhoode se voertuig, 'n swart Volkswagen Polo, steeds vermis. Maroela Media Nuus

AfriForum eis duidelikheid oor amnestie vir dié met rekords oor inperkingsoortredings 31.05.2023

Net in die eerste jaar van die inperking is meer as 400 000 mense in hegtenis geneem vir die oortreding van inperkingsregulasies. Luister hier Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid. Maroela Media Nuus

Kerkstraatbom: 40 jaar later talm die reuk van bloed steeds 25.05.2023

Johan Böning, 'n afgetrede polisiekolonel, het Maroela Media vertel oor die grutonele wat op 20 Mei 1983 in Kerkstraat, Pretoria, afgespeel het toe ʼn motorbom voor die Poynton-gebou, waar die lugmaghoofkwartier destyds geleë was, ontplof het. Maroela Media Nuus

VRK-eindstryd: Kaartjies lankal uitverkoop, maar kom só maklik by stadion 23.05.2023

Die Stad Kaapstad het ’n verkeersbestuursplan ingestel om toeskouers Saterdag veilig by die DHL-stadion in Groenpunt, Kaapstad, te kry vir die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK). Maroela Media Nuus

Regering moet oop kaarte speel oor Chinese ‘spioenasieskip’ 22.05.2023

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane, sê die regering is Suid-Afrikaners 'n behoorlike verduideliking verskuldig oor presies wat die Yuan Wang 5, 'n Chinese waarnemingskip, in Suid-Afrikaanse gebiedswater doen. Maroela Media Nuus

77 plaasaanvalle in 90 dae 22.05.2023

AfriForum se jongste verslag oor plaasaanvalle en -moorde toon dat daar nie ’n noemenswaardige afname in syfers tussen die eerste kwartaal van hierdie jaar en dieselfde tydperk verlede jaar is nie. Maroela Media Nuus

Gou spring om Gautengse leerders in te skryf 22.05.2023

Ouers en voogde wat hul kinders volgende jaar vir gr. 1 of -8 in Gautengse skole wil inskryf, moet kennis neem dat die aanlyn registrasieproses op 15 Junie 2023 om 08:00 open. Dié tydperk loop op 14 Julie 2023 om middernag ten einde. Alana Bailey van AfriForum moedig ouers aan om die registrasieproses so gou moontlik af te handel om te verseker dat hul kinders in die skool van hul keuse geplaas wo...

Karpowership: Kontrak vir twee dekades mos nie ‘noodkrag’ 17.05.2023

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê ten spyte van die herhaalde teenkanting wat die regering oor die duur Karpowerships-kontrak kry, is hy vasbeslote om die plan deur te voer. Maroela Media Nuus

SA leerders se leesvaardighede power 16.05.2023

AfriForum loof plaaslike skole wat eilande van uitnemendheid is en kinders behoorlik met geletterdheid toerus, maar is diep bekommerd oor die meeste skole se onderrig. Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriiForum, is aan die woord. Maroela Media Nuus

Alternatiewe roete vir N3 in Vrystaat steeds haglik 15.05.2023

Leono Kleynhans, 'n DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, sê die provinsiale departement het versuim om iets aan die ernstige verval van die Oliviershoekpas te doen. Luister hier: Maroela Media Nuus

Tweede kans vir valskermswewer ná gru-botsing met kragdrade 12.05.2023

Kelvin van Baalen moes eintlik nie lewendig uit die brandende wrakstukke van sy valskermsweeftoerusting gekom het nie, maar loop vandag sonder vrees sy toekoms in. Maroela Media Nuus

Rusland: SA 'pleeg ekonomiese selfmoord' 12.05.2023

Selfs al is wapens nie verskaf nie, het die besoek van Russiese skepe en vliegtuie en die gesamentlike vlootoefening, gegewe die huidige internasionale klimaat, die voorwaardes geskep vir Suid-Afrika om ekonomiese selfmoord te pleeg, waarsku Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Maroela Media Nuus

Listen to the Maroela Media-nuus podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.