Maroela Media
Maroela Media-nuus
Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skrap SEB-vereistes vir waterlisensies nou 29.11.2023 0:20
Aansoeke op die DWS se aanlynplatform kan nie afgehandel word indien die aansoeker nie aan bepaalde vereistes van breedgabaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB) voldoen nie. Maroela Media Nuus
Man bly agter tralies ná dubbelmoord op ma, dogter 29.11.2023 0:56
Die ma en dogter is na bewering ná ʼn rusie met ʼn jaggeweer by hul huis doodgeskiet. Maroela Media Nuus
Drie maande, 88 plaasaanvalle, 127 slagoffers 15.11.2023 0:20
Plaasaanvalle het in die derde kwartaal van die jaar (Julie tot September) met altesame 21% toegeneem. Altesame 88 plaasaanvalle, waaronder 13 plaasmoorde, is in hierdie tydperk aangeteken. In die tweede kwartaal (April tot Junie) is 73 plaasaanvalle, waaronder 23 moorde, aangeteken. Maroela Media Nuus
Waterkrisis dreig: 81% van riooluitvloei nie voldoende behandel 15.11.2023 0:35
AfriForum stel sedert 2013 jaarliks ’n onafhanklike blou-en-groendruppelverslag saam om betroubare inligting oor die gehalte van Suid-Afrika se drink- en rioolwater aan die publiek bekend te maak. Marais de Vaal, AfriForum se raadgewer vir omgewingsake, waarsku vanjaar se toetse is rede tot ernstige kommer. Maroela Media Nuus
Kommer oor moontlike afskaf van korting op mediesefondskrediete 03.11.2023 0:46
Daar is ook sprake dat die belastingkorting voortaan gebruik sal word om te help om die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te finansier. Maroela Media Nuus
Voorgestelde waterregulasies teruggetrek 10.10.2023 0:23
Volgens Marais de Vaal, AfriForum se adviseur vir omgewingsake, het AfriForum sterk kapsie gemaak teen die voorgestelde waterregulasies van die departement aangesien dit nie net ontspanningswatergebruikers soos hengelaars, boot- en seiljagvaarders, toerisme-operateurs en oewer-grondeienaars se gevestigde regte sou vertrap nie, maar ook sou neerkom op ’n growwe oorskryding van regeringsmag. Maroela...
AfriForum, Skaak SA in hof oor skorsing 05.10.2023 0:08
Die burgerregteorganisasie AfriForum en Skaak SA was Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof oor die onregmatige skorsing van Skaak SA vroeër vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok). Maroela Media Nuus
Motshekga flous niemand oor Bela-wetgewing - AfriForum 02.10.2023 0:28
Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die omstrede Bela-wetsontwerp is ’n aanslag spesifiek teen Afrikaanse skole en dat minister Motshekga net weer haar – en die ANC – se ware kleure gewys het. Maroela Media Nuus
Pierre Spies se raad aan die Springbokke 07.09.2023 0:59
Oud-Springbok-agtsteman Pierre Spies sien uit om die Bokke in aksie te sien tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Hier is sy raad aan die Bokke op die vooraand van hul eerste wedsteryd teen Skotland. Maroela Media Nuus
Rioolvuil oorspoel Seekoeivlei-reservaat 28.08.2023 0:48
Leona Kleynhans, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in die Vrystaat, het die Seekoeivlei-natuurreservaat onlangs besoek en vasgestel dat die vleiland deur al die rioolvuil van die dorp – met sy sowat 5 000 inwoners – besoedel word. Maroela Media Nuus
Ramphulp gevra ná verwoestende brande 27.08.2023 1:02
Landbou in die omgewing het dringende hulp van die staat nodig. Plase grensend aan drie provinsies, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Vrystaat, is tot as verbrand, sê die DA se Henro Kruger. Maroela Media Nuus
ANC, EFF maak voortuitgang by Gamagara-munisipaliteit 'ongedaan' 22.08.2023 2:05
Volgens Henriette du Plessis het die nuwe burgemeester ook die protokolbestuurder weer aangestel, wat op ʼn strafregtelike klagte teregstaan omdat hy na bewering 'n hond met 'n byl opgekap het. Maroela Media Nuus
Netbal SA moet ‘probleme pak, nie stemme stilmaak’ 22.08.2023 0:22
Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, sê AfriForum doen ’n beroep op Netbal Suid-Afrika en sy beheerliggame om kritieke kwessies te prioritiseer en die hoof te bied eerder as om geldige bekommernisse en stemme te probeer onderdruk. Maroela Media Nuus
Bewerings van politieke opstokery in Swellendam-oproer 18.08.2023 0:17
Isaac Sileku, die DA se provinsiale woordvoerder oor plaaslike regering, sê daar is gerugte – weliswaar nog ongetoets – dat die betogings deur “niemand anders nie as die ANC aangehits is”. Maroela Media Nuus
‘Kaping van skole sal nie geduld word’ 18.08.2023 0:30
Die burgerregte-organisasie AfriForum is gereed vir regsaksie as die Bela-wetgewing aanvaar word. Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, beklemtoon dat die Bela-wet onderwys in die land ingrypend sal skaad indien dit in die huidige formaat aanvaar word en is daarom gereed om dit met litigasie teen te staan. Maroela Media Nuus
Antwoorde geëis oor Zuma se spesiale kwytskelding 17.08.2023 0:25
AfriForum het Donderdag ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) by die kantoor van pres. Cyril Ramaphosa ingedien om meer inligting te bekom rakende oudpresident Jacob Zuma se onlangse spesiale kwytskelding. Maroela Media Nuus
Eskom skarrel om uit minagting van die hof te kom in Lichtenburg-elektrisiteitsage 15.08.2023 1:31
Die DA in Noordwes vind Eskom se slinkse poging om ’n situasie te skep waar die entiteit nie meer in minagting van die hof is nie in die Lictenburg-elektrisiteitsage walglik. Maroela Media Nuus
Finale aanmaning aan Eskom oor kragtoevoer na Lichtenburg 14.08.2023 0:56
Leon Basson, die DA se provinsiale leier in Noordwes, sê hulle doen 'n beroep op Eskom om rede te sien en dadelik kragtoevoer te hervat, of hom 'n nederlaag in die hof op die hals te haal. Maroela Media Nuus
Bok-vroue oorgehaal vir nuwe toernooi 14.08.2023 0:51
Louis Koen, tussentydse hoofafrigter van die Springbok-vroue, meen die nuwe WXV 2-toernooi, wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind, hou groot potensiaal en aantrekkingskrag in. Maroela Media Nuus
13 vroue nou ook meesterslagters by Shoprite 10.08.2023 0:30
Dorothy Labuschagne, van die slaghuisopleidingsafdeling by Checkers Hyper Edenvale in Gauteng, het aan die Master Meat Artisan-program deelgeneem en sê dit was ʼn uitstekende leerskool. Labuschagne is al die afgelope 28 jaar by die Shoprite-groep betrokke. Maroela Media Nuus
Sewe vas vir ontvoering, moord op boer 25.07.2023 0:27
Die DA het sy skok oor die moord op Mike Pattinson van Harrismith, Vrystaat, te kenne gegee en moedig boere en landelike inwoners aan om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp. Maroela Media Nuus
Wanneer ʼn ma se gemoed té donker word ... 21.07.2023 5:37
’n Psigiater van Pretoria sê dit is ongelukkig in sommige gevalle só dat voorgeskrewe medikasie vir ma’s met geestesversteurings die verskil tussen lewe en dood beteken. Maroela Media Nuus
Duisende brandalarms nou in Wes-Kaapse nedersettings 18.07.2023 0:34
Die Wes-Kaapse regering het 13 000 brandalarmstelsels – ter waarde van sowat R2,6 miljoen – in informele nedersettings aangebring as proaktiewe maatreël om die brandrisiko in kwesbare gemeenskappe te beperk. Maroela Media Nuus
Bloulig-aanval: ‘Hulle het vir hul lewens gevrees’ 06.07.2023 0:48
Ian Cameron, Action Society se direkteur van veiligheid, sê die slagoffers van die opspraakwekkende bloulig-aanval het vir hul lewens gevrees en na aanleiding van dié voorval is dit tyd dat die noodsaaklikheid van die BBP-beskermingseenheid heeltemal herevalueer word. Maroela Media Nuus
Bloulig-voorval: Spesialiseenheid se 'boeliegedrag' onaanvaarbaar 04.07.2023 1:17
Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê daar sal sterk opgetree moet word teen die betrokkenes wat die naam van die polisie se BBP-beskermingsdiens deur die modder sleep. Maroela Media Nuus
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.