Magalies Afrikaanse Podcast

Magalies Potgooi

Society AF ↓ 215 episodes

'n Afrikaanse potgooi / podcast met ligte filosofie en nonsens-praat in Afrikaans. Ons het geen antwoorde nie, maar nogsteeds hou ons nie ons bekke nie. Daar is 'n nuwe episode elke week op Woensdag. Kyk uit vir ons substrome:Klets - Lekker ligte geselsiesBoekklub - Ons beskreek 'n boek Hensoppers - Suid Afrikaners regoor die wêreld se storiesPop - Flieks, TV stories, etcKletsBotBoks - Debatte tussen twee ChatbotsKommentaar of inligting: magaliespotgooi@gmail.comKategorië: https://open.spotify.com/user/3147gcb7efpfrxgrdcev3jhxr3py

Author

Magalies Afrikaanse Podcast

Category

Society

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

[38] Klets: Pinball - Die Kuns van Ingenieurswese! 07.12.2022

Wanneer ingeneurswese en kuns die perfekte masjien maak! Ons praat oor pinballs en ons ondervindings daarmee. Cool masjiene: Medieval Madness, Junkyard, Adams Family, Guns&Roses, Monster Bash, Creature of the Black Lagoon, Jurassic Park, WWF. Findapinball.com: Sien waar in Europa daar masjiene is om te speel of waar jou naaste gunsteling is. IPDB.org: Internet pinball database. Die ultimate re...

[37] Klets: 44 Afrikaners is nie plesierig (met Tersia) 23.11.2022

Ons klets met Tersia oor Charlize se lastering teen ons Afrikaanse kultuur.

[36] Magalies vs die internet: 2 16.11.2022

Wie gaan wen? Hitler en nobel prys: https://www.nobelprize.org/nomination/archive/show.php?id=3243 Arbeie is nie bessies nie: https://www.livescience.com/57477-why-are-bananas-considered-berries.html Eiffel toring en fotos: https://www.rd.com/article/eiffel-tower-illegal-photos/ Bome vs die melkweg: https://www.snopes.com/fact-check/trees-stars-milky-way/ Skotte en unicorns: https://www.nts.org.uk...

[35] Boekklub: 12 Rules for Life - Jordan B Peterson 02.11.2022

Wat is die 12 reëls vir die lewe? 1. Flex daai muscles vir die cherries 2. Gee jouself 'n drukkie 3. Kies buddies wat drukkies gee 4. Jy hoef nie so cool soos ander te wees nie 5. Leer jou kinders om hulle vuil onderklere op te tel 6. Tel jou eie vuil onderklere op (en maak jou bed op) 7. Soek die doel van die lewe (nie alweer nie!) 8. Moenie 'n liegbek wees nie 9. Die ou waarmee jy praat is nie '...

[34] Lex Fridman promo - LEGO speel met selle 18.10.2022

Het jy al na Lex Fridman geluister? As jy nie het nie, mis jy uit. Ons gaan jou probeer oortuig deur so paar stories rond te gooi van hoofsaaklik twee van sy nuutste episodes: Micheal Levin: https://www.youtube.com/watch?v=p3lsYlod5OU Nick Lane: https://www.youtube.com/watch?v=tOtdJcco3YM Conway's game of life: https://www.youtube.com/watch?v=C2vgICfQawE

[33] Ricky Gervais en trans swemmers 20.07.2022

Ricky Gervais se nuwe grappies het mense aan die gons en FINA verban transvrouens van vroue swem kompetisies. Kan die Magalies daaroor praat sonder om mense kwaad te maak?

[32] Geloof window-shopping 05.07.2022

Ons kyk bietjie na  verskillende gelowe in die wêreld soos 'n kar "dealer" wat jou vertel van al die beste dele van die kar. Understanding world religions: Podcast (spotify)

[31] Hensoppers Nederland: Met Ruth Prinsloo 31.05.2022

Welkom by die eerste episode van ons Hensopper reeks waar ons praat met Suid Afrikaanse mense wat regoor die wêreld bly. Ruth vertel van haar 20-jaar lange ondervinding met Nederland en Nederlanders.

[30] Klets: Tersia gaan kuier by 'n sangoma 17.05.2022

Hierdie is 'n lekker klets sessie met Tersia waar sy ons vertel van haar undercover besoek aan die Sangoma waartydens sy hom gevra het om 'n goeie woordjie vir haar by die voorvaders in te sit. Ons het lekker gelag vir haar mannewales, maar as stories oor voorvaders en geeste nie vir jou is nie, hou maar verby. O, en een van Rudolph se kinders het alweer weggeloop! Alhoewel die sessie een van ons...

[29] Magalies vs die internet: 1 10.05.2022

'n Mens sluk gemiddeld 5 spinnekoppe per jaar terwyl hy of sy slaap. Jy kan die Great Wall in Sjina sien vanaf die ruimte. Is al die ‘feite’ waar? Francois toets die Magalies se kennis en kyk of hulle val vir al hierdie internet staaltjies. Welkom by ons eerste vasvrae kompetisie! Blue-ringed octopus: wiki Insect identifier app: apple store Plant identifier app: apple store Duitse toilette: youtub...

[28] Die verhaal van Eva, Neo en die rooi pil 03.05.2022

Vandag probeer ons Dominee speel en dink bietjie oor die Genesis storie van die slang en die vrug en ons was half verras dat daar 'n paar twists en turns is wat ons nie van Sondagskool kan onthou nie. En aangesien die nuwe Matrix movie uit is, kom ons kyk na die ooreenkoms tussen die Matrix en die Bybel. Is die rooi pil wat Neo geeet amper dieselfde as die vrug van kennis? En dan praat ons bietjie...

[27] 'n Vegetariër, veganis en 'n vleiseter loop in 'n kroeg in..., met Michelle Venter 27.04.2022

Evert hou baie van sy "steak" en boerewors, maar Rudolph is 'n vegetariër. Sal Rudolph hom kan oortuig om minder vleis te eet? Natuurlik nie! Dis hoekom hy spesiale hulp ingeroep het. Michelle, bobaas bakker en vegan, gaan vir ons verduidelik hoekom sy gekies het om 'n vegan te wees in die land van biltong en braai.  Check uit vegansociety.org.za Paul McCartney Video details: https://www.paul...

[26] Boekklub: Immune - Philipp Dettmer 19.04.2022

Verwonder jouself aan die ongelooflike immuunstelsel, waar elke ratjie amper perfek draai. Waar elke soldaatjie marsjeer sonder dat iemand verduidelik wat om te doen. Dit voel asof daar 'n groot plan en kondukteur moet wees, maar al die individuele komponente hardloop rond sonder om te weet wat die groot doelwit is. Jou immuunstelsel is die tweede mees-komplekse biologiese stelsel wat ons van weet...

[25] Klets: Dryf in die donker en raak soos 'n spook 12.04.2022

Sensoriese ontneming tenk ondervinding - Rudolph en Evert raak romanties en gaan vir 'n spa bederf, maar i.p.v. die traditionele masseersessie doen hulle 'n 'sensory deprivation tank' sessie. Jy gaan lê in die donker in 'n kapsule vol warm soutwater en dan voel dit asof jou hele lyf wegsmelt - jy raak soos 'n spook wat sweef in die donkerte. Courtney Dauwaulter op JRE: link (op 20:20 praat sy oor...

[24] Olie die ratte in jou kop met Tersia Du Plessis 05.04.2022

Ons praat met Tersia van die organisasie DOEN oor kritiese denkvaardighede en veral oor hoe belangrik dit is om kinders hierdie vaardighede op skool te leer. Dit sluit in:  - Metakognisie: Die proses om jou eie denkwyses konstant te ondersoek en te verbeter. - Epistemologie: Om te weet hoe ek weet wat ek weet, of eerder: hoe weet ek wat ek dink ek weet. Ons pas dit toe op dinge soos:  -...

[23] Klets: Voëlvry Valskerm Vlieg 29.03.2022

Francois vertel vir ons van valskerm spring. Anil Seth - Being you: Amazon link Katte en komkommers: Youtube Cool ruimte boardgames: BGG Luna9: Wiki Khanacademy: Webwerf Ou crash sy vliegtuig aspris: Youtube Vliegtuig skaduwee in a reenboog op 'n wolk: link Jetpacks vandag!: Youtube Wingsuit landing..ish: Youtube "Op daai stadium dra die helmet JOU" Francois Vermeulen :-D

[22] Leuens alliepad tot onder 23.03.2022

Ons almal vertel 'n wit leuentjie so nou en dan en ons het gewoonlik goeie redes daarvoor. Soos waneer jy wegkruipertjie speel met jou kinders en jy het hulle lankal gesien, maar wil nie die fun spoil nie. Moet mens eerder brutaal eerlik wees? Wat van 'n middelpad, waar mense kan staatmaak op jou om altyd 100% eerlik en empatiek kan wees. Watse voordele bring so benadering tot jou lewe? Sam Harris...

[21] Klets: Mal voëls 16.03.2022

Mal, dronk en wraaksugtig. Praat ons van jou eks of oor voëls? Rudolph vertel van sy langafstand fietsry manewales: Motivering, prestasie, deursetting, neermoer. Toerisme en stront stories. Stoei met jou baas. Natuur oor die algemeen. Voëlsnobs. Sê 3x vinnig: Cranefly, dragonfly, damselfly, mayfly. Australian Magpie: wiki Currawong: wiki Haggis bok: wiki Duiwelse vingers paddastoel: wiki

[20] Wat is 'lewe'? 09.03.2022

What is life!? Letterlik! Wie weet? Duidelik nie ons nie, maar ons probeer! Skink maar 'n dop en skud jou kop saam met ons. Is dit beter om 100 hoenders dood te maak of eerder een koei? Maak dit saak? Verseker vir die koei! Haddaway: What is love Kurzgesagt : What is life Andrew Huberman: wiki Strontoortappings: wiki Klockreaksie: wiki Ball weerlig: wiki Reputable science news: phys.org Absur...

[19] Klets: Musiek nostalgie met Eugene 02.03.2022

Ons verwelkom Eugene Kraamwinkel by ons gooi. Ons praat oor musiek se invloed in ons lewe, skoolvriende en makkerskap. Eugene vertel ons ook so paar 'struggles' van die musiek wêreld en hoe hy musiek as terapie gebruik het by Kalafong hospitaal. Ook oor die politieke invloed op musiek tydens die apartheids jare, Rodney Seale wat ons teen die duiwel gewaarsku het en meer oor Piet Botha.

[18] Boekklub: Permutation city - Greg Egan 23.02.2022

Dis weer tyd vir Francois se boekklub. Diekeer praat ons oor Greg Egan se Permutation city. Greg Egan se webwerf Wiki artikel oor Permutation City

[17] Normaal is 'n setting op die tuimeldroër (Michelle Cheyne) 16.02.2022

Ons tweede klets sessie met Michelle Cheyne. Ons praat oor neurodiversiteit, insluitent Tourette syndrome, ADHD, autism, sociopaths etc. Michelle se Unsubscribe podcast chat Michelle se projek: https://instinctive-living.com/ Lees een van haar artikels hier: https://instinctive-living.com/self-confrontation/

[16] 3..2..1.. Blast off jou lewe met RocketSprocket's aktualisering 09.02.2022

Rocco Jarman praat met ons oor digter wees, actualisation en doel van die lewe.  Eyeswideopenlife.org Eyes Wide Open Life: Potgooi RocketSprocket: Musiek Gedigte: Instagram “actualisation is the welcoming home of authenticity, our first child, which we had driven from the home, in favour of sparing of the uninvited guests of the world’s petty virtues, the burden of their own embarrassment." R...

[15] Van jou trollie af! 02.02.2022

Evert & Rudolph praat oor winkel trollies, die "Trolley Thought Experiment", Utilitarinsm, die logika van liefdadigheid en ander sondes. * Trolley Problem * Utilitarianism * Peter Singer "Waar's jou ma? Ek sal jou ma text of iets" Evert Coetzee

[14] Klets: Tel Brakkenjan se k@k op! 26.01.2022

As daar nou een ding is wat seker dieselfde in alle lande is, is dit honde. Maar nie, nie rerig nie. Ons praat oor hoeveel anders mense hulle honde aanhou in Australië en België. Labradoodles: wiki Cavalier King Charles: wiki Jock of the bushveld: youtube trailer Nagapies: wiki "Dis altyd fun om te praat, wetie of dit fun is om te luister nie" Rudolph Botha

Listen to the Magalies Potgooi podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.