Magalies Afrikaanse Podcast
Magalies Potgooi
'n Afrikaanse potgooi / podcast met ligte filosofie en nonsens-praat in Afrikaans. Ons het geen antwoorde nie, maar nogsteeds hou ons nie ons bekke nie. Daar is 'n nuwe episode elke week op Woensdag. Kyk uit vir ons substrome:Klets - Lekker ligte geselsiesBoekklub - Ons beskreek 'n boek Hensoppers - Suid Afrikaners regoor die wêreld se storiesPop - Flieks, TV stories, etcKletsBotBoks - Debatte tussen twee ChatbotsKommentaar of inligting: magaliespotgooi@gmail.comKategorië: https://open.spotify.com/user/3147gcb7efpfrxgrdcev3jhxr3py
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: podcasters.spotify.com
Author
Magalies Afrikaanse Podcast
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 20, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
[50] Hensoppers: Taiwan (met Elene van Sandwyk) 24.05.2023 1:35:10
Die derde hensopper episode is hier! Ons praat me Elene van Sandwyk wat nou al 10 jaar lank in Tapei bly. Elene het hierdie regstellings gestuur: Taiwan het nie meer mense as Suid Afrika nie, sy het gedink aan die populasie digtheid Die woord in Manderein was sy gesê het beteken 'buitelander' verwys na die vrou se familie, nie die man s'n nie
[49] Namaste, Bliksems! (Mindfulness) 10.05.2023 1:34:06
Evert, Tersia en Rudolph praat oor hulle mindfullness ondervindinge. Ons 50ste opname (insluitend ons intro, so episode 49)! Nog meer oor mindfullness Big Think 30 minute opsomming: https://www.youtube.com/watch?v=jCJdl6Vs7wg Andrew Huberman solo episode oor meditasie (episode 96): https://hubermanlab.com/how-meditation-works-and-science-based-effective-meditations/ Andrew Huberman praat met Sam...
[48] Klets: ChatGPT 25.04.2023 1:19:54
Die eerste Afrikaanse onderhoud met ChatGPT, of soos ons haar gedoop het: Blikbrein.
[47] Waar het jou Oupa gekuier? #2 11.04.2023 1:34:26
Hierdie keer toets ons ons-self en ontdek die skandes van die familie.
[46] Memes - Brokkies kultuur inligting 28.03.2023 1:20:53
In 1976 het Richard Dawkings die term "Meme" uitgedink. Dekades later het die term gewild geraak met verwysing na internet memes, maar ons praat bietjie oor die wyer betekenis van die term. Virus of the Mind: https://www.goodreads.com/book/show/363502.Virus_of_the_Mind
[45] Boekklub: Aliens, Engele, Golems - 8 wêrelde met Ted Chiang 15.03.2023 1:29:40
Ons drie praat or a paar kortverhale in Ted Chiang se versameling "Stories of your life and others". Ted Chiang: en.wikipedia.org/wiki/Ted_Chiang Ted se storie wat in 'n fliek omgesit is: www.youtube.com/watch?v=tFMo3UJ4B4g As jy nie na die hele gooi wil luister nie.... 0h:0m - Inleiding 0h:7m - 72 letters 0h:29 - Tower of Babel 0h:45 - Story of your Life (Arrival film) 1h:08 - Hell is the a...
[44] Magalies vs die internet: 3 01.03.2023 53:22
Ja, ons doen dit al weer
[43] Stoicism: Kalm kop tydens beurtkrag 15.02.2023 1:24:18
Evert is nou al 'n week lank 'n stoic en Rudolph is 'n ervare stoeier. Kan hulle Tersia help om kop te hou met al die beurtkrag? Of gaan Tersia eerder Evert help om kalm te bly oor al die duisende botteltjies wat in sy huis rond staan? Prof Pugliucci op TED: https://www.youtube.com/watch?v=Yhn1Fe8cT0Q Philosophize This: https://www.philosophizethis.org/
Welkom by die Magalies Afrikaanse Potgooi / Podcast 11.02.2023 6:37
Hartlik welkom by ons potgooi in Afrikaans! Hierdie is ons tweede inleiding van die podcast. Ons reken die ander een is episode een. Krap maar rond. Ek is seker nie alle temas is interessant vir almal nie.
[42] Hensoppers: David en die Goliat, Amerika 01.02.2023 42:49
David het op stowwerige klein myn dorpies groot geword - daar was nie geld vir universiteit nie, maar hy het die geleenthede wat verby gekom het aangegryp en die beste daarvan gemaak. Sy paadtjie het hom deur Suider Afrika, Europa en VSA gevat. Kom luister na sy avonture op ons derde Hensopper episode. David se radio stasie: https://musicalventureradio.com/
[41] Morele fondasies en heidene 17.01.2023 1:29:46
Met Evert en Rudolph wat in lande bly wat nie meer rerig gelowig is nie, waarop is die mense se moraliteit gebaseer?
[40] Is die lewe te kort? 04.01.2023 1:24:58
Dis 'n ou nare vraag, maar ons gaan jou nie depressief maak nie.
[39] Tersia haal Jordon Peterson oor die kole 21.12.2022 58:47
Hierdie is 'n opvolg van ons episode oor Jordan Peterson se boek, 12 Rules for Life. Lyk of daar meer dinge oor Jordan Peterson te sê is, veral sy vae en vreemde termes wat hy gebruik as hy oor geloof praat. Tersia het weer met ons kom praat en 'n ontleding gedoen oor sy kommentaar oor geloof.
[38] Klets: Pinball - Die Kuns van Ingenieurswese! 07.12.2022 1:04:26
Wanneer ingeneurswese en kuns die perfekte masjien maak! Ons praat oor pinballs en ons ondervindings daarmee. Cool masjiene: Medieval Madness, Junkyard, Adams Family, Guns&Roses, Monster Bash, Creature of the Black Lagoon, Jurassic Park, WWF. Findapinball.com: Sien waar in Europa daar masjiene is om te speel of waar jou naaste gunsteling is. IPDB.org: Internet pinball database. Die ultimate re...
[37] Klets: 44 Afrikaners is nie plesierig (met Tersia) 23.11.2022 34:41
Ons klets met Tersia oor Charlize se lastering teen ons Afrikaanse kultuur.
[36] Magalies vs die internet: 2 16.11.2022 1:11:49
Wie gaan wen? Hitler en nobel prys: https://www.nobelprize.org/nomination/archive/show.php?id=3243 Arbeie is nie bessies nie: https://www.livescience.com/57477-why-are-bananas-considered-berries.html Eiffel toring en fotos: https://www.rd.com/article/eiffel-tower-illegal-photos/ Bome vs die melkweg: https://www.snopes.com/fact-check/trees-stars-milky-way/ Skotte en unicorns: https://www.nts.org.uk...
[35] Boekklub: 12 Rules for Life - Jordan B Peterson 02.11.2022 1:31:54
Wat is die 12 reëls vir die lewe? 1. Flex daai muscles vir die cherries 2. Gee jouself 'n drukkie 3. Kies buddies wat drukkies gee 4. Jy hoef nie so cool soos ander te wees nie 5. Leer jou kinders om hulle vuil onderklere op te tel 6. Tel jou eie vuil onderklere op (en maak jou bed op) 7. Soek die doel van die lewe (nie alweer nie!) 8. Moenie 'n liegbek wees nie 9. Die ou waarmee jy praat is nie '...
[34] Lex Fridman promo - LEGO speel met selle 18.10.2022 1:09:22
Het jy al na Lex Fridman geluister? As jy nie het nie, mis jy uit. Ons gaan jou probeer oortuig deur so paar stories rond te gooi van hoofsaaklik twee van sy nuutste episodes: Micheal Levin: https://www.youtube.com/watch?v=p3lsYlod5OU Nick Lane: https://www.youtube.com/watch?v=tOtdJcco3YM Conway's game of life: https://www.youtube.com/watch?v=C2vgICfQawE
[33] Ricky Gervais en trans swemmers 20.07.2022 1:12:17
Ricky Gervais se nuwe grappies het mense aan die gons en FINA verban transvrouens van vroue swem kompetisies. Kan die Magalies daaroor praat sonder om mense kwaad te maak?
[32] Geloof window-shopping 05.07.2022 1:22:24
Ons kyk bietjie na verskillende gelowe in die wêreld soos 'n kar "dealer" wat jou vertel van al die beste dele van die kar. Understanding world religions: Podcast (spotify)
[31] Hensoppers Nederland: Met Ruth Prinsloo 31.05.2022 1:04:27
Welkom by die eerste episode van ons Hensopper reeks waar ons praat met Suid Afrikaanse mense wat regoor die wêreld bly. Ruth vertel van haar 20-jaar lange ondervinding met Nederland en Nederlanders.
[30] Klets: Tersia gaan kuier by 'n sangoma 17.05.2022 1:19:21
Hierdie is 'n lekker klets sessie met Tersia waar sy ons vertel van haar undercover besoek aan die Sangoma waartydens sy hom gevra het om 'n goeie woordjie vir haar by die voorvaders in te sit. Ons het lekker gelag vir haar mannewales, maar as stories oor voorvaders en geeste nie vir jou is nie, hou maar verby. O, en een van Rudolph se kinders het alweer weggeloop! Alhoewel die sessie een van ons...
[29] Magalies vs die internet: 1 10.05.2022 1:10:58
'n Mens sluk gemiddeld 5 spinnekoppe per jaar terwyl hy of sy slaap. Jy kan die Great Wall in Sjina sien vanaf die ruimte. Is al die ‘feite’ waar? Francois toets die Magalies se kennis en kyk of hulle val vir al hierdie internet staaltjies. Welkom by ons eerste vasvrae kompetisie! Blue-ringed octopus: wiki Insect identifier app: apple store Plant identifier app: apple store Duitse toilette: youtub...
[28] Die verhaal van Eva, Neo en die rooi pil 03.05.2022 1:17:01
Vandag probeer ons Dominee speel en dink bietjie oor die Genesis storie van die slang en die vrug en ons was half verras dat daar 'n paar twists en turns is wat ons nie van Sondagskool kan onthou nie. En aangesien die nuwe Matrix movie uit is, kom ons kyk na die ooreenkoms tussen die Matrix en die Bybel. Is die rooi pil wat Neo geeet amper dieselfde as die vrug van kennis? En dan praat ons bietjie...
[27] 'n Vegetariër, veganis en 'n vleiseter loop in 'n kroeg in..., met Michelle Venter 27.04.2022 1:19:18
Evert hou baie van sy "steak" en boerewors, maar Rudolph is 'n vegetariër. Sal Rudolph hom kan oortuig om minder vleis te eet? Natuurlik nie! Dis hoekom hy spesiale hulp ingeroep het. Michelle, bobaas bakker en vegan, gaan vir ons verduidelik hoekom sy gekies het om 'n vegan te wees in die land van biltong en braai. Check uit vegansociety.org.za Paul McCartney Video details: https://www.paul...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.