Magalies Afrikaanse Podcast
Magalies Potgooi
'n Afrikaanse potgooi / podcast met ligte filosofie en nonsens-praat in Afrikaans. Ons het geen antwoorde nie, maar nogsteeds hou ons nie ons bekke nie. Daar is 'n nuwe episode elke week op Woensdag. Kyk uit vir ons substrome:Klets - Lekker ligte geselsiesBoekklub - Ons beskreek 'n boek Hensoppers - Suid Afrikaners regoor die wêreld se storiesPop - Flieks, TV stories, etcKletsBotBoks - Debatte tussen twee ChatbotsKommentaar of inligting: magaliespotgooi@gmail.comKategorië: https://open.spotify.com/user/3147gcb7efpfrxgrdcev3jhxr3py
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: podcasters.spotify.com
Author
Magalies Afrikaanse Podcast
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 13, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
[122] Klets: Onnoselle yskasmagneet-geskenke en ander confessions 11.12.2024 54:44
Fesshole op die X-platform is waar jy jou vreemdste biegverhale (of confessions) anoniem kan deel. Evert het 'n paar uitgesoek wat nie té af is om te deel nie. Gaan loer na episode 97 waar ons dit vantevore gedoen het. Ons is vier ouens wat in vier verskillende lande bly (Francois kuier wel in Australië). So terwyl ons deur die moeras van Fessholes werk, gesêls ons ook oor die verskille tussen lan...
[121] Vryheid 04.12.2024 58:18
Nie die dorp in die Vrystaat nie - die idee dat jy kan doen wat jy wil. Ons praat oor verskil tussen lande, vryheid om vinnig te ry soos op die autobahn, vryhede waar jy jouself inperk, ens.
[120] Pop! Solaris - die storie agter die storie 27.11.2024 57:35
Ons praat oor die 2002-fliek Solaris , waar George Clooney 'n sielkundige speel met die naam Chris Kelvin wat arriveer op 'n ruimtestasie wat wentel om die planeet Solaris , nadat hy 'n noodsein van sy vriend ontvang het. Solaris is baie meer as net 'n Hollywood-fliek — die geskiedenis strek oor dekades en het 'n paar interessante draaie wat ons na 'n ander era van sci-fi-stories en legendes toe...
[119] Hoekom is blomme mooi? 20.11.2024 1:15:55
“As ‘n boom omval in die bos en niemand hoor dit nie, maak dit ‘n geluid?” Wat van ons level up eerder met die vraag: “As ‘n blom blom in die bos en niemand sien dit nie, is dit nog steeds mooi?” Of eerder: is estetika objektief? Die idees is gebaseer op David Deutsch se tesis “Hoekom is blomme mooi,” en ek en Evert het hard kop gekrap en probeer hardop dink daaroor. Tesis: https://publicism.info/...
[118] Hensoppers: Indië (met Vanessa) 13.11.2024 1:04:16
Die week is dit weer tyd vir 'n lekker ligte kuier en die keer gaan loer ons in by Vanessa wat al 4 jaar lank in Indë bly saam met haar familie.
[117] Die Borg se 'hive mind' 05.11.2024 1:04:27
Ons kyk na Star Trek se Borg en gebruik dit as ’n gedagte-eksperiment om kollektiewe en individualistiese samelewings te vergelyk. Ons ondersoek ook die moraliteit van die assimilasie van ander gemeenskappe by joune, soms met geweld, omdat jy besluit dis beter vir hulle. Ons vergelyk die Borg se hive mind met dié van bye, seekatte, die weermag, ekonomiese stelsels, KI (kunsmatige intelligensie), e...
[116] Klets: Henrieke se Namibië toer 29.10.2024 50:39
'n Rustige geselsie met Henrieke oor haar bustoer deur Nambië. Kopiereg vir Vinger van God behoort aan Pieter Best * Lisensie details en oorspronklike foto: https://en.wikipedia.org/wiki/Mukurob#/media/File:Namibia_Mukurob_01.jpg
[115] Weet die haas die jakkels weet hy weet hy wil hom vang? 22.10.2024 1:03:28
Is miere autonome? Het hase 'theories of mind'? Hoekom lyk robotte soos oulike diertjies? Weet die kiewiet hy flous die jakkals? Ervaar krewe pyn? Is daar verskillende vlakke van bewussyn? Ons weet nie wat die antwoorde is nie, maar ons gaan nie stilbly nie! Gelukkig is Dan Dennett se wysheid naby om ons deur die probleem te lei. Braitenberg Masjien: https://www.youtube.com/watch?v=A-fxij3zM7g Kin...
[114] Hensoppers: Kanada (met Hardy) 15.10.2024 55:37
Hardy vertel ons van sy 5 jaar in Kanada en ander ondervindinge. Ander Hensopper episodes: [102] Malta [085] England [080] Thailand [053] Israel [050] Taiwan [042] VSA [031] Nederland
[113] Nog pitkos uit Galileo Galilei se kettery 08.10.2024 1:14:09
Die ou storie van GG se stryd met die kerk is al goed deurgetrap, maar daar is nog steeds pitkos in hierdie eeue-oue sepie. Dit gaan oor hoe ons verduidelikings evalueer en teenoor mekaar opweeg. Gebaseer op David Deutsch se Fabric of Reality
[112] Hotel Infinity 01.10.2024 53:00
Ons doen so bietjie wiskunde, met die Hotel Infinity Paradoks - 'n gedagte eksperiment in die veld van Wiskunde Filosofie.
[111] Klets: Vegkuns met Brandin Fourie 24.09.2024 1:01:06
Ons praat met een van ons skool tjommas oor vegkuns. Sy gym: http://tridragons.co.za/index.html
[110] AI se binnegoed en toekoms 17.09.2024 1:04:39
Wat is Kunsmatige Intelligensie? Wat is generatiewe vs evolusionêre raamwerke? En is daar 'n groot KI-gevaar soos in Terminator ?
[109] Boekklub: Hoekom comics lees ? (met Hugo Swanepoel) 10.09.2024 55:10
Hugo en Evert vertel vir ons wat die aantrekking is om strokiesprente te lees en vertel ons 'n bietjie meer van die grafiese roman MIND MGMT. https://en.wikipedia.org/wiki/MIND_MGMT
[Bonus] Space nuus #1 07.09.2024 27:48
Evert vertel ons van al die nuutste opwindende nuus oor 'ruimte-reise' in hierdie spesiale episode. Countdown op Netflix: Countdown
[108] Het klippe bewussyn? 03.09.2024 57:46
Natuurlik nie, maar die teorie van Pansigisme sê bewussyn (consciousness) is versprei oor die heelal en in alles. Dalk is dit bollie, maar miskien leer mens tog iets as jy daaroor dink.
[107] Boekklub: Verwagtinge (met Beria Vorster) 27.08.2024 1:07:24
Beria Vorster vertel ons van sy boek "Expectations". email: Beria. Vorster@gmail.com Boek te koop aanlyn: https://burbleonline.co.za/c/300/self-help (Beskikbaar vanaf 30/8/2024)
[106] Klets met Gareth Green: Hoe om (goeie) flieks te maak 20.08.2024 1:03:47
Ons praat met film maker Gareth Green oor sy ambisies om sy stories met die wêreld te deel – in Afrikaans. Ons praat ook oor die film vervaardigings proses as ook wat dit vat om ‘n goeie fliek te maak. Kontak Gareth Green by: greentokolosh@gmail.com Instagram: @gareth_green_tea Youtube: @garethgreen3097 My Pa die Alien Promo: https://www.youtube.com/watch?v=hj9FnSIp-LE
[105] Fisika en Biologie Gediggies 13.08.2024 1:17:26
Lewensbouende prosesse, kompleksiteit, moontlikheidspasies en samestellingsteorie. Feite oor die lewe, maar alles in digvorm! Sara Imari Walker (@Sara_Imari) / X
[104] Klets: Afrikaanse Kasteel in Frankryk (met Sunita en Andrew) 06.08.2024 53:53
Sunita en Andrew McDonald is besig om 'n 16e eeuse kasteel in die suide van Frankryk te restoreer, wat baie vervalle was toe hulle reg in die begin van Covid daar ingetrek het. Fotos op Instagram: https://www.instagram.com/chateaudecapelle/ Een van vele artikels op Maroela Media: https://maroelamedia.co.za/debat/rubrieke/ons-franse-kasteel-met-n-hart-diep-in-afrika-gewortel/ Facebook groep: ht...
[103] Evolusie Feite en Verwarringe 30.07.2024 1:15:27
Evolusie Teorie misverstande, gapings, pogings om te versoen met die Bybel, bewyse en ander feite
[102] Hensoppers: Malta (Wendy Zitzman) 23.07.2024 1:15:22
Ons gesêls weer met Wendy - die keer oor die tyd wat sy in Malta gebly het
[101] Klets met Tattoo-kunstenaar Simone 16.07.2024 1:04:35
Ons gesels met Simone, professionele Tattoo kunsternaar https://www.instagram.com/simi.tattoos/
[100] Magalies vs Internet : Vasvra #6 09.07.2024 1:07:52
Ons vier ons 100ste episode met 'n Vs Internet! - Mense wat baie eet en nie oorgewig raak nie het 'n vinnige metabolisme - Is cholesterol in eiers sleg vir jou hart? - Is water 'nat' ? - As 2 spieëls na mekaar toe kyk, gaan die beeld verewig diep? - en nog baie meer
[99] Niks kom van Krieket - dis net fisika (met Tersia) 02.07.2024 1:32:40
Top-down vs Bottom-up causation; Free Will; Tersia by Free Thought Hour: https://www.youtube.com/@FreeThoughtProductions Robert Sapolsky: Determined https://en.wikipedia.org/wiki/Robert_Sapolsky Kevin j. Mitchell: Free Agents https://www.kjmitchell.com/
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.