Magalies Afrikaanse Podcast
Magalies Potgooi
'n Afrikaanse potgooi / podcast met ligte filosofie en nonsens-praat in Afrikaans. Ons het geen antwoorde nie, maar nogsteeds hou ons nie ons bekke nie. Daar is 'n nuwe episode elke week op Woensdag. Kyk uit vir ons substrome:Klets - Lekker ligte geselsiesBoekklub - Ons beskreek 'n boek Hensoppers - Suid Afrikaners regoor die wêreld se storiesPop - Flieks, TV stories, etcKletsBotBoks - Debatte tussen twee ChatbotsKommentaar of inligting: magaliespotgooi@gmail.comKategorië: https://open.spotify.com/user/3147gcb7efpfrxgrdcev3jhxr3py
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: podcasters.spotify.com
Author
Magalies Afrikaanse Podcast
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 13, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
[144] Kerk vs Staat: Heroriënteringsterapie (met Dewald & Hugo) 14.05.2025 1:13:26
Het Australië se state (en selfs Suid-Afrika) die kerk verbied om vir mense te bid in die naam van seksuele heroriënteringsterapie? Het die staat die reg om in te meng in die kerk se reëls ter wille van die beskerming van individue? Ons bespreek die saak met Dewald en Hugo.
[143] Klets: Lekker Lipsalf & ander confessions 06.05.2025 52:54
Fesshole episode nommer 3. Lekker rustige episode.
[142] Superposisie 30.04.2025 1:02:46
Die viermanskap probeer die groot raaisels van Kwantumfisika verstaan
[141] Hensopper Portugal (Jan Hugo - The Relocated South African) 22.04.2025 1:00:33
Ons praat met Jan Hugo wat in Portugal bly en wat die splinternuwe podcast The Relocated South African hardloop https://open.spotify.com/show/5S02j5hf8iZNa3aKU1tHZw
[140] Pop! Severance 16.04.2025 50:37
Die viermanskap van die Magalies Potgooi bespreek TV reeks Severance. Ons gaan ook bietjie in die filosofie aspekte in.
[139] Pop! Spaceman 09.04.2025 29:29
Kort episode vandag - Adam Sandler se verrassended serious space fliek. Ons doen geen analise van die movie nie - net 'n lekker klets en vinnige bekendstelling vir die wat dit nog nie gekyk het nie.
[138] Boekklub: Nexus - die groot AI gevaar (met Tersia) 02.04.2025 1:19:15
Yuval Noah Harari se boek Nexus word bespreek, asook sy stellings oor die gevare van KI (AI). Susan Gerbic: https://www.youtube.com/watch?v=ZByPi3Rjhmk Tersia se ander projekte: Free Thought Hour: https://www.youtube.com/c/FreeThoughtProductions Kruisvry: https://www.youtube.com/@Kruisvry
[137] KletsBotBoks: Die Siel en ander metafisiese sake 26.03.2025 58:37
Ons span ChatGPT en Grok in om te debatteer oor metafisiese stellings uit geloof. Dit was groot pret. Jammer vir die klankgehalteprobleme op sekere plekke
[136] Pop! Simba se twak en ander fliek-tropes 19.03.2025 1:00:58
Ons praat oor tropes in flieks en Evert vertel ons hoekom hou hy nie van The Lion King nie. Francois se Phishing Quiz: https://phishingquiz.withgoogle.com/
[Bonus] Space nuus #3 16.03.2025 28:05
Ons gee 'n opdatering op: - SpaceX super heavy vlug 7 & 8 - Blue Origin se eerste New Glenn vlug - RocketLab en FireFly se klein rockets - FireFly en Intuitive Machines se maan landings
[135] Skeptisisme - teenmiddel vir alien stories & ander twak 12.03.2025 50:41
Welkom, ons praat oor so paar idees oor skeptisisme.
[134] Maga-lies: Trump en tribulasies 05.03.2025 1:07:24
Rudolph en Evert kan hulself nie help nie en praat oor die onlangse verandering in die politieke landskap van die VSA. As jy moeg raak, spring na die laaste 5 minute toe of so waar ons darem tot een of ander gevolgtrekking kom.
[133] Boekklub: The Alienation Gene met Marinus Mans 26.02.2025 1:09:29
Ons praat met skrywer Marinus Mans oor sy boek The Alienation Gene Amazon link vir The Alienation Gene marinusmans.co.za
[132] Klets: Virtual Reality met Quest 3 19.02.2025 1:29:04
Evert vertel vir ons van sy nuwe speelgoed. Quest 3 VR Headset Top Speletjies: - Job simulator - Vacation simulator - Wall town wonders - Population: One - Superhot - Contractors Showdown: ExfilZone Kamera: - Insta360 X4
[131] Klets: Skaam seuns wat modelleer en salsa 12.02.2025 45:17
Ons praat oor Rudolph se modeljare, Tobie se salsa-avonture, skaamheid en vernederende ondervindings wat jou laat groei. Daar is ook so paar goue skool herhinnering.
Nuusflits: Dricus Du Plessis veg! UFC 312, Sondag oggend 08.02.2025 1:36
Dricus Du Plessis veg more, Sondag oggend weereens teen Sean Strickland. Kyk op DSTV so tussen 9am en 10am. Jy kan ook die fight koop op ufc fighpass. Hier by my kos dit so 30 eur.
[130] Hoekom is daar iets en nie niks nie? 05.02.2025 44:27
Ons probeer weerens een van die onopgelosde vrae beantwoord. Michael Shermer artikel wat as basis gebruik word: https://www.skeptic.com/reading_room/why-is-there-something-rather-than-nothing/ Lawrence Krauss onderhoud: https://www.youtube.com/watch?v=46sKeycH3bE
[129] Drie-liggaam-probleem, kousaalheid en agentskap 29.01.2025 1:03:10
Drie-liggaam-probleem, kousaalheid en agentskap
[128] Pop! Arcane 22.01.2025 1:13:52
Plot Alert! Vind dit op Netflix https://www.netflix.com/title/81435684
[127] Is besluitneming en doelwit "hacks" nodig? 15.01.2025 52:17
Maak jy soms verkeerde besluite omdat jy nie verby die struikelblokke kan kyk nie? Sukkel jy met "analysis paralysis"? Voel jy skuldig oor doelwitte wat jy nie bereik het nie? Moet jy sleg voel teenoor jou historiese self as jy nie drome bereik het nie, of skuld jy eerder jou toekomstige self genot? Is die harde bene kou iets wat jy moet vermy of uitsoek? Moet ons eerder fokus op voorspellings as...
[126] Klets: Die klein dingetjies wat pla 08.01.2025 52:08
Oftewel soos wat hulle in Engels sê "Pet Peeves".
[125] Grootste Onopgeloste Raaisels 01.01.2025 1:10:21
Wat is die groot vrae oor die heelal wat ons nog nie geantwoord het nie? Ons praat van dinge soos Donker Materie en Energie. En wat was die vrae 100 jaar terug? Of 'n 1000 jaar?
[Bonus] Space nuus #2 28.12.2024 32:40
Evert vertel weer vir ons van witwarm Januarie in die ruimte en watter ruimte planne hy na uitsien in 2025.
[124] Boekklub: Orbital (2024 Booker wenner) 25.12.2024 40:27
2024 Booker Prys wenner en dit speel af op die ISS - dit moet 'n goeie boek wees! Nie almal is ewe oortuig nie... https://en.wikipedia.org/wiki/Las_Meninas
[123] Klets met Mia oor Gaming Kultuur, Anime en ander pop kuns 18.12.2024 1:04:58
Ons gesels met Mia, wat 'n groot passie het vir Gaming, Anime en vele meer. Sy was op universiteit ook die president van die Anime en Games Club. Sy neem ons op 'n toer deur hierdie wêreld — kom saam! Gaan loer in by haar: YouTube: https://www.youtube.com/@mialotic Apple: https://podcasts.apple.com/au/podcast/geeky-speechie-gaming-speech-therapy-and-geek-culture/id1732201715 Spotify: https://op...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.