RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leefwêreld van die gestremde 4 September 2022 04.09.2022 22:32
Fanie du Toit vind meer uit van die dienste wat die Kaapstadse Vereniging vir Persone met Gestremdhede aanm sy lede en hulle families lewer. Jacqui January gesels met Mej. Rolstoel SA oor die bewusmaking van spierdistrofie. Sy vertel ook van die kompetisie waar sy Suid-Afrika in Meksiko gaan verteenwoordig.
Leefwêreld van die gestremde 28 Augustus 2022 28.08.2022 21:46
Loslitdag vier van vanjaar sy 28ste bestaansjaar! Meer as 600 organisasies, spesifiek vir mense met gestremdhede, word finansieel bevoordeel deur hierdie belangrike projek. Arthur McGee is aangewys as SA Krieket se Dowe Krieketspeler vir 2022. Hy het op driejarige ouderdom doof geword, en leef vandag voluit met twee kogliêre inplantings. Hy is eerstejaar ingenieurstudent aan die Universiteit van P...
Leefwêreld van die gestremde 21 Augustus 2022 21.08.2022 19:54
SARDA is ‘n nie-regeringsorganisasie wat perdryterapie verskaf aan mense met spesiale behoeftes. Hulle word gekonfronteer met baie uitdagings, ondermeer ‘n grondeis, maar die organisasie beur voort om dienste, al vir byna 50 jaar, aan gestremdes te lewer. Hoe kan ‘n trustfonds gestruktureer word om voorsiening te maak vir ‘n persoon met 'n gestremdheid wanneer hulle voog of voorsiener tot sterwe s...
Leefwêreld van die gestremde 14 Augustus 2022 14.08.2022 23:16
‘n Maatskaplike werker vertel van demensie, ‘n meer onsigbare vorm van gestremdheid. Sy vertel van die vroeë simptome, die risikos en voorkomingsmaatreëls. Jacqui January vertel die storie van 'n blinde persoon se ervaring by 'n internasionale danskompetisie.
Leefwêreld van die gestremde 7 Augustus 2022 07.08.2022 23:12
Arbeidsterapeut Marianne Heese vertel van Whatsapp- en aanlyngesprekke en opleiding om ouers te help met die opvoeding van hulle gestremde kinders. Johanni Meiring het twee kinders op die outismespektrum. Sy praat oor die uitdagings en die gewaarwording dat dinge anders as ander gesinne vir hulle sal wees.
Leefwêreld van die gestremde 31 Julie 2022 31.07.2022 22:57
Fanie du Toit kyk na die uitdagings van minder sigbare gestremdhede, soos demensie. 'n Pa met twee seuns op die outismespektrum vertel van die uitdagings, en hoe Hokkie vir Outisme begin het.
Leefwêreld van die gestremde 24 Julie 2022 24.07.2022 21:36
Fanie du Toit gesels met ‘n paramedikus wat ‘n rolstoelgebruiker is. Hy vertel onder meer hoe hy homself by trappe ophelp met sy hande. Jacqui January gesels met ‘n skoolhoof wat ‘n skool vir leerders met verstandelike gestremdhede moes vestig. Hy het onlangs afgetree, en deel van sy ervarings.
Leefwêreld van die gestremde 17 Julie 2022 17.07.2022 25:29
Janet Hauman is ‘n oudioloog van Kimberley wat leef met gehoorverlies. Sy vertel van die uitdagings om in openbare plekke met toestelle oor die weg te kom, en dit optimaal te gebruik. Sy praat ook oor die lis-sisteem klankstelsel, en gee praktiese wenke om toegangklikheid en deelname in kerke vir persone met gestremdhede te bevorder en te verbeter. ‘n Belastingkenner vertel hoe om mediese krediete...
Leefwêreld van die gestremde 10 Julie 2022 10.07.2022 24:11
Dr. Ambrose Swartbooi het ná ‘n motorongeluk 'n radioloog geword. Hy kom deesdae oor die weg met behulp van sy rolstoel, maar dit hou hom glad nie terug om sy werk na die beste van sy vermoë te doen nie. Jaco Neethling is ‘n gholfafrigter. Sy passie is om mense met gestremdhede opleiding te gee in gholf. Die SA Vereniging van Gholf vir Persone met Gestremdhede doen bewusmaking vir die sport onder...
Leefwêreld van die gestremde 3 Julie 2022 03.07.2022 26:51
Fanie du Toit gesels met Sonja van Wyk van die Meerhofskool vir kinders wat leef met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n selfopgeleide mondskilder. Sy is in ‘n rolstoel en kan net haar kop beweeg.
Leefwêreld van die gestremde 26 Junie 2022 26.06.2022 24:48
Die Meerhof Skool vir kinders met gestremdhede langs die Hartbeespoortdam, was ‘n hospitaal tydens die Twee Wêreldoorlog. Daar is 245 leerders van graad R tot graad 12. Hy vertel van die skool se geskiedenis en wat hulle behoeftes is. Blind SA het verlede jaar 75 jaar oud geword. Hulle bied broodnodige hulp met werksoek en ander ondersteuning aan blind en siggestremde persone. Hulle is in die pros...
Leefwêreld van die gestremde 19 Junie 2022 19.06.2022 22:18
Veronica Pronk en Anel Stofberg vertel van die werksaamhede van die Kaapstadse Vereniging vir Blindes, wat al 93 jaar lank mense met visuele gestremdhede bystaan. Hulle bied opleidingskursusse aan wat nasionaal erken word. Werk word ook gedoen om die publiek te bemagtig met inligting om onkunde te verminder sodat die houding teenoor mense met gestremdhede positief kan verander. Pearl Heyns is 'n...
Leefwêreld van die gestremde 12 Junie 2022 12.06.2022 24:49
Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede, wat die afgelope 85 jaar ondersteuning en hulp aanbied. Jacqui January hoor van 'n tehuis vir volwasse persone met verstandelike en liggaamlike gestremdhede in Mpumalanga.
Leefwêreld van die gestremde 5 Junie 2022 05.06.2022 25:14
Fanie du Toit gesels met Janine Stampher van Camphill Village aan die Weskus. Dit is in 1964 gevestig, en was die eerste sentrum vir gestremde volwassenes in Suid-Afrika. Hulle maak plaasprodukte, en is veral bekend vir hulle rogbrood. Jacqui January gesels met Jessica en Johannes Gribb, ‘n blinde paartjie wat voluit lewe en nou goud los geslaan het in die Nasionale Rolbalkampioenskap in die afdel...
Leefwêreld van die gestremde 29 Mei 2022 29.05.2022 22:14
Fanie du Toit gesels met 'n ma oor die hantering van gestremde en nie-gestremde kinders in dieselfde huishouding. Jacqui January vind meer uit van die maatskaplike dienste wat Badisa aan die mees kwesbare persone lewer. Hulle sorg vir ouer mense met funksionele gestremdhede en jong kinders en gesinne in nood.
Leefwêreld van die gestremde 22 Mei 2022 22.05.2022 25:43
Fanie du Toit gesels met Tersia de Kok oor die hearX Stigting. Hulle fokus op die bewusmaking van wat blootstelling aan geraas vir lang periodes aan jou gehoor doen. Jacqui January gesels met Alcinon Cloete van Steinkopf in Namakwaland oor die Namaqua Wheelchair Clinic, ‘n nie-winsgewende maatskappy wat rolstoele te herwin, herstel en onderhou vir behoeftige mense. Dit is die enigste maatskappy in...
Leefwêreld van die gestremde 15 Mei 2022 15.05.2022 26:45
Die Tygerberg Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede bestaan al sedert 1932. Van die grootste uitdagings waarmee hulle te kampe het, is openbare vervoer vir persone met gestremdhede. Gebaretaal word by die Universiteit van die Vrystaat aangebied, en sowel doawe as horende studente kan in die vak fokus tot op doktorale vlak. Daar is nou ook ‘n aanlynkursus beskikbaar vir die publiek wat ge...
Leefwêreld van die gestremde 8 Mei 2022 08.05.2022 25:30
Akteur Erik Holm vertel van sy houtdraaiwerk, en hoe hy as kwadrupleeg weer moes leer om kitaar te speel. Aniki Theart is ‘n dansinstruktrise en afgetrede onderwyseres. Sy het n.a.v. haar eie uitdagings begin dans, leer nou vir kinders met gestremdhede om ook te dans.
Leefwêreld van die gestremde 1 Mei 2022 01.05.2022 25:29
Fanie du Toit gesels met akteur Erik Holm oor die gebeure wat aanleiding gegee het tot die ongeluk waarin hy sy nek gebreek het. Jacqui January gesels met 'n joernalis en skrywer oor navorsing wat is gedoen is oor die impak wat verslagdoening oor geestesongesteldhede op joernaliste het.
Leefwêreld van die gestremde 24 April 2022 24.04.2022 22:41
Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in die Vrystaat, en 'n projek vir werkskepping vir persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met rolbalspeler Herman Scholtz. Hy het slegs 5% sig, en is al plaaslik en internasionaal bekroon vir sy vaardighede as rolbalspeler.
Leefwêreld van die gestremde 17 April 2022 17.04.2022 22:26
Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van Epilepsie SA. Jacqui January gesels met 'n enkelma oor die uitdagings van ouers met kinders met spesiale behoeftes en gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 10 April 2022 10.04.2022 23:57
Fanie du Toit kry antwoorde na aanleding van luisteraarsvrae oor die rabat op die invoer van aangepaste voertuie. Emile Gouws gesels ook saam oor outisme. Jacqui January gesels met 'n boervrou wat, ná 'n motorongeluk, 'n tetrapleeg is.
Leefwêreld van die gestremde 3 April 2022 03.04.2022 26:08
Fanie du Toit gesels met Jakkie Pieters, 'n rolstoelgebruiker, oor onsekerhede en ondersteuning ná 'n traumatiese ongeluk. Jakkie gee ook praktiese raad en idees oor die hantering van 'n gestremdheid. Jacqui January hoor van Deone Erasmus, wat siggestremd is, en haar seun wat Suid-Afrika in Julie by die Wêreld Lyndanskompetisie in Engeland sal verteenwoordig.
Leefwêreld van die gestremde 27 Maart 2022 27.03.2022 25:56
Fanie du Toit praat met Gavin Davids oor die werksaamhede van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede in die Vrystaat. Jacqui January gesels parapleeg Brunhild Strauss. Hy vertel van sy deelname aan ‘n 109 km fietsresies om geld in te samel vir rolstoele vir mense in sy gemeenskap in Namakwaland.
Leefwêreld van die gestremde 20 Maart 2022 20.03.2022 26:06
Fanie du Toit gesels met 'n ma oor haar verhouding met haar dogter wat Downsindroom het. Sy vertel ook van die verhouding met die ander kinders in die gesin. Jacqui January kyk na Meervoudige Sklerose. Wêreldwyd kry meer vroue as mans dit, en dis ongehoord in die meeste Afrikalande en lande naby die ewenaar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.