RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leefwêreld van die gestremde 13 Maart 2022 13.03.2022 24:20
Fanie du Toit praat met Emile Gouws, wat met outisme gediagnoseer is. Hy is aangewys as raadslid van die Internasionale Outistiese Navorsingsraad. Jacqui January leer meer van van die interessanthede van gebaretaal, soos die rol van 'n werkwoord en gebaretaal as 'n universele taal.
Leefwêreld van die gestremde 6 Maart 2022 06.03.2022 23:32
Fanie du Toit vind meer uit oor post-polio-sindroom en hoe dit behandel word. Jacqui January gesels met Yolande van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Oudioloë oor Wêreld Gehoordag wat op 3 Maart gevier is. Sy vertel van die hoofoorsake van gehoorverlies, waarvan geraas bo aan die lys is.
Leefwêreld van die gestremde 27 Februarie 2022 27.02.2022 25:37
Fanie du Toit kyk na die outismespektrum, en idees vir gestruktureerde dramaterapie. Jacqui January gesels met ‘n ma oor haar tienjarige seun met spesiale behoeftes. Sy vertel van die waardevolle lesse wat sy by haar seun geleer het, wat nie die vermoë het om homself in woorde uit te druk nie.
Leefwêreld van die gestremde 20 Februarie 2022 20.02.2022 24:07
Fanie du Toit kyk na redelike akkomodasie in die werkplek. Sy gas vertel van die leemte t.o.v. die bewusmaking vir die behoeftes en benodigdhede van mense met gestremdhede. Jacqui January hoor watter hulp daar is vir volwassenes met gestremdhede om 'n profiel op die internet op te stel vir werkplasing. Die profiel is toegangklik vir werkgewers deur 'n eenvoudige elektroniese proses.
Leefwêreld van die gestremde 13 Februarie 2022 13.02.2022 25:05
Fanie du Toit kyk na die opleiding van gidshonde en hoe siggestremdes te werk kan gaan om te registreer vir 'n gidshond. Jacqui January gesels met 'n vrou wat haar vierjarige babaseuntjie aan die dood moes afstaan a.g.v. 'n seldsame kanker. Sy vertel van die gesin sy uitdagings, en van Rainbows and Smiles wat ondersteuning en hulp aan ouers bied.
Leefwêreld van die gestremde 6 Februarie 2022 06.02.2022 24:59
Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat serebraal gestremd is. Sy vertel van die verskilllende uitdagings van volwassenes en kinders met hierdie toestand. Jacqui January kyk na die aanpasbaarheid, aanvaarding en selfverryking om met jou uitdagings en gestremdhede saam te leef.
Leefwêreld van die gestremde 30 Januarie 2022 30.01.2022 24:51
Fanie du Toit kyk na die ondersteuning, hulp en praktiese raad wat die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede aan gestremdes bied. Jacqui January kyk na die aanpasbaarheid van kinders met gestremdhede by skole en in koshuise.
Leefwêreld van die gestremde 23 Januarie 2022 23.01.2022 24:56
Fanie du Toit hoor van die uitdagings van nieregeringsorganisasies en die dienste van die Nasionale Departement van/vir Persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n geleentheid vir mense met gestremdhede om opgelei en geplaas word te word in die arbeidsmark.
Leefwêreld van die gestremde 16 Januarie 2022 16.01.2022 21:32
Fanie du Toit hoor van 'n onafhanklike sentrum wat 'n tuiste bied en hulp verskaf aan mense met mobiliteitsuitdagings. Jacqui January hoor van die Kaapstad Vereniging vir Persone met Fisiese Gestremdhede, wat help met basiese voedselnood.
Leefwêreld van die gestremde 9 Januarie 2022 09.01.2022 23:50
Fanie du Toit hoor van die werksaamhede en uitreikaksies van die Upington en Benede Oranjerivier vereniging vir persone wat leef met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres wat spesialiseer in gebaretaalonderrig. Sy vertel van die uitdagings en interessanthede om 'n taal aan gehoorgestremde studente te leer.
Leefwêreld van die gestremde 2 Januarie 2022 02.01.2022 21:57
Fanie du Toit gesels met 'n kwadrupleeg wat ondersteuning bied aan ander met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n parapleeg wat in die Wes-Kaap reis. Hy gee terugvoer oor die toegangklikheid van die toeristegeriewe vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 26 Desember 2021 26.12.2021 24:28
Marlene Swiegers vertel van die uitdagings wat met outisme gepaardgaan, met spesifieke verwysing na ouers en opvoerders. Tamelyn Bock is gekroon as Mej. Rolstoel SA. Sy vertel van die swaarkry en lekkerte om aan dié kompetisie deel te neem. Sy sal Suid-Afrika in Oktober 2022 in Mexiko verteenwoordig.
Leefwêreld van die gestremde 19 Desember 2021 19.12.2021 23:02
Erica en Petra du Toit verduidelik definisies en terminologie van gestremdheid, en die beleid en wetgewing daaroor. Kayla Beukes gee hulp en raad aan ouers van kinders met gestremdhede. Sy het die leemte ervaar toe haar seuntjie met ‘n spinale koord-besering gebore is.
Leefwêreld van die gestremde 12 Desember 2021 12.12.2021 21:57
Fanie du Toit praat met Rechelle Mars oor geslagsgebaseerde geweld teen persone wat leef met gestremdhede, hulle kwesbaarheid, en hoe hulle bemagtig kan word. Jacqui January gesels met 'n ma-en-dogter-span. Cindy Engelbrecht, wat leef met Downsindroom, het onlangs 30 jaar oud geword. Dié Paralimpiese atleet het vele medaljes plaaslik en internasional verower. Sy vertel van haar Wonder Woman-partyt...
Leefwêreld van die gestremde 5 Desember 2021 05.12.2021 24:58
Fanie du Toit hoor van die jongste navorsing en hulp vir Alzheimers en demensie. En Jacqui January hoor van eenvoudige idees en raad ter versorsing van jou oë.
Leefwêreld van die gestremde 28 November 2021 28.11.2021 24:59
Fanie du Toit hoor van waardevolle inligting en wetgewing wat beskikbaar is vir persone met gestremdhede wanneer hulle slagoffers van misdaad sou word. Jacqui January gesels met Paralimpiese atleet Louzanne Coetzee oor haar wêreldrekord, haar sportloopbaan en haar leefwêreld.
Leefwêreld van die gestremde 21 November 2021 21.11.2021 24:34
Fanie du Toit vond meer uit van die jaarlikse outismesimposium. Navorsers, ouers, volwassenes met outisme, professionele mense en versorgers werk saam om praktiese raad en hulpmiddele te vind. Jacqui January gesels met Johannes Grib en sy vrou Jessica. Hy is blind en sy is doofblind is. Hulle vertel van hulle gidshonde, en die belangrikheid van die honde as lewensbelangrike hulpmiddele.
Leefwêreld van die gestremde 14 November 2021 14.11.2021 27:36
Helpende Hand is 'n organisasie wat gemeenskapsontwikkeling bevorder. Die netwerk wat hulle vestig, help ook vir 'n veilige tuiste vir en ondersteuning aan persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n blinde man en sy vrou, wat doofblind is. Dié twee ry fiets en help met bewusmaking en om geld in te samel vir gidshonde.
Leefwêreld van die gestremde 7 November 2021 07.11.2021 25:01
Fanie du Toit hoor van die Media-ontwikkeling en diversiteitsagentskap wat gemeenskapsradiostasies inspan vir kommunikasie met gestremdes. Jacqui January hoor van 'n jaarlikse fietsresies waaraan mense met gestremdhede ook deelneem ter ondersteuning, bewusmaking en fondswerwing vir die opleiding van gidshonde.
Leefwêreld van die gestremde 31 Oktober 2021 31.10.2021 24:01
Fanie du Toit hoor by Epilepsie SA van die nuwe idees wat op die horison is vir persone met gestremdhede. Jacqui January kyk na die geestesgesondheid van persone wat leef met gehoorverlies en doofheid. Word hulle anders as siende persone deur geestesongesteldheid geraak?
Leefwêreld van die gestremde 24 Oktober 2021 24.10.2021 26:12
Fanie du Toit vind meer uit van die uitdagings van die neurologiese gestremdheid, demensie. Jacqui January gesels met Bonita Blankenberg, wat blind gebore is. Sy vertel hoe sy 'n paar jaar gelede as Sportvrou van die Jaar aangewys is n.a.v. haar rol as navigator in tydrenne.
Leefwêreld van die gestremde 17 Oktober 2021 17.10.2021 23:39
Fanie du Toit hoor van samewerking en toegang d.m.v. van sosiale media, en gesprekvoering tussen verskillende inisiatiewe vir mense met gestremdhede. Jacqui January fokus op Geestesgesondheid-bewusmakingsmaand, en deel idees oor hoe om goeie geestesgesondheid te verseker.
Leefwêreld van die gestremde 10 Oktober 2021 10.10.2021 23:50
Fanie du Toit gesels met Verna van Wyk oor 'n dagsorgsentrum vir volwassenes met erge gestremdhede in die Breedevallei. Jacqui January hoor hoe die gemeenskap en boere van Swellendam om mense met intellekuele gestremdhede te ondersteun.
Leefwêreld van die gestremde 3 Oktober 2021 03.10.2021 24:52
Fanie du Toit praat met Amor Malan oor die impak wat Covid-reëls en -beperkings steeds op mense met gestremdhede het. Jacqui January gesels met Debbie Otto, wat vertel hoe sy op die ouderdom van 17 skrif-blind geword het, en deesdae as suksesvolle masseuse werk.
Leefwêreld van die gestremde 26 September 2021 26.09.2021 24:36
Fanie du Toit hoor van die bydrae wat persone met gestremdhede maak in hulle gemeenskap in die kleinste munisipaliteit in Suid-Afrika in die Sentraal Karoo. Dis Nasionale Maand vir Dowes. Jacqui January hoor van 'n veldtog om mense bewus te maak van doofheid en gehoorverlies.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.