RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 732 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde 19 September 2021 19.09.2021

Fanie du Toit hoor van die uitwerking wat tegnolgie het in die bevordering van Wiskundegeletterheid vir blinde en siggestremde leerders. Jacqui January vind meer uit van geestes- en gedragsgesondheid in psigologiese welsyn.

Leefwêreld van die gestremde 12 September 2021 12.09.2021

Fanie du Toit gesels met Melanie Lubbe, 'n vrou van kort statuur. Sy vertel van die samewerking tussen verskillende organisasies om mense met gestremdhede te ondersteun. Jacqui January fokus op bewustheidsmaand vir mense met blindheid.

Leefwêreld van die gestremde 5 September 2021 05.09.2021

Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die ACVV se Elizabeth Roos Tehuis in Kaapstad. Jacqui January praat met'n gemeenskapslid van Hopetown oor sy passie om kinders met gestremdhede met sport te ondersteun.

Leefwêreld van die gestremde 29 Augustus 2021 29.08.2021

Fanie du Toit kyk na die impak van gehoorverlies op die individu en sy familie en vriende. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres by 'n skool vir gestremdes, wat polio as driejarige gekry het. Sy is 62 jaar oud. Sy kan loop, maar sukkel met skoene, want haar een voet is ‘n no. 3 en die ander voet ‘n no. 6.

Leefwêreld van die gestremde 22 Augustus 2021 22.08.2021

Fanie du Toit vertel van uitreikprogramme vir ouers van kinders met Downsindroom. Hoe hanteer mense verliese wat by geboorte en tydens ontwikkelingsjare ervaar word? Jacqui January praat met 'n belastingpraktisyn oor die kortings waarvoor mense met gestremdhede kwalifiseer. Sy hoor wie kwalifiseer en hoe hulle te werk kan gaan met die invul van opgawes.

Leefwêreld van die gestremde 15 Augustus 2021 15.08.2021

Fanie du Toit vind meer uit oor meervoudige sklerose en watter ondersteuning daar is vir diegene wat regstreeks geraak word. Jacqui January hoor van 'n tehuis vir volwassenes wat serebraal gestremd is. Sy gesels met 'n NGO wat emosionele en finansieële ondersteuning bied aan dié inrigting.

Leefwêreld van die gestremde 8 Augustus 2021 08.08.2021

Fanie du Toit kyk na onderwys vir kinders met gestremdhede en ondersteuning vir hulle ouers. Jacqui January hoor van 'n gesin waar die ouers en hulle dogter blind is. Hulle vertel van hulle ervarings en stigmatisering.

Leefwêreld van die gestremde 1 Augustus 2021 01.08.2021

Fanie du Toit hoor van hulp van toerusting wat beskikbaar is ter ondersteuning van ouers en versorgers van mense met gestremdhede. Jacqui January gesels met Yolande van Rooyen van die SA Gidshond Vereniging oor 'n inisiatief wat in dieselfde tyd as die Olimpiese Spele gebeur, en fokus op die vaardighede van gidshonde.

Leefwêreld van die gestremde 25 Julie 2021 25.07.2021

Fanie du Toit vind meer uit van 'n sensitiseringsproses en bewusmakingsessie om mense te bemagtig om hulle houding teenoor mense met gestremdhede te verbeter. Jacqui January hoor die inspirerende storie van 'n jong vrou wat op sesjarige ouderdom begin blind word het. Sy het in haar skool- en universiteitsloopbaan daarop gefokus om so onafhanklik moontlik te wees.

Leefwêreld van die gestremde 18 Julie 2021 18.07.2021

Fanie du Toit gesels met Gunter van der Berg wat as kind onder boelies deurgeloop het. Hy is vandag 'n persoon met 'n gestremdheid, is vol selfvertroue en het sy eie besigheid. Erica du Toit lewer 'n inset oor die doel van toegangklike parkering. Jacqui January hoor van 'n inisiatief om werkloosheid onder jongmense in die filmbedryf te verlig, en in die proses word jongmense met gestremdhede ook b...

Leefwêreld van die gestremde 11 Julie 2021 11.07.2021

Fanie du Toit gesels met Lise-marie Fourie en haar broer, die sanger David Fourie, oor die belangrikheid van die ondersteuning en liefde van familelede vir 'n persoon met 'n gestremdheid. Jacqui Janaury gesels met Vicki Fourie en haar ma Bonita. Vicki het gehoorinplantings, en vertel hoe die verpligte dra van maskers haar kortwiek as gehoorgestremde persoon.

Leefwêreld van die gestremde 4 Julie 2021 04.07.2021

Fanie du Toit kyk na die impak van die ekonomiese toestand op 'n tehuis vir babas en kinders met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n geleentheid vir horende persone om gebaretaal te leer verstaan, te interpreteer en om sodoende met dowes te kan kommunikeer.

Leefwêreld van die gestremde 27 Junie 2021 27.06.2021

Fanie du Toit gesels met Marthe-Marie Kohne oor serebrale verlamming, en die werksaamhede van Abilities Without Limits.

Leefwêreld van die gestremde 20 Junie 2021 20.06.2021

Fanie du Toit gesels met Marthe-Marie Kohne oor die uitdagings van haar lewe met serebrale gestremdheid.

Leefwêreld van die gestremde 13 Junie 2021 13.06.2021

Fanie du Toit vertel van ‘n suksesstorie waar ‘n sakeman in die forensiese bedryf meer as redelike akkommodasie vir gestremdes in die werkplek skep. Jacqui January gee terugvoer oor konsepwetgewing wat nou van die baan is a.g.v. ‘n onderhoud op RSG en ander publieke deelname.

Leefwêreld van die gestremde 6 Junie 2021 06.06.2021

Fanie du Toit gesels met 'n jong man wat op 15-jarige ouderdom nie verbaal kon kommunikeer nie. Hy is vandag besig met sy doktorsdgraad en is 'n ambassadeur vir onderwys vir mense met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n tehuis wat al vir langer as 50 jaar mense met verstandelike gestremdhede versorg.

Leefwêreld van die gestremde 30 Mei 2021 30.05.2021

Fanie du Toit hoor watter impak Covid-19 het op die grootste fondsinsamelingsinisiatief vir mense met gestremdhede, Loslitdag. Jacqui January hoor van aanpassings wat gemaak is aan die belastingeise wat ouers en versorgers van kinders met gestremdhede kan indien.

Leefwêreld van die gestremde 23 Mei 2021 23.05.2021

Fanie du Toit hoor hoe die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede gestremdes in die arbeidsmark help. Jacqui January gesels met Kylah Beukes, ‘n ma met ‘n gestremde seun, wat ander bystaan om hulpmiddele soos bv. rolstoele te bekom.

Leefwêreld van die gestremde 16 Mei 2021 16.05.2021

Fanie du Toit vind meer uit van die akademiese en praktiese bane by ‘n skool vir kinders met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n voormalige Mej. Dowe SA oor haar idees om mense met gestremdhede te bemagtig om hulle stories te skryf, en haar as entrepreneur te vestig.

Leefwêreld van die gestremde 9 Mei 2021 09.05.2021

Fanie du Toit gesels met Edna Cane Swanepoel wat ná ‘n ernstige motorongeluk van haar breinkapasiteit verloor het. Sy is 'n skrywer en uitgewer, en werk nou nog meer met die ondersteuning van haar familie, en skryf voort. Jacqui January hoor van die werk wat gedoen word by die Alta du Toit Skool in die Kaap vir kinders met veelvoudige gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 2 Mei 2021 02.05.2021

Fanie du Toit kry praktiese wenke oor hoe om jou gehoor teen geraas te beskerm. Jacqui January gesels met ‘n jong vrou met ‘n gestremdheid oor mense met gestremdhede in die arbeidsmark.

Leefwêreld van die gestremde 25 April 2021 25.04.2021

Fanie du Toit hoor watter impak 'n volledige gehoortoets op spraak het. Jacqui January vertel van ‘n ondersteuningsnetwerk vir ouers en versorgers van kinders met gehoorgestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 18 April 2021 18.04.2021

Fanie du Toit gesels met Sheri Brynard wat leef met Downsindroom. Sy tree op as ambassadeur van die VN vir mense met Downsindroom. Jacqui January vind meer uit van die regsgeding oor kopiereg wat Blind SA aanhangig gemaak het teen die regering. Die huidige wette verhoed dat persone met siggestremdhede toegang het tot Braillegeskrifte wat wêreldwyd gepubliseer word.

Leefwêreld van die gestremde 11 April 2021 11.04.2021

Fanie du Toit hoor van 'n onderwyser wat met outisme leef, van sy ervarings en kennis oor outisme.  Hy doen opvoeding en 'n waardevolle bydrae hieroor in sy gemeenskap. Jacqui January hoor van 'n projek met innoverende idees oor hoe om ouers deur sosiale media te bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 4 April 2021 04.04.2021

Fanie du Toit vertel die storie van 'n ma met 'n kind wat outisties is. Sy het 'n boek geskryf om ander te help vir beter begrip en om stigmatisering m.b.t. outisme te help bekamp. Jacqui January gesels met 'n arbeidsterapeut oor 'n projek wat opleiding en hulp bied aan ouers en versorgers wat omsien na kinders wat met outisme gediagnoseer is.

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.