RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 732 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde 28 Maart 2021 28.03.2021

Fanie du Toit hoor van ‘n innoverende internasionale inisiatief wat ook in Suid-Afrika gevestig is. Hulle fokus spesifiek daarop om kommunikasie te versterk vir persone met gehoorgestremdhedee. En Jacqui January hoor van hulpmiddele om die lewe vir persone in rolstoele of diegene wat bedlênd is, gemakliker te maak.

Leefwêreld van die gestremde 21 Maart 2021 21.03.2021

Fanie du Toit hoor hoe die publiek kan help om die regte van persone met gestremdhede te help implementeer en respekteer. Jacqui January hoor van die bevordering van die regte van persone met gestremdhede in geloofgemeenskappe en kerke.

Leefwêreld van die gestremde 14 Maart 2021 14.03.2021

Fanie du Toit kyk na die opleiding van bou-inspekteurs ten opsigte van die toeganklikheid van geboue. Jacqui January hoor watter hulp daar is vir mense wat met demensie gediagnoseer is.

Leefwêreld van die gestremde 7 Maart 2021 07.03.2021

Fanie du Toit kyk na universele toegang by openbare plekke en jou huis. Jacqui January hoor meer van 'n lewe in  ‘n rolstoel n.a.v. Internasionale Rolstoeldag.

Leefwêreld van die gestremde 28 Februarie 2021 28.02.2021

Fanie du Toit fokus op Wêreld-gehoordag wat op 5 Maart gevier word. Jacqui January hoor van jong vrou wat in ‘n motorongeluk ‘n traumatiese breinbesering opgedoen het, en vandag voluit leef.

Leefwêreld van die gestremde 21 Februarie 2021 21.02.2021

Fanie du Toit praat met Sherilee Rutherford van die Ida Instituut oor  ‘n verslag van die Wêreld Gesondheidsorganisasie wat handel oor die gesondheidsoorsake wat gehoorverlies meebring. Jacqui January hoor van ‘n inisiatief om opritte vir rolstoelgesbruikers in Namakwaland te bou.

Leefwêreld van die gestremde 14 Februarie 2021 14.02.2021

Fanie du Toit gesels met ‘n vrou van kort statuur.  Sy vertel van 'n seldsame sindroom wat groei erg verstadig. Die toestand is sover slegs by vier families wêreldwyd gediagnoseer. Jacqui January hoor van ‘n ondersteuningsnetwerk vir ouers in die Vrystaat met kinders wat met uitdagings en/of gestremdhede lewe.

Leefwêreld van die gestremde 7 Februarie 2021 07.02.2021

Fanie du Toit kyk na die terminologie wat ons gebruik om mense met gestremdhede te definieer, en hoe ons soms willens en wetens diskrimineer. Jacqui January het gaan uitvind oor hoe die dieet van kinders met metaboliese defekte hulle en hulle gesinne se lewe beïnvloed.

Leefwêreld van die gestremde 31 Januarie 2021 31.01.2021

Fanie du Toit gesels met Mej. Dowe SA oor haar werk, suksesse en uitdagings. Jacqui January gesels met ‘n jong dowe vrou van Soweto, wat dit self nie breed het nie, maar ander se klein kinders oppas.

Leefwêreld van die gestremde 24 Januarie 2021 24.01.2021

Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van Gidshond SA. Jacqui January gesels met ‘n ma oor haar 14-jarige seun wat outisties is. Sy vertel van die skool wat sy en haar man begin het, en haar seun se liefde vir naaldwerk.

Leefwêreld van die gestremde 17 Januarie 2021 17.01.2021

Fanie du Toit gesels met Hannl Cronjé wat aftree. Sy kyk terug na haar jare in Atlantis aan die Weskus, en vertel van dié gemeenskap. Jacqui January gesels met ‘n luisteraar wat leef met serebrale gestremdheid.

Leefwêreld van die gestremde 10 Januarie 2021 10.01.2021

Fanie du Toit kyk hoor van ‘n simposium oor outisme, en van die interessante gedragpatrone van tieners wat met outisme gediagnoseer is. Jacqui January hoor van die Garden Route Distriksmunisipaliteit se dokumente oor Covid-19 en ander oordraagbare siektes, wat in Braille beskikbaar gestel is.

Leefwêreld van die gestremde 3 Januarie 2020 03.01.2021

Fanie du Toit vertel van ‘n organisasie wat wêreldwyd mense se regte beskerm n.a.v. siektetoestande wat kan lei tot gestremdhede. Jacqui January vind meer uit van die vader van Afrikaanse Braille, dr. Victor Hugo Vaughan.

Leefwêreld van die gestremde 27 Desember 2020 27.12.2020

Fanie du Toit hoor van nuwe geleenthede wat die inperking vir mense met gestremdhede geskep het. Jacqui January gesels met ‘n blinde musiekonderwyseres. Sy vertel van die integrasie van Braillemusiek met bladmusiek.

Leefwêreld van die gestremde 20 Desember 2020 20.12.2020

Fanie du Toit gesels met Lizelle de Wet oor die Laevisie-kliniek wat belangrike hulp en voordele vir mense met visuele gestremdhede bied. Jacqui January hoor van hengelaars wat met gestremdhede leef hoe hulle die afgelope jaar beleef het.

Leefwêreld van die gestremde 13 Desember 2020 13.12.2020

Fanie du Toit hoor hoe 'n student by die Kaapstad Vereniging vir Blindes uitdagings te bowe kom met 'n plaaslike en internasionale projek. Jacqui January vertel van ‘n pretwedloop vir liefdadigheid wat fokus om almal van oud en jonk, kwesbares, mense met gestremdhede tot superfikses om deel te neem en ‘n held/heldin te wees.

Leefwêreld van die gestremde 6 Desember 2020 06.12.2020

Fanie du Toit hoor van struikelblokke in die omgewing waar mense met gestremdhede hulle bevind, en hoe dit hulle sosiaal beperk. Jacqui January gesels met ‘n arbeidsterapeut oor hoe sy houtapparate gebruik in die behandeling van kinders met serebrale gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 29 November 2020 29.11.2020

Fanie du Toit vind meer uit oor die wêreldwye inisiatief, 50 miljoen tree vir epilepsie. Jacqui January gesels met ‘n vrou wat met haar drie kinders se hulp, vier kinders met gestremdhede aangeneem het.

Leefwêreld van die gestremde 22 November 2020 22.11.2020

Fanie du Toit kyk na die werksaamhede van die SA Gidshondvereniging. En Jacqui January vind meer uit van skisofrenie. ‘n Vrou op behandeling vertel van haar ervaring, die stigma van die siekte, en hoe dit behandel word.

Leefwêreld van die gestremde 15 November 2020 15.11.2020

Fanie du Toit hoor wat by simposium oor outismeversteuring gebeur het. Jacqui January hoor by Chris Eksteen van die Cape Leopar van ‘n  storievertelling wat aangepas is vir kinders met leer- en ander gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 8 November 2020 08.11.2020

Fanie du Toit hoor van die ontwikkelingsuitdagings van pasgebore babas met gestremdhede, en die uitreiksentrums waar terapie beskikbaar is. Jacqui January vind meer uit van ‘n deurbraak vir persone met visuele gestremdhede om die leesstofhongersnood te bekamp.

Leefwêreld van die gestremde 1 November 2020 01.11.2020

Fanie du Toit kyk na die implimentering van die Witskrif vir die Regte van Mense met Gestremdhede, en Suid-Afrika en die internasionale gemeenskap se bydrae en samewerking hiermee. Jacqui January hoor van ‘n gesin waar een van die seuns Downsindroom het. Pietie Bell se ma Elisma praat oor aanvaarding en riglyne oor hoe om haar seun te ondersteun en bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 25 Oktober 2020 25.10.2020

Fanie du Toit hoor van die vordering en veranderings wat sedert 1994 gewettig en geïmplimenteer is vir mense wat leef met gestremdhede. Jacqui January fokus op Nasionale Downdindroomdag wat op 20 Oktober was. Sy gesels met ‘n ma oor sesjarige dogter  wat met Downsindroom gebore is.

Leefwêreld van die gestremde 18 Oktober 2020 18.10.2020

Dylon Oktober van Wes-Kaap Geestegesondheid vertel watter impak die inperking op mense se geestesgesondheid het. Jacqui January vertel van ‘n unieke resepteboek wat in Braille en gewone skrif verskyn het. Sy hoor ook by ‘n blinde persoon hoe sy die boek Resepte Sonder Grense gebruik.

Leefwêreld van die gestremde 11 Oktober 2020 11.10.2020

Fanie du Toit vertel 'n projek wat terapiedienste bied en bewustheid kweek t.o.v. die ontwikkeling van pasgebore babas met gestremdhede in die eerste duisend dae. En Jacqui January vertel van 'n opleidingsentrum vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Covid-19 het hulle swaar getref, maar mooi en innoverende idees het ook hierdeur gestalte gekry.

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.