RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leefwêreld van die gestremde 26 Februarie 2023 26.02.2023 23:46
Fanie du Toit vind meer uit oor die toenemende aantal gevalle van verlammende polio en postpoliogevalle in Suidelike Afrika en selfs in New York. Jacqui January gesels met 'n sportafrigter vir blinde krieketspelers, en met gestremde sportmense oor rolbal.
Leefwêreld van die gestremde 19 Februarie 2023 19.02.2023 24:16
Fanie du Toit gesels met Hannes de Jager, wat ná 'n rugbybesering in 'n rolstoel is, en vandag steeds sy plek in die gemeenskap volstaan. Jacqui January gesels met pastoor Willie Botha, wat blind is en die land deurkruis om ander positief te inspireer met sy sang en getuienis.
Leefwêreld van die gestremde 12 Februarie 2023 12.02.2023 19:32
Fanie du Toit gesels met 'n vrou van kort statuur oor verhoudings tussen mense met gestremdhede en ander persone. Jacqui January vind meer uiot van Boccia, 'n sportsoort vir persone met serebraal gestremdhede. Boccia is 'n teikenbalsport wat soortgelyk is aan rolbal.
Leefwêreld van die gestremde 5 Februarie 2023 05.02.2023 22:40
Fanie du Toit vind meer uit van dienste vir gestremdes in die Noord-Kaap. Jacqui January vertel van 'n skool vir leerders met erge verstandelike gestremdhede, en planne om hulle ná skool voor te berei vir die arbeidsmark.
Leefwêreld van die gestremde 29 Januarie 2023 29.01.2023 21:12
Fanie du Toit kyk verder na die terme en titels wat aanvaarbaar is vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n Weskus-gemeenskap wat die pad na die vuurtoring skoonmaak vir rolstoelgebruikers.
Leefwêreld van die gestremde 22 Januarie 2023 22.01.2023 23:21
Fanie du Toit vind meer uit oor die benamings wat gebruik behoort te word met verwysing na mense met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n blinde paartjie oor die bevordering van rolbal onder siggestremde mense.
Leefwêreld van die gestremde 15 Januarie 2023 15.01.2023 22:13
Fanie du Toit kyk na die sigma wat kleef aan siggestremde persone in die werkplek. Jacqui January fokus op toeganklikheid vir persone met rolstoele by toeriste-aantreklikhede in die Wes-Kaap.
Leefwêreld van die gestremde 8 Januarie 2023 08.01.2023 19:56
Fanie du Toit gesels met twee vroue met dieselfde diagnose, sigverlies, -wat totaal verskillende ervarings daarvan het. Jacqui January vind meer uit van die toeganklikheid van nasionale parke vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 1 Januarie 2023 01.01.2023 22:47
Fanie du Toit se gas, Jeanne Nel, beantwoord luisteraarsvrae oor demensie. Jacqui January win praktiese raad in oor hoe om jou ingesteldheid te verbeter ten opsigte van die uitdagings waarmee jy saamleef.
Leefwêreld van die gestremde 25 Desember 2022 25.12.2022 23:30
Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede, en hoe hulle letterlik in mekaar se voetspore en rolstoele meeleef. Jacqui January gesels met 'n vrou met albinisme, oor haar aktivisme en haar omgee en liefde vir Kersfees.
Leefwêreld van die gestremde 18 Desember 2022 18.12.2022 21:28
Fanie du Toit vind meer uit oor die werksgeleenthede van die Ocean View Vereniging vir Mense met Gestremdhede, en hoe vissermanne ook hierby betrek word. Jacqui January hoor van die betrokkenheid van kinders met gestremdhede in familie-kersfeesvierings.
Leefwêreld van die gestremde 11 Desember 2022 11.12.2022 22:08
Fanie du Toit vind meer uit oor die Jo-Dolphin Swartland Vereniging vir Persone met Gestremdhede in Malmesbury. En Jacqui January hoor van bestuurderslisensies vir persone met liggaamlike gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 4 Desember 2022 04.12.2022 22:28
Fanie du Toit kyk na wetgewing oor die aanspreekvorms van persone met gestremdhede en die terms wat gebruik word vir gestremdhede. Jacqui January vind uit meer van Badisa, 'n organisasie wat professionele maatskaplike dienste aan die mees kwesbare persone lewer. Wat is hulle fokus in die maand waar bewustheid gekweek word vir die regte vir persone met gestremdhede?
Leefwêreld van die gestremde 27 November 2022 27.11.2022 24:34
Fanie du Toit vind meer uit van gids-, diens- en ondersteuningshonde vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n Braille-museum, 'n eerste vir Suid-Afrika, wat onlags sy deure geopen het.
Leefwêreld van die gestremde 20 November 2022 20.11.2022 24:11
Fanie du Toit kry praktiese raad oor geestesgesondheid en selfdood. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres wat dit haar lewenstaak maak om kinders met gestremdhede en leeruitdagings en hulle te help.
Leefwêreld van die gestremde 13 November 2022 13.11.2022 19:37
Fanie du Toit gesels met Sandra Prinsloo, wat met haar eenvrou-vertonings nou ook mense met gestremdhede betrek en bloot stel aan die verhoog. Jacqui January hoor van die nie-regeringsorganisasie, Loud Ability, wat mense met gestremdhede deel maak van musiekopvoerings om sodoende hulle talente te ontwikkel.
Leefwêreld van die gestremde 6 November 2022 06.11.2022 24:38
Fanie du Toit vind meer uit oor geestesgesondheidsprograme vir kinders en jongmense. Jacqui January gesels met Heiron Joseph. Hy is sedert 'n duikongeluk 'n kwadrupleeg. Deesdae is hy ‘n mondkunstenaar, en het onlangs sy werk in Switserland uitgestal.
Leefwêreld van die gestremde 30 Oktober 2022 30.10.2022 23:16
Wat behels die Intersektorale Globale Aksieplan en hoe kan mense met ‘n neurologiese gestremdheid, soos epilepsie, daarby baat? Vicki Fourie, 'n voormalige Mej. Dowe SA, woeker om 'n groot impak te maak op sowel die dowe as die horende gemeenskap. Sy het ‘n Bybelskool in die Oos-Kaap gestig, en bied skryfklasse aan vir mense met gehoorgestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 23 Oktober 2022 23.10.2022 23:48
Fanie du Toit vind meer uit oor die impak van elektriese hipersensitiwiteit. En, Jacqui January hoor van hoofstroomonderwys wat inklusief is vir verskillende leer- en ontwikkelingsareas.
Leefwêreld van die gestremde 16 Oktober 2022 16.10.2022 23:15
Die nasionale Dowe krieketspan is terug van 'n toernooi in Dubai. Ons gesels met die afrigter oor die toernooi en die afrigting van persone met gehoorgestremdhede. Ons hoor van die uitdagings van die ORION-organisasie in Atlantis, ‘n veilige tuiste vir volwassenes wat leef met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 9 Oktober 2022 09.10.2022 22:57
Fanie du Toit kyk na die alternatiewe behandeling en tuisversorging van demensie. Jacqui January hoor van 'n positiewe uitkoms nadat Blind SA die Konstitusionale Hof genader het oor kopieregwetgewing wat siggestremde persone van toegang tot leesstof op die internet weerhou.
Leefwêreld van die gestremde 2 Oktober 2022 02.10.2022 19:39
Fanie du Toit kyk na die uitdagings van ouers met kinders met gestremdhede, en die ondersteuning wat aan mekaar gebied kan word. Jacqui January gesels met Velia Venter van Lambertsbaai oor haar drome en loopbaan, en van die uitdagings en suksesse op haar pad.
Leefwêreld van die gestremde 25 September 2022 25.09.2022 22:20
Fanie du Toit vind meer uit oor die vordering met toegangklikheid van openbare vervoer vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor wat Loslitdae vir die mense van Namakwaland beteken.
Leefwêreld van die gestremde 18 September 2022 18.09.2022 21:02
Die program vier sy 1,250ste uitsending! Jacqui January en Fanie du Toit gesels met Louise Jooste en Kobus Burger van RSG en vorige deelnemers oor van die hoogtepunte, en die bewusmaking wat deur die program gekweek word.
Leefwêreld van die gestremde 11 September 2022 11.09.2022 22:08
Fanie du Toit hoor van die wonderlike verhouding tussen kinders met outisme en ‘n dierbare vriend – ‘n hond. Alle aanduidings is dat die verhouding ‘n positiewe impak het op kinders wanneer hulle angstig is. Jacqui January gesels met ‘n mamma wat kreatief geraak het nadat haar seun met outisme gediagnoseer is. Sy het ‘n eiesoortige kompetisie, Uniquely Me Pageant, begin om mense met gestremdhede t...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.