RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leefwêreld van die gestremde 20 Augustus 2023 20.08.2023 27:37
Fanie du Toit gesels met Janeke Saunders, die ma van ‘n dowe seun, oor ouerskap met kinders met gestremdhede. Jacqui January fokus op die indien van belastingopgawes. Die sperdatum vir indiening is 26 Oktober, en ons help met inligting en wenke van waarvoor jy alles kan eis.
Leefwêreld van die gestremde 13 Augustus 2023 13.08.2023 23:50
Fanie du Toit praat met dr. Emile Gouws oor outisme. Hy leef met outisme, en het onlangs 'n byeenkoms van die Verenigde Nasies bygewoon waar die fokus op die bewusmaking van outisme en die unieke kwaliteite van mense met outisme geval het. Jacqui January gesels met Monica Gerhard, wat Amaliasindroom het - sy is sonder arms en bene gebore. Monica het hulp nodig met mobiliteit, maar doen amper alles...
Leefwêreld van die gestremde 6 Augustus 2023 06.08.2023 23:05
Andries van Niekerk vertel van die werksaamhede van Convo met die beskikbaarstelling van aanlyntolkdiense en kommunikasie vir mense met gehoorverlies. Dis 'n gevorderde tegnologie wat dowes d.m.v. ‘n toepassing op ‘n slimfoon metdie druk van ‘n knoppie aan 'n tolk verbind. Jacqui January fokus op ‘n besondere vrou. Sy is 21 jaar oud, het klaar gematrikuleer en nou probeer sy op haar eie te spaar...
Leefwêreld van die gestremde 30 Julie 2023 30.07.2023 24:00
Jacqui January gesels met Wilma Paulse en haar seun, Adam, wat op die outismespektrum is, oor tuisonderrig en die hantering en aanvaarding van sy toestand. Fanie du Toit hoor by Atta Humphries van die wêreld van ‘n dowe persoon en die uitdagings van lippelees. Sy verkies gebaretaal, wat onlangs die twaalfde amptelike taal van Suid-Afrika geword het.
Leefwêreld van die gestremde 23 Julie 2023 23.07.2023 23:28
Fanie du Toit vind meer uit oor tegnologies gevorderde behandeling vir meervoudige sklerose. Jacqui January gesels met Mariaan Kotze en haar 37-jarige dogter, Lenay, wat leef met Williams-sindroom.
Leefwêreld van die gestremde 16 Julie 2023 16.07.2023 21:42
Ons wyk uit na die landelike gebiede van Vredendal, waar die Olifantsriviervereniging van en vir mense met gestremdhede vertel van hulle werksaamhede. Die Uniquely Me-kompetisie is ‘n inisiatief wat deur ‘n paar ouers begin is om kinders met gestremdehede op ‘n prettige manier te help met lewensvaardighede soos selfvertroue.
Leefwêreld van die gestremde 9 Julie 2023 09.07.2023 26:00
Fanie du Toit vind meer uit van meervoudige sklerose wat komplekse behandeling verg. Daar is nuwe vordering ten opsigte van die behandel, en dinge soos voedsel en dieet word toenemend ingesluit in die diagnose en behandeling. Jacqui January hoor van die werk van maatskaplike werkers, en die opleiding om hulle te help om hulle werk suksesvol te kan doen.
Leefwêreld van die gestremde 2 Julie 2023 02.07.2023 25:18
Fanie du Toit gesels met musikant Phillip Kotze. Phillip se doofheid is oorerflik en hy, sy pa en sy ouma van vaderskant het op dieselfde ouderdom doof geword. Hy vertel van die tegniese aspek van klank, en hoe hy dit hanteer. Jacqui January gesels met 'n jong vrou met ‘n hartkondisie, wat haar noop om al sedert kinderdae met 'n mediese waarskuwingshond te leef wat haar op pas.
Leefwêreld van die gestremde 25 Junie 2023 25.06.2023 24:19
Fanie du Toit hoor van 'n gemeenskapsuitreik-organisasie wat onder andere tweedehandse gehoorapparate versprei na mense wat dit nodig het, maar nie kan bekostig nie. Jacqui January fokus op jongmense met gestremdhede en spesiale leeruitdagings. Sy hoor van pogings om ‘n kultuur van menseregte te bevorder vir kinders met spesiale behoeftes.
Leefwêreld van die gestremde 18 Junie 2023 18.06.2023 28:02
Fanie du Toit kyk na die maatskaplike uitdagings van mense met gestremdhede in die veraf gedeeltes van die Noord-Kaapse platteland. Jacqui January gesels met jongmense en 'n skoolhoof by 'n skool wat fokus op fisies gestremde leerders met spesiale behoeftes.
Leefwêreld van die gestremde 11 Junie 2023 11.06.2023 22:37
Fanie du Toit praat met Deon Ceronio oor watter toetse gedoen kan word om pasgebore babas se gehoor te toets. Jacqui January het inligting oor ‘n aanlyn gebaretaalwoordeboek en aanlyn gebaretaalkursusse. Dis Jeugmaand en daar is ‘n pleidooi om jongmense wat leef met doofheid, ‘n kans te gee om die arbeidsmark te betree.
Leefwêreld van die gestremde 4 Junie 2023 04.06.2023 21:26
Fanie du Toit praat met 'n gestremde maatskaplike werker oor die uitdagings en diskriminasie toe sy gestudeer het. Jacqui January hoor by 'n paar blinde rolbalspelers wat die sport vir hulle liggaamlik en sosiaal beteken.
Leefwêreld van die gestremde 28 Mei 2023 28.05.2023 23:30
Fanie du Toit gesels met Deon Ceronio oor luisteraarsvrae oor die uitdagings en oorwinnings van kogliêre inplantings. Jacqui January hoor van die ondersteuning en hulp vir versorgers van mense wat leef met demensie.
Leefwêreld van die gestremde 21 Mei 2023 21.05.2023 23:53
Fanie du Toit hoor hoe jy jou houding teenoor gestremdes positief kan verander. Die Nasionale Raad van en vir Gestremdes vertel ook van toegangklikheid en ondersteuning in openbare plekke. Jacqui January gesels met twee blinde persone oor die gedragsgewoontes van blindes, en hoe dit benader kan word deur ouers en versorgers. Hulle vertel ook wat hulle die graagste sou wou doen as hulle kon sien.
Leefwêreld van die gestremde 14 Mei 2023 14.05.2023 22:41
Fanie du Toit kyk na die rol van die versorger in die lewe van persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n paar jongmense wat werk as vrywilligers by ‘n tehuis in Steinkopf in Namakwaland, om die lewe vir ouerwordende persone en mense met gestremdhede te help vergemaklik.
Leefwêreld van die gestremde 7 Mei 2023 07.05.2023 24:50
Jacqui January hoor oor die proses wat ouers moet volg om ‘n kind met gestremdhede in ‘n spesiale skool te plaas. Fanie du Toit gesels met ‘n aktrise, wat vertel van haar rol as iemand wat leef met outisme.
Leefwêreld van die gestremde 30 April 2023 30.04.2023 22:49
Fanie du Toit vind meer uit oor die uitdagings waarmee ouers van kinders met gestremdhede te kampe het. Die Blinde Navigator Tydrenklub in Pretoria nooi vrywillige motorbestuurders uit om by die blinde navigatorspan aan te sluit.
Leefwêreld van die gestremde 23 April 2023 23.04.2023 23:52
Fanie du Toit gesels met die ma van 'n gestremde seun oor haar persoonlike ervaring van hom asook haar haar perskeftief as 'n mediese persoon. Jacqui January besoek 'n skool vir blinde leerders op Wêreld Hardop Lees Dag.
Leefwêreld van die gestremde 16 April 2023 16.04.2023 20:44
Fanie du Toit vind meer uit van 'n minder sigbare gestremdheid, en die uitwerking daarvan op die persoon, hulle gesin en die gemeenskap. Jacqui January het nuus oor 'n kinderboekvrystelling om bewustheid oor gestremdheid onder kinders te vestig. Die boek handel oor die lewe van 'n ikoniese blinde hooggeregshofregter.
Leefwêreld van die gestremde 9 April 2023 09.04.2023 23:15
Fanie du Toit vind uit wat die beste tyd is om kinders vir 'n gehoortoets te neem. Jacqui January hoor van die rol van radio in die verspreiding van inligting en bronne vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 2 April 2023 02.04.2023 22:36
Fanie du Toit vind meer uit van die beroep van proefleser van Brailledokumente. En, Jacqui January hoor van 'n blinde man wat 'n toepassing geskep het om toeganklikheid by winkelsentrums vir blindes te bevorder.
Leefwêreld van die gestremde 26 Maart 2023 26.03.2023 22:55
Fanie du Toit kyk weer na die uitdagings ten opsigte van die versorging van persone met demensie en hulle versorgers. Jacqui January gesels met Deone Erasmus, ‘n blinde vrou wat Suid-Afrika in Engeland gaan verteenwoordig in ‘n lyndans-kampioenskap.
Leefwêreld van die gestremde 19 Maart 2023 19.03.2023 22:32
Fanie du Toit kyk na die potensiaal en vaardighede van mense met sigverlies. Jacqui January gesels met Danie Marais van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede, wat besighede uitnooi om hulle te nader vir hulp om omvattende toegangklikheid van hulle kantore te verseker.
Leefwêreld van die gestremde 12 Maart 2023 12.03.2023 22:12
Fanie du Toit hoor van padveilighied uit die perspektief van mense met gestremdhede. Jacqui January hoor van ‘n organisasie wat bewusmaking en praktiese werk in Pretoria doen vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 5 Maart 2023 05.03.2023 22:03
Fanie du Toit vind meer uit oor Wêreld Gehoordag wat jaarliks op 3 Maart gevier word. Jacqui January hoor van hulp wat beskikbaar is vir die ouers van kinders met gestremdhede.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.