RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 732 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde 11 Februarie 2024 11.02.2024

Jac-Marie Smith vertel hoe haar bejaarde ma deur gehoorverlies geraak word, en verduidelik die impak van ontkenning. Lynette Petersen, die bestuurder van Huis Silverkruin op Wellington vertel hoe haar personeel opgelei word om die menswaardigheid van ouer persone met gestremdhede te beskerm. Eiland Huis is ‘n nie-winsgewende organisasie aan die Weskus, waar hulle al langer twee dekades ’n veilige...

Leefwêreld van die gestremde 4 Februarie 2024 04.02.2024

Vincent Daniels was vier jaar oud toe sy ouers agterkom hy kyk anders na lig en donker. Hy vertel van sy lewensreis met retinitus pigmentosa, en hoe dit sy leefwêreld verander het. Lindie Fouché, ‘n sertifiseringsouditeur, vertel van mediese hulptoestelle wat gesertifiseer moet word in lyn met die voorwaardes van mediese fondse.

Leefwêreld van die gestremde 28 Januarie 2024 28.01.2024

Ben Greyling vertel van sy vrese as ‘n ouer van ‘n intellektueel gestremde dogter. Hy praat oor die kwesbaarheid van al die betrokkenes, en die kommer wat by ouers bestaan oor wat van hulle kinders sal word wanneer hulle nie meer daar is nie. Andries Maree, die president van die SA Hengel Konfederasie, en Sekretaris van die SA Oewerhengel Federasie, gesels oor hengel as ‘n sport vir persone met ge...

Leefwêreld van die Gestremde 21 Januarie 2024 21.01.2024

Die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie)  fokus op die ondersteuning en opleiding van onderwysers. Ons hoor van spesifieke opleiding aan onderwysers vir Leerders met Spesiale Onderwys Behoeftes.

Leefwêreld van die gestremde 14 Januarie 2024 14.01.2024

Daar is ‘n komitee wat toesien dat geldelike hulp van die publiek bv van Loslitdag eties bestee word, daar waar dit die nodigste is. Die Outeniqua Rystoel Wedren op George is ‘n  jaarlikse instelling vir uitsluitlik gestremde atlete met resies rolstoele. Die doel is vir gestremde atlete om skouer te skuur met ander SA Paralimpiese atlete.

Leefwêreld van die gestremde 7 Januarie 2024 07.01.2024

Lana van der Westhuizen vertel hoe sy haar vier kinders met gestremdhede ondersteun en hoe sy daagkliks veg om aan elkeen die geleentheid te gee om tot volle potensiaal te kan ontwikkel. Ons hoor ook van die ontoeganklikheid van die skoolsisteem in die Noord-Kaap en hoe hul poog om dit aan te spreek - want kinders met gestremdhede is ook maar soos sy dit stel “net kinders soos enige ander kind”.

Leefwêreld van die gestremde 31 Desember 2023 31.12.2023

Dorothy-Anne Howitson vertel oor haar belewenis as kind, nadat haar pa met Alzheimers gediagnoseer is. Sy deel die intense hartseer toe sy moes toekyk hoe ‘n eens talentvolle, trotse man/pa in totale ander mens verander het. Ons vier ook eersdaags Louis Braille se verjaardag. Vanjaar is die tema - Wêreld Braille-Dag is twee honderd jaar van braille.

Leefwêreld van die gestremde 24 Desember 2023 24.12.2023

Michelle Nell is blind en sy vertel van haar PHD-studie wat oa handel oor die uitdagings van Graad 11 leerlinge met sigverlies itv beroepsvoorligting, ontwikkeling asook berading. Sy gee raad aan mense wat navorsing in die veld van sig-gestremdheid wil doen. Alta du Toit is ‘n residensiele en dagsorg sentrum vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Dis ‘n omgee gemeenskap waar almal van die...

Leefwêreld van die gestremde 17 Desember 2023 17.12.2023

Ons hoor van ‘n bekende pianis wat sig gestremd is. Michelle Nel deel haar lewensverhaal en daaglikse uitdagings. Die talentvolle Stellenboshse jong vrou vertel van die ondersteuning van ander en rolmodelle in haar loopbaan, en ‘n volwasse persoon met Down Sindroom vertel van sy werk as self Advokaat vir die bewusmaking van mense met down sindroom.

Leefwêreld van die gestremde 10 Desember 2023 10.12.2023

Ons het sterk gefokus op die regte van mense met gestremdhede in November maand. En op die 3de Desember het ons Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede gevier. Die ope vraag is: wag rolspelers nou tot volgende jaar om dan weer die regte van mense met gestremdhede aan te spreek –  wat  gebeur intussen mbt redelike akkommodasie van mense met gestremdhede daagliks?  Die Vereniging vir Persone...

Leefwêreld van die gestremde 3 Desember 2023 03.12.2023

3 Desember is Internasionale dag vir persone met gestremdhede. Fanie du Toit hoor van die uitdagings wat kinders met gestremdhede in die Noord-kaap mee te kampe het. Is die insluiting van kinders met gestremdhede in hoofstroom skole ‘n realistiese beleid om te volg?

Leefwêreld van die gestremde 26 November 2023 26.11.2023

'n Hoogtepunt vir mense met gestremdhede, is dat gebaretaal as die 12e amptelike landstaal aangewys is. Jacqui January hoor van die NID en die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede wat hulle hiervan dink. Fanie du Toit vind meer uit oor die toegangklikheid van selfoontegnologie vir persone met gestremdhede oor alle spektrums. Dr. Karin Smit leef met ‘n gestremdheid, en sy deel haar le...

Leefwêreld van die gestremde 19 November 2023 19.11.2023

Lizzy Arends kan net tussen lig en donker onderskei. Sy is ’n professionele masseuse, en gee waardevolle wenke oor hoe om teenoor mense met sigverlies op te tree. Vicki Fourie, ‘n voormalige Mej Dowe SA, praat oor die wonder van kogliêre inplantings, haar drome en hoe sy ander dowes bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 12 November 2023 12.11.2023

Suster Sandré Jordaan, ’n skoolverpleegkundige, is ma van ‘n tweeling met serebraal gestremdhede. Sy vertel hoe die tekort aan geleenthede vir jongmense met liggaamlike gestremdhede in Suid-Afrika hulle gesin raak. Ons hoor ook van die uitdagings wat sy as ma ervaar. Hoe ontwikkel ‘n ouer die identiteit en gesonde selfbeeld van jou kinders met gestremdhede in ‘n ontoeganklike samelewing? Hanelie D...

Leefwêreld van die gestremde 5 November 2023 05.11.2023

Fanie du Toit hoor van intellektuele beperkinge, en ‘n ouerpaar se aanvaarding van ‘n kind wat meer is as sy beperkinge. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die nasionale dowe krieketspan, wat Suid-Afrika eersdaags by die krieketwêreldbeker vir dowes sal verteenwoordig.

Leefwêreld van die gestremde 29 Oktober 2023 29.10.2023

Fanie du Toit praat met Johan du Preez oor die uitdagings van blindes wat alleen bly. Jacqui January hoor by ‘n navorser van die hoofuitdagings vir mense met gestremdhede in die werkplek.

Leefwêreld van die gestremde 22 Oktober 2023 22.10.2023

Fanie du Toit hoor wat die Kaapstad Vereniging vir Blindes doen om mense op te lei. Van die grootste uitdagings is dat mense met gestremdhede steeds nie voldoende in die arbeidsmark gevestig is nie. Van die opleiding sluit in volle toegang tot ‘n slimfoon, en opleiding in Braille, wat steeds relevant is midde in tegnologiese ontwikkeling. Jacqui January vertel van een van die oudste welsynsorganis...

Leefwêreld van die gestremde 15 Oktober 2023 15.10.2023

Fanie du Toit beantwoord luisteraarsvrae oor die inplanting van gehoorapparate by babas. Jacqui January hoor van mense se ervaring van depressie, en hoe dit persone met die toestand kan strem indien dit onbehandeld gelaat word.

Leefwêreld van die gestremde 8 Oktober 2023 08.10.2023

Oktober is bewusmakingsmaand van persone van kort statuur. Melanie Lubbe bied hulp aan oor hoe om interaksie te vergemaklik en stigma uit die weg te ruim. Sakkie Blom vertel van die oogtoestand, Stargards, en hoe sig daardeur geraak word. Hy vertel ook hoe blindes toegang tot dokumente en aanhangsels in e-posse kan kry.

Leefwêreld van die gestremde 1 Oktober 2023 01.10.2023

Fanie du Toit gesels met Andrian Davids wat blind is, en ander siggestremdes bystaan met opleiding en tegniese vaardighede om die arbeidsmark te betree. Jacqui January vind meer uit oor spierdistrofie.

Leefwêreld van die gestremde 24 September 2023 24.09.2023

Fanie du Toit vind meet uit van  die werksaamhede van die Paarl Skool se Ontwikkelingstigting. Jacqui January gesels met die ma van Hayley Holloway, ‘n energieke en sportiewe dogter, wat vroeër vanjaar met spierdistrofie gediagnoseer is.

Leefwêreld van die gestremde 17 September 2023 17.09.2023

Fanie du Toit hoor van pogings om mense met gestremdhede ekonomies onafhanklik te vestig. Hoe kan dit ontwikkel en volhoubaar in stand gehou word? January gesels met Frank Hunt. Sy vrou leef al vir 17 jaar met Alzheimers se siekte. Hy is besig om ‘n boek te skryf oor hulle lewe saam, en hoe die siekte hulle lewe verander het.

Leefwêreld van die gestremde 10 September 2023 10.09.2023

Fanie du Toit vertel van die prag en praal van Kaapstad se vlieërfees vir die bewusmaking van geestesgesondheid. Jacqui January kyk na die verskille tussen die simptome van Alzheimers se Siekte en normale veroudering.

Leefwêreld van die gestremde 3 September 2023 03.09.2023

Fanie du Toit gesels met Ronel van Dijk van Paarl Skool oor die gehalte van onderwys en opleiding wat skole vir kinders met spesifieke behoeftes aanbied. Die skool het al vele prestasies gehad, en ons hoor van die sportsoort, boccia. Jacqui January vind meer uit oor swemterapie vir kinders met gestremdhede. Ida van Wyk vertel van die voordele en vaardighede wat swemlesse bied.

Leefwêreld van die gestremde 27 Augustus 2023 27.08.2023

Fanie du Toit vind meer uit oor die rol van maatskaplike werkers in die lewe van mense met gestremdhede. Jacqui January fokos op Loslitdag wat oor 29 jaar miljoene rand ingesamel het vir mense wat leef met gestremdhede.

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.