RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 732 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde 4 Augustus 2024 04.08.2024

‘n Voormalige Mej. Doof SA vertel van die voordele om sowel gebaretaal as gesproke taal te praat. Sy het op haar 17de verjaardag haar kogliêre inplanting ontvang, en vertel van die mooiste woord wat sy eerste gehoor het. Ons hoor ook van vyf vriende se eiesoortige pelgrimsreis in die Wes-Kaap. Hulle stap honderde kilometer om geld in te samel vir kwesbare kinders en kinders met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 28 Julie 2024 28.07.2024

‘n Pop is internasionaal bekendgestel met die doel om bewusmaking te skep vir blinde persone, wat wit kieries as hulpmiddel gebruik. Daar is al geruime tyd ‘n pop in ‘n rolstoel en een met prostese op die winkelrakke. Wat staan jou te doen as jou gidshond toegang tot ‘n openbare spasie geweier word. Kom hoor meer van gidshonde en die fasiliteerders wat hulle oplei as dienshonde.

Leefwêreld van die gestremde 21 Julie 2025 21.07.2024

Louine Griessel en Estrellita Geldenhuys vertel van die Wes-Kaapse Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede se ondersteuning aan ondernemeings in Malmesbury in die Swartland. Mariana Kriel van Solidariteit Helpende Hand vertel van die kwesbare groepe na wie hulle omsien.

Leefwêreld van die Gestremde 14 Julie 2024 14.07.2024

Louine Griessel vertel van die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede se uitreik na landelike gebiede. Hulle ondersteun ondernemings en persone met gestremdhede op verskeie maniere, om beter werksgeleenthede in die landelike gebiede te verseker. Ons hoor van ‘n suksesstorie van ’n hoofstroomskool, waar kinders met leergestremdhede en spesiale behoeftes geïntergreer word en vaard...

Leefwêreld van die gestremde 7 Julie 2024 07.07.2024

Charlotte Scott-Mentz vertel van die aanpassings wat hulle tydens Covid moes maak om haar intellektueel gestremde suster te kon ondersteun. Sy help om vir ses volwassenes met gestremdhede dagsorg te bied. Marilyn Nicolaison moes op 45 haar lewe dramaties aanpas ná ‘n hartaanval, beroerte en meervoudige sklerose, wat haar as 'n rolstoelafhanklike gelaat het. Wat is van haar moeilikste uitdagings?

Leefwêreld van die gestremde 30 Junie 2024 30.06.2024

Fanie du Toit praat met dr. Ben Greyling oor ‘n basiese kennis van genetika. Dit kan ouers help en toerus om die oorsaak van hulle kind se gestremdheid beter te verstaan en verwerk. En, op die laaste Sondag van Jeugmaand fokus ons op jongmense met gestremdhede en hulle spesiale leeruitdagings.

Leefwêreld van die gestremde 23 Junie 2024 23.06.2024

Dr Ben Greyling verduidelik die basiese beginsels van genetika, en gee interessante inligting oor menswees. Dis alles om ouers te help om die oorsaak van hulle kind se gestremdheid beter te verstaan, en die prognose te kan verwerk. Hy verduidelik hoe sterk die invloed van die omgewing is, en hoe dit kan lei tot sindrome en gevolglike gestremdheid. Die 2023 SA Sportvrou van die Jaar vir mense met g...

Leefwêreld van die gestremde 16 Junie 2024 16.06.2024

Ons vind meer uit van klagtes wat by die Menseregtekommmissie ingedien is oor die ontoeganklikheid van skole vir kinders met gestremdhede in die Noord-Kaap. Die Nasionale Instituut vir Dowes vier vanjaar 143 jaar van dienslewering aan persone wat doof is, sowel as meervoudige gestremde volwassenes en bejaarde dowes. Die idee van so ‘n nie-regeringsorganisasie is meer as ‘n eeu gelede gebore terwyl...

Leefwêreld van die gestremde 9 Junie 2024 09.06.2024

Kobus Marais se dogter is gebore met intellektuele, serebrale en neurologiese gestremdhede. Sy is doof, het ‘n siggestremdheid en kry epileptiese aanvalle. Hy vertel hoe hulle as gesin dit ervaar en mekaar ondersteun. Lané Croucamp is verantwoordelik vir die tegniese versorging van Leefwêreld van die Gestremde. Sy is siggestremd, en vertel hoe sy haar werk gedoen kry.

Leefwêreld van die gestremde 2 Junie 2024 02.06.2024

Oudioloog Deon Ceronio beantwoord vrae oor tinnitus. Hy verduidelik watter metodes gebruik kan word om beter met ’n suising in die ore te kan saamleef. Hy gee ook terugvoer oor ‘n internasionale kongres oor tinnitus, wat in Kaapstad plaasgevind het. Suid-Afrikaners het laasweek weer hulle kruisies getrek in ‘n nasionale algemene verkiesing. Ons hoor uit verskeie oorde hoe persone met gestremdhede...

Leefwêreld van die gestremde 26 Mei 2024 26.05.2024

Wat is die impak van gehoorverlies as dit later in die lewe gebeur? Hoe beïnvloed die ontkenning van gehoorverlies die persoon en ander mense? Wat is die belastingvoordeel wat jy kan eis vir ‘n persoon wat leef met ‘n gestremdheid?

Leefwêreld van die gestremde 19 Mei 2024 19.05.2024

Wat is universele toeganklikheid? Wat is die doel daarvan? Watter prosesse word gevolg vir toeganklikheidsevaluering van geboue, dienste, produkte en programme? JOB-ABLED is in 2023 as naaswenner aangewys vir organisasies wat sosiale innovering gebruik om die lewe van gestremde Suid-Afrikaner te verbeter. Dié nieregeringsorganisasie glo dat die program ‘n beter toekoms kan skep vir persone met ges...

Leefwêreld van die gestremde 12 Mei 2024 12.05.2024

Hoe aanvaar mense die uitdagings wat met blindheid gepaardgaan? Ivaan Levedal het sy sig op ‘n jong ouderdom te verloor, en gee graag wenke oor hoe die gemeenskap teenoor Blindes kan optree. Deirdre Barnes is ‘n ma met ‘n dogter wat op vyfjarige ouderdom met ‘n seldsame toestand gediagnoseer is. Sy samel geld in om om ouers in diesselfde situasie te help, en in die proses kweek sy bewustheid en em...

Leefwêreld van die gestremde 5 Mei 2024 05.05.2024

Melvin Farmer vertel van sy seun, Jaybee, en hoe ‘n motorongeluk die lewe van die Farmer-gesin onomkeerbaar verander het. Dis 'n storie van die trauma wat ‘n jong seun moes ervaar, en hoe hy ná jare op ‘n positiewe wyse steeds talle uitdagings aanpak. Die 8ste Wêreld Para-atlete Grand Prix het onlangs in Marokko plaasgevind. Dit was ter voorbereiding en kwalifisering vir die Paralimpiese Spele lat...

Leefwêreld van die gestremde 28 April 2024 28.04.2024

Van der Spuy Brink het oornag die gehoor in sy een oor verloor, en geleidelik daarna ook in sy ander oor. Hy vertel van die ervaring, en dat sy gehoorverlies en doofheid deur jarelange blootstellig aan geraas gevolg het. Hy het kogliêre inplantings, en vertel van die uitdagings daarvan en hoe sy kommunikasievermoë binne gesinsverband geraak word. Rodney en Maria Lackay was tien jaar gelede in ‘n o...

Leefwêreld van die gestremde 21 April 2024 21.04.2024

24 April is Wêreld Geraasbewustheidsdag. Ons hoor hoe gehoor beïnvloed word deur geraas. Blind SA is ‘n nie-regeringsorganisasie wat al vir byna agt dekades baanbrekerswerk doen vir mense met siggestremdhede. Hulle het duisende lede landwyd, en kom deurentyd met innoverende idees vorendag. Die jongste is ‘n groep opgeleide smaakontleders, wat voedsel proe en geure en smake bestudeer.

Leefwêreld van die gestremde 14 April 2024 14.04.2024

Lana van der Westhuizen, ‘n ma van vier kinders met gestremdhede, vertel hoe sy haar situasie hanteer. Brunhild Strauss inspireer en bemagtig mense met gestremdhede, en kry hulp vir diegene wat dit nodig het in die Namakwaland-omgewing. Hy het onlangs in die jaarlikse rolstoelresies in George deelgeneem. Hy vertel van die belangrikheid daarvan om voluit te leef om liggaam en gees gesond te hou.

Leefwêreld van die gestremde 7 April 2024 07.04.2024

Sharon Davids vertel van haar blog, The Sight Seeing Blind Bride, wat mense bewus maak dat mense met gestremdhede voluit en gelukkig hulle plek in die samelewing volstaan. Rett-sindroom is ‘n  seldsame siekte wat onverklaard by veral jong meisies voorkom. Die ontwikkeling van die baba is normaal tot op tweejarige ouderdom, en al die doelpale word bereik. Dan stop die liggaamlike ontwikkeling skiel...

Leefwêreld van die gestremde 31 Maart 2024 31.03.2024

Adrian Davids is blind, en deur middel van sy projek, Wisp Wonder, wil hy mede-gestremdes met sy potgooie bemagtig  om rekenaarprogramme beter te verstaan. Ds. Jan Botha het as kapelaan in die SA Weermag diens gedoen. Daarna was hy geruime tyd in die bediening as predikant. Hy praat oor pastorale berading en die rol van 'n lewensgids in die hantering van trauma en die uitdagings van gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 24 Maart 2024 24.03.2024

Waarom moet mense wat totaal doof is en wat Gebaretaal as moedertaal gebruik, in afsonderlike gemeentes geestelike bediening ontvang? Hoe kan kerkgeboue prakties aan die behoeftes van Dowes voldoen? Die Tshwane Place of Safety Association het twee huise van veiligheid vir kinders met spesiale behoeftes en/of gestremdhede. Ons hoor van ‘n baba wat sonder arms en bene gebore is, en by die huis belan...

Leefwêreld van die gestremde 17 Maart 2024 17.03.2024

Ons fokus op die uitdagings van kinders met liggaamlike gestremdhede. Daar is in baie gevalle hulpmiddels beskikbaar, en ons vertel van die assesseringsproses om toegang hiertoe te kry. Donderdag 21 Maart is Wêreld Downsindroomdag. Jong volwassenses wat met Downsindroom leef, en baie gelukkig is om hulleself in die arbeidsmark te bevind, gesels saam. Hulle lewer ‘n waardevolle bydrae om die stigma...

Leefwêreld van die gestremde 10 Maart 2024 10.03.2024

Shonaquip se Ndinogona-projek bemagtig kleuterskoolpersoneel vir toeganklikheid vir kinders met gestremdhede. Annelise Boot van Downsindroom SA gesels oor Wereld Downsindroomdag op 21 Maart.

Leefwêreld van die gestremde 3 Maart 2024 03.03.2024

Wêreld Gehoordag word op 3 Maart gevier. Erica du Toit van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede vertel wat hierdie spesiale dag vir Suid-Afrika en sy mense beteken. Professor De Wet Swanepoel van die Universiteit van Pretoria praat oor interessante tendense wat deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie bekend gemaak is t.o.v. gehoorgesondheid. Mona Mohammed het ‘n skenking van Losli...

Leefwêreld van die gestremde 25 Februarie 2024 25.02.2024

Fanie van der Merwe, ‘n Paralimpiese atleet wat Suid-Afrika by 3 Paralimpiese Spele verteenwoordig het, vertel wat hy deur sy mislukkings geleer het, en deel van die  oorwinnings wat hy daarna behaal het. Hy maak daagliks ‘n groot impak d.m.v. sy betrokkenheid by sport vir mense met gestremdhede. ‘n Blinde paartjie, Johannes en Jessica Gribb, vertel hoe hulle deelgeneem het aan 'n 60 km fietsresie...

Leefwêreld van die gestremde 18 Februarie 2024 18.02.2024

Reinet Barnard praat oor haar rol as ‘n fisioterapeut by ‘n skool vir kinders met spesifieke behoeftes. Sy verduidelik hoe liggaamlike gestremdhede die leefwyse van kinders kan beïnvloed. Sy gee ook waardevolle wenke aan ouers. Manie Blom is ‘n kranige atleet. Dié blinde sportman gesels oor sy passie en toewyding midde al die uitdagings om Suid-Afrika by die Paralimpiese Spele te verteenwoordig.

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.