RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 745 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde 27 April 2025 27.04.2025

Wat is die impak van ‘n psigososiale gestremdheid? Die fokus val op ‘n 17 jarige meisie – ‘n karakter in sepie. In die eerste program van twee, leer ons die karakter ken en stap saam met haar die pad. ‘n Aktrise vertel hoe sy vir die rol voorberei het. Grant Matthews leef met blindheid. Hy vertel van die lewensveranderende stappe wat hy prakties en sielkundig onder die knie moes kry. En asof sy bl...

Leefwêreld van die gestremde 20 April 2025 20.04.2025

Wat is die I WE ALL-projek, wat deur Wes-Kaapse Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede aangebied word? Ons hoor hoe mense met gestremdhede in Laingsburg daardeur bemagtig word.

Leefwêreld van die gestremde 13 April 2025 13.04.2025

Wat is geraas-geïnduseerde gehoorverlies? Hoe kan dit voorkom word? Hoekom is sekere oorfone veiliger as ander? ‘n Oudioloog praat oor hoe geraas tot gehoorverlies kan lei. Monica Gerhard leef ‘n vol lewe. Al het sy nie arms of bene nie, doen sy baanbrekerswerk, en doen bewusmaking vir persone met gestremdhede. Sy staan nie terug vir tegnologie nie, en was by hulle plaaslike radiostasie betrokke i...

Leefwêreld van die gestremde 6 April 2025 06.04.2025

Vaardigheidsontwikkeling is die sleutel tot gelyke geleenthede vir persone met gestremdhede, maar hoe werk dit in praktyk? Ons leer ook meer oor oor ‘n positiewe houding teenoor kinders met gehoorgestremdhede. Is jy bereid om hulle te aanvaar en ‘n bydrae in hulle opvoeding te maak?

Leefwêreld van de gestremde 30 Maart 2025 30.03.2025

Dr. Hanri Kriel praat oor die impak van Miller-sindroom op die mens en sy ongewing. Sy vertel van die uitsluiting wat betrokkenes ervaar, en hoe sy steeds aanhou om haar plek vol te staan. Ons hoor ook van ‘n passievolle vrywilliger wat, ná 35 jaar, vertel van haar ervarings, bydrae en fondsinsamelingsprojekte vir ‘n projek wat al oor die 60 jaar oud is.

Leefwêreld van die gestremde 23 Maart 2025 23.03.2025

Polio is weer wêreldwyd in die nuus. Dorothy-Anne Howitson van Kimberley vertel hoe sy daaglliks deur polio geraak word, en rig ‘n pleidooi aan ouers om hulle kinders betyds te laat inent. Sheri Brynard is ‘n onderwyser. Sy is tans in Brittanje en Switserland om voorbrand te maak vir die regte van mense wat leef met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 16 Maart 2025 16.03.2025

Ons vind meer uit oor toeganklikheidsassesserings van geboue, dienste en produkte, veral badkamers en restraurante. 21 Maart is Menseregtedag. Daar is ook ‘n direkte verbintenis tussen dié datum en Downsindroom.

Leefwêreld van die gestremde 9 Maart 2025 09.03.2025

Wat staan familie te doen indien een van hulle met skisofrenie gediagnoseer word? Ons hoor wat gedoen kan word om die betrokkene beter te ondersteun en verstaan. Yana-huis se verteenwoordiger vertel van hulle dienste aan mense wat met skisofrenie gediagnoseer is. ‘n Groep persone met gestremdhede – van blindes tot geamputeerdes - aan die WeskKus ry branderplank, of golfgly, soos hulle dit noem. Hu...

Leefwêreld van die gestremde 2 Maart 2025 02.03.2025

Linda Prinsloo beantwoord luisteraarsvrae oor wat skisofrenie. Wat is van die misverstande en stigmatisering wat betrokkenes daagliks ervaar? Wat word gedoen om die toegangklikheid van kerke en ander geloofsplekke te verseker?

Leefwêreld van die gestremde 23 Februarie 2025 23.02.2025

Wat is die uitdagings van persone met kort statuur? Wat is die regte benaming en terme wat gebruik moet word wanneer na hierdie mense verwys word? Melanie Lubbe praat oor die struikelblokke wat sy ervaar. Wat is die rol van opleiding van die versorger vir persone wat leef met demensie? En wat as die familie as versorger optree?

Leefwêreld van die gestremde 16 Februarie 2025 16.02.2025

Geweld is ‘n bydraende faktor tot rugmurgbeserings. Hoe kan dit voorkom word? Ons hoor ook van die belangrike rol van rehabilitasie en habilitasie vir persone met gestremdhede. In April huisves Gauteng ‘n bemagtigende outismekonferensie. Die fokus val op outisme in Afrika.

Leefwêreld van die gestremde 9 Februarie 2025 09.02.2025

Ons kyk terug na hoe dinge vir mense met blindheid en veelvuldige gestremdhede in Worcester in die jare 90 gewerk het. Twee dansers in rolstoele dans die land aan die brand, en is uitgenooi om Suid-Afrika in Nederland te verteenwoordig op die internasionale dansbaan.

Leefwêreld van die gestremde 2 Februarie 2025 02.02.2025

Wat is portuur-ondersteuners? Hoor watter verskil hulle in hulle eie gemeenskappe kan maak. ‘n Blinde prokureur en raadslid van Tshwane, Hentie Nortjé, swem die Midmarmyl vir die 25ste agtereenvolgende keer. Hy vertel hoe hy dit doen en hoekom.

Leefwêreld van die gestremde 26 Januarie 2025 26.01.2025

Koos Engelbrecht het twee seuns wat leef met doofheid. Hy vertel van hulle lewensreis as gesin, van hulle seuns se skoolloopbane, en wat die skole vir hulle as gesin beteken het. Heidi Lourens is ‘n professor in sielkunde aan die Universiteit van Johannesburg. Sy is blind, en leef voluit. Sy vertel van haar liefde vir kleur, parfuum en reis.

Leefwêreld van die gestremde 19 Januarie 2024 19.01.2025

Erica du Toit van die Nasionale Raad van/vir Persone met Gestremdhede beantwoord luisteraarsvrae. Sy gee praktiese wenke oor hoe om struikelblokke in die gemeenskap te identifiseer, en aan te pak. Grant Matthews was 46 jaar oud toe hy geval het terwyl hy gordyne hang. ‘n Senuweebesering tydens die val het hom blind gelaat. Ná sy eie proses van kwaad wees vir die lewe, besef hy weer sy eie waarde....

Leefwêreld van die gestremde 12 Januarie 2025 12.01.2025

Wat is ‘n rugmurgbesering, en hoe beïnvloed dit iemand se lewe en dié van hulle naasbestaandes. ‘n Fisioterapeut verduidelik hoe rugmurgbeserings voorkom kan word. ‘n Lewens-  en besigheidsafrigter kombineer sy jare ervaring en diep insig van praktiese hulpmiddels om mense te help om lewensuitdagings en besluite met moed en helderheid aan te pak.

Leefwêreld van die gestremde 5 Januarie 2025 05.01.2025

Franciske Venter leef met serebrale verlamming. Sy praat oor haar liefde vir sport. Ons praat verder oor kollektiewe depressie. Hoe berei mens voor vir ‘n nuwe jaar? Voorbereiding, beplanning, balans en betrokkenheid by jou eie gemeenskap is deel van die antwoord.

Leefwêreld van die gestremde 29 Desember 2024 29.12.2024

Ons vind meer uit van gehoorsifting van pasgebore babas, en vroeë intervensie. Ouerondersteuning is beskikbaar om ‘n ingeligte besluit te neem rakende die kommunikasiebehoeftes van hulle kinders met gehoorverlies. En, ons praat verder oor kollektiewe depressie.

Leefwêreld van die gestremde 22 Desember 2024 22.12.2024

Wat kan jy verwag as jy vir ‘n gehoortoets na ‘n oudioloog gaan? Watter soort toetsing word, gedoen en hoekom? En hoe gereeld moet jy jou gehoor toets? Dis feestyd! Vriende en familie maak planne om bymekaar uit te kom. Dis ook ‘n moeilike tyd vir sommige mense op verskeie vlakke. Vir die volgende drie weke behandel ons die onderwerp van kollektiewe depressie, die oorsake, die uitwerking op mense,...

Leefwêreld van die gestremde 15 Desember 2024 15.12.2024

Alle aspekte van gehoorapparate word bespreek. 'n Doof-blinde vrou en haar man, wat doof is, vertel van haar proses om ‘n gehoorapparaat te bekom, en hoe haar vriende geld ingesamel het om haar te help.

Leefwêreld van die gestremde 8 Desember 2024 08.12.2024

Toeganklike openbare vervoer vir persone met gestremde in die Suid-Kaap het verbeter met Go  George se toeganklike busdiens. Universiteite het ‘n rol te speel in die bemagtiging van mense met gestremdhede. Die Universiteit van Johannesburg se uitgewery, UJ Press, werk saam met die Suid-Afrikaanse Biblioteek vir Blindes, Blind SA en Tape Aids vir Blindes om leesstof vir siggestremdes toegangklik te...

Leefwêreld van die gestremde 1 Desember 2024 01.12.2024

Wat is versteekte outisme? Binah is ‘n nie-wingewende Organisasie wat ‘n tuiste skep vir jong seuns met uitdagings soos outimse, wat nie eendag selfonderhoudend sal wees nie. Hulle het ‘n staptog in die George Botaniese Tuin om bewustheid te skep vir die regte van mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 24 November 2024 24.11.2024

Dr. Marlene Zwiegers het ‘n deurleefde ervaring van outisme. Sy vertel hoe haar dienshond daagliks haar lewensgehalte verbeter. Fred van der Walt is ‘n tetrapleeg, m.a.w. hy het geen gebruik van sy arms of bene nie. Hy is beseer in ‘n voetgangerpadongeluk. Fred vertel van sy vol lewe en betrokkenheid by 'n huis wat hy met ander persone met gestremdhede deel.

Leefwêreld van die gestremde 17 November 2024 17.11.2024

Om dowe of gehoorgestremde kinders te leer praat, is ‘n groot taak. Ons hoor hoe dié taak gedoen word by die Carel du Toit Sentrum. Dis byna Kersfees, en ons hoor van ‘n kersfeespoeding-resep, wat 60 jaar later steeds gebak en geniet word om fondse in te samel vir kwesbare kinders en kinders met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 10 November 2024 10.11.2024

Ons vind meer uit van toeganklike openbare vervoer in George. Hulle poog om busse toeganklik te maak vir mense met verskillende vorme van gestremdhede. Die Nasionale Instituut vir Dowes wil die vaardigheid van gebaretaal aan die publiek bekendstel. Dis ‘n kreatiewe ontdekkingsreis tot toeganklikheid!

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.