RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 732 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde 20 Julie 2025 20.07.2025

HearUs is ‘n organisasie vir persone met gehoorverlies wat koglieëre implantings moet ondergaan, en finansiële bystand benodig. Wat is die proses van koglieëre inplanting, en watter voordele hou dit in? Richard Barry praat verder oor meervoudige sklerose. Wat was en is sy uitdagings? Hoe bly hy positief, dankbaar en ‘n inspirasie vir ander?

Leefwêreld van die gestremde 13 Julie 2025 13.07.2025

Nita Pienaar vertel van die impak wat Downsindroom op hulle gesin het. Johann Rossouw vertel van sy verbintenis met gestremdhede. Nita en Johan lig ons in oor die dienste en ondersteuning wat hulle van die Uitkoms Versorgingsentrum vir Volwassenes met ‘n Intellektuele Gestremdheid in Montana Park in Pretoria ontvang. Richard Barry is in 2008 met Meervoudige Sklerose gediagnoseer. Hy neem ons op sy...

Leefwêreld van die gestremde 6 Julie 2025 06.07.2025

Ons hoor watter ondersteuning aan volwassenes daar is by Die Uitkoms Versorgingsentrum vir Volwassenes met ‘n Intellektuele Gestremdheid in Montana Park, Pretoria. Meervoudige sklerose is ‘n seldsame outoimmuuntoestand. Ons vind meer uit van The May 50K, ‘n ondersteunings- en fondsinsamelingsprogram wat wêreldwyd plaasvind om bewusheid te skep en ondersteuning te bied aan persone met MS en hulle f...

Leefwêreld van die gestremde 29 Junie 2025 29.06.2025

Phillip Naude is gebore met spina bifida. Hy vertel van die uitdagings wat hy as liggaamlik gestremde in ‘n landelike omgewing ervaar. Hoe verskil meervoudige sklerose van spierdistrofie? Wat die simptome van MS? Watter ondersteuning is daar vir persone met MS, doktors en ouers?

Leefwêreld van die gestremde 22 Junie 2025 22.06.2025

Tanya Groenewald vertel van haar gehoor- en fisiese gestremdhede. Sy werk voltyds, en vertel van haar daaglikse uitdagings van kogliêre inplantings en as rolstoelgebruiker. Marinus Mans is ‘n uitgetrede finansiële reguleerder van Pretoria. Hy leef met ‘n seldsame spierdistrofie. Hy is selfonderhoudend vir byna 30 jaar ná die diagnose. Hy oefen elke dag en beoefen stokperdtjies. Marinus is opgewond...

Leefwêreld van die gestremde 15 Junie 2025 15.06.2025

Maggie Williams het nadat sy geboorte geskenk het, blind geword. Sy vertel hoe sy by ‘n veranderende wêreld moes aanpas. Sy het haar kombuis aangepas sodat sy haar liefde vir bak kon uitleef. Gerda Brown, direkteur van Meervoudige Sklerose SA, gesels oor die belangrike ondersteuningsrol wat hulle speel in die lewe van persone met stierdistrofie en hulle gesinne. Sy vertel ook van ‘n globale regist...

Leefwêreld van die gestremde 8 Junie 2025 08.06.2025

‘n Doktor wat op die outismespektrum is, vertel van die uitdagings wat met outisme gepaardgaan. Hy verduidelik hoe om diskriminasie teen betrokkenes onder die aandag van die owerhede te bring. Pieter van Niekerk is blind, en werk al lank by die SA Gidshondvereniging. Gidshonde is net vir siggestremdes nie. Pieter vertel van die elle lange waglys vir gidshonde vir kinders met outisme. Gidshonde wor...

Leefwêreld van die gestremde 1 Junie 2025 01.06.2025

Die South African Riding for the Disabled Association bied perdry-geleenthede vir persone met gestremdhede. Ons hoor van die verskil wat hulle maak in die leefwêreld van kinders met gestremdhede. Jacqui January het gaan kyk hoe Johannes Grib, wat doof is, en sy vrou Jessica, wat doofblind is, rolbal speel. Sy vertel van hulle toewyding en genot wat hulle uit die spel put.

Leefwêreld van die gestremde 25 Mei 2025 25.05.2025

Ds. Jan Oberholzer praat oor van die uitdagings van traumaberading vir dowe en doofblinde persone en hulle gesinne. Hercie Blaauw is gebore en leef met serebrale gestremdheid. Sy het haar meestersgraad gedoen, ‘n outibiografie, om die belangrikheid van kennis oor jouself en jou gestremdheid te leer, sodat dit jou bemagtig en help om nie net om jou toestand beter te verstaan nie, maar ook te weet w...

Leefwêreld van die gestremde 18 Mei 2025 18.05.2025

‘n Oogkundige beantwoord luisteraarsvrae oor sklerale kontaklense. Wat is breingesondheid en neurodiversiteit? Wat is die werking en die beheer wat harmonie teweeg bring in mense wat leef met gestremdhede? Ons hoor van ‘n interessante studie van die werking van die brein.

Leefwêreld van die gestremde 11 Mei 2025 11.05.2025

Ingrid Kelfkens vertel van haar lewe met sigverlies, en hoe sklerale kontaklense haar lewensgehalte verbeter. Petrus van Wyngaardt is passievol om te help met berading waar nodig. Hy is blind gelaat ná ‘n skietvoorval, en is tans besig met ‘n pastorale kursus om sy kennis en insig te verbreed om ander te help.

Leefwêreld van die gestremde 4 Mei 2025 04.05.2025

Deel 2 van 'n reeks oor die impak van psigososiale gestremdheid. 'n Aktrise vertel van haar ervaring om die rol van  ‘n 17-jarige meisie met psigososiale uitdagings te speel. Anna Jordaan is blind, en vertel van haar groentetuin en eiesoortige besproeiingsstelsel, waar sy 36 vrugtebome versorg.

Leefwêreld van die gestremde 27 April 2025 27.04.2025

Wat is die impak van ‘n psigososiale gestremdheid? Die fokus val op ‘n 17 jarige meisie – ‘n karakter in sepie. In die eerste program van twee, leer ons die karakter ken en stap saam met haar die pad. ‘n Aktrise vertel hoe sy vir die rol voorberei het. Grant Matthews leef met blindheid. Hy vertel van die lewensveranderende stappe wat hy prakties en sielkundig onder die knie moes kry. En asof sy bl...

Leefwêreld van die gestremde 20 April 2025 20.04.2025

Wat is die I WE ALL-projek, wat deur Wes-Kaapse Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede aangebied word? Ons hoor hoe mense met gestremdhede in Laingsburg daardeur bemagtig word.

Leefwêreld van die gestremde 13 April 2025 13.04.2025

Wat is geraas-geïnduseerde gehoorverlies? Hoe kan dit voorkom word? Hoekom is sekere oorfone veiliger as ander? ‘n Oudioloog praat oor hoe geraas tot gehoorverlies kan lei. Monica Gerhard leef ‘n vol lewe. Al het sy nie arms of bene nie, doen sy baanbrekerswerk, en doen bewusmaking vir persone met gestremdhede. Sy staan nie terug vir tegnologie nie, en was by hulle plaaslike radiostasie betrokke i...

Leefwêreld van die gestremde 6 April 2025 06.04.2025

Vaardigheidsontwikkeling is die sleutel tot gelyke geleenthede vir persone met gestremdhede, maar hoe werk dit in praktyk? Ons leer ook meer oor oor ‘n positiewe houding teenoor kinders met gehoorgestremdhede. Is jy bereid om hulle te aanvaar en ‘n bydrae in hulle opvoeding te maak?

Leefwêreld van de gestremde 30 Maart 2025 30.03.2025

Dr. Hanri Kriel praat oor die impak van Miller-sindroom op die mens en sy ongewing. Sy vertel van die uitsluiting wat betrokkenes ervaar, en hoe sy steeds aanhou om haar plek vol te staan. Ons hoor ook van ‘n passievolle vrywilliger wat, ná 35 jaar, vertel van haar ervarings, bydrae en fondsinsamelingsprojekte vir ‘n projek wat al oor die 60 jaar oud is.

Leefwêreld van die gestremde 23 Maart 2025 23.03.2025

Polio is weer wêreldwyd in die nuus. Dorothy-Anne Howitson van Kimberley vertel hoe sy daaglliks deur polio geraak word, en rig ‘n pleidooi aan ouers om hulle kinders betyds te laat inent. Sheri Brynard is ‘n onderwyser. Sy is tans in Brittanje en Switserland om voorbrand te maak vir die regte van mense wat leef met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 16 Maart 2025 16.03.2025

Ons vind meer uit oor toeganklikheidsassesserings van geboue, dienste en produkte, veral badkamers en restraurante. 21 Maart is Menseregtedag. Daar is ook ‘n direkte verbintenis tussen dié datum en Downsindroom.

Leefwêreld van die gestremde 9 Maart 2025 09.03.2025

Wat staan familie te doen indien een van hulle met skisofrenie gediagnoseer word? Ons hoor wat gedoen kan word om die betrokkene beter te ondersteun en verstaan. Yana-huis se verteenwoordiger vertel van hulle dienste aan mense wat met skisofrenie gediagnoseer is. ‘n Groep persone met gestremdhede – van blindes tot geamputeerdes - aan die WeskKus ry branderplank, of golfgly, soos hulle dit noem. Hu...

Leefwêreld van die gestremde 2 Maart 2025 02.03.2025

Linda Prinsloo beantwoord luisteraarsvrae oor wat skisofrenie. Wat is van die misverstande en stigmatisering wat betrokkenes daagliks ervaar? Wat word gedoen om die toegangklikheid van kerke en ander geloofsplekke te verseker?

Leefwêreld van die gestremde 23 Februarie 2025 23.02.2025

Wat is die uitdagings van persone met kort statuur? Wat is die regte benaming en terme wat gebruik moet word wanneer na hierdie mense verwys word? Melanie Lubbe praat oor die struikelblokke wat sy ervaar. Wat is die rol van opleiding van die versorger vir persone wat leef met demensie? En wat as die familie as versorger optree?

Leefwêreld van die gestremde 16 Februarie 2025 16.02.2025

Geweld is ‘n bydraende faktor tot rugmurgbeserings. Hoe kan dit voorkom word? Ons hoor ook van die belangrike rol van rehabilitasie en habilitasie vir persone met gestremdhede. In April huisves Gauteng ‘n bemagtigende outismekonferensie. Die fokus val op outisme in Afrika.

Leefwêreld van die gestremde 9 Februarie 2025 09.02.2025

Ons kyk terug na hoe dinge vir mense met blindheid en veelvuldige gestremdhede in Worcester in die jare 90 gewerk het. Twee dansers in rolstoele dans die land aan die brand, en is uitgenooi om Suid-Afrika in Nederland te verteenwoordig op die internasionale dansbaan.

Leefwêreld van die gestremde 2 Februarie 2025 02.02.2025

Wat is portuur-ondersteuners? Hoor watter verskil hulle in hulle eie gemeenskappe kan maak. ‘n Blinde prokureur en raadslid van Tshwane, Hentie Nortjé, swem die Midmarmyl vir die 25ste agtereenvolgende keer. Hy vertel hoe hy dit doen en hoekom.

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.