RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
16 Oct 15.10.2016 24:42
Fanie du Toit vind uit watter woorde, uitdrukkings en aanspreekvorms aanstootlik vir gestremdes kan wees. En Jacqui January gesels met 'n jong fiksheidsafrigter wat met gestremdes in die buiteland werk.
9 Oct 08.10.2016 23:15
Jacqui January gesels met 'n pa van 'n seun met Downsindroom oor die impak wat sport op sy lewe het. En Fanie du Toit vind uit hoe algemeen elpilepsie is, en watter hulp verleen moet word wanneer iemand 'n aanval kry.
9 Oct 08.10.2016 23:15
Jacqui January gesels met 'n pa van 'n seun met Downsindroom oor die impak wat sport op sy lewe het. En Fanie du Toit vind uit hoe algemeen elpilepsie is, en watter hulp verleen moet word wanneer iemand 'n aanval kry.
2 Oct 01.10.2016 21:00
Jacqui January gesels met 'n vrou met makulêre degenerasie wat besig is om blind te word, en steeds 'n vol lewe lei. En Fanie du Toit hoor van 'n heerlike buitelugervaring vir mense in rolstoele.
25 Sep 25.09.2016 24:34
Fanie du Toit vertel van die belangrikheid van musiek in die lewe van 'n dowe. En met die paralimpiesespan terug op eie bodem, gesels Jacqui January met RSG se kommentators oor hulle ervarings van die Spele en die lesse wat hulle by gestremde atlete geleer het.
18 Sep 2016 17.09.2016 24:28
September is oogsorgmaand. Jacqui January het gaan uitvind oor die gevorderde navorsing om die agteruitgang van sig te teen te werk. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van 'n dowe kind oor haar geloofspad en die onderrig van haar kind.
11 Sep 2016 10.09.2016 21:24
Jacqui January gesels met die afrigter van een van die blinde atlete by die Rio Paralimpiese Spele oor die afrigting van gestremde atlete. En Fanie du Toit vind meet uit oor die toeganglikheid van geloofsgemeenskappe en hulle fasiliteite.
4 Sep 2016 03.09.2016 23:20
Jacqui January kyk na die voorreg om aan die Paralimpiese Spele deel te neem, wat nie vir Downsindroom-atlete beskore is nie. En Fanie du Toit gesels met 'n atleet in 'n rolstoel wat die Kaap aan die brand ry met haar Blitsige Bitsie.
28 Aug 2016 27.08.2016 22:33
Jacqui January hoor van 'n skool vir verstandelik gestremde kinders waar Loslitdag se fondsinsameling groot verligting bring. En Fanie du Toit het inligting oor lewensonderrig en hoe dit die gestremde se denkpatroon, houding en lewe kan verander.
21 Aug 2016 20.08.2016 23:03
Jacqui January gesels met 'n ma oor haar serebraalgestremde dogtertjie. Die vierjarige het 'n beroerte gehad toe sy in haar ma se baarmoeder was. En Fanie du Toit het nuus oor polio wat slegs in twee lande ter wêreld voorkom, en Suid-Afrika wat verandering aangebring het met die toediening van inenting teen die siekte.
14 Aug 2016 13.08.2016 22:13
Met die Paralimpiese Spele in Rio om die draai, fokus Jacqui January op die internasionale deelname van gestremde atlete, en hoor van die leemtes in die akkommodasie. En Fanie du Toit vind meer uit van die algemene oogsiektes by volwassenes.
7 Aug 2016 07.08.2016 20:37
Dis Vrouemaand en Jacqui January het gaan hoor van die suksesse, die leemtes en die mishandeling van gestremde vroue. En Fanie du Toit het inligting oor oogsiektes by kinders, van skeelheid en katerakke tot die afwesige roollig-refleks.
31 Jul 2016 30.07.2016 21:26
Piet Human is 'n ingenieur wat help met toeganklikheid by openbare plekke vir gestremdes. Hy het 'n toeganklikheidsvlakaanwyser hiervoor ontwerp. Jacqui January het met hom gesels. En Fanie du Toit hoor van 'n onderwyser wat ná 'n duikongeluk ander mense in sy rolstoel inspireer en sy drome uitleef.
24 Jul 2016 23.07.2016 25:25
Hoe verwys mens na gestremdes, en wat is die regte en aanvaarbare terme om te gebruik? Fanie du Toit het gaan uitvind. En Jacqui January vertel van die suksesse van plastiekherwinning, en die voordele wat dit vir gestremdes inhou.
17 Jul 2016 16.07.2016 13:40
Fanie du Toit kyk na die belasting van mense met gestremdhede. Daar is ook wenke en hulp t.o.v die eise en die invul van belastingopgawes.
10 Jul 2016 09.07.2016 14:30
Fanie du Toit kyk na werksplasing vir gestremdes. Hy het praktiese raad vir van die vele uitdagings wat gestremdes in die arbeidsmark ervaar.
3 Jul 2016 02.07.2016 21:53
Jacqui January vertel van 'n groep van Wits Universiteit wat gesinne van dowe kinders help met kommunikasievaardighede. En Fanie du Toit vind uit watter strukture in plek is om te verhoed dat daar in die werkplek gediskrimeer word teen mense met geestessiektes.
26 Jun 2016 25.06.2016 22:28
Jacqui January gesels met Piet Human, 'n elektriese ingenieur, oor sy hulp aan gestremdes om hulle in die arbeidsmark te vestig. En Fanie du Toit gesels met Esme Fourie oor die uitdagings van mense met gestremdhede in landelike gebiede.
19 Jun 2016 19.06.2016 22:41
Jacqui January gesels met 'n jong vrou wie se sintuie is erg in 'n skietvoorval beskadig is. Sy beywer haar nou vir gelyke indiensneming vir gestremde vroue. En Fanie du Toit vind meer uit oor die toegangklikheid vir, en plasing van, gestremdes in die werkplek.
29 May 2016 29.05.2016 23:04
Fanie du Toit hoor meer van 'n konferensie waar die fokus op serabraal gestremde skoolkinders val. Jacqui January het gaan hoor hoe Tekkie Tax help met bewusmaking hulp aan mense met epilepsie.
22 May 2016 21.05.2016 23:47
Jacqui January gesels met 'n skoolhoof van Lenasia wat vertel hoe horende en dowe kinders by hulle skool saam leer en ontwikkel. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van twee volwasse intellektuele gestremde vroue oor beskermde indiensneming.
15 May 2016 14.05.2016 25:52
'n Nuwe beleid is aanvaar vir die regte van gestremdes. Fanie du Toit hoor hoe dit verskil van die vorige beleid. Jacqui January het nuus oor 'n organisasie wat al langer as 130 jaar opleiding en sorg aan dowes en multi-gestremdes bied.
8 May 2016 07.05.2016 23:05
Fanie du Toit het inligting oor hoe om self jou gehoor te toets n.a.v. baanbrekerswerk by die Universiteit van Pretoria. En Jacqui January gesels met 'n ma en haar volwasse gestremde dogter in die gees van Moedersdag.
1 May 2016 30.04.2016 20:03
Fanie du Toit kyk na die Witskrif op die Regte van Gestremdes en hoe dit mense met gestremdhede sal bemagtig. En Jacqui January gesels oor mense se houding teenoor mense met gestremdhede.
24 Apr 2016 23.04.2016 19:15
Fanie du Toit vind mmer uit van die eerste koglieêre inplanting by Tygerberghospital in Kaapstad. Jacqui January gesels met iemand wat 'n koglieêre inplanting gehad het, en hoor van ander se hulp in haar sukses met die inplanting.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.