RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
14 May 13.05.2017 24:27
Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat 'n deel van haar breinkapasiteit verloor het tydens 'n motorongeluk. Dit het tot 'n wanbalans gelei, maar sy het deurgedruk en is deesdae 'n skrywer. En Jacqui January gesels met 'n pleegma oor die uitdagings van haar sesjarige dogtertjie met die breinkapasiteit van driejarige.
7 May 06.05.2017 20:22
Jacqui January vertel van lewensveranderende aanpassings wat deur 'n gesin gemaak moes word ná 'n motorfietsongeluk waarin George Adams se voet geamputeer is. En Fanie du Toit hoor hoe 'n jong vrou in 'n rolstoel haar drome uitleef.
23 Apr 22.04.2017 23:24
Jy kan in enige stadium van jou lewe 'n epileptiese aanval kry. Epilepsie SA vergelyk so 'n aanval met toerisme-ervarings wat jy die eerste keer meemaak, om bewustheid te kweek t.o.v. epilepsie. En Jacqui January hoor van dagsorgsentrum wat 60 jaar gelede deur 'n ma gestig is vir haar gestremde seun. Die sentrum doen baanbrekerswerk ter ondersteuning van gestremde kinders en hulle families.
2 Apr 01.04.2017 23:10
Jacqui January leer meer van taalopleiding (gebare- of liptaal) vir ouers, vrywilligers en versorgers van gestremdes. En Fanie du Toit vertel meer van universele toeganklikheid by nasionale parke en blouvlag-strande.
26 Mar 25.03.2017 22:12
Fanie du Toit gesels met 'n mediese dokter wat vertel van 'n unieke ondersteunende terapie wat hulle op hulle dogter pas na geboorte toegepas het. En Jacqui January gesels met 'n skoolhoof waar jong dowe kinders saam met horende kinders hulel leer-uitdagings oorkom.
19 Mar 18.03.2017 22:49
Jacqui January vind meer uit oor die werk wat die SA Federasie vir Geestesgesondheid doen. En Fanie du Toit gesels met 'n vrywilliger oor die vreugdes om met gestremde mense te werk.
12 Mar 11.03.2017 22:50
Fanie du Toit gesels met 'n blinde klavierstemmer, wat ook skryf en so sy kreatiwiteit uitleef. En Jacqui January hoor meer van 'n inisiatief om toeganklikheid, of is dit ontoeganklikheid, vir gestemdes te belig.
5 Mar 05.03.2017 22:18
Jacqui January hoor van 'n jong man, wat gestremd gelaat is na 'n duikongeluk, se passie vir visvang en die netwerk wat daardeur ontstaan het. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van 'n gestremde kind oor ondersteuning vir ander ouers en familie van gestremde kinders.
26 Feb 25.02.2017 22:21
Fanie du Toit vind meer uit van Peer Supporters waar gestremdes en hulle families ander gestremdes en hulle families ondersteun. En Jacqui January vertel meer van Wêreld Gehoordag wat op 3 Maart gevier word, en hoe om self jou gehoor te toets met 'n slimfoontoep.
19 Feb 18.02.2017 25:03
Jacqui January kyk na die werk van 'n ortodis, en hoe hulle help met prostese en ander hulpmiddels. En Fanie du Toit vertel meer van South African Riding for the Disabled Association (SARDA).
12 Feb 11.02.2017 22:25
Die week van 13 tot 19 Februarie is Wêreld Epilepsieweek. Jacqui January het meer gaan uitvind oor hierdie toestand. En Fanie du Toit leer meer van meervoudige sklerose, 'n kroniese siekte van die senuweestelsel.
5 Feb 04.02.2017 23:14
Jacqui January vertel hoe maatskappye saam werk om vakleerlingskappe vir jong gestremdes te finansier. En Fanie du Toit het inligting van 'n rekenaar-inisiatief vir jong gestremde kinders wat hulle nie net intellekueel stimuleer nie, maar help ook om hulle selfvertroue te bou.
29 Jan 28.01.2017 24:34
Fanie du Toit kyk na watter terapie en hulpmiddele in landelike gebiede beskikbaar is vir serebraalgestremdes. En Jacqui January vind uit hoe Braille blindes bemagtiging.
22 Jan 21.01.2017 21:57
Jacqui January gesels met 'n jong gestremde vrou wat haar moue oprol en betrokke raak by werkplasings vir gestremdes. En Fanie du Toit hoor by 'n baie inspirerende gestremde wat positiwiteit behels.
15 Jan 14.01.2017 23:42
'n Suid-Afrikaanse nie-regeringsorganisasie reik uit na gestremdes oor die landsgrense heen Jacqui January gesels met die besturende direkteur van DeafNET wat in 50 Afrikalande bedrywig is. En Fanie du Toit hoor van 'n groep wat padveiligheid help bevorder nadat hulle gestremd gelaat is in motorongelukke is.
8 Jan 07.01.2017 20:15
Jacqui January gesels met 'n jong man wat ná 10 jaar in in rolstoel weens 'n duikongeluk, voluit lewe te midde van al die uitdagings. En Fanie du Toit vertel van die werk van Senecio, 'n nie-regeringsorganisasie wat hulp gee aan liggaamlik gestremde kinders in die Wes-Kaap.
1 Jan 31.12.2016 16:00
Fanie du Toit kyk na die werk van die Instituut vir Blindes wat na meer as 100 jaar hulle naam verander het. Gestremdes deel ook hulle nuwejaarswense.
18 Dec 17.12.2016 20:40
Jacqui January vind meer uit oor die Varswater Oewerhengel Federasie se pogings om die sport onder gestremde persone te bevorder. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van twee gestremde kinders oor hoe hulle Kersfees vier.
11 Dec 10.12.2016 21:45
Jacqui January kuier by 'n skool vir verstandelik gestremde kinders, en hoor van hulle suksesse en uitdagings na 50 jaar se bestaan. En Fanie du Toit gesels met 'n arbeidsterapeut wat raad gee aan ouers en versorgers van gestremde kinders.
4 Dec 03.12.2016 25:13
Jacqui January gesels met Jonathan Groenewald, ook bekend as 2J-Harmonix, wat die SABC-inisiatief #Disablity360 bygewoon het. Hy vertel van sy werk as gestremde vir gestremdes in Eersterust. En Fanie du Toit gesels met 'n kenner wat luisteraars vrae oor sigverlies beantwoord.
27 Nov 26.11.2016 21:40
Jacqui January vertel van jong volwassenes met outisme se uitdagings in die arbeidsmark. En Fanie du Toit hoor van 'n ouer se uitdagings met gestremde kinders.
20 Nov 19.11.2016 24:57
Minder as 1% van Suid-Afrikaners in die formele arbeidsektor is gestremd. Fanie du Toit kyk hierna, en veral hoe blindes hierdeur geraak word. En Jacqui January vind meer uit oor skubaduik vir gestremdes.
6 Nov 05.11.2016 22:50
Jacqui January het inligting vir gestremdes wat elektroniese toestelle gebruik, oor hoe om te werk te gaan om 'n belastingvoordeel daaruit te trek. En Fanie du Toit vind meer uit van die Wes-Kaapse ondersteuningsnetwerk vir ouers met Downsindroomkinders.
30 Oct 29.10.2016 22:15
Fanie du Toit wyk uit na die platteland om te hoor watter uitdagings gestremdes in Namakwaland het. En Jacqui January vertel die storie van 'n vrou wat op 17 blind geword het. Sy het haarself toegerus en bemagtig en het pas haar derde boek geskryf.
23 Oct 23.10.2016 11:49
Fanie du Toit gesels met Ryk Neethling se suster oor haar uitdagings nadat sy kanker gekry het, en hoe dit haar liggaamlik en geestelik beïnvloed.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.