RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
17 Apr 2016 16.04.2016 24:35
Stamsel-navorsing toon belofte vir mense wat deur retinitis pigmentosa geaffekteer word. Jacqui January het meer gaan uitvind oor hierdie baanbrekerswerk. En Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat baie aanpassings moes doen a.g.v. spierdistrofie.
10 Apr 2016 09.04.2016 20:34
Die Verenigde Nasies het 'n raamwerk opgestel oor die menseregte van gestremdes in die werkplek. Fanie du Toit kyk na indiensnemingstendense in Suid-Arika. En Jacqui January vertel van 'n projek waar volwasse dowes opgelei word om hulle vir die arbeidsmark voor te berei.
10 Apr 2016 09.04.2016 20:34
Die Verenigde Nasies het 'n raamwerk opgestel oor die menseregte van gestremdes in die werkplek. Fanie du Toit kyk na indiensnemingstendense in Suid-Arika. En Jacqui January vertel van 'n projek waar volwasse dowes opgelei word om hulle vir die arbeidsmark voor te berei.
20 Mar 2016 19.03.2016 22:24
Jacqui January vind meer uit van die uitdagings vir vriende en familie van mense met Downsindroom. En Fanie du Toit vertel van 'n ondersteuningsgroep vir jong gestremde dogters wat deur gestremde vroue bestuur word.
13 Mar 2016 12.03.2016 22:18
Fanie du Toit kyk na die toeganglikheid van toerisme-aantreklikhede vir gestremdes. En Jacqui January fokus op gloukoom wat erge sig-gestremdheid kan meebring indien dit onbehandeld bly.
28 Feb 2016 27.02.2016 24:09
'n Landdros vertel van hoe hy ná 50 jaar sy hakkelprobleem oorkom het, en steeds elke dag daaraan moet werk. En Jacqui January praat met 'n ma oor haar droom om hulle gemeenskap so normaal moontlik te maak vir haar seun wat Downsindroom het.
21 Feb 2016 20.02.2016 21:46
Fanie du Toit kyk na die stand van padvervoer vir mense met gestremdhede. En Jacqui January vertel van 'n interessante toepassing op slimfone om jou gehoorverlies te bepaal.
14 Feb 2016 13.02.2016 21:54
Fanie du Toit yk na die rol en dienste van 'n arbeidsterapeut vir mense met liggaamlike en verstandelike gestremdhede. En Jacqui January hoor wat die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede van die staatsrede dink.
7 Feb 2016 06.02.2016 18:07
Suid-Afrikaners hou van sport! En mense met gestremdhede blink saam uit met ander in die internasionale arena, veral in atletiek.
31 Jan 2016 30.01.2016 25:50
Fanie du Toit vind meer uit oor die jaarlikse verrigtinge en planne van die nasionale liggaam vir gestremdes in Suid-Afrika, en hoe dit by wêreldtendense inskakel. En Jacqui January hoor van die oorsprong, die vordering en toepassing van Braille.
24 Jan 2016 23.01.2016 24:49
Watter bydrae lewer fisiese aktiwiteite in die ontwikkeling van mense met down sindroom? Jacqui January gesels met 'n PhD student wat navorsing gedoen het hieroor. Fanie du Toit het gaan hoor van intensiewe ondersteuning by 'n tersieêre inrigting in die Kaapse Skiereiland.
17 Jan 2016 16.01.2016 23:16
Jacqui January het gaan hoor van die eerste skooldag by 'n skool vir kinders wat verstandelik gestremd is. Fanie du Toit het gaan uitvind oor beskikbaarheid van hulpmiddels vir mense met gestremde in plattelandse gebiede.
10 Jan 2016 09.01.2016 22:50
Kom hoor meer van musiek waardering vir mense met gehoorverlies. Fanie du Toit het die storie. Jacqui January gesels met 'n oudioloog oor die prosesse en sielkundige aanpassings vir mense wat koglieêre inplantings oorweeg.
3 Jan 2016 02.01.2016 23:46
Wat is die uitdaging vir jong gestremde studente t.o.v. toegang tot tersiêre inrigtings? Fanie du Toit het gaan uitvind hieroor en Jacqui January het meer oor die intergrasie van jong gestremdes na tersiêre onderig, in die arbeidsmark.
27 Dec 2015 26.12.2015 25:55
Fanie du Toit gesels oor die toeganklikheid van vakansieplekke, kamp-terreine en hotelle vir mense met gestremdhede. Jacqui January het gaan uitvind oor die rol van vroeë identifisering en ontwikkeling vir gestremde babas.
20 Dec 2015 19.12.2015 24:09
Mej. Doof SA vertel van haar selfopgelegde missie om ander te help. Jacqui January gesels met haar oor haar betrokkenheid by die Beautiful Noise-veldtog. En Fanie du Toit kyk na die impak van rumatiek en artritus op mense se leefstyl.
13 Dec 2015 13.12.2015 24:47
Die klank van die see… dis wat 'n jong vrou die meeste gemis het tydens haar vier jaar van doofheid. Jacqui January gesels met haar en die span wat haar gehelp het om dit moontlik te maak. En Fanie du Toit kyk na kommunikasie vir blindes en die rol van Braille.
29 Nov 2015 28.11.2015 22:58
Suid-Afrkaanse intellektueel gestremdes laat spat die rekords by 'n wêreldatletiekbyeenkoms op eie bodem! En Fanie du Toit sluit die bewusmakingsmaand vir mense met gestremdhede af deur te kyk na die vordering met integrasie, en van die tekortkominge.
22 Nov 2015 21.11.2015 25:40
Parkinson se siekte beïnvloed onder meer stabliteit, balans en spraak. Fanie du Toit vind meer uit oor hierdie siekte want elke lyer se simptome is uniek. En Jacqui January vertel van 'n program wat help om kommunikasie vir gehoorgestremdes makliker maak.
15 Nov 2015 14.11.2015 22:44
Fanie du Toit gesels met 'n vrou, wat ná 'n ongeluk in 'n rolstoel is, oor die goeie en minder goeie dae. En Jacqui January gesels met 'n groep jongmense van die Kaap en Europa, wat vrywillige werk doen by 'n sentrum vir mense met liggaamlik en intellektuele gestremdhede.
8 Nov 2015 08.11.2015 22:31
Jacqui January vertel van 'n internasionale sportbyeenkoms vir gestremdes in Bloemfontein. En Fanie du Toit het nuus van 'n ma wat vrou-alleen 'n skool vir dowes in Welkom bedryf.
1 Nov 2015 31.10.2015 20:50
Leefwêreld van die gestremde 1 November 2015
25 Oct 2015 24.10.2015 20:56
Leefwêreld van die gestremde 25 Oktober 2015
11 Oct 2015 10.10.2015 24:43
Leefwêreld van die gestremde 11 Oktober 2015
4 Oct 2015 03.10.2015 22:06
Leefwêreld van die gestremde 4 Oktober 2015
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.