RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 732 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde 28.04.2018

Die fokus is vandeesweek op Wêreld Gehoordag. Fanie du Toit gesels met 'n oudioloog oor geraasskade in myne en restuarante. En Jacqui January het gaan uitvind oor hoe doofheid en ander gestremdhede 'n persoon se geestesgesondheid beïnvloed.

Leefwêreld van die gestremde 21.04.2018

Jacqui January gesels met Andries Oosthuizen, wat ná 'n motorongeluk blind is. Hy vertel van die aanpassings wat hy moes maak, en sy deursettingsvermoë. Hy is deesdae 'n gekwalifiseerde rekenmeester. En Fanie du Toit vertel van die TopDog-projek waar vrywilligers honde oplei wat in hospitale, hospiese en vir gestremdes help met terapie.

Leefwêreld van die gestremde 14.04.2018

Fanie du Toit gesels met 'n kwadrupleeg wat 'n gesogte prys vir sy werk as sportjoernalis ingepalm het. En Jacqui January hoor hoe 'n groep jong intellektueelgestremde vroue bemagtig word.

Leefwêreld van die gestremde 07.04.2018

Fanie du Toit fokus op Internasionale Serebrale Gestremdsheids dag. Hy vertel van ondersteuning aan families d.m.v terapetiese toerusting vir die kinders en interessante kampe vir die versorgers, veral vir die mammas. Jacqui January gesels met 'n jong vrou wat haar korporatiewe lewe verruil het om voltyds en vrywillig te werk om broodnodige fondse vir gestremdes landwyd te in. Kyk na van die fotos...

Leefwêreld van die gestremde 31.03.2018

Fanie du Toit fokus op bewusmaking en 'n gemeenskap wat saamwerk vir mense met outisme ter viering Wêreld Outisme dag op 03 April. Jacqui January gesels met 'n jong vrou met Spinaal Spieratrofie, Kugelberwelander wat ten spyte van baie uitdagings haar Bsc graad in Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie voltooi het.

Leefwêreld van die gestremde 24.03.2018

'n Jong vrou vertel aan Fanie du Toit hoe sy TB gekry het terwyl sy in 'n staatshospitaal gewerk het. Fanie vertel ook hoe onbehandelde TB tot gestremdheid kan lei. Jacqui January gesels met die ma van 'n gestremde seun oor hoe sy en haar man 'n sentrum op die Tuinroete begin het, en nie net vir hulle seun nie, maar ook vir ander gestremde kinders 'n veilige ontwikkelingsruimte geskep het.

Leefwêreld van die gestremde 17.03.2018

Fanie du Toit gesels met Andre Kalis, 'n dowe persoon wat met behilp van gehoorapparate hoor. Hy vertel van die regte van gestremdes, en hoe om te kommunikeer met iemand wat gehoorapparate dra. Jacqui January vertel van 'n versorging- en vaardigheidsontwikkelingsinstansie vir meervoudig gestremde volwassenes.

Leefwêreld van die gestremde 10.03.2018

Die is op Wêreld Downsindroomdag. Fanie du Toit kyk na die wanopvattings hieroor, en hoe persone met Downsindroom in die gemeenskap verwelkom kan word. En Jacqui January hoor van 'n inrigting wat intellektuele volwasse gestremdes, in besonder die met Downsindroom, in die gemeenskap instuur om lewenslesse te leer, en ander mense hulle kwaliteite te wys.

Leefwêreld van die gestremde 03.03.2018

Fanie du Toit gesels op Wêreld Gehoordag met 'n doktor en sy vrou oor haar kogliêre inplanting, en hulle betrokkenheid om ander dowes te help. En Jacqui January kry riglyne vir horendes oor hoe om met mense met gehoorverlies te kommunikeer.

Leefwêreld van die gestremde 24.02.2018

Jacqui January gesels met Johan Ras wat begin doof word het. Hy vertel van die proses van koglieêre inplanting en hoe hy weer sy musiek kon luister (ons luister saam na een van sy gunstelinge). Fanie du Toit vertel van rolstoel rugby vir mans en vroue en hoe om betrokke te raak.

Leefwêreld van die gestremde 17.02.2018

Fanie du Toit het inligting oor die Afrikaprotokol, wat deur die Verenigde Nasies begin is vir die regte van gestremdes. En Jacqui January gesels met 'n jong vrou wat vertel van haar werk en ondersteuning aan 'n blinde rekenmeester.

Leefwêreld van die gestremde 10.02.2018

Jacqui January gesels met 'n siggestremde pa en seun wat hulle bestuurslisensies ontvang het. Hulle bestuur met behulp van 'n biotiese bril. En Fanie du Toit fokus op Nasionale Epilepsieweek.

Leefwêreld van die gestremde 03.02.2018

Jacqui January hoor van samewerking tussen hengelaars en gestremde hengelaars by die jaarlikse visvangtoernooi vir gestremdes by die Vaaldam. En Fanie du Toit het gaan uitvind oor riglyne om stereotipering en stigmas t.o.v. geestesgesondheid in die werkplek te kortwiek.

Leefwêreld van die gestremde 27.01.2018

Jacqui January doen verslag oor aktiwiteite en byeenkomste vir gestremdes. En Fanie du Toit het 'n interessante gesprek oor belastinguitdagings en -voordele vir gestremdes.

Leefwêreld van die gestremde 20.01.2018

Fanie du Toit praat met 'n hoërskoolleerder wat n.a.v 'n navorsingsopdrag, die konsep van 'n 'roltrol' geskep het. Hoor hoe sy 'n rolstoel met 'n inkopietrollie wil versoen om inkopies vir gestremdes te vergemaklik. En Jacqui January gesels met 'n egpaar wat in hulle laat veertigerjare met gestremdheid gekonfronteer word. Hulle vertel van die emosionele en kommunikasie-uitdagings ná gehoorverlies.

Leefwêreld van die gestremde 13.01.2018

Jacqui January gesels met 'n blinde rekenmeester oor sy inisiatief om werklose gestremdes op 'n databasis te fasiliteer. En Fanie du Toit kyk na klimaatsverandering en migrasie, en hoe dit gestremdes beïnvloed. Wat is die verband tussen gestremdheid en klimaatskwesbaarheid?

Leefwêreld van die gestremde 06.01.2018

Fanie du Toit gesels met twee lede van die SA Vereniging vir Fotograwe met Gestremdhede. En Jacqui January kyk na 'n internasionale byeenkoms oor geestesgesondheid, wat in Februarie in Johannesburg plaasvind.

Leefwêreld van die gestremde 30.12.2017

Fanie Du Toit kyk na die rol van musiek en dans in vroeë ontwikkeling op gestremde kinder. En Jacqui January kyk na organisasies wat hulp aan gestremdes en hulle versorgers bied.

Leefwêreld van die gestremde 23.12.2017

Duisende mense besoek Muizenburg elke jaar vir die Vlieërfees, wat gehou word om mense bewus te maak van geestesgesondheidsprobleme. En Johan Ras deel sy Kerswens. Hy het 'n paar jaar gelede doof geword. Hy vertel vir Jacqui January van die aanpassings en uitdagings om die oorgang te maak van 'n horende wêreld af na 'n dowe wêreld.

Leefwêreld van die gestremde 16.12.2017

Fanie du Toit volg luisteraarsvrae op oor die proses en aanpassings van bestuurderslisensies vir gestremdes. En Jacqui January woon 'n kerkdiens vir Dowes by, en vind meer uit oor die voorbereiding daarvoor en die uitdagings van gebaretaal vir veeltalige Dowes.

Leefwêreld van die gestremde 09.12.2017

Op Internasionale Mensregtedag fokus Jacqui January op die African Disability Protocol en sy gee terugvoer oor die SAUK Stigting se Disability 360-inisiatief. Fanie du Toit hoor van nie-regeringsorganisasies se dienste aan gestremdes, die strukture en vennootskappe wat in plek is, en gemeenskapsbetrokkenheid.

Leefwêreld van die gestremde 02.12.2017

Fanie du Toit kyk na die algehele toegangklikheid, dienslewering en toelaes vir gestremdes. En Jacqui January kyk na die ingesteldheid en houding teenoor veral verstandelik gestremdes.

Leefwêreld van die gestremde 25.11.2017

Fanie du Toit vertel van die Lighthouse Vereniging, wat 80 jaar later steeds blindes help om sosiaal te verkeer van fietsry tot veerpyltjies speel. En Jacqui January vertel van 'n interessante kunsuitstalling, Blinde Alfabet, waar blindes die kunswerke kan “sien” en ervaar.

Leefwêreld van die gestremde 18.11.2017

Fanie du Toit het raad gaan soek by kundiges oor die toegang tot onderrig vir kinders met gestremdhede in hoofstroomskole. En Jacqui January besoek 'n goed toegeruste tehuis vir meervoudig gestremde volwasse dowes, en vertel hoe die versorgers lewenslesse by die gestremdes leer.

Leefwêreld van die gestremde 11.11.2017

Fanie du Toit kyk na skokkende statistiek oor geweld, en hoe dit mense gestremd laat. En Jacqui January hoor van die werksaamhede van 'n tehuis vir volwasse intellektueel-gestremdes.

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.