RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leefwêreld van die gestremde 20.10.2018 26:11
Jacqui January fokus op Nasionale Downsindroomdag op 20 Oktober, en hoor hoe families van en mense met Downsindroom.bygestaan lan word. Sy vind ook uit meer uit van die tegnologie wat gebruik word om Downsindroom tydens vroeë swangerskap waar te neem. En Fanie du Toit kyk na die rol van kerke en hulle ondersteuning aan doof-blinde mense.
Leefwêreld van die gestremde 13.10.2018 24:51
Fanie du Toit gesels met afgetrede tandarts dr. Johan Pretorius, wat as volwassene doofblind geword het. Hy vertel van die interessante oorsake van doofblindheid, en hoe doofblindes ondersteun kan word. Jacqui January het besoek afgelê by 'n werkswinkel vir meervoudig-gestremde volwasse dowes. Sy hoor hoe die gestremdes hulle werk met soveel waardigheid doen, en die respek wat hulle vir mekaar het...
Leefwêreld van die gestremde 06.10.2018 31:52
Fanie Du Toit praat met Madelie Vaught, 'n arbeidsterapeut by die Wes-Kaap Vereniging vir Persone met Gestremdhede oor 'n speelgoedbiblioteek vir kinders met gestremdhede. Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met Danie Marais van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede oor parkeerplekke vir gestremdes, en die rol wat hulle gespeel het om te verseker dat Muizenbergstrand in die Wes-Ka...
Leefwêreld van die gestremde 29.09.2018 24:37
Jacqui January kry riglyne oor hoe om voor te lees vir mense met disleksie. Dis veral handige idees vir iemand wat dalk belangstel om te studeer. Fanie du Toit gesels met 'n ma oor die impak van verlies wat gestremdhede meebring. Sy vertel ook van die hulp en ondersteuning van die Nasionale Raad vir/van mense met Gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 22.09.2018 25:09
Fanie du Toit vind meer uit van die regte van kinders met gestremdhede, en hoor van die groot uitdagings met die versorging van gestremde kinders. Jacqui January het gaan hoor oor hoe om familie en vriende met geestesgestremdhede te hanteer.
Leefwêreld van die gestremde 15.09.2018 24:41
Jacqui January hoor van die belastingvoordele wat besighede kan kry, wat hulp aan mense met gestremdhede bied. En Fanie du Toit vind meer uit oor 'n spesifieke model vir beskermde werksplekke vir mense met verstandelike gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 08.09.2018 24:31
Annelies Clark vertel hoe kinders met leergestremdhede na 'n spesiale interimskool kan gaan, en later terug na hoofstroomskole kan gaan. En Jacqui January gesels met prof. Piet Nel, 'n belastingkenner, oor hoe om kwalifiserende mediese uitgawes van die belastinggaarder te eis.
Leefwêreld van die gestremde 01.09.2018 20:05
Fanie du Toit hoor van 'n rekenaargeletterdheidsprogram wat die wêreld van tegnologie vir blindes toegangklik maak. Hierdie unieke opleiding word deur blindes vir blindes aangebied. En Jacqui January gesels met Pieter Joubert van Spierdistrofie Gauteng oor die belangrikheid van die publiek se bydrae tot nasionale fondsinsamelingsprojekte.
Leefwêreld van die gestremde 25.08.2018 25:01
Jacqui January vertel die storie van Ben en Liani Viljoen. Ben leef al vir 20 jaar met MNS, en bly positief. Hy gesels saam d.m.v. 'n masjientjie. En Fanie du Toit praat met kliniese sielkundige dr. Charlotte Capri oor die Life Isidimeni-krisis, en die lesse wat Suid-Afrika hieruit kan leer.
Leefwêreld van die gestremde 18.08.2018 24:11
Daar word gereeld na Parkinson se siekte verwys as 'n 'oumens'-toestand. Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat op 22-jarige ouderdom met hierdie siekte gediagnoseer is. En Jacqui January doen navraag by 'n belastingkenner oor hoe gestremdes voordele by die belastinggaarder kan kry.
Leefwêreld van die gestremde 11.08.2018 24:10
Fanie du Toit gesels met Andre Kalis van die Nasionale Raad vir Mense met Fisiese Gestremdhede in Suid-Afrika oor die diskriminasie teenoor veral gestremde kinders deur die regering se kant in die voorsiening van hulpmiddels vir hulle opvoeding. En Jacqui January gesels met 'n mavan 'n negejarige seuntjie met spierdistrofie oor 'n ouer se uitdagings en vreugdes, en watter lesse sy by haar seun gel...
Leefwêreld van die gestremde 04.08.2018 21:52
Baie organisasies wat werk hulp aan gestremdes bied, kry net gedeeltelike befondsing van die regering, dus word daar hard gewerk aan fondsinsameling om in die behoeftes van gestremdes te voorsien. Jacqui January gesels hieroor met 'n organisasie wat al vir 140 jaar na gestremdes omsien. Fanie du Toit gesels met twee Noord-Kaapse gestremde vroue, waarvan een sonder arms en bene gebore is, wat verte...
Leefwêreld van die gestremde 28.07.2018 25:28
Alle soorte distrofie word deur genetika veroorsaak. Jacqui January het meer gaan uitvind oor spierdistrofie, wat een uit elke 1 200 individue in Suid-Afrika affekteer. Fanie du Toit kyk na serebrale- en fisiese gestremdhede by kinders, en die aanpassings wat daarvoor gemaak word in die voorgeskrewe kurrikulum.
Leefwêreld van die gestremde 21.07.2018 24:16
Fanie du Toit gesels met Fanie Swanepoel, 'n visueelgestremde wat meervoudige sklerose het. Hy vertel van sy toestand, die uitdagings, en die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdheid se toeganklikheidsoudit. Jacqui January hoor van navorsing wat fokus op Afrika. Die werk word gedoen in samewerking met die Universiteit van Kaapstad en Die Sentrum vir Outisme en Navorsing in Afrika. Dis veral in la...
Leefwêreld van die gestremde 14.07.2018 22:50
Fanie du Toit gesels met 'n ma oor haar en haar seun se outismediagnose. Sy gee 'n definisie van outisme, en verduidelik hoe hulle gesin te werk gaan om haar en haar seun se behoeftes te ondersteun. Christelle van Tonder gesels met Betti Wimbles, wat tuisonderig gee vir kinders met outisme. Sy gee insig in die uitdagings om met kinders te werk wat op die spektrum is, en gee raad vir ouers.
Leefwêreld van die gestremde 07.07.2018 22:34
Fanie du Toit gesels met Maritza Nel oor beroertes. Sy vertel wat jy as 'n bystander kan doen wanneer jy vermoed dat iemand 'n beroerte gehad het. Christelle van Tonder gesels met Dorothy Ann Howitson van Kimberley wat as kind polio gekry en toe die gebruik van haar arms en bene verloor het. Dit keer haar nie om die gemeenskap van Kimberley te ondersteun nie. Haar projek verskaf warm klere aan min...
Leefwêreld van die gestremde 30.06.2018 24:58
Fanie du Toit kyk na die werk wat die SA Alliansie vir Gestremdes doen. En Martelize Brink praat met kliniese sielkundige Nicky Abdinor, wat sonder arms gebore is, se leefwêreld en die gemeenskapsorganisasie wat sy gestig het, Nicky's Drive.
Leefwêreld van die gestremde 23.06.2018 21:31
Die Instituut vir Dowes en Blindes op Worcester is vanjaar 137 jaar oud. Sy naam is intussen verander na Innovation for the Blind. Die bestuurshoof, Albie Heigers, gee 'n oorsig van die bekende sentrum se verlede, hoe die toekoms daar uitsien, en hoe luisteraars betrokke kan raak. En Fanie du Toit praat met 'n geneeskundige prostotis (iemand wat kunsledemate vervaardig) en 'n luisteraar wat sy bee...
Leefwêreld van die gestremde 17.06.2018 22:28
'n Luisteraar vertel hoe rumatoïede artirtis haar op 'n jong ouderdom gestremd gelaat het. Sy deel ook nuus oor selfoontegnologie wat veral persone met 'n gehoorgestremdheid kan help om nooddienste te kontak. Fanie Smit gesels verder met rolspelers wat betrokke is by die ontwikkeling van tegnologie as hulpmiddel vir mense met gestremdheid.
Leefwêreld van die gestremde 09.06.2018 24:58
'n Sosiale wetenskaplike van die Centre for Autism Research in Africa praat oor outisme en die uitdagings wat dit vir gesinne meebring, asook die rol van terapeute. Fanie du Toit ondersoek “disablism”, 'n term soortgelyk aan rassisme en seksisme wat diskriminasie teen persone met 'n gestremdheid beskryf.
Leefwêreld van die gestremde 02.06.2018 15:40
Die gemeenskap van Worcester in die Wes- Kaap het Braille-plaatjies op verkeerstkenes in die dorp aangebring om dit vir blinde inwoners makliker
Leefwêreld van die gestremde 26.05.2018 25:59
Jacqui January hoor hoe 'n VN-konferensie oor innovering, idees oor insluiting en deelname vir gestremdes wêreldwyd bevorder. Fanie du Toit gesels met 'n rolstoelgebruiker wat met behulp van 'n handfiets, Namakwaland plat ry vir die bewusmaking en bemagtiging vir en oor gestremdheid.
Leefwêreld van die gestremde 19.05.2018 16:20
Jacqui January het inligting van 'n simposuim wat daarop gemik is om kommunikasie en taal vir gestremdes met versorgers en ouers te bevorder. En Fanie du Toit gesels met 'n spraakterapeut oor redelike akkomodasie en aanpassings vir gestremdes.
Leefwêreld van die gestremde 12.05.2018 24:33
Fanie du Toit vind meer uit oor gloukoom en die verreikende gevolge wat dit wêreldwyd inhou vir vier uit elke 50 mense. En Jacqui January gesels met 'n vrou oor haar blinde man. Sy vertel van hulle verhouding en wat sy by hom leer.
Leefwêreld van die gestremde 05.05.2018 22:46
Fanie du Toit hoor van 'n fietstoer in Kaapstad vir rolstoelgebruikers. En Jacqui January hoor van 'n jong vrou wat probeer help om gestremde werklose mense in die arbeidsmark te plaas.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.