RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leefwêreld van die gestremde 13.04.2019 23:42
Jacqui January gesels met dr. Marlene Zwiegers, wat in haar laat vyftigs haar doktorsgraad voltooi het. Sy het eers gesukkel om werk kry om met kinders met leergestremdhede te werk. Sy vertel van haar uitdagings, en hoe om ander te help met hulle gestremdhede. En Fanie du Toit gesels met Brunhild Strauss, wat na 25 jaar in 'n rolstoel, weer self na sy persoonlike badkamerbehoeftes kan omsien. Hy v...
Leefwêreld van die gestremde 06.04.2019 22:00
Jacqui January gesels met Charne Hugo oor die leefwêreld van 'n kunstenaar met 'n gestremdheid in die vermaaklikheidsbedryf. En Fanie du Toit hoor van 'n besondere inisiatief wat ondersteuning, hulpmiddels en toerusting bied aan mense wat gestremd gelaat is na oorloë of diensplig.
Leefwêreld van die gestremde 30.03.2019 24:03
21 Maart jaarliks is Wêreld Down Sindroom-dag. Jacqui January gesels met 'n arbeidsterapeut oor vroeë behandeling en kry 'n paar praktiese idees van aktiwiteite wat by die huis gedoen kan word met kinders met down sindroom.
Leefwêreld van die gestremde 23.03.2019 23:56
Fanie du Toit vetel van bewusmaking en opvoeding oor die heffing op invoerbelasting van aangepaste motor voertuie vir mense met gestremdhede. Hy vind ook uit oor die regering se rol en die proses om die aangepaste voertuie te bekom vir persone met unieke behoeftes.
Leefwêreld van die gestremde 16.03.2019 24:23
Fanie du Toit praat met 'n jong vrou wat aan gemoedsversteurings ly. Sy vertel van die ondersteuning way sy by haar famile kry, en hoe musiek help om die toestand beter te kan hanteer. En Jacqui January gesels met Christo de Klerk, 'n blinde persoon, en sy gids, Johannes Sefulalo. Hulle vertel van die lesse wat hulle by mekaar geleer het, en Christo vertel hoe hy tegnologie inspan om sy lewe makli...
Leefwêreld van die gestremde 09.03.2019 23:39
Fanie du Toit vertel hoekom dit belangrik is om parkeergebiede vir mense met gestremdhede af te baken. Vir wie is dit spesifiek, en hoe bekom jy die parkeerskyfie en strandpermitte? En Jacqui January het gaan uitvind van gehoorverlies by kinders. Watter hulp is daar, en hoe kan jy help met skenkings?
Leefwêreld van die gestremde 02.03.2019 19:08
Wêreld Gehoordag word elke jaar op 3 Maart gevier. Fanie du Toit kyk na die belangrikheid daarvan om jou gehoor te laat toets. En Jacqui January gesels met prof. De Wet Swanepoel wat saam met 'n span 'n gehoortoets ontwerp het.
Leefwêreld van die gestremde 23.02.2019 21:17
Fanie du Toit vertel van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede se pogings om wanpersepsies en uitdagings oor die indiensneming van gestremdes in die arbeidsmark te kortwiek. En Jacqui January gesels met 'n jong vrou, wat een van 'n identiese tweeling is. Hulle is albei gestremd, maar staan hulle plek vol in die gemeenskap, en wil 'n positiewe verandering maak.
Leefwêreld van die gestremde 16.02.2019 23:27
Die Voice of the Speechless-projek wil 'n stem gee vir diegene wat nie kan praat nie. Jana Viljoen is 'n ma van vier, waarvan drie spesiale behoeftes het. Sy is 'n sanger, en wil die spraak en klanke van kinders wat nie kan praat nie, vaslê. En Fanie du Toit gesels met Theriena Wentzel van die Nasionale Raad vir en van Mense met Gestremdhede oor die vordering wat die afgelope 30 jaar gemaak s ten...
Leefwêreld van die gestremde 09.02.2019 22:55
Fanie du Toit gesels met Rinette von Mollendorf, 'n siggestremde, oor 'n inisiatief om gestremde persone aan musiek en kuns bekend te stel. Die fokus is op die kuns en nie die persoon met 'n gestremdheid nie. En Jacqui January vertel die storie van 'n blinde man wat by 'n groot buurtwagspan betrokke is.
Leefwêreld van die gestremde 02.02.2019 22:26
Fanie du Toit gesels met 'n kwadrupleeg wat vertel van die ervaring om gestremd te raak op 'n hoë ouderdom. En Jacqui January het meer gaan uitvind van 'n opleidingsinstansie wat mense met gestremdhede oplei, werkgereed kry, en in die arbeidsmark plaas.
Leefwêreld van die gestremde 26.01.2019 22:50
Fanie du Toit gesels met 'n jong man met 'n gesin wat ná 'n swembadongeluk, verlam gelaat is. Hy vertel van die aanpassings en uitdagings om hom weer in die arbeidsmark te vestig. Jacqui January het gaan uitvind van 'n besondere kursus vir ouers om hulleself te bemagtig om kinders met breinbeserings te versorg.
Leefwêreld van die gestremde 19.01.2019 21:28
In landelike gebiede druk die nood erg ten opsigte van hulpbronne vir mense met gestremdhede. Op Oudtshoorn in die Wes-Kaap is daar 'n beskermde werkswinkel vir volwassenes met gestremdhede wat help om die nood te verlig. En Jacqui January gesels met 'n ma wat vertel hoe haar drome vir 'n kind met 'n gestremdheid verander het om plek te maak vir 'n ander soort dankbaarheid.
Leefwêreld van die gestremde 12.01.2019 22:20
Fanie du Toit gesels met Nakkie Jansen van Rensburg van die Paarl Vaardigheidskool oor hulle kreatiewe skeppingsvaardighede-program vir gestremdes. Die Timeless-projek bied terapeutiese voordele en ontwikkeling vir die volwasse gestremdes by die sentrum. En 4 Januarie is elke jaar Wêreld Brailledag. Jacqui January het gaan uitvind hoe dit siggestremdes bemagtig.
Leefwêreld van die gestremde 05.01.2019 22:37
Estelle Martinsen se man is blind, en hulle werk saam in die bankwese. Sy vertel vir Jacqui January van toegangklikheid in banke wêreldwyd, en hoe dit in Afrika en Suid-Afrika toegepas word. En Fanie du Toit het gaan uitvind van holistiese terapie vir kinders op die outismespektrum en met Downsindroom.
Leefwêreld van die gestremde 29.12.2018 21:28
Fanie du Toit sit sy gesprek met Marina Clark voort oor inklusiwiteit van persone met gestremdhede. Die fokus is op die insluiting van kinders met gestremdhede in hoofstroomskole. En Jacqui January het gaan uitvind van die belastingvoordele en die -indiening vir families wat leef met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 22.12.2018 19:47
Divan Engelbrecht se positiewe ingesteldheid teenoor sy gestremdheid spruit uit sy familie en vriende se ondersteuning. Jacqui January gesels met hom oor geskenke aan 'n gestremde vir Kersfees. En Fanie du Toit praat met Marina Clark van die Alliansie vir Persone met Gestremdhede oor 'n inklusiewe Kersfees vir gestremdes.
Leefwêreld van die gestremde 15.12.2018 21:58
Jacqui January gesels in die gees van Kersfees met 'n vrou wie se man al meer as 20 jaar met Motorneuronsiekte leef, oor hoe MNS sy lewe en houding positief verander het. Sy vertel van “geskenke” van hom aan haar, en van haar aan hom vir Kersfees. En Fanie du Toit gesels met 'n jong man wat kanker in sy oë gekry het toe hy nege maande oud was. Hy is blind, maar bly positief, en deur sy kennis van...
Leefwêreld van die gestremde 08.12.2018 15:59
Fanie du Toit het meer gaan uitvind oor lae visie en die Kaapstad Vereniging vir Blindes se 'n oorbruggingsinisiatief vir jong voornemende studente.
Leefwêreld van die gestremde 01.12.2018 23:59
Jacqui January gesels met 'n jong man wat as tiener in 'n motorfietsongeluk gestremd gelaat is. Sy positiewe ingesteldheid is 'n riem onder die hart. Fanie du Toit gee terugvoer oor 'n geleentheid van die Kaapstad Vereniging van Blindes, waar mense met blindes en visueel gestremdes loop of hardloop ter bewusmaking vir die voorkoming van blindheid.
Leefwêreld van die gestremde 24.11.2018 22:29
Fanie du Toit praat met 'n jong vrou wat gloukoom en retinale uitdagings het. Sy vertel ook van die geterg wat sy as klein dogtertjie ervaar het. En Jacqui January hoor van die taalontwikkeling en agterstand wat dowes ervaar, en hoe dit hulle leesvermoë beïnvloed.
Leefwêreld van die gestremde 17.11.2018 24:58
Jacqui January vind meer uit van 'n ondersteuningsorganisasie wat wêreldwyd doenig is, en positiewe stories van sukses vertel. Hulle bied ondersteuning en opleiding aan ouers van kinders met breinbeserings en ander gestremdhede. En Fanie du Toit hoor van 'n maatskappy se ondersteuning aan gestremdes.
Leefwêreld van die gestremde 10.11.2018 24:03
Die Bybelgenootskap, in samewerking met die Nasionale Instituut vir Dowes, het 'n Bybel met eenvoudige taalgebruik met die dowe leser in gedagte, saamgestel. Jacqui January praat met Natale Roelofse van die NID oor die navorsing en die proses wat gevolg is om die Bybel te skryf. Fanie du Toit het 'n draai op die Weskus gemaak, waar hy met Veronica Pronk gesels het oor opleiding en kreatiweit in di...
Leefwêreld van die gestremde 03.11.2018 24:14
Jacqui January het gaan meer gaan uitvind oor aaneenlopende ontwikkelingswerk ná verlies. Die werk word in spanverband en op individuele vlak gedoen om kopstuiwe te maak, en om uit te styg bo uitdagings as gevolg van verlies of gestremdheid. En Fanie du Toit kyk na werksentrums vir mense met gestremdhede, en die waardevolle rol wat dit vervul in terme van die menswaardigheid van gestremde volwasse...
Leefwêreld van die gestremde 27.10.2018 25:40
Jacqui January gesels met 'n ma van 'n 29-jarige gestremde seun. Sy vertel van ondersteuning wat hulle by die groep, Brainchild, kry en hoe dit haar bemagtig het. En Fanie du Toit het gaan uitvind hoe nie-regeringsorganisasies oorleef, en die unieke dienste wat hulle aan gestremdes en hulle families bied.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.