RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 732 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde 19.10.2019

Fanie du Toit gesels met 'n persoon wat aan depressie ly. Sy vertel van die stigma daaraan verbonde, en antwoord vra oor die geestesongesteldheid. Jacqui January fokus op Internasionale Wit/Langkierie-dag. Sy hoor wat die doel van die dag is, en hoe hierdie hulpmiddel deur persone met siggestremdhede gebruik word.

Leefwêreld van die gestremde 12.10.2019

Fanie du Toit gesels met 'n persoon wat op tweejarige ouderdom met Aspergers se siekte gediagnoseer is. Hy vertel van die uitdagings van Aspergers en van die waardevolle lesse wat hy geleer het. En Jacqui January fokus op Geestesgesondheidsmaand. Sy hoor van die hoë getal selfdoodgevalle wêreldwyd n.a.v. geestesongesteldhede.

Leefwêreld van die gestremde 05.10.2019

Fanie du Toit gesels met Andrie Burger, 'n Menslike Boek. Hy is 'n deelnemer aan die die Menslike Biblioteek-projek. Persone met gestremdhede deel hulle stories, en laat ander toe om hulle die moeilike en ongemaklike vrae oor hulle uitdagings te vra. Jacqui January gesels met Brunhild Straus van Namakwaland oor die bystand wat hy bied aan persone met gestremdhede, as 'n persoon in 'n rolstoel. Hy...

Leefwêreld van die gestremde 28.09.2019

Fanie du Toit vertel van 'n unieke storie-vertel-konsep wat genesing kan bring. Human Library SA is 'n projek waar “menslike boeke” hulle stories vertel. 'n Veilige platform word geskep vir mense om hulle traumatiese ervarings te deel, en so ander te ondersteun. Jacqui January gesels met Veronica Vosloo, wat op tweejarige ouderdom blind geword het. Sy is getroud met 'n doof-blinde man. Veronica ve...

Leefwêreld van die gestremde 21.09.2019

Jacqui January kyk na Gebaretaal. Die VN het 23 September tot Wêreld Gebaretaaldag verklaar. Fanie du Toit gesels met Goodwin Thomas wat sy werk verloor het toe hy 'n rolstoel-gebruiker geword het. Hy werk deesdae in die nooddienste-afdeling van 'n hospitaal in Kimberley.

Leefwêreld van die gestremde 14.09.2019

Pasha Alden is blind gebore. Sy vertel van haar gidshond, Vanilla, en oe sy haar ander sintuie inspan om haar lewe te vervolmaak. Fanie du Toit sit sy gesprek met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede voort, en fokus op die hantering van kinders met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 07.09.2019

Fanie du Toit gesels met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor toegangklikheid en akkommodasie vir verskillende soorte gestremdhede in die toerismesektor. Jacqui January gesels met Douw Steyn van Plastiek SA oor 'n suksesvolle projek wat d.m.v. publieke deelname rolstoele voorsien aan behoeftiges. Lorna Norris gee ook terugvoer oor die verskil wat die proje...

Leefwêreld van die gestremde 31.08.2019

Jacqui January fokus op die grootste fondsinsamelingsinisiatief wat deur die publiek ondersteun word vir mense wat leef met gestremdhede. 'n Paar organisasies vir gestremdes wat baatvind by Loslitdag vertel van die hulp. En Fanie du Toit kyk na die praktiese implikasies van wette oor toegangklikheid in openbare plekke vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 24.08.2019

Jacqui January gesels met Andrew Brooks. Hy werk al 36 jaar lank by die Nasionale Biblioteek vir Blindes in Makhanda. Andrew vertel van die proses om oudioboeke te maak, en hoe hy d.m.v. sy werk bemagtig word. En Fanie du Toit gesels met Danie Marais van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor universele toegangklikheid, en die toepassing daarvan.

Leefwêreld van die gestremde 17.08.2019

Jacqui January gesels met Victorious David, 'n jongman wat verlam gelaat is ná 'n gewapende roof. David reik nou uit na kinders in nood. Hy spandeer ook baie tyd daaraan om volwassenes wat deur verlies en trauma geraak is, weer hoop te gee vir die lewe. En Fanie du Toit vertel van 'n Afrikaanse fliek, gebaseer op ware gebeure, met 'n tema van hoe om verlies en persepsies te bowe te kom. Dit het oo...

Leefwêreld van die gestremde 10.08.2019

Jacqui January vind meer uit van die hulporganisasie, Tutela, wat 'omgee vir weeskinders' beteken. En Fanie du Toit het gaan uitvind hoe om mense met uitdagings volwaardig te laat deelneem in die beroepswêreld.

Leefwêreld van die gestremde 03.08.2019

Fanie du Toit vertel van die e-Braille-projek vir blinde en siggestremde leerders. Die rekenaar is 'n waardevolle bron en help leerders om inligting in Braille te lees. Jacqui January gesels met 'n akedemikus wat doof gebore is oor haar baanbrekerswerk vir dowes. Sy is die eerste dowe persoon wat intensief navorsing oor doofheid doen.

Leefwêreld van die gestremde 27.07.2019

Jacqui January hoor watter uitwerking breinbeserings op die beseerde en die familie het. En Fanie du Toit kyk na baanbrekerswerk wat wêreldwyd gebruik word in kognitiewe rehabilitasie, en die rol wat tegnologie in die lewe van persone met gestremdhede speel, op skool, maar veral in die werkplek.

Leefwêreld van die gestremde 20.07.2019

Fanie du Toit hoor hoe ouer mense die liggaamlike en geestelike verlies van oudererdom van hanteer. Hy hoor ook hoe dit lewenskwaliteit beïnvloed. En Jacqui January vertel hoe Jan en San Publiek betrokke kan raak om die lewe van siggestremde en blinde mense te verbeter.

Leefwêreld van die gestremde 13.07.2019

Fanie du Toit sit sy gesprek voort met die maatskaplike werker van die ACVV. Hulle kyk na die simptome van verstandelike agteruitgang by ouerwordende persone. En Jacqui January vind meer uit van die belastingvoordele vir persone en organisasies wat donasies of skoolgeld skenk vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 06.07.2019

Jacqui January praat met 'n paartjie oor die lewe van blindes. Die man wat blind gebore is, het afgetree, en hulle is baie aktief in Blind S.A. Fanie du Toit gesels met 'n verteenwoordiger van 'n organisasie wat al vir meer as 'n honderd jaar ouer wordende persone versorg.

Leefwêreld van die gestremde 29.06.2019

Fanie du Toit het inligting oor parkeerskyfies vir die gebruik in openbare plekke en Jacqui January gesels met 'n spraaktaalterapeut oor 'n simposium oor outisme.

Leefwêreld van die gestremde 08.06.2019

Fanie du Toit vertel meer oor die werk en integrasie van maatskaplike werkers. Hoe om 'n maatskaplike werker te kontak en die uitdagings in dienslewering wat maatskaplike werkers se taak kortwiek. Jacqui January vind uit oor die redelike akkommodasie en toegangklikheid van teaters vir o.a. rolstoelgebruikers en mense met gehoorverlies.

Leefwêreld van die gestremde 25.05.2019

Jacqui January fokus op self- en groepsbemagtiging ter ondersteuning van ouers, onderwysers en kinders met gestremdhede. En Fanie du Toit fokus op uitdagings en die nodige hulpbronne vir kinders met spesiale behoeftes in landelike gebiede.

Leefwêreld van die gestremde 18.05.2019

Jacqui January gesels oor breinbeserings wat tydens traumatiese gebeurtenisse opgedoen word. Voetgangers wat in motorongelukke beseer is, is by verre die meeste van die getalle wat aangemeld word van hierdie soort traumatiese breinbeserings. Fanie du Toit fokus op intellektuele gestremdhede by volwassenes. Wat is die profiel van hierdie mense, en hoe verskil dit van 'n persoon met 'n leergestremdh...

Leefwêreld van die gestremde 11.05.2019

Fanie du Toit gesels gesels met dames van Camphill Village op die Weskus oor 'n tehuis vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. En Jacqui January gesels met Irene en Julie Fischer, 'n ma dogter wat baie leer van mekaar ná 'n ongeluk waarin een van hulle 'n breinbesering opgdeoen het. Spraakterapeut Cindy Holtzhausen gesels saam oor ondersteuning aan mense wat breinbeserings het.

Leefwêreld van die gestremde 04.05.2019

Jacqui January gesels met Christo de Klerk, 'n blinde persoon en 'n regte boekwurm. Hy vertel hoe hy tegnologie inspan om aan sy leesbehoefte te voldoen. Hy vertel ook van toeganklikheid vir blindes, veral in die bankwese. Fanie du Toit gesels met Dorothy-Anne Howitson oor die toename in siektes wat deur inenting voorkom kan word. Sy het polio as kind gehad, en is liggaamlik erg gestremd.

Leefwêreld van die gestremde 02.05.2019

Fanie du Toit vind meer oor die rehabilitasie en gereedskap vir mense met gestremdhede om so onafhanklik moontlik te kan wees. Hy hoor ook van die ondersteuningsnetwerk van maatskaplike werkers in die Wes-Kaap. Jacqui January en Fanie du Toit behandel luisteraarsnavrae oor die definisie van gestremdheid, hoe dit mense beperk, en redelike akkommodasie soos dit in die wetgewing vervat is.

Leefwêreld van die gestremde 27.04.2019

Fanie du Toit gesels met 'n bekende sangeres oor haar lewe, en die inspirasie wat sy vir gestremdes is. Hy het ook gaan uitvind hoe om poste te adverteer vir blindes. En Jacqui January gesels met 'n spraakterapeut en kry wenke oor hoe om 'n pasgebore baba met Downsindroom se tong te stimuleer.

Leefwêreld van die gestremde 20.04.2019

Fanie du Toit gesels met Heiron Joseph wat van sy nek af ondertoe verlam is in 'n duikongeluk. Heiron sukkel om weer in die arbeidsmark te kom, en doen intussen mondskilderye.

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.