RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leefwêreld van die gestremde 12 Julie 2020 11.07.2020 23:20
Fanie du Toit hoor hoe vrywilligers betrokke kan raak om persone met visuele gestremdhede te ondersteun. Hy het ook nuus oor 'n organisasie wat die insluiting van gestremde persone in die werksplek help verseker. Jacqui January fokus op Geestesgesondheidsmaand, en kyk na die versorging van persone met demensie.
Leefwêreld van die gestremde 5 Julie 2020 05.07.2020 21:59
Fanie du Toit praat met Stefanie Botha van Innovation for the Blind, wat sedert 1881 persone met visuele gestremdhede en doof-blindes versorg, oor vaardigheidsontwikkeling om persone met die gestremdhede gereed te kry vir die arbeidsmark. Jacqui January praat mey 'n 24-jarige blinde man, wat homself as platejoggie wil vestig. Werkloosheid is een van die uitdagings waarmee hy te kampe het, maar hy...
Leefwêreld van die gestremde 28 Junie 2020 27.06.2020 23:52
Fanie du Toit praat met Wilnauman Kondongo, wat ná 'n motorongeluk, verlam gelaat is. Hy bly positief, en vertel sy storie van aanvaarding en hulp, waar hy kan, aan ander wat deur moeilike tye gaan.
Leefwêreld van die gestremde 21 Junie 2020 20.06.2020 24:22
Fanie du Toit kyk na die toegangklikheid van basiese middele soos skoon water as deel van die Covid-19-voorsorgmaatreëls, wat uitdagings stel aan mense met gestremdhede tydens die inperking. En Jacqui January gesels met die blindgebore Christo Vorster. Hierdie oud-klavierstemmer vertel van sy leefwêreld van die uitdagings van aanlynaankope tot besoeke aan openbare plekke tydens die inperking.
Leefwêreld van die gestremde 14 Junie 2020 13.06.2020 22:11
Fanie du Toit kyk na redelike akkommodasie in die werksplek vir mense met gestremdhede, wat ironies genoeg nou vir baie van ons 'n uitdaging is, want die werksplek het nou huis toe geskuif. En Jacqui January gesels met 'n ma en haar seun met spierdistrofie, oor die kwesbaarheid van mense met hierdie siekte vir Covid-19.
Leefwêreld van die gestremde 7 Junie 2020 06.06.2020 24:09
Fanie du Toit hoor hoe die inperkingsmaatreëls kwesbare mense en mense met gestremdhede beïnvloed t.o.v die lewering van dienste en beskikbaarheid hulpbronne. En Jacqui January praat met mense met gestremdhede op die platteland oor hulle uitdagings.
Leefwêreld van die gestremde 31 Mei 2020 30.05.2020 21:34
Jacqui January gesels met Divan Engelbrecht, wat ná 'n motorfietsongeluk sy been verloor het. Hy vertel van die onskatbare waarde van die ondersteuning wat hy van sy ouers en vriende gekry het. Fanie du Toit hoor wat die Nasionale Raad van en vir persone met Gestremde doen om kwesbare mense en mense met gestremdhede te ondersteun en te bemagtig tydens die coronapandemie.
Leefwêreld van die gestremde 24 Mei 2020 23.05.2020 22:09
Fanie du Toit kyk na onderwys vir jong kinders met spesiale unieke behoeftes, en die ondersteuningspersoneel en hulpmiddele wat benodig word om hierdie taak te doen. Jacqui January praat met die bestuurder by 'n tehuis vir volwassenes met liggaamlike en verstandelike gestremdhede, oor hulle lewenslange ondersteuning, stimulering en omgee vir die inwoners.
Leefwêreld van die gestremde 17 Mei 2020 17.05.2020 23:08
Jacqui January praat met Fanie du Toit oor die uitdagings en frustrasies van mense met gestremdhede tydens die inperkingstydperk. Fanie het ook meer gaan uitvind oor die ontwikkeling en stimulering van kinders met traumatiese breinbeserings en verskeie liggaamlike gestremdhede by die huis en gestruktureerde omgewings.
Leefwêreld van die gestremde 10 Mei 2020 09.05.2020 23:24
Susan Bam is blind gebore. Sy werk by Blind SA om ouers te bemagtig oor hoe om vir hulle blinde kleuters te sorg. Sy fokus op onderwys met o.a. die voorbereiding van goed toegeruste klaskamers. Fanie du Toit het met haar gesels. Jacqui January het meer gaan uitvind oor kognitiewe welstand. Sy hoor van die algemene simtome, en wat jou te doen staan indien jyself of 'n geliefde die simtome toon.
Leefwêreld van die gestremde 3 Mei 2020 03.05.2020 25:48
Jacqui January kyk na traumatiese breinbeserings, die grootste oorsake daarvan, en van die suksesse wat met stimulering en behandeling bereik is. Fanie du Toit kyk na die impak van epilepsie op mense se lewe. Gresham Africa leef met epilepsie en vertel van 'n vol lewe.
Leefwêreld van die gestremde 26 April 2020 25.04.2020 22:27
Fanie du Toit vind uit van die terminilogie en uitdagings vir persone van kort statuur. Melanie Lubbe is 'n person van kort statuur, en vertel ondermeer hoe moeilik dit is om 'n bankkaartmasjien te gebruik. Jacqui January gesels met 'n ma van drie kinders met spesiale behoeftes. Sy werk aan 'n projek om kinders se klanke op te neem, wat as gevolg van hulle gestremdhede nie kan praat nie.
Leefwêreld van die gestremde 19 April 2020 18.04.2020 22:25
Fanie du Toit gesels met 'n blinde vrou wat haar lewe lank by opleiding vir ander blindes betrokke is. Sy vertel van die tekortkominge in veral vroeëkinderonderwys. Jacqui January vind meer uit van die proses van amputasie. Sy hoor ook van die versorging van 'n prostese en die spookpyne wat gevoel word jare nadat iemand is ledemaat verloor het.
Leefwêreld van die gestremde 12 April 2020 11.04.2020 22:23
Fanie du Toit vind meer uit van 'n kursus vir siggestremde persone om te help met die uitdaging van werkloosheid. Hy hoor ook van 'n entrepreneur wat met deursettingsvermoë sukses behaal. Jacqui January gesels met een van die steunpilare van BlindSA, Christo de Klerk. Hy vertel van die rol wat tegnologie in die lewe van 'n siggestremde speel.
Leefwêreld van die gestremde 5 April 2020 04.04.2020 22:59
Fanie du Toit gesels met Kobie Myburg-Vosloo oor die impak van 'n beroerte. Sy het op 26 'n beroerte gehad, en moes deur baie veranderings gaan, maar is vasbeslote om haar lewe voluit te lewe met die uitdagings en al. Jacqui January vind meer uit van Rettsindroom, 'n seldsame toestand wat veral by babadogtertjies voorkom. Sy gesels met die ouers van kinders met hierdie toestand.
Leefwêreld van die gestremde 29 Maart 2020 29.03.2020 22:25
Fanie du Toit gesels met Hannle Cronje oor die vordering en vestiging van 'n beskermde werkplek en veilige tuiste vir volwasse persone met gestremdhede in Atlantis in die Wes-Kaap. Jacqui January praat met prof. De Wet Swanepoel van Tukkies oor gehoor, doofheid, die ontwikkeling van die oor, en die proses van gehoorverlies.
Leefwêreld van die gestremde 22 Maart 2020 21.03.2020 24:31
Jacqui January fokus op Wêreld Down-sindroomdag, en vertel die storie van Cindy Engelbrecht, 'n atleet wat Suid-Afrika verteenwoordig het in velditems. Sy leef voluit met Down-sindroom, en is 'n leier in eie reg. Fanie du Toit gesels met Roehan van Niekerk wat doof gebore is. Danksy 'n gehoorapparaat, staan hy sy plek vol in sy gemeenskap. Hy gee kommunikasiewenke vir wanneer jy met 'n persoon met...
Leefwêreld van die gestremde 15 Maart 2020 14.03.2020 23:54
Jacqui January vertel van 'n innoverende projek om werklose mense met gestremdhede opleiding en werk te kry in die mediabedryf. Fanie du Toit het gaan uitvind van 'n beskermde werk- en blyplek aan die Wes-Kus vir volwassenes met intellektuele gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 8 Maart 2020 07.03.2020 22:23
Jacqui January vertel van 'n innoverende entrepreneursgeleentheid wat mense met gestremdhede bevoordeel en in die arbeidsmark vestig. En Fanie du Toit hoor by 'n organisasie wat in weerwil van moeilike ekonomiese tye, steeds volwassenes met gestremdhede ondersteun en vir hulle werksgeleenthede skep. hoe hulle dit regkry.
Leefwêreld van die gestremde 1 Maart 2020 29.02.2020 23:17
Fanie du Toit hoor van interessante nuwe uitvindings om gehoorgestremdes se gehoor te verbeter. En Jacqui January vertel van beskermde werksplekke vir volwassenes met gestremdhede. Sy fokus op die werk van die Houtbaai Vereniging vir Mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 23 Februarie 2020 22.02.2020 25:00
Fanie du Toit fokus op die ontwerp en beplanning van openbare geboue om die toegangklikheid van mense met gestremdhede te vergemaklik. Jacqui January hoor van die besondere uitdaging om met mense wat visueel en gehoor gestremd is, te kommunikeer. Sy hoor ook van die waardevolle rol wat Braille speel om kommunikasie en lees in mense met gestremdhede se moedertaal te bevorder.
Leefwêreld van die gestremde 16 Februarie 2020 15.02.2020 24:48
Fanie du Toit beantwoord luisteraarsvrae oor universele toegang op openbare vervoer, van busse en treine tot vliegtuie. Hy het ook inligting van 'n sentrum wat deur mense met blindheid gestig is, om hulle te help met emosionele en ander uitdagings. En Jacqui January hoor van die jongste navorsing oor epilepsie.
Leefwêreld van die gestremde 9 Februarie 2020 08.02.2020 22:04
Jacqui January kyk na gespesialiseerde fasiliteite vir mense met demensie, en praktiekse idees vir die tuisversorging van persone wat hiermee gediagnoseer is. En Fanie du Toit praat oor toestande wat voor geboorte opgespoor, geïdentifiseer en behandel kan word om gestremdhede by babas te voorkom.
Leefwêreld van die gestremde 2 Februarie 2020 01.02.2020 25:49
Erica du Toit van die Wes-Kaapse Vereniging vir en van Mense met Gestremdhede beantwoord luisteraarsvrae oor parkering en aangepaste motors. En Jacqui January het praktiese raad gaan soek oor tuisstimulasie vir kinders met spesiale behoeftes.
Leefwêreld van die gestremde 26 Januarie 2020 25.01.2020 23:39
Fanie du Toit vind meer uit van die regte van kinders met gestremdhede, met 'n fokus op geweld teenoor die kinders. En Jacqui January vertel van 'n organisasie wat help met die inklusiwiteit van persone met gestremdhede in geloofsgemeenskappe en kerke.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.