Cape Pulpit / Kaapse Kansel
KOPSKUIF
Welkom by Kopskuif, jou bron van insiggewende gesprekke oor onderwys! Hierdie program bied ‘n platform waar alle rolspelers in die onderwysbedryf, van skoolhoofde tot leerders, ouers, onderwyskundiges en ander belanghebbendes, hul perspektiewe en ervarings kan deel. Elke episode bied die kans om te leer hoe onderwys nie net die verantwoordelikheid van skole is nie, maar iets wat die hele gemeenskap betrek. Mercia Eksteen, die aanbieder, lei hierdie inspirerende gesprekke, wat daarop gemik is om mense aan te moedig om hul rol in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling te erken. Die program onde...
Author
Cape Pulpit / Kaapse Kansel
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 4, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
KOPSKUIF - Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, dekade van baanbrekerswerk 12.07.2025 47:03
Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, (VivA) gesels oor hulle dekade van baanbrekerswerk. Alhoewel dit aanvanklik net ʼn navorsingsprojek sou wees wat oor vyf jaar strek, het die waarde daarvan gou geblyk en tans is VivA totaal onmisbaar. Dit fokus veral op die drie hooffunksies: die beskrywing en bestudering van Afrikaans, die ontwikkeling van omvattende...
KOPSKUIF - Marga Jonker, skrywer en onderwyseres by Durbanville Voorbereidingskool, kodering en robotika as skoolvak 05.07.2025 37:25
Marga gesels oor kodering en robotika as skoolvak, haar passie vir kinderstories, en hoe hierdie twee wêrelde saamvloei in haar kreatiewe werk. Jy sal ook hoor hoe kinders se liefde vir tegnologie haar geïnspireer het om unieke boeke te skryf waar kinders en robotika die hoofrol speel!
KOPSKUIF - Albert van Wyk se passie om entrepreneurs en besigheidseienaars te motiveer om finansiële sukses te bereik. 28.06.2025 25:23
Op die ouderdom van 22 kon jy hom reeds ’n miljoenêr noem. Nie net is hy is ’n entrepreneur nie, maar ook ’n eiendomsbelegger, selfgemaakte miljoenêr, gekwalifiseerde industriële ingenieur en topverkoper-skrywer. Skakel op Saterdag 28 Junie op Kopskuif in en kom luister hoe Albert van Wyk mense regoor die land in staat stel om hul rykdom op te bou. Hy gesels oor sy passie om entrepreneurs en besig...
KOPSKUIF - Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke 21.06.2025 28:30
Lees is baie belangrik. Dit is een van die vaardighede wat ’n kind vir die res van sy lewe gaan gebruik en daarom is dit belangrik dat ’n kind goed kan lees en met begrip kan lees. Op Saterdag 21 Junie 2025 gesels Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke, op Kopskuif. Skakel in en kom luister hoe Tippie, die trots Suid-Afrikaanse olifant, kinders lief kan maak vir lees.
KOPSKUIF - Esté Rabé van RAAF: ’n Musiekreis vol Passie en Kreatiwiteit 14.06.2025 39:02
In hierdie inspirerende episode van Kopskuif kuier die talentvolle Esté Rabé van die groep RAAF saam en neem luisteraars op ’n reis deur haar lewe in musiek. Sy deel hoe haar liefde vir musiek van jongs af begin het, die invloede wat haar kreatiewe styl gevorm het, en haar pad van verhoogkind tot professionele kunstenaar. Esté gesels ook oor haar jongste projek, 100 vir 100 in Afrikaans, en die ha...
KOPSKUIF - Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes 07.06.2025 32:45
Waar begin ’n mens om die wêreld te verander? Dis maklik – begin by jouself. Op 7 Junie gesels Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, op Kopskuif oor hoe een klein verandering in jou binnewêreld ’n rimpeleffek kan hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap, jou dorp, jou land en selfs die wêreld. Skakel in en kom luister hoe Brandon stories van hoop en omgee...
KOPSKUIF - Cor Uys, bekende musikant, op Kopskuif oor die Andante Plus50-musiekkompetisie 31.05.2025 28:13
Op 31 Mei gesels Cor Uys, bekende musikant, op Kopskuif oor die Andante Plus50-musiekkompetisie. Hierdie eerste plaaslike musiekkompetisie wat eksklusief op 50-plussers gerig is, word in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS 50-tydskrif aangebied. Met verskillende kategorieë en opwindende pryse bied die kompetisie ’n platform vir musikale 50-plussers.
KOPSKUIF - Melineze Christie, arbeidsterapeut, gesels die rol van speel in sensoriese integrasie 24.05.2025 22:00
Die kind se wêreld is ’n speel-wêreld waardeur hulle hulself en die wêreld om hulle leer ken. Op 24 Mei gesels Melineze Christie, arbeidsterapeut, op Kopskuif oor sensoriese integrasie en die rol van speel in sensoriese integrasie. Speel ondersteun die ontwikkeling van die totale kind – fisiek, kognitief, sosiaal en emosioneel. Melineze gesels ook oor vaardigheidsontwikkeling.
KOPSKUIF - Dr. Jo-Marie Bothma: Emosies, Regulering en Veerkragtigheid by Kinders 17.05.2025 36:03
In hierdie insiggewende episode van Kopskuif gesels kliniese sielkundige en spelterapeut, dr. Jo-Marie Bothma, oor die belangrike rol van emosies in ons lewens. Sy deel praktiese insigte oor emosionele regulering, hoe om kinders te help om emosioneel veerkragtig te wees, en hoe om hoop te behou te midde van negatiewe emosies. Luister gerus na hierdie gesprek vol deernis en kundigheid – nou beskikb...
KOPSKUIF – Afrikaans 100: ’n Taal om te vier! 10.05.2025 23:00
Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal! 🇿🇦✨ Op Kopskuif gesels Giep van Zyl, nasionale koördineerder van Afrikaans 100, oor die geskiedenis, groei en viering van dié dinamiese taal—én hoe jy deel kan wees van die feesvieringe, projekte en kompetisies. Luister ook na Elias P. Nel se unieke verwerking van Psalm 8—’n storievertelling met siel.
KOPSKUIF – Petronel Fourie gesels oor Weet: ’n Afrikaanse aanlyn ensiklopedie vir leerders 03.05.2025 28:54
In hierdie episode van Kopskuif gesels ons met Petronel Fourie, projekbestuurder van Weet – ’n Afrikaanse aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders. Weet bied betroubare, kurrikulumgerigte inhoud wat leerders help met navorsing en skooltake in hul moedertaal. Kom hoor hoe hierdie platform toegang tot kennis verbeter, en hoe hul nuwe mobiele toepassing dit nóg makliker maak om inligting byd...
KOPSKUIF – Speel-speel leer met Dokka Swart: Hoe Doen en Leer kinders se wêreld verander 26.04.2025 35:03
In hierdie episode van Kopskuif gesels ons met Dokka Swart oor Doen en Leer – ’n innoverende, holistiese program wat kinders help om lees, wiskunde en algemene leer op ’n speelse manier baas te raak. Die program gebruik visuele, ouditiewe en kinestetiese metodes om leer pret en toeganklik te maak. Ontdek hoe hierdie projek, ondersteun deur Vriende van Afrikaans (VVA), hoop bring aan kinders wat vo...
KOPSKUIF - Ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees. Ons vier Paasfees, want die kruis is leeg. 19.04.2025 24:22
Skakel op 19 April op Kopskuif in en luister hoe ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees. Lukas 24:6 “Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruising word, en op die derde dag opstaan.” Ons vier Paasfees, want die kruis is...
KOPSKUIF - Floris Voges 12.04.2025 37:47
In hierdie week se episode van Kopskuif gesels ons met Floris Voges, ’n sanger-liedjieskrywer van Bellville, Kaapstad, en finalis van Taalgenoot se Ruk en Rym. Floris deel die storie agter sy debuutalbum Paradysstof, wat tussen Augustus 2024 en Januarie 2025 vrygestel is en reeds meer as 100 000 strome op groot platforms bereik het. Met sy musiek wat diep temas soos sterflikheid, liefde, verlies,...
KOPSKUIF - Geestesgesondheid & Emosionele Veerkragtigheid met Elizta du Plessis 05.04.2025 42:44
Luister na ‘n insigryke gesprek oor geestesgesondheid, emosionele veerkragtigheid, en die krag van positiewe emosies met Elizta du Plessis, ‘n ervare arbeidsterapeut by Mondia Corporate Care. In hierdie episode van Kopskuif deel Elizta waardevolle wenke oor hoe om emosionele welstand te bevorder, die rol van lag en selfdeernis, en praktiese strategieë om stres te hanteer. Of jy nou sukkel met dagl...
KOPSKUIF - Goeie Maniere – Die Geheime Bestanddeel tot Sukses met Lizette van Huyssteen 29.03.2025 46:58
Goeie maniere is soos ’n geheime sous – dit maak alles beter! In hierdie aansteklike episode van Kopskuif gesels Lizette van Huyssteen, kundige en stigter van die Practica Program, oor die krag van beleefdheid en hoe om dit van jongs af aan te leer. Tussen “asseblief” en “dankie” lê ’n wêreld van respek, empatie en sosiale vaardighede wat lewensveranderend kan wees. Of jy nou ’n ouer, opvoeder of...
KOPSKUIF - Om Ligtheid te Kweek met Yolanda Grobler 22.03.2025 34:40
Wat beteken dit werklik om ligtheid in onsself en ander te kweek? In hierdie insiggewende episode van Kopskuif gesels aanbieder Mercia Eksteen met Yolanda Grobler, ’n kenner in persoonlike groei en emosionele welstand, oor hoe ons innerlike vreugde en veerkragtigheid kan aanvuur.
KOPSKUIF - Shemoné Bokharty oor Vroeëkinderontwikkeling & Outisme 15.03.2025 45:57
Op 15 Maart gesels Shemoné Bokhary, ‘n ma en vroeëkinderontwikkelingspesialis, op Kopskuif. Die bevordering van vroeëkinderontwikkeling is vir Shemoné van kardinale belang. Sy gesels hieroor en vertel ook meer oor die Dagbreek Sentrum vir outisme in Vredenburg. ‘n Wyse man het eendag gesê dat die verskil tussen wat ons doen en wat ons in staat is om te doen, genoeg is om die wêreld se probleme op...
KOPSKUIF - Moira Odendaal oor die ATKV se nalatenskap van taal, kultuur en tuiste 08.03.2025 31:42
Skakel op 8 Maart in op Kopskuif en kom luister hoe Moira Odendaal van die ATKV-tak Drostdy in Swellendam gesels oor die nalatenskap wat die tak skep, ’n nalatenskap waar elkeen tuis en trots voel, ’n nalatenskap wat die rykdom van ons taal, kultuur en kunste omhels. Sy gesels oor hoe die tak nie net projekte aanbied nie, maar in mense belê.
KOPSKUIF - Vier Moedertaal: Die Krag van Taal, Kultuur en Erfenis 22.02.2025 35:22
"Ons taal is ons identiteit – laat ons dit koester en vier!" ✨ Op 21 Februarie vier ons Internasionale Moedertaaldag, ’n dag wat die belangrikheid van moedertale regoor die wêreld beklemtoon. Taal is nie net ’n manier om te kommunikeer nie – dit dra ons erfenis, kultuur en identiteit.
KOPSKUIF - n Diep Gesprek oor Taal, Kultuur en die Toekomst van Afrikaans met Carl Julius 15.02.2025 28:15
Op 15 Februarie sluit Carl Julius by Kopskuif aan om te gesels oor die betekenis van moedertaal, sy studies, en hoe ons ons kultuur kan bewaar en vier. Kom saam met ons vier die skoonheid en rykdom van ons moedertale. Laat ons trots wees op wie ons is en waar ons vandaan kom!
KOPSKUIF - Carl Julius praat oor moedertaal, taalstudies en kultuur 15.02.2025 28:03
In hierdie aflevering van Kopskuif vier ons Internasionale Moedertaaldag (21 Februarie) met ’n boeiende gesprek oor die krag van moedertaal, kultuur en identiteit. Ons gas, Carl Julius, deel insiggewende perspektiewe oor taalstudies, die bewaring van ons erfenis, en hoe taal ons denke vorm. Of jy passievol is oor Afrikaans, taalwetenskap, of kultuur, hierdie episode bied waardevolle insigte
KOPSKUIF - Ontdek die Belangrikheid van Hartop Lees: Wêreld Hardop Leesdag 2025 08.02.2025 27:55
Wêreld-hardopleesdag word jaarliks op die eerste Woensdag in Februarie gevier. Die ATKV wil graag kinders, ouers en onderwysers aanspoor om hardop te lees, want om te lees is een van die belangrikste fondamente van ’n suksesvolle skool- en universiteitsloopbaan. Lees lê as't ware die grondslag van alle leer. Op Saterdag 8 Februarie gesels Celia Albasini van SmartBrain op Kopskuif oor die belangrik...
KOPSKUIF - Geselskap met Mary Berg, 2024 Opvoeder van die Jaar 01.02.2025 27:21
Luister na 'n inspirerende gesprek met Juffrou Mary Berg, 'n passievolle opvoeder van ParkDene Primêre Skool in Kraaifontein, wat in 2024 as WOW-Opvoeder van die Jaar aangewys is. Met 'n loopbaan van 30 jaar in onderwys, deel Mary haar onblusbare energie, toewyding en liefde vir die nurrering van jong gedagtes. Sy praat oor die vreugdes en uitdagings van onderrig, hoe sy leerders en kollegas inspi...
KOPSKUIF - Corli Sadie en Mariëtte Theart: Bemagtiging van Mammas deur Geestelike en Emosionele Groei 25.01.2025 29:02
In hierdie episode gesels Corli Sadie en Mariëtte Theart oor MaWees, ’n digitale platform wat spesiaal ontwerp is om mammas te ondersteun in hul geestelike en emosionele groei. MaWees bied praktiese produkte en hulpbronne wat mammas help om te floreer in hul persoonlike en gesinslewe. Corli en Mariëtte deel hoe MaWees mamma se geestelike welstand bevorder, balans skep, en hulle bemagtig om krag en...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.