Cape Pulpit / Kaapse Kansel

KOPSKUIF

Welkom by Kopskuif, jou bron van insiggewende gesprekke oor onderwys! Hierdie program bied ‘n platform waar alle rolspelers in die onderwysbedryf, van skoolhoofde tot leerders, ouers, onderwyskundiges en ander belanghebbendes, hul perspektiewe en ervarings kan deel. Elke episode bied die kans om te leer hoe onderwys nie net die verantwoordelikheid van skole is nie, maar iets wat die hele gemeenskap betrek. Mercia Eksteen, die aanbieder, lei hierdie inspirerende gesprekke, wat daarop gemik is om mense aan te moedig om hul rol in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling te erken. Die program onde...

Author

Cape Pulpit / Kaapse Kansel

Category

Education

Podcast website

capepulpit.co.za

Latest episode

Jul 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

KOPSKUIF - Gewoontes vir die Goeie Lewe | Schalk van Heerden oor ’n Geloof wat ’n Lewenswyse is 03.01.2026

In hierdie podcast gesels Schalk van Heerden oor die Gewoontes vir die Goeie Lewe – klein, volgehoue gewoontes wat ons help om geloof nie net as ’n stel oortuigings te sien nie, maar as ’n lewenswyse. Schalk verduidelik hoe hierdie geestelike gewoontes ’n praktiese raamwerk bied om alle dele van ons lewe – werk, verhoudings, rus, diens en aanbidding – doelbewus in verhouding met God te bring. Hier...

KOPSKUIF - Die Leeskrisis in Suid-Afrika: Reinette Lombard oor Begrip Lees, die Tippie-leesreeks en Geletterdheid 27.12.2025

Reinette Lombard, medeskrywer van die uiters suksesvolle Tippie-leesreeks, gesels oor die groeiende leeskrisis in Suid-Afrika waarin talle kinders sukkel om met begrip te lees. Sy deel hoe sy en haar ma, José Palmer, die reeks van stapel gestuur het nadat hulle die dringende behoefte aan beter leesvaardighede raakgesien het. In hierdie insiggewende gesprek hoor jy meer oor die ATKV-EkKanLees-proje...

KOPSKUIF - Die Rol van die Kerk in die Gemeenskap | George Johnson oor VGK Macassar se Impak 20.12.2025

In hierdie insiggewende podcast-episode gesels George Johnson, skriba-kassier van die VGK Macassar, oor die belangrike rol wat die kerk binne die gemeenskap speel. Hy deel meer oor die vroeëkinderontwikkelingsprogram waarby die gemeente betrokke was en die merkwaardige impak wat dit op kinders en gesinne gehad het. George bring ook ’n spesiale Kersfeesboodskap, gefokus op hoop, diens en gemeenskap...

KOPSKUIF - Lientjie Sothmann oor “Sterrenagkombers” – Eerste Wenner van die Andante Plus50 Musiekkompetisie 13.12.2025

Lientjie Sothmann, die eerste algehele wenner van die Andante Plus50-musiekkompetisie, gesels in hierdie podcast oor haar oorspronklike komposisie “Sterrenagkombers”. Sy deel die inspirasie en storie agter die lied wat sy spesiaal vir die kompetisie geskryf het. ’n Innemende gesprek oor kreatiwiteit, Afrikaanse musiek en die krag van oorspronklike komposisies.

KOPSKUIF - ‘n Diepduik in Neuro-Refleksintegrasie Terapie met Marlize de Kiewit van Mindful Roots 06.12.2025

Sluit by ons aan in hierdie insiggewende episode waar Marlize de Kiewit van Mindful Roots die wêreld van Neuro-Refleksintegrasie Terapie ontleed. Vind uit wat hierdie terapie behels, hoe dit werk, en waarom dit toenemend waardevol is vir die ondersteuning van fisiese, emosionele en neurologiese welstand. Luister saam om meer te ontdek oor die voordele, proses en werklike impak van Neuro-Refleksint...

KOPSKUIF - Die Vier Kernwaardes van Advent: Hoop, Vrede, Vreugde en Liefde – ’n Gesprek met Adri-Marie van Heerden 29.11.2025

In hierdie inspirerende episode gesels Adri-Marie van Heerden oor die vier kernwaardes van Advent: hoop, vrede, vreugde en liefde. Advent, die voorbereidingseisoen vir Kersfees, begin die vierde Sondag voor Kersdag en bring elke week ’n nuwe fokus en betekenis. Adri-Marie deel insiggewende tekste, idees en geestelike perspektiewe om luisteraars te help om elke tema op ’n dieper en meer betekenisvo...

KOPSKUIF - Bemagtiging van Leerders & die Hart Agter Suid-Afrika se Nasionale Skool-Gebedsdag 22.11.2025

In hierdie episode gesels ons met Gerhard de Jager, besturende direkteur van #Projectschools, oor die organisasie se visie om voltydse jeugwerkers in skole te plaas en leerders te ondersteun met hul geestelike en emosionele welstand. Ons word ook vergesel deur Liza-Marie Schutte, wat meer vertel oor #ProjectPrayer, ’n nasionale gebedsdag wat op 18 Januarie 2026 plaasvind. Hierdie besonderse inisia...

KOPSKUIF - Farming God’s Way: Bemagtig Gemeenskappe en Veg Teen Voedselsekuriteit – ’n Gesprek met Grant Dryden 15.11.2025

“God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer.” – 2 Korinthiërs 9:10 In Kopskuif gesels Grant Dryden oor Farming God’s Way. In hierdie gesprek deel Grant hoe Farming God’s Way nie net ’n organisasie is nie, maar ’n kragtige hulpbron wat gemeenskappe bemagtig om werklik ’n verskil te maak. Grant vertel...

KOPSKUIF - Eksamentyd Wenke: Elizna Botha se Raad vir Leerlinge en Ouers om Stres te Verlig 08.11.2025

Eksamentyd hoef nie oorweldigend te wees nie. In hierdie insiggewende episode deel Elizna Botha, skoolberader van Hoërskool Linden in Johannesburg, praktiese wenke om eksamenstres te hanteer en beter voor te berei. Sy bespreek strategieë vir studiemotivering, tydsbestuur, en hoe ouers hul kinders emosioneel kan ondersteun tydens hierdie uitdagende tyd. Luister nou en ontdek hoe jy eksamens met sel...

KOPSKUIF - Magé Troskie oor Taalgenoot-Ruk en Rym 2025: Alternatiewe Klanke, Reis en Sielsvolle Musiek 01.11.2025

In hierdie inspirerende episode van ons podsending gesels Magé Troskie, wenner van Taalgenoot-Ruk en Rym 2025, oor hoe die kompetisie as platform dien vir alternatiewe klankskeppers. Sy deel haar liedjieskryfproses, hoe haar liefde vir reis haar kreatiewe inspirasie aanwakker, en hoe sy met haar sielsvolle musiek luisteraars diep raak. Luister saam en ontdek die wêreld van ’n kunstenaar wat die ku...

KOPSKUIF - Angie Gallagher, die senior sub-redakteur van Taalgenoot en assistent regisseur van Taalgenoot -Ruk en Rym 25.10.2025

In hierdie episode van Taalgenoot – Klankbaan, gesels Angie Gallagher, die senior sub-redakteur van Taalgenoot en assistent-regisseur van Taalgenoot Ruk en Rym, oor die inspirasie agter hierdie unieke Afrikaanse podsending. Sy neem luisteraars agter die skerms van die ATKV se amptelike glanstydskrif en deel die storie van hoe Taalgenoot – Ruk en Rym ’n kreatiewe platform geword het vir Afrikaanse...

KOPSKUIF - Vind Innerlike Vrede: Reginald Hufkie oor Selfliefde, Geestelike Groei & Sy Boek "Vredemaker 18.10.2025

In hierdie inspirerende episode deel Reginald Hufkie insiggewende gedagtes uit sy boek Vredemaker. Luister saam soos ons gesels oor selfliefde, geestelike groei en hoe positiewe verandering by jouself begin. ’n Moet-luister vir enigiemand op ’n pad van genesing en innerlike vrede.

KOPSKUIF - Dr. Annelise de Vries oor die bestaansrede van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 11.10.2025

Dr. Annelise de Vries, hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, vertel wat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is en waarom dié organisasie bestaan. Dr. De Vries gesels onder meer ook oor die boustene van ’n taal, die fondasie van taalbeplanning en wat die gemeenskap in plek kan stel vir die betekenisvolle gebruik van Afrikaans in alle lewens...

KOPSKUIF - Carla Horn Deel Wenke oor Hoe ’n Liefde vir Lees by Kinders Aangekweek kan Word 04.10.2025

"Hoe meer jy lees, hoe meer dinge sal jy weet. Hoe meer jy leer, hoe meer plekke sal jy ontdek." – Dr. Seuss Het jy geweet dat stories ’n bietjie soos towermiddels is? Hulle neem jou na ver plekke, stel jou voor aan nuwe maats en laat jou dink en droom op maniere wat jy nooit sou kon raai nie. Kom luister hoe Carla Horn gesels oor hoe boeke wêrelde open. Carla deel wenke oor hoe ’n liefde vir lees...

KOPSKUIF - Juliana Louw oor TMT se benadering om onderwysers en leerders met die regte hulpmiddels en metodes toe te rus 27.09.2025

Albert Einstein het gesê: “Ons kan nie ons probleme oplos met dieselfde denke wat ons gebruik het toe ons dit geskep het nie.” Thuma Mina Teaching (TMT) pas hierdie beginsel toe. Kom luister hoe Juliana Louw, projekbestuurder, gesels oor TMT se benadering om onderwysers en leerders met die regte hulpmiddels en metodes toe te rus. Sy vertel meer oor TMT se suksesse oor die afgelope vyf jaar en die...

KOPSKUIF - Merlyn van der Rheede: Taal wat meer is as bloot ’n kommunikasiemiddel 20.09.2025

Op Saterdag 20 September gesels Merlyn van der Rheede, projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad, met spesifieke werksaamhede in die noorde van die land, op Kopskuif. Skakel gerus in en kom hoor hoe Merlyn gesels oor taal wat meer is as bloot ’n kommunikasiemiddel – dis jou identiteit. Daar word ook gesels oor die bevindinge van Merlyn se empiriese navorsing, die ruimtes wat geskep kan word om...

KOPSKUIF - Rupert Fourie, streeksbestuurder van Eksekuteurs vir Boedels en Testamente gee raad en wenke 13.09.2025

September is testamente-maand. Meer as 70% van Suid-Afrikaners sterf sonder ’n geldige testament. Het jy al gewonder wat sal gebeur as jy nie ’n geldige testament het nie? Skakel op 13 September in op Kopskuif en kom luister na die raad en wenke wat Rupert Fourie, streeksbestuurder van Eksekuteurs vir Boedels en Testamente gee.

KOPSKUIF - Ewaldt Scholtz, projekorganiseerder van die ATKV, gesels oor: Vandag se jeugleiers 06.09.2025

Ewaldt Scholtz, projekorganiseerder van die ATKV, gesels oor die ATKV-Jeugleiersimposium. Kom hoor hoe die ATKV-Jeugleiersimposium daarop gemik is om nuutverkose graad 11-leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en selfvertroue om betekenisvolle en verantwoordelike leiers binne hul skole, gemeenskappe en uiteindelik in die samelewing te wees.

KOPSKUIF - Musiek en Gemeenskap: Corneli Quinn oor die ATKV Applaus Projek 30.08.2025

ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika en vanjaar het meer as 20 000 hoër- en laerskoolleerders van regoor Suid-Afrika en Namibië deelgeneem. Corneli Quinn, projekorganiseerder van ATKV-Applous gesels oor die lewensvaardighede wat deur hierdie kompetisie bevorder word. Corneli vertel ook hoe hierdie projek daartoe bydra om kulturele erfenis te bewaar en te vier, terwyl dit t...

KOPSKUIF - VivA se Rol in Afrikaansonderwys met Nadine Fouché-Karsten 23.08.2025

In hierdie week se Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Nadine Fouché-Karsten, taalkundeskrywer en -navorser by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Nadine deel praktiese riglyne oor hoe om taalnavrae te rig, verduidelik die waardevolle hulpmiddels wat VivA aan Afrikaansonderwysers bied, en gee ’n kykie in hulle werkswinkel oor kritiese taalbewustheid.

KOPSKUIF - Wiskunde vir Kleuters – Lizette van Huyssteen 16.08.2025

In hierdie episode van Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Lizette van Huyssteen, stigter van die Practica Program, oor hoe kleuters van kleins af ’n natuurlike aanvoeling vir wiskunde kan ontwikkel. Ontdek hoe hierdie vaardigheid nie net leer help nie, maar ook die lewe later vergemaklik en nuwe deure oopmaak.

KOPSKUIF - Anél Wood, dramaghoeroe, vryskutstorieverteller, aktrise, stemkunstenaar en digitale skepper 09.08.2025

Anél Wood, dramaghoeroe, vryskutstorieverteller, aktrise, stemkunstenaar en digitale skepper, op Kopskuif. Kom luister hoe Anél vertel van die rol wat ATKV-Tjokkertoneel in die ontwikkeling van kinders speel en die vaardighede wat deur hierdie projek by kinders tuisgebring word. Verder gesels Anél oor die ryk taalskat van Afrikaans en die kreatiewe ATKV-veldtogte wat idiome, limerieke en vreemde w...

KOPSKUIF - Lydia Jaquire: ATKV as ’n Baken van Krag, Kultuur en Kreatiwiteit 02.08.2025

Lydia Jaquire van die ATKV-jeugtak Kultuurkatte is op 2 Augustus die gas op Kopskuif. In hierdie gesprek deel sy hoe die ATKV ’n onwrikbare baken is vir die krag, kultuur en kreatiwiteit van ons gemeenskappe. Lydia praat oor die belangrike rol wat die ATKV speel in die ontwikkeling van jong talent en die koestering van toekomstige leiers. Sy deel ook hoe dié organisasie ’n plek bied waar elke hart...

KOPSKUIF - Jerome Rex – Die Woordsmid agter die Musiek 26.07.2025

Woordsmid, liedjieskrywer en rymkletser Jerome Rex kuier saam op Kopskuif en deel sy unieke reis van hoe hy hiphop en kerkmusiek op kreatiewe wyse saamgevoeg het. In hierdie episode gesels hy openhartig oor sy musiekloopbaan, toneelspel, sy rol as pa en die stories agter die lirieke. Skakel gerus in om dié veelvlakkige kunstenaar en storieverteller beter te leer ken. ’n Uur van inspirasie, insig e...

KOPSKUIF - 94 Jaar van Erfenis en Hoop – met Toni Ward 19.07.2025

In hierdie episode van Kopskuif gesels Toni Ward, voorsitter van die ATKV-tak Kro’bossie in De Aar, oor die tak se rol as kulturele anker die afgelope 94 jaar. Luister hoe sy vertel van projekte wat erfenis bewaar, Afrikaans laat blom, jong talent ontwikkel en toekomstige leiers help vorm. ’n Viering van kultuur, gemeenskap en toekomsbou wat jy nie wil misloop nie.

Listen to the KOPSKUIF podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.