MaxMedia
Klipkouers
Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Klipkouers SON | W2E1 | Volle Onderhoud 28.10.2022 1:54:33
In hierdie aflewering van Klipkouers SON, val die soeklig op kliëntediens en skuld. Hoewel daar ’n verskeidenheid van digitale kanale is om na kliënte uit te reik, is die paneel dit eens dat dit wat jy bied, jou kliënte se behoeftes aanspreek. Skuldinvordering bly ’n netelige aangeleentheid, en, volgens Marais, is die groot probleem dat mense ‘overcommit’ en daarom oorbestee. In aansluiting hierby...
Klipkouers SON | W1E4 | Finansies 21.10.2022 27:43
Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie. Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit. Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: htt...
Klipkouers SON | W1E3 | Regspraak 21.10.2022 22:38
Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie. Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit. Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: htt...
Klipkouers SON | W1E2 | Digitale Bemarking 21.10.2022 30:55
Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie. Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit. Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: htt...
Klipkouers SON | W1E1 | Volle Onderhoud 21.10.2022 1:31:26
In die eerste aflewering van Klipkouers SON (Sake-Ondersteuningsnetwerk) bespreek die paneel potgooie as bemarkingsinstrument; die impak van en koste verbonde aan sekere regsbeginsels; en finansiële beplanning en oplossings vir boere en Afrikaanssprekende sakelui. Die gemene deler in aldrie hierdie gesprekke is die belangrikheid van waardetoevoeging… Luister na die episode hier: Spotify: https://o...
Episode 152: Charles Back 02.09.2022 56:22
Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra. Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel. Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in S...
Episode 151: Ben Groot 03.06.2022 1:09:16
Ben Groot is ’n prokureur wat spesialiseer in handelsreg. Hy is egter van skooldae ook reeds passievol oor entrepreneurskap en besigheidsbestuur, en het, benewens sy eie, florerende regspraktyk, wat selfs na Namibië uitgebrei het, ook Lexa, ’n innoverende toep wat oop kommunikasie en tydige terugvoer tussen regsfirmas en hul kliënte bevorder, van stapel gestuur. Dit was ’n uitvloeisel van sy MBA-s...
Episode 150: Victor Adendorff 15.04.2022 1:37:58
Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar. As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings. Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline en deursettingsvermoë geleer wat hy la...
Episode 149: Pieter Groenewald 01.04.2022 1:23:58
Van Prieska tot Nfinity. Dit, in kort, is die Pieter Groenewald-storie. As kind het Groenewald se pa, wat ’n aantal besighede op Prieska besit en as die ‘Afrikaanse Jood’ op die dorp bekendgestaan het, ’n blywende indruk gelaat. Bykans ’n kwarteeu later, sou ’n oproep van ene Ken Varejes vir Groenewald se loopbaan ’n radikale hupstoot gee, en deesdae is hy landswyd bekend as HUB van die vooraansta...
Episode 148: Deon Meyer 17.03.2022 1:16:46
Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is. Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai. In die genadelose l...
Episode 147: Dr. Abraham Brink 16.12.2021 1:21:06
Hierdie is 'n fassinerende onderhoud oor oa SASOL en Suid-Afrika se chemikalieë industrie geskiedenis. Dr. Abraham Brink was vir dekades ’n toonaangewende rolspeler in die vervaardigingsbedryf. Daarvan getuig die feit dat hy in 2014 verkies was tot president van die International Institute of Synthetic Rubber Producers in Houston. Brink het in 1977 by die Karbochem-afdeling van Sentrachem aangeslu...
Episode 146: Heinrich Strydom 30.11.2021 1:17:54
Heinrich Strydom se aanvanklike droom om vir die Proteas krieket te speel, het mettertyd omgeswaai na ‘n ambisie om een van die top administrateurs in SA sport te word. As die jongste hoof-uitvoerende beampte van ’n plaaslike krieketfranchise, toe hy vyf jaar gelede op 34-jarige ouderdom aangestel was as baas van die Dolphins, is Heinrich besig om homself uitmuntend van sy taak te kwyt. Sy kontrak...
Episode 145: Heinrich Becker 19.11.2021 1:08:18
Die wyse waarop myne funksioneer is besig om radikaal te transformeer. Digitale oplossings help om ’n mynbou-omgewing te skep wat veilig en volhoubaar is, met ’n geïntegreerde werksmag wat stimulerende take verrig. Heinrich Becker is die Uitvoerende Direkteur en mede-stigter van Krypton Mining, ’n innoverende maatskappy wat spesialiseer daarin om wêreldklas digitale mynbou-oplossings aan die Afrik...
Episode 144: Dr Jacques Faul 12.11.2021 1:03:48
Jacques Faul benodig geen bekendstelling as suksesvolle hoof-uitvoerende beampte van die Titans nie. As iemand met ’n passie vir die bestuur van belangegroepverhoudings, is Jacques ook ’n akademikus van formaat, met ’n doktorsgraad in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en is hy onlangs aangestel as medeprofessor by die NWU Besigheidskool. Hy glo dat die besigheidskant van sport beslis kan baat by...
Episode 143: Dr Cobus Oosthuizen 08.10.2021 1:11:52
Die mens is nie veronderstel om ’n gevangene van ’n voorafbepaalde stel keuses te wees nie, aangesien die toekoms ’n magdom van uitkomste bied. Aldus Dr Cobus Oosthuizen, dekaan van die Milpark Business School in Johannesburg. Cobus is ’n deskundige op die gebied van leierskap, entrepreneurskap en strategie. Die voltooiing van sy MBA aan die NWU Besigheidskool het Cobus se horisonne dramaties verb...
Episode 142: Melanie van Rooy 24.09.2021 1:04:10
Bemarking is nie bloot ‘n integrale deel van besigheidsukses nie. Dit is die besigheid. Melanie van Rooy staan aan die hoof van bemarking by Clicks, en was vroeër in dieselfde hoedanigheid betrokke by sowel Makro SA as Dis-Chem. Met ‘n doktorsgraad in ekonometrie, het sy ‘n passie vir bemarkingsanalise ten einde verbruikersgedrag beter te verstaan en bemarkingstrategieë te verbeter. En, Melanie, w...
Episode 141: De Wet Bisschoff 17.09.2021 1:07:32
Dis belangriker as ooit dat besighede hul denkwyses wysig om aan te pas by die nuwe normaal. Dit beteken dat die wonderlike wêreld van tegnologie optimaal benut moet word. Met ‘n kwarteeu se ervaring juis in die lewering van tegnologie oor ‘n verskeidenheid van industrieë, het De Wet Bisschoff homself onderskei as ‘n sakeleier van formaat in Afrika. Met ‘n MBA verwerf aan die NWU se Besigheidskool...
Episode 140: Pieter Geldenhuys 09.09.2021 1:19:10
Pieter Geldenhuys is ‘n bekroonde akademikus en geleentheidspreker met ‘n uitgebreide kennis van innovasie, toekomstige tendense en tegnologiese ontwikkeling. Sy gewildheid as spreker spruit uit sy vermoë om die verlede en hede te kombineer, ten einde ons in te lig oor die toekoms. Pieter is ‘n internasionaal befaamde futuris, en stigter en direkteur van die Institute for Technology Strategy and I...
Episode 139: Dewald Olivier 02.09.2021 1:23:15
Dewald Olivier is sedert 2018 die hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig hou oor die vereniging se werksaamhede ten einde nakoming en doeltreffendheid op alle vlakke te verseker. Dewald het ‘n MBA met lof verwerf aan die NWU Besigheidskool, wat hy as ‘n bepalende ervaring beskryf, en dien ook as voorsitter van sowel die MBA Alumni-vereniging as die...
Episode 138: Quentin van den Heever 25.08.2021 57:22
Die Synthetic Latex Company (SLC) is ‘n sleutelspeler in die SA chemiese industrie. Besturende direkteur en mede-eienaar, Quentin van den Heever, vertel van SLC se oorsprong as ‘n gesamentlike onderneming met Rivertex SA in 1967, en hoe hulle hulself 50 jaar later as ‘n onafhanklike maatskappy kon posisioneer. SLC spesialiseer in die vervaardiging van lateks polimere vir die verf-, konstruksie-, p...
Episode 137: Cobus van der Merwe 04.08.2021 1:18:00
Volgens Cobus van der Merwe, stigter van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening. Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te los, soos Skudu se revolusionêre Match-toepassing, wat ‘n dire...
Episode 136: Koos Janse van Rensburg 07.07.2021 58:28
Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri. Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat toe, toe hy as Besturende Direkteur van VKB in Reitz aangestel is. Koos praat padlangs oor die 150-jar...
Episode 135: Gerda van Schalkwyk 04.06.2021 1:24:41
Gerda van Schalkwyk, sjarmante eienares van die Isigidi Group, het oor die jare voortdurend nuwe vaardighede aangeleer. Dit het haar in staat gestel om gereeld te diversifiseer - soos dit ‘n ware entrepreneur betaam. Nadat sy aanvanklik as ‘n skoonheidsdeskundige opgelei was en uiteindelik haar eie salon vanuit die huis bedryf het, het Gerda deur Damelin verder as ‘n funksie koördineerder gekwalif...
Episode 134: Prof. De Wet Swanepoel 17.05.2021 1:27:19
De Wet Swanepoel het homself nie alleen die afgelope paar dekades onderskei as ‘n vooraanstaande kundige op die gebied van oudiologie nie, maar sy ondernemingsinstinkte het een van die wêreld se suksesvolste digitale gehoor-gesondheidsondernemings tot gevolg gehad. De Wet, ‘n Professor in oudiologie aan Tuks, is die stigter en wetenskaplike adviseur van die hearX-groep, ‘n gehoor-gesondheidsfirma...
Episode 133: Johan Badenhorst 26.04.2021 1:25:18
Suid-Afrikaners is die afgelope dekade reeds vertroud met en versot op Voetspore, die reeks van reisdokumentêre programme op SABC 2. Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige sitkamers regoor die land, vanweë die epiese togte wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder - selfs so ver as Indië. Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joerna...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.