MaxMedia
Klipkouers
Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Episode 132: Roland van der Walt 29.03.2021 53:13
Om entrepreneurskap, tegnologie en bemarking byeen te bring is Roland van der Walt se kos. Hy is passievol daaroor om voortdurend nuwe oplossings te vind vir die wêreld se immer-ontwikkelende vraagstukke. Met meer as twee dekades se ervaring in bemarking en verkope, waarvan ‘n hele paar jaar oorsee, dien en bestuur Roland verskeie maatskappye op direksie-vlak, insluitende Rateweb, GoRugged en Raak...
Episode 131: Neels Grieshaber 22.01.2021 1:19:18
Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings. ‘n Voortdurende gesukkel...
Klipkouers - ‘n Kersfees 2020 boodskap deur Jacques Basson 24.12.2020 19:48
En daar is "Covid 2020" op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2021 toe! Webwerf
Episode 130: Morné Basson 03.12.2020 1:23:45
Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa. Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al 72 marathons afgelê, op ‘n trapmeul, ter bewusmaking van motorneuronsiekte, en in 2015 self...
Episode 129: Corbèr Viljoen 10.11.2020 1:05:08
Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors. Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop. En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die botoon gevoer en beoefen Corbèr sy aanvanklike stokperdjie die afgelope vyf jaar reeds as ‘n voltydse beroep. Sy onderneming, Wat Swa...
Episode 128: Kallie Carlsen 06.10.2020 1:21:10
The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaf...
Mini-reeks Eps 5: Samesmeltings en Oornames 16.09.2020 21:08
Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit. Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë - sonder dat die besigheid se deure...
Episode 127: Theo Prinsloo 14.08.2020 56:10
Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van GuanoBoost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swart...
Mini-reeks Eps 4: Afleggings en onderhandelingsprosedure 24.07.2020 19:16
Die COVID-19-pandemie het die arbeidsmark op sy kop gekeer, met die wankelrige ekonomie wat oral noodgedwonge afleggings tot gevolg het. Edward Coleman van Stratlaw regsadviseurs is ‘n kenner op die gebied van die arbeidswet, en bespreek ‘n aantal noodsaaklike aspekte rondom afleggings en die onderhandelingsprosedure wat gevolg behoort te word. Edward benadruk onder andere dat afleggings ‘n absolu...
Episode 126: Leonie Marques 15.07.2020 35:44
Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig. Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het. Haar seun se huiswerklading, tesame met sy sport, het haar genoodsaak om te begin help met opsommings, sodanig...
Mini-reeks Eps 3: Nakoming van Vlak 3 Covid-19 regulasies in die werksplek 04.06.2020 20:10
Ek gesels met Sasha-Leigh Burggraaf van Stratlaw oor: - Wie mag of mag nie terugkeur werk toe nie. - Watter stappe moet geneem word deur werkgewers ten einde die werksplek voor te berei. - Wat moet die Moniteeringsbeampte doen. - Wat moet alles bevat word in die infaseerings plan vir werknemers. - Waar vind ondernemings uit hoe hulle beheermaatreels moet implementeer. - Watter stappe moet geneem w...
Episode 125: Sarel du Plessis 21.05.2020 1:30:27
Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf. Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in die geskiedenis, soortgelyk aan die huidige COVID-19...
Episode 124: Mike Bolhuis 22.04.2020 1:19:46
Misdaad is buite beheer. En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute... Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en tand te beveg. Met meer as 35 jaar ervaring, is Bolhuis se genadelose en somtyds onortodokse stryd wat hy teen misdadigers voer...
Mini-reeks Eps 2 : UIF: COVID-19 -bystandsfonds 20.04.2020 12:20
UIF: COVID-19 -bystandsfonds aansoeke kan slegs gedoen word gedurende die "lockdown" periode. Ek gesels met Arno Jansen Van Vuuren van Stratlaw (https://stratlaw.co.za) oor: 1. Wie aansoek kan doen; 2. Waarvoor jy aansoek kan doen en; 3. Hoe jy aansoek kan doen Webwerf
Episode 123: Meksikaanse Bier Gogga 25.03.2020 14:30
Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer Webwerf
Episode 122: Isak Marais 27.02.2020 37:57
Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep. Bramhope spesialiseer in die lewering van MRO (Maintenance, Repair, Operations) bestuursdienste en sagteware, en...
Klipkouers - ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson 24.12.2019 13:53
En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe! Webwerf
Episode 121: Jacques Taylor 08.11.2019 41:49
Jacques Taylor is die besturende direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika. Die man wat deur internasionale kenners bestempel word as ‘Afrika se Landboukenner’ gesels padlangs met my oor sy loopbaanpad, wat hom van die navraagtoonbank in die Bloemfontein-tak van Standard Bank geneem het na die vooruitstrewende boeregemeenskap van Schweizer-Reneke, die glanskantore van Johannesburg en Nigerië se w...
Episode 120: Alishia van Deventer 03.10.2019 40:08
Alishia van Deventer is die stigter van die publisiteitsmaatskappy, Starburst Promotions. Van haar suksesvolle kliënte en projekte sluit in musikante soos ADAM, Joshua na die Reën, Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties, asook films soos Pad na jou Hart, Leading Lady en Ballade vir ’n Enkeling. Sy vertel my o.a. van foute wat opkomende kunstenaars moet vermy. Webwerf
Episode 119: Henk Pretorius 11.09.2019 29:24
Oud Egoli-akteur, Henk Pretorius, is die mede-stigter van Dark Matter Studios met kantore in Johannesburg en Londen. Hy het ‘n hele paar suksesvolle flieks op sy kerfstok wat o.a. die suksesvolle Bakgat! fliek trilogie, Leading Lady en Modder en Bloed insluit. Hulle benadering tot spanbou en “fliek finansiering” is uniek. Webwerf
Episode 118: Hennie Ferreira 24.08.2019 29:12
Osidon is die wêreld se eerste digitale Rekenmeester en gebore uit pyn en frustrasie nadat stigters, Hennie en Melissa Ferreira, 'n bloutjie geloop het met hul vorige digitale besigheid se Rekenmeester. Osidon automatiseer SME's se "compliance" vir boekhouding, belasting en menslike hulbron-bestuur en het baie aggressiewe groeiplanne wat Suid-Afrika, die VSA en VK insluit. Kom hoor hoe lyk die to...
Episode 117: Annette Muller 07.08.2019 28:23
Daar is ‘n rede hoekom Annette Muller benoem is deur Forbes as een van Afrika se besigheidsleiers om dop te hou. Haar 2de en nuutste digitale besigheid, Flexyforce, stel besighede in staat om al hulle verskaffers en veral kontrak- en afstandwerkers effektief te bestuur en te betaal op een digitale platform. Die “Future of Work” het gearriveer in ons globale dorpie. Webwerf
Episode 116: Hannon Bothma 24.07.2019 26:48
Hannon Bothma en Julius Swart is die mede-stigters van die baie suksesvolle HANNON-handelsmerk. Hannon is veral 'n bekende gesig op die televisie program Glam Guru. Hulle storie is inspirerend en weereens 'n herinnering dat passie en harde werk gevolg word deur sukses! Webwerf
Episode 115: Pepe Marais 11.07.2019 27:27
Pepe Marais, is die mede-stigter van Joe Public United, een van die grootste advertensie agentskappe in SA met 'n jaarlikse omset van R700 miljoen. Nadat die besigheid bankrot gespeel het in 2009 (omdat Pepe 'n waardegedrewe besluit geneem het), het hulle die besigheid honderdvoudig begin groei deur ‘n duidelike "purpose" te hê of wat hy noem “een woord” en nie deur winste na te jaag nie. Webwerf
Episode 113: Omri Van Zyl 12.06.2019 24:57
Omri Van Zyl is die uitvoerende hoof van Agri SA en die 2016 wenner van CEO Global se prestige-prys vir sy bydrae tot landbou in Afrika. Om 28,000 boere lidmate wat strek oor 26 verskillende tipe boerderye, waarde toe te voeg en gelukkig te hou, sit nie in enige man se broek nie. Webwerf
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.