MaxMedia
Klipkouers
Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Portchie in Londen: Die Onderhoud wat nou ’n Huldeblyk Geword Het 29.06.2026 56:56
Hierdie episode is oorspronklik in 2017 in Londen opgeneem, in persoon, terwyl Portchie gereed gemaak het vir sy eerste Britse uitstalling. Ek bring dit nou weer terug as ’n huldeblyk aan Jan Hendrik Viljoen; die Vrystaatse seun wat Portchie geword het, ná sy afsterwe op 12 Junie. Vir my dra hierdie onderhoud ook ’n persoonlike gewig. My pa is ook op 12 Junie (2007) oorlede. Daarom voel hierdie ge...
Een Van Die Eerste Recces | Genl Maj Dan Lamprecht en die Dirty Dozen 23.06.2026 48:33
Genl Maj Dan Lamprecht (afg) is een van slegs vier oorlewende stigterslede van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte — beter bekend as die Recces. As een van die oorspronklike manne uit die pioniersjare van die Recces, was hy deel van die geslag wat die grondslag gelê het vir wat later een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde militêre eenhede sou word. In hierdie Klipkouers Bosoorlog Stories-onderh...
Episode 192: Gideon Galloway 26.05.2026 1:34:20
Hierdie episode is oorspronklik op 19 September 2018 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Gideon Galloway se storie steeds een van daardie entrepreneursgesprekke is wat mens herinner: groot idees klink dikwels eers belaglik voordat dit vanselfsprekend word. Gideon is die stigter van King Price Insurance — die maatskappy wat die Suid-Afrikaanse versekeringsbedryf kom uitdaag he...
Episode 191: Pepe Marais 20.05.2026 27:27
Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Pepe Marais se storie vandag nog harder praat: oor hoe ’n besigheid eers kan val, en dan weer opstaan wanneer groei nie deur winsbejag gedryf word nie, maar deur ’n duidelike rede om te bestaan. Pepe Marais is die mede-stigter van Joe Public, een van Suid-Afrika se bekendste onafhanklike advertensie-...
Episode 190: Ernest North - Naked Insurance 13.05.2026 1:04:28
Hierdie episode is oorspronklik in 2018 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Ernest North se storie vandag selfs skerper lees as toe: ’n Suid-Afrikaanse entrepreneur wat vroeg verstaan het dat versekering nie net goedkoper moes word nie, maar eenvoudiger, eerliker en meer menslik. Ernest is een van die drie aktuarisse agter Naked Insurance, saam met Alex Thomson en Sumarie Gre...
Episode 189: Hannon Bothma 30.04.2026 26:48
Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Hannon Bothma en Julius Swart se storie wys hoe ’n persoonlike passie, as dit lank genoeg met dissipline en vakmanskap gevoer word, uiteindelik ’n herkenbare Suid-Afrikaanse handelsmerk kan word. Hannon Bothma is vir baie mense die gesig van Glam Guru — die man van hare, grimering, styl en transformas...
Episode 188: Mike Bolhuis 28.04.2026 1:19:46
Hierdie was een van die mees afgelaaide episodes op Klipkouers. Dit is oorspronklik in 2020 opgeneem, maar ek bring dit nou weer terug omdat Mike Bolhuis se wêreld — misdaad, dwelms, geweld en die beskerming van kwesbare mense — vandag nog net so hard teen Suid-Afrika se werklikheid skuur. Mike Bolhuis is nie ’n sagte stem in die openbare gesprek nie. Hy praat reguit, hy ontstel mense, en hy vermy...
Episode 187: Jimmy Malan 20.04.2026 52:45
Hierdie episode is oorspronklik op BoerPot opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Jimmy Malan se storie wys hoe nuuskierigheid en innovasie oor geslagte gebou word. Die Malan plaas het oor meer as 110 jaar ’n sterk kultuur van nuuskierigheid en vooruitstrewendheid ontwikkel. Van die begin af het die stigter ’n punt daarvan gemaak om die beste plantmetodes toe te pas, en selfs Duitsland to...
Episode 186: Charles Back 13.04.2026 56:23
Hierdie episode is oorspronklik in Augustus 2022 op BoerPot opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Charles Back se storie baie meer is as wyn en kaas. Dit gaan oor waardes, visie en hoe ’n mens ’n besigheid oor geslagte bou. Charles Back is die derde generasie eienaar van wyn en kaasprodusent Fairview in Paarl. Die opregtheid en eerlikheid van sy pa en oupa is waardes wat hy vandag nog ui...
Episode 185: Deon Meyer 01.04.2026 1:16:55
Hierdie episode is oorspronklik in Maart 2022 op Nostalgooi opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Meyer se storie nie net oor skryf gaan nie. Dit gaan oor deursettingsvermoë, vakmanskap en hoe ’n mens iets wêreldklas uit Suid-Afrikaanse grond bou. Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die “Nuwe Suid-Afrika” s...
Episode 184: David Kramer 25.03.2026 1:44:43
Hierdie episode is oorspronklik in Februarie 2022 op ’n ander podcast reeks, Nostalgooi, opgeneem het. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat hierdie gesprek met Kramer tydloos is; nie net as kunstenaar nie, maar ook as entrepreneur. Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert’ behaal het, kan David Kramer met reg as ’n baanbreker van al...
Bosoorlog Eps 3: Generaal-majoor Gert Opperman 19.03.2025 1:35:52
In hierdie besonderse episode van Klipkouers Bosoorlog Stories het ek, Jacques Basson, die voorreg om met generaal-majoor Gert Opperman te gesels, 'n merkwaardige militêre leier met 'n indrukwekkende loopbaan van 33 jaar in die weermag. Bekend as die man wat die Voortrekker Monument gered het, deel Generaal Opperman sy ryk ervarings en insigte oor sy militêre loopbaan, sy tyd as hoof van die monum...
Klipkouers 9de Verjaarsdag: Jacques Basson Se Terugblik & Toekomsvisie 18.01.2025 19:09
9 JAAR VAN INSPIRERENDE GESPREKKE! Klipkouers vier vandag 'n mylpaal - Jacques Basson deel ons reis van toe tot nou, en gee 'n voorsmakie van wat voorlê. Van nederige begin tot 'n instelling in Afrikaanse podcasting! Nege jaar gelede het alles begin met 'n eenvoudige gedagte en 'n mikrofoon. Vandag staan Klipkouers as 'n baken van innovasie in die Afrikaanse digitale landskap, met meer as 350,000...
Bosoorlog Eps 2: SW Fourie-Nog Dieper in die Spes Magte se Wêreld 02.12.2024 1:08:00
Met spesiale dank aan Wildman & Paratus Africa: https://paratus.africa 'n Diepgaande Gesprek met Sersant-Majoor SW Fourie "Kom ons begin met 'n glasie whiskey," sê Sersant-Majoor SW Fourie, 'n veteraan van Suidwes-Afrika (nou Namibië). Sy bynaam "SW" het 'n interessante oorsprong - dit kom van sy voorletters én sy Windhoekse herkoms. "In Durban by die basis het Riem de Jager opgemerk dat Windh...
Bosoorlog Eps 1: Die Recces: Binne die Wêreld van SA se Elite-eenheid 11.11.2024 1:18:50
Met spesiale dank aan Wildman & Paratus Africa: https://paratus.africa Die Pad na die Recces Wanneer jy die naam "Recce" hoor, dink jy dadelik aan Suid-Afrika se elite-soldate. Maar min mense weet werklik wat dit gevat het om een te word. Sersant-Majoor SW Forie en Sersant-Majoor James lig vandag die sluier. Die keuringsproses was berug - slegs 4 tot 6 uit elke 100 man het dit gemaak. Aanvankl...
Rondetafelgesprekke: Talent & span ontwikkeling 06.10.2024 43:56
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om kritiese kwessies in die landbouspektrum te...
Rondetafelgesprekke: Toepassings van die Internet van Dinge (IoT) in landbou met Ctrack 05.10.2024 21:03
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om kritiese kwessies in die landbouspektrum te...
Rondetafelgesprekke: Welvaartskeppingstrategieë vir landbou & slaggate om te vermy met PSG Wealth Pretoria-Oos 05.10.2024 25:58
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om kritiese kwessies in die landbouspektrum te...
Rondetafelgesprekke: Volhoubare sonkrag-oplossings vir landbou met Solareff 04.10.2024 33:28
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om kritiese kwessies in die landbouspektrum te...
Rondetafelgesprekke: BEE as besigheidstrategie & mites met Empowerlogic 04.10.2024 30:44
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om kritiese kwessies in die landbouspektrum te...
Episode 183: Cobus van den Berg 06.09.2024 1:37:57
Die Afrikaanse film bedryf 20 jaar terug was nie die reus wat ons vandag ken nie. Die bedryf het ’n laagtepunt bereik na die suksesse van die 1970’s en 80’s, en baie was van die opinie dat daar net nie meer ’n mark vir Afrikaanse films was nie. Maar in die 2010’s het die bedryf floreer, met titels soos Liefling en Semisoet wat groot sukses by die loket behaal het. Dit is toe dat Cobus van den Berg...
Episode 182: Ronel Bezuidenhout 27.08.2024 1:08:37
Entrepreneurskap verg baie verskillende eienskappe, maar bowenal verg dit die vermoë om ’n geleentheid raak te sien, ongeag waar die geleentheid is. Ronel Bezuidenhout het so ’n geleentheid raakgesien in die gasvryheidsektor en dit met albei hande aangegryp. In 2001 het sy Capital Hotel Skool se deure oopgemaak, ’n tersiêre instansie wat gasvryheidsbestuur kursusse aanbied. EK gesels met Ronel oor...
Episode 181: Giniel de Villiers 16.04.2024 1:19:30
Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk. Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy 'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n tweede plek in 2006 en 'n oorwinning in 2009. Met 'n loopbaan wat meer as twee dekades strek,...
Episode 180: André Koegelenberg & Johan Pool 08.04.2024 1:00:52
André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin. Die konsessiehouers van die ACDC Express in Worcester gesels oor hoe hulle in die bedryf beland het, die uitdagings wat hulle moes oo...
Episode179: ”Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 23.01.2024 55:42
Ek het gesels met Roedolf van der Westhuizen, die Uitvoerende Hoof van Die MOS Inisiatief en Albert van Wyk oor entrepreneurskap. Ons het veral gesels oor Albert se televisiereeks op VIA "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar Hoërskool kinders wat hul eie besighede bedryf, meegeding het om die gesogte titel. Gaan luister gerus ook na die nuwe podcast reeks, Pot Vol Kenni...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.