Afrikaans.Radio

KLETS

Society AF ↓ 150 episodes

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander

Author

Afrikaans.Radio

Category

Society

Podcast website

afrikaans.radio

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die Lig is Noord 13.03.2024

In hierdie KLETS episode neem Colene ons saam op 'n avontuur na die noorde om die Nothernlights te ervaar. Colene deel haar opwinding en verwondering oor die skouspel wat die Noorderligte is, terwyl jy dit wel eintlik net kan sien deur jou selfoon se lens. Colene “preek” en deel haar gedagtes oor hoe beskawing se wyn duurder is en kollektiewe verantwoordelikheid ons ondergang is. Afrikaans. Radio...

Sophia sê haar sê 06.03.2024

In KLETS vandag gesels Matthys met die Animal Healer en Communicator Hettie Richter oor hoe sy met diere gesels en hulle help om hul behoeftes en gedrag te verstaan. Sy gebruik haar intuïsie om die boodskappe te interpreteer wat die diere oordra deur hul liggaamstaal, vokalisasies, en energiepatrone. Deur genesing en kommunikasie help Hettie om die lewenskwaliteit van diere te verbeter en 'n diepe...

Die Melktert 28.02.2024

Vandag op KLETS vier ons Nasionale Melktert Dag! Die koningin van die Melktert, Lucinda Rosa Neethling van Die Melktert Kommissie Band, gesels oor die terte, haar musiek, kuns en liedjies. Ons ontmoet ook Liriek, die dogtertjie van Lucinda en Bouwer. Verder deel Matthys se ma haar maklike mikrogolf melktert resep met ons. Volgende week is Colene in die noorde en hoor ons meer van haar soektog na d...

"Enoch" Tax "Enoch" bietjie meer Tax vir jou 21.02.2024

Is dit vandag D-dag vir Suid-Afrikaners? Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vandag sy begrotingsrede vir 2024. Dit mag een van die moeilikste wees, want die koffers is leeg, maar die ANC moet steeds die regering aan bewind hou. Ons KLETS met Andre Cilliers, valutastrateeg by TreasuryONE, oor wat ons vanjaar van die minister kan verwag. Hoe lyk die vooruitsigte vir die staatskas, e...

Sidney Gilroy - Bloedsomer 16.02.2024

In 'n spesiale uitsending van KLETS gesels Matthys met krimi-skrywer Sidney Gilroy oor sy nuutste boek, "Bloedsomer", wat Mooibaai as agtergrond het. Hierdie gesprek laat ons die man agter die karakters soos Sollie en nou ook Petunia beter verstaan. Sidney is ook die aanbieder van die #BOEKPOD op Afrikaans. Radio, en hy gee 'n voorskou oor wat ons kan verwag in die komende podsendings. "Bloedsomer...

Val-in-die-tuin Dag! 14.02.2024

Laat ons jou lei deur die tuin van liefde op hierdie spesiale dag van Val-in-die-tuin! As jy nog nie jou dag beplan het nie, sit terug en luister na Dr. Eugene Viljoen, 'n vooraanstaande kliniese sielkundige en seksuoloog, wat sy insigte deel oor die lekkernye en uitdagings binne verhoudings en tussen die lakens. Ons gesels ook met Sidney Gilroy oor die nuwe potgooi #BOEKPOD wat nou op Afrikaans....

SONA 2024 09.02.2024

In die spesiale uitsending van Klets gesels ons met Dr. Piet Croucamp, 'n politieke analis en senior dosent aan die NWU se besigheidsskool, oor gisteraand se staatsrede. Ons vreeslose President Squirrel het baie "recovery" planne voorgehou en het gewys dat waar sy intellek kort skiet, sy verbeeldingskrag verseker nie agterbly nie! Piet werp vir ons lig op die president se optrede. Hy deel waardevo...

Donker die Donner in 07.02.2024

Die span is terug na 'n week van donkerte in Pretoria. Matthys se frustrasie oor die gebrek aan krag is duidelik, en dis "DA" waar die kak begin. Mense op die pad laat Colene wonder of ons nog menslik is en waarheen die mensdom op pad is. Die Kintsugi Queen, Yoke van Dam, gesels met ons oor leierskap, die invloed van "work from home" op besighede en spanne, asook hoe om die verskillende generasies...

Nou weet ons! 24.01.2024

Die span is terug en KLETS oor die week se gebeure. Almal weet nou wat ons weet na Dricus "Stillknocks" du Plessis se oorwinning as die eerste Suid-Afrikaner wat die UFC-kampioenskap gewen het. Die punte is uit en volgens die regering het die matrieks van 2023 die beste gedoen in die geskiedenis. Dit is nou wel bekend dat 'n slaagsyfer van 30% goed genoeg is. Bestuurskonsultant en skrywer Gielie H...

2024 daar vat hy! 17.01.2024

Nuwe jaar nuwe dinge. Die jaar van die draak is hier en mag die draak sterker wees as ons monsters. Mag die draak vuur braak oor ons vet gevrete leiers. Liberate yourself dit is die “Age of Aquarius”. Ons gesels met die clairvoyant, That Zen Guy, want die nommers en die politikuste lieg so ons kyk nou na die sterre vir rigting en wysheid. Die kinders bly dom want 30% slaagsyfer, jy weet mos dit ma...

Surprise! Gaan loer onder jou kersboom ons is weer terug! 14.12.2023

Die span beklets die braaksels en joligheid van 2023. Van die EFF, Israel, Cyril tot Hamas maar wie gee om want die Bokke laat ons steeds saam skrum. Nuwe jaar nuwe dinge en ook ‘n nuwe formaat vir KLETS in 2024. Lekker julle slette, dankie vir een en elk wat geluister het in 2023 ons sien julle anderkant die Kersboom. Wees soet en as jy nie soet is nie neem foto’s. Afrikaans. Radio · KLETS...

Die hele fkn land is in sy moer! 30.11.2023

No nut November is ‘n pot kak, moenie jouself inhibeer nie! In die woorde van Elon Musk, ”go fuck yourself”. Dit is daai tyd van die jaar, prestasiebeoordeling vir almal maar nie vir Cyril se span nie. Die week se nuus kan jou tot trane dryf maar ons “maak-‘n-plan” gees bring ‘n lied tot elke hart. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Om te tip of om nie te tip nie! 28.11.2023

Almal verwag dat self die haarkapper en die nael tegnikus ‘n tip moet kry. Het dit te ver gegaan? As dit jou grief soos wat dit vir Colene grief is hier die lande waarin jy moet gaan gly. Of bly maar net hier! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Klippies Coca-Cola en Kakpapapier 27.11.2023

Israel en Palestina betogings steeds besig. Hou hulle aan die lewe net sodat hulle kan stem! Die ANC speel vuil en die SA burgers is die skaak stukke. Die top verkopers van Black Friday is Klippies Coca-Cola en kakpapapier. Koop nou jou kar die bank sal hom eers Maart 2024 kom haal. Bok held val uit die kas vol en tik geheime. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Hallo Wêreld! 21.11.2023

Cyril sê doen wat ek sê en nie wat ek doen nie. Steek drie kersies aan vir die weermag, lugmag en die vloot. Vrouens word ouer as mans. SA restaurante pronk trots op wêreld lys. Vreemde k9 virus in Amerika. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Jou briefie is absurd 20.11.2023

So op National Absurdity Day verjaar Joe Biden en Ramokgopa vermoed dat Eskom personeel bietjie meer geld moet kry terwyl ons nog bietjie minder krag kry. Andre de Ruyter skryf briefies uit Amerika oor hoe die blare van kleur verander. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Lekker verjaar Matthys! 16.11.2023

DSTV swem stroom op en dit gaan maar sukkel-sukkel. Dalk is dit omdat hulle DIE SHIT op TV sit? Waarheen moet jy gaan vir die wêreld se goedkoopste data? Godongwana is moeg maar die flavour of the month sal alles red! Huishulpe is die hart van ons land en Colene se Johannes kom se hallo. Op 42 figure Matthys steeds uit wat ‘n mens met ‘n baarmoeder moet maak! Afrikaans. Radio · KLETS &middo...

Totsiens Nyanga! 15.11.2023

Wie sou kon raai dat Charlie toe ‘n scorpio is? Paddas se piepie laat jou die wêreld vir ‘n oomblik verlaat. Ons gaan ongelukkig nie die drie neus monster in PE sien nie en ook nie Nyanga as jy Google Maps gebruik nie! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Amastokostoko 14.11.2023

“Amastokostoko” of eerder dalk ama-opportunity vir koffers volmaak? KFC doen goed genoeg in SA om hul eie “hope” te add. Kyk uit vir die persoon met 3 neuse in PE. As jy wil aftree op 60 moet jy 8 maal jou jaarlikse salaris in spaargeld hê. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Sand en 600K: Suid-Afrika se Belastingavonture! 13.11.2023

600K vir catering op ‘n 9 ure vlug! Dankie aan die Suid-Afrikaanse belasting betalers wat Cyril se magie vol hou en terwyl hy staan met ‘n stuk koek in sy hand gee hy vir die kinders sand om te eet. Wit boere in SA word nog harder gedruk. Dit is nie net SA waar die leeus in die strate loop nie. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Misdaad, Politiek, Onderwys & 'n Strokie met Harry! 09.11.2023

Cele se kriminele moet geskied word, moet die grootste een dan eerste in die ry staan? Cyril se cyril sal sal die buffels veilig hou. In Suid-Afrika kan jy nou werklik graad kry met lekker kry net kry. Het ons ‘n generasie kortsigtige en lui kinders groot gemaak? Kom ons vra vir Harry. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Die blondine bel die brandweer! 07.11.2023

Kan die kinders vandag nog meet en pas? Wie dryf die nuus, en het dit ons lui en dom gemaak? Hou op om dom vrae te vra op social media, bel jou oom of jou tannie! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Ons is terug!!! 06.11.2023

Die span is terug van die see en Matthys se huis verwerp hom. Ons almal is moeg die tyd van die jaar maar niemand is so moeg soos die bokke nie! Give the men a break now! Moet nog nie jou jakkies wegpak nie as dit so aangaan het ons ‘n wit Kersfees. Johannesburg se gerookte burgermeester het nou die loadshedding switch in sy hande. As jy van Celine Dion hou gaan maak ‘n draai in Porirua. Afrikaans...

Lui lui telefoon... 19.10.2023

Cyril en Naledi is beide mal vir ‘n telefoon. Ons onderwysers kan nie somme maak of Engels lees en skryf nie. Hamas wys weer ware kleure en dit is nie baie kleurvol nie. Sun City spandeer meer as 50 miljoen rand aan diesel in 2022. Kieswetter is ewe depressief oor loadshedding en die rand verswak stilletjies. Busi is uiteindelik in ‘n overall ongelukkig is hy rooi. Afrikaans. Radio · KLETS...

Woensdag se verbal diarrhoea 18.10.2023

Alles van Croctober, die lotto, hair removal, hormone, Chilies, seewater, Kersfees en wyn. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Listen to the KLETS podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.