Afrikaans.Radio
KLETS
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Dieremaniere, Boere en Treine 18.09.2024 1:27:01
In hierdie KLETS episode het Colene en Matthys ’n lekker gesprek met niemand anders nie as Dr. Roy Page, veearts by Menlyn Vet Practice in Pretoria. Hulle klets oor alles van dieremaniere tot troeteldiergesondheid. Dr. Page deel sy kennis oor voeding, algemene sorg, en hoe om jou troeteldier gelukkig en gesond te hou. Of jy nou ’n kat of hond het, Dr. Page se insigte is vir jou! Maar dit is nie al...
9/11 en die Tweepot-Pensioenfondsstelsel 11.09.2024 1:11:24
In hierdie episode KLETS Colene en Matthys saam met Marius Strauss, ’n gesoute makelaar en geregistreerde finansiële dienste verskaffer. Ons begin die gesprek met ’n terugblik op 11 September — waar was jy op die dag toe die wêreld tot stilstand gekom het ná die aanval op die World Trade Center? Dié dag het ’n impak op ons almal gelaat, en ons deel ons herinneringe daaraan. Ons skuif dan na ’n mee...
Dis Heerlike Lente: Carin van Heerden gee raad oor Trends en Kleure 04.09.2024 1:10:03
In hierdie lente-episode gesels Colene en Matthys met die bekende interior designer, Carin van Heerden van Carne Interiors, oor hoe jy jou huis kan verfris vir die nuwe seisoen. Carin gee praktiese wenke oor die nuutste trends vir 2025 en hoe jy jou leefruimte kan opkikker met haar gunsteling Dulux kleure. Of jy nou ’n volledige herontwerp beplan of net ’n paar opdaterings wil maak, hierdie episod...
Boerboel Broekies en Toiletpapier Waarhede 28.08.2024 1:02:23
In hierdie episode het ons heelwat om oor te KLETS! John Steenhuisen stel vir Roman Cabanac aan as sy Chief of Staff by die Departement van Landbou, en ons wonder saam hoe hy in ’n Boerboel broekie gaan lyk. 26ste Augustus was Toiletpapierdag en ons kom uiteindelik by die finale antwoord oor hoe jy die toiletpapierrol reg opsit. Colene deel ook haar baie spesifieke ritueel vir publieke badkamers —...
Israel se Bloed, Anné se Boek, en ’n Bruilof se Bloutjie 21.08.2024 1:02:43
In dié episode KLETS ons lekker met Anné Pretorius oor haar nuwe boek, Memoires van jou moeder. Sy vertel hoe die boek ontstaan het en hoekom dit belangrik is om jou storie neer te skryf – want elkeen het mos maar sy ding om oor te vertel, né? Ons vier die afgelope naweek se groot oorwinnings in Perth-fontein: Dricus “Stillknocks” du Plessis wat behoorlik gaan bontstaan het, en natuurlik die Bokke...
Olifante, Olimpiese helde en ’n bietjie Breakdance 14.08.2024 1:08:08
In hierdie KLETS-episode gesels Colene en Matthys met Adine Roode, die brains agter HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Ja, dis reg, ons praat olifante — en nie sommer enige olifante nie, maar Jabulani, die beroemde Amarula-bottel ster! Adine deel hoe dit is om vir hierdie massiewe reuse te sorg, en wat ’n dag in die lewe van ’n olifant-versorger behels. Spoiler alert: dit b...
Die "Friendly Satanis" en Franse Baguettes 07.08.2024 1:17:27
In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld. Tristán deel sy perspektief op geloof, spesifiek satanisme en christenskap, en ons verken ook ander ideologieë en die invloed van politiek in die geloofswêreld. Verder bespreek ons die opspraakwekkende voorval waa...
Kilimanjaro, Karoo Vere, en Kontroversie 31.07.2024 1:03:47
Ons KLETS oor die opening van die Olimpiese Spele in Paris 2024. Lady Gaga se piek Karoo Vere was Suid-Afrika se eerste pronk! Die geskiedenisles van die Bastille was indrukwekkend, maar die res van die seremonie het vir sommiges soos 3 ure van gogga maak vir baba bang. Tannie Celine sing haar hart uit, maar los die mince-manne ontevrede. Tatiana draai ons piek veer pronk in solide goud in! Matthy...
Regte Nuus en Groen Speletjies in Parys 24.07.2024 1:23:35
Dis tyd vir nog 'n KLETS en hierdie keer met "regte nuus"! In hierdie episode het ons die joernalis, Izak du Plessis van Nuuspod, by ons. Izak KLETS saam oor die Regering van Nationale Eenheid en President Cyril Ramaphosa se toespraak tydens die opening van die parlement. Izak gee sy mening oor waar die RNE dalk kan sink soos ’n Titanic op ’n koue Donderdagaand. Is daar dalk ’n ysberg op die horis...
Olimpiese Karen en Trump se Drama 17.07.2024 49:44
Hierdie week op KLETS neem Colene ons op ’n onvergeetlike reis met die term “raw dogging.” En nee, dit het niks met kondome te doen nie! Die Olimpiese Spele begin op 26 Julie 2024, en ons het baie te sê oor die nuwe logo wat onrusbarend baie soos ’n Karen lyk. Het iemand dalk inspirasie gekry van hul buurvrou? En Trump? Hy “oor”-leef ’n sluipmoordpoging, of is daar dalk ’n konkelspel aan die gang?...
Huismark Tips en Durban July Glitz 10.07.2024 1:18:51
Dis 9:00 op ’n koue winters Woensdag, en ons het wyn! ‘n Spesiale dankie aan Rihann vir die heerlike bederf van besondere wyne van die plaas Rainbow’s End. In vandag se episode gesels ons met Quentin Goldschagg van QG Realty in Gauteng oor die nuutste verwikkelinge in die huis mark. Ons dek die moets en moenies van huiskoop en -verkoop, en bespreek of jy uie moet braai of brood moet bak voor poten...
Politieke Sepie Sonder Colene: Matthys en Piet Croukamp Praat RNE 03.07.2024 52:05
In vandag se episode van KLETS vlieg Matthys solo. En nee, dit is nie omdat hy oor politiek wil praat en Colene gatvol is vir die politieke sepie nie. Prof Piet Croukamp, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner op die gebied van politieke wetenskap, sluit by ons aan om sy insigte te deel oor die Regering van Nationale Eenheid (RNE). Hy bespreek hoe hierdie regering gevorm is en wat ons...
Hou vas julle guavas, Meisies! 26.06.2024 1:18:59
Sport hou ons Suid-Afrikaners aan die gang. Die Bokke blink steeds. Pretoria is wel bietjie minder blou, of dalk meer. Kan iemand die GNU aanjaag… “Afrika-tyd” het ook sy preke. Terwyl Tannie Helen en Oom Cupcake die GNU roei, gooi Julias sy spane die hele X vol. Ian Cameron het ’n nuwe target op sy rug, asof die arme man nie genoeg koeëls op ’n daaglikse basis moet dodge nie. Op ’n ligter noot, K...
'n NGU, ’n Cupcake en 'n Rooi Puss in Boots 19.06.2024 53:29
Die politieke sepie van die verkiesings kom tot ’n einde met ’n NGU en ’n “ou” cupcake wat opslae maak. Of is die nog net die begin van die volgende 5 jaar se Sirius? Na ’n lang wag, het Suid-Afrika uiteindelik sy eie “Puss in Boots,” trots getooi in rooi. Nou is DANC in beheer van ons toekoms, terwyl die EFF en MK begin hul tande slyp as die nuwe opposisie. Vir die petrolheads, Colene vertel oor...
Hoop en chirurgie met ’n tikkie politiek 12.06.2024 1:07:14
Die span is terug soos oudergewoonte op ’n Woensdag met nog ’n KLETS. In vandag se episode gesels Colene en Matthys met Dr. Tertius Venter, ’n plastiese chirurg wat sy lewe daaraan wy om mense in nood te help. Dr. Tertius het ’n inspirerende verhaal van toewyding en medelye, met ’n loopbaan wat beide sy sendingswerk en sy diens op Mercy Ships insluit. Mercy Ships is ’n organisasie wat mediese sorg...
Sterre, Stemme en Solar Panele: ’n Kosmiese Komedie 05.06.2024 1:21:31
Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe? Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. ’n 58% opkoms van geregistreerde kiesers sê dalk meer van ons as swak burgers as wat dit sê van ons swak “luierskap”. Nietemin, die min van ons wat lus genoeg was om op te staan en die rye te gaan aandurf het gesorg vir in...
Kyk Op! ‘n Nag van Aurora’s en Sterre met Prof David Block 15.05.2024 1:06:21
Noord, Suid, Oos en Wes… kyk in enige rigting en dis doom en gloom. ’n Verkeerslig wat nie werk nie, ‘n honger bedelaar, ‘n pothole, en dan Cyril se “let’s do more”. So in hierdie episode kyk ons eerder OP! Ons praat met die bekroonde sterrekundige, en algeheel lekker ou, Prof David Block oor die merkwaardige en rare verskynsel– die Aurora’s, wat op die 10de en 11de Mei gesien is van Gansbaai tot...
Poniesensasie en Politieke Drama 08.05.2024 59:33
Mense en hulle dinge… en fok, hulle het baie dinge! Shell, daai geel en rooi garage, het 122 jaar oorleef—wêreldoorloë, apartheid, en talle sanksies, maar swyg voor BEE en die ANC se kontantvloei konkoksies. Iemand moet die DA red van hulle bemarkingsagentskap… 'all is fair in electioneering' maar hemel, mens brand nie jou landsvlag nie. Ons sluit politiek af met niemand meer van pas as umkhulu Zu...
May Day! Ons is nou ook op YouTube! 01.05.2024 1:40:56
In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, "'n Ma en 'n Mikrofoon," wat binnekort ook op Afrikaans. Radio beskikbaar sal wees. Ons gesels oor alles van ouerskap en kinders grootmaak, tot 'n knippie politiek hier en daar. 1 Mei het ons vanjaar met 'n paar ekstra verrassings verras, nie net May Day nie! C...
Wat's Nuus, Hoerkind? 24.04.2024 1:39:38
In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing. Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap terwyl hy avokado's koop. Virgin Active is nou oopkop oor wie hulle badkamers gebruik – man of vrou of...
Wolke, Woorde, en Woke-ness 18.04.2024 1:00:12
In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van 'n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories. Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?" Die gesprek neem 'n draai na die onvermydelike onderwerp van "Woke-ness," wat, soos 'n bad joke, nooit regtig weggaan nie. Die w...
Van Reisplanne tot Rockstars 10.04.2024 1:24:43
Vandag op KLETS gesels on met Ronell Swanepoel, Operationele Bestuurshoof van Travel with Flair, wat ons insig gee oor hoe om 'n reis behoorlik aan te pak. Sy deel die noodsaaklikhede van reisbeplanning, van die eerste stappe tot die afronding, insluitend wenke vir diegene wat die beste van internasionaal en ook in Suid-Afrika op 'n begroting wil ervaar. Ronell laat ons ook in op haar gunsteling r...
Ons is 1 Jaar Oud! 03.04.2024 1:03:42
Glo dit of nie, maar KLETS en Afrikaans. Radio is een jaar oud! Dankie aan een en elk wat luister, deel, vir ons skryf en ons op ons tone hou. Ons waardeer jul ore en jul tyd. Hier is op die volgende jaar! Cheers! Die span be-KLETS vandag die Nosiviwe Mapisa-Nqakula rumoer – die storie wat almal se ore laat spits. Dr. Piet Croukamp kom wei uit met sy kennermening, wat beslis 'n paar wenkbroue gaan...
Micki vang Moordenaars 27.03.2024 1:24:44
In KLETS gesels die span met Dr. Micki Pistorius. Micki is 'n Suid-Afrikaanse forensiese sielkundige en skrywer. Sy was die eerste profielskrywer in Suid-Afrika wat aan baie hoë-profiel sake gewerk het, wat onder andere reeksmoordenaars insluit. Sy is bekend vir haar outobiografie, Catch me a Killer (2000), waarop 'n televisiereeks van dieselfde naam gebaseer was, wat in 2024 vrygestel is. Micki g...
Die Krag van Gemeenskap 20.03.2024 1:26:03
Colene is terug uit die Noorde en die Afrika hitte ontmoedig haar. Die span gesels met Prof Johan Oberholster van Die MootProjek in Pretoria. Johan vertel waar die inspirerende projek begin het wat die krag van 'n gemeenskappe wat saam werk illustreer. Hy deel raad en struikelblokke wat vermy moet word om soortgelyke projekte in jou buurt of dorp te vestig. Suid-Afrikaners is baie lojaal aan hul k...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.