Afrikaans.Radio
KLETS
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wat Wag om die Horison? 23.04.2025 1:33:45
In hierdie KLETS-episode gesels ons met Dr Rianne van Vuuren, toekomskundige en horison-skandeerder by die Instituut vir Toekomsnavorsing in Stellenbosch, oor wat die toekoms vir Suid-Afrika - en vir ons almal – moontlik inhou. Rianne stel ook sy potgooi bekend, “Môre onder die Soeklig”, wat vanaf Maandag, 28 April 2025, beskikbaar sal wees op Afrikaans. Radio. Dié reeks bied ’n vars blik op moont...
VAT en Vrae oor Verstandige Besluite 16.04.2025 39:34
In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar is berigte dat hulle dalk die verhoging gaan laat vaar. Intussen het baie besighede reeds hul kliënte ingelig oor die verhoging, en die onsekerh...
Neil de Beer oor MK, Mag die RNE & Moontlikhede 09.04.2025 1:10:06
In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers. Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding sonder gemeenskap van goedere lyk. Is hierdie alliansie volhoubaar of oppad na ’n lelike politieke egskeiding? N...
Dis Hoe Ons Rol – Van die mat tot moontlik platsak 02.04.2025 1:18:25
Hierdie week op KLETS rol ons die mat uit en bring ’n regte hou (of vyf). Ons gesels met Stephanie Graham, Colene se Jiu-jitsu afrigter. Stephanie het onder andere 'n swart gordel in karate, blou beld in Jui-jitsu en is 'n trauma-informed coach asook voltydse Gracie-legende by die Gracie Jiu-jitsu sentrum in Fourways, Johannesburg. Sy leer kinders hoe om boelies te counter in die BullyProof® progr...
Wat Malema Sing en Colene Dink 26.03.2025 59:37
In hierdie week se KLETS-episode kyk ons terug op ’n week waar alles van politieke vuurpyle tot persoonlike filosofieë op die tafel beland het. Die span ontleed die nuus wat almal laat kop krap het – en Colene deel haar teorie oor hoekom die wêreld nou meer van sy kop af is as ooit tevore. We listen and we don’t judge… maar dit lyk of Matthys amptelik in grumpy old man-mode ingeskuif het. Ons begi...
Persona Non Grata: Wat Nou? 19.03.2025 1:04:50
In hierdie KLETS-episode bespreek ons die jongste diplomatieke drama tussen Suid-Afrika en die VSA. Die VSA het pas die Suid-Afrikaanse diplomaat Ebrahim Rasool as ‘persona non grata’ verklaar – ’n stap wat nie net opslae maak nie, maar ook vrae ontketen oor die toekoms van bilaterale betrekkinge tussen die twee lande. Om hierdie verwikkelinge beter te verstaan, het ons gesels met Gert Grobler, ’n...
Begroting 2.0 en Weet Cyril Waar Hy Bly? 12.03.2025 51:22
Colene se stem is terug net betyds vir ‘n baie belangrike Woensdag – die dag waarop die begrotingsrede 2.0 uiteindelik in die parlement voorgelê word. Wie het die armdrukgeveg binne die Regering van Nasionale Eenheid gewen? Het die ANC geswig onder die druk van sy koalisievennote, of is hierdie begroting net nog ‘n kompromie wat niemand tevrede gaan stel nie? Intussen is Cyril Ramaphosa weereens g...
Begrotingsrede, Trump en Hoogverraad? Wat Lê Voor vir Suid-Afrika? 05.03.2025 45:21
Suid-Afrika se ekonomiese en politieke landskap is op ‘n breekpunt, en hierdie week se KLETS-episode kyk ons na die kwessies wat die Rand en internasionale verhoudings beïnvloed. Matthys gesels met Andre Cilliers, hoofvalutarisiko-strateeg by TreasuryOne, oor hoe die begrotingsrede op 12 Maart ons finansiële toekoms kan vorm. Die begroting is reeds vertraag en die onsekerheid groei. Sal die Minist...
Kunste, Wetgewing en Outeursreg: Lizz Meiring Deel Haar Insigte 25.02.2025 1:04:35
In hierdie episode van KLETS sit ons om die tafel met die veelbekroonde aktrise en teatervervaardiger Lizz Meiring. Met ’n loopbaan wat dekades strek en ’n bynaam soos “Bizzie Lizzie”, is sy die perfekte persoon om lig te werp op die huidige stand van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. Ons KLETS oor die geveg tussen die Suid-Afrikaanse Gilde vir Akteurs (SAGA) en die staat oor die Wysigingswet...
Van Potholes tot Poachers en Ice Baths 19.02.2025 48:44
In die KLETS-episode gesels Matthys en Colene met die sjamaan Ahanu, van Namaskar Wellness Hub in Johannesburg, oor sjamanisme en wat dit beteken om ’n sjamaan te wees. Is dit net rook, kristalle en spiritualiteit, of is daar dieper wysheid agter hierdie eeue-oue praktyk? Ahanu verduidelik hoe energiegenesing en bewuste bewustheid mense kan help op hul lewenspad en hoekom hierdie praktyk in ’n mod...
Neil de Beer: Die Waarheid oor die SA-VSA Spanning, Leierskap, SONA en die RNE 12.02.2025 1:12:02
In hierdie KLETS-episode sit Matthys en Colene met Neil de Beer, leier van die United Independent Movement (UIM) en een van die min manne wat nie bang is om dinge te sê soos dit is nie. Terwyl die weer buite dreun, gesels ons oor die onlangse politieke spanning tussen Pretoria en Washington. Neil deel sy insigte oor Trump se uitvoerende bevel, wat gemik is op Suid-Afrika se nuwe onteieningswet en...
Jaco Kleynhans oor Trump en Suid-Afrika se Toekoms 05.02.2025 54:54
In hierdie KLETS-episode gesels ons met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die jongste “Trump-doring” in die ANC se vlees. Trump se uitsprake oor Suid-Afrika het opslae gemaak – maar is dit werklik ’n bedreiging, of is ons regering net bietjie te sensitief? Jaco verduidelik die ware waarde van AGOA, nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir Afrika as geheel. Wat bet...
Daar is ’n Land in die Suide 29.01.2025 57:54
Daar is ’n land in die Suide waar jy moontlik jou grond sonder vergoeding sal moet opgee. Ja, jy het reg geraai – Suid-Afrika! In hierdie KLETS-episode bespreek ons die Grondonteieningswet wat baie spekulasie laat opvlam. Wat is die werklike redes agter hierdie kontroversiële wetgewing? Is die honeymoon van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) en nou verby? Wat is Cyril se rol in hierdie opspr...
Die Narratief: Trump, Posseëls en ’n Dry January 22.01.2025 55:47
In hierdie KLETS-episode van 22 Januarie 2025 praat ons oor ’n paar groot (en klein) gebeure wat die wêreld aan die gons het! Donald Trump is terug in die Withuis, en op sy eerste dag as president het hy reeds begin om sy campaing beloftes uit te voer – iets wat die “woke democrats” heeltemal oor die muur en in die kleenex gegooi het. Love him or hate him, Trump het die wêreld weer op sy tone. In...
2025 in die Sterre: Politieke Melkweë en Kosmiese Kortsluitings 15.01.2025 2:06:06
2025 begin met sterrekyk soos nog nooit tevore! In hierdie KLETS-episode verwelkom Matthys en Colene ons in-house astrologer, Catherine Laurent, om die sterre en planete vir Suid-Afrika te ontleed. Catherine het die sterrekaarte van agt van die land se bekendste politici ontsyfer en deel haar insigte oor wat die kosmos vir hulle in 2025 voorspel. Sal hulle die jaar op ’n melkweg van sukses deurbri...
2024: Suid-Afrika se Wenners, Verloorders, en Politieke Teater 18.12.2024 1:07:35
2024 was ’n jaar van groot politieke en ekonomiese omwentelinge! In hierdie KLETS-episode sluit Dawie Roodt, bekende ekonoom, en Piet Croukamp, politieke ontleder, by Matthys en Colene aan om die jaar se mees bepalende gebeure te bespreek. Ons delf diep in die vyf prioriteite wat tydens die Februarie 2024 SONA (State of the Nation Address) aangekondig is. Hoe het die regering gevaar in hierdie sle...
Waterveiligheid, Branding Drama, en ’n Huldeblyk aan Breyten Breytenbach 27.11.2024 1:29:01
In hierdie spesiale voor-Desember episode van KLETS op 27 November 2024, fokus ons op waterveiligheid en hoe om jou gesin veilig te hou hierdie feestyd. Ons gesels met Dhaya Sewduth, die president van Lifesaving South Africa, wat praktiese waterveiligheid wenke en belangrike tips deel. Of jy by die see vakansie hou of binnelandse damme besoek, waterveiligheid is noodsaaklik om die Desember veilig,...
Rasisme en Realisme 20.11.2024 1:06:23
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger. Saam KLETS hulle oor die verslag se bevindinge en tackle die groot wit (of dalk swart?) rasisme-olifant w...
Te Goed vir Werk, of Net Lui? 13.11.2024 56:36
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n werksetiek-krisis in Suid-Afrika, of is die "sosialistiese bestel" eenvoudig te gemaklik? Ons bespreek ook Act...
Porsiegroottes en Pretoria in Protes 06.11.2024 1:45:56
In hierdie week se KLETS-episode gesels ons met die dieëtkundige, Ané Fourie oor gesonde eetgewoontes en of wyn jou regtig vet maak. Ané gee praktiese raad oor hoe om porsiegroottes te balanseer en gesonde gewoontes te handhaaf, selfs oor die feestyd! Ané gee ook haar insigte oor gewilde dieetgiere soos plantgebaseerde diëte en "intermittent fasting". Is hierdie giere maklike maniere om gewig te v...
Gras Sny en Groot Monde 30.10.2024 51:00
Die EFF in Tshwane beweer nou dat dit “rasisties is om gras te sny” - is dit ’n desperate poging om relevant te bly, of soek hulle net aandag? Dankie, Herman Mashaba – jou “legacy” in die hoofstad sal ons nie sommer vergeet nie! Gayton McKenzie het ook iets om te sê: hy noem die MK-party se 2024-prestasie ’n “skok van formaat” en waarsku dat slegs die RNE Suid-Afrika kan red van ’n MK-tsunami in 2...
Waardeer Jou Onnie! 23.10.2024 1:17:43
In hierdie spesiale Onderwyser Waarderingmaand-episode van KLETS, gesels Colene en Matthys met Matthys se voormalige Afrikaanse Juffrou, Carina Wassermann, wat tans hoof is van Hoërskool Wolmaransstad. Ons KLETS oor hoe die klaskamer deesdae lyk en kyk na die onlangste statistieke oor onderwysers se geestesgesondheid. Juffrou Wassermann deel hoe die klaskamer verander het, en hoe die geestesgesond...
Tito, Tieties en Toe-krane 16.10.2024 1:28:13
In hierdie KLETS gesels ons met Dr. Kathryn Malherbe van MediSol AI Solutions vir Borskankerbewustheidsmaand. Sy deel insigte oor algemene wanopvattings rondom borskanker, en hoe MediSol se AI-tegnologie ’n revolusie in die vroeë opsporing en diagnostiek van borskanker veroorsaak. Dr. Kathryn verduidelik hoe hul AI gebruik word om skanderings met meer akkuraatheid te ontleed. Besoek hul webwerf vi...
Van die Wêreld se Oorlog na Pretoria se Bloeisels 09.10.2024 53:47
In hierdie KLETS-episode het Matthys ’n gesprek met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die voortgesette konflik tussen Israel en Palestina, wat nou al vir ’n jaar woed. Jaco verduidelik hoe die geopolitieke klimaat in die streek drasties verander het sedert die aanvang van die oorlog, en wie tans die oorhand blyk te hê. Daarbenewens bespreek Jaco ook die effek w...
Van Mashaba tot Braaivleis: ’n Week van Kontroversie en Wenne 02.10.2024 56:07
In hierdie week se KLETS episode "be-klets" Colene en Matthys die jongste drama rondom ActionSA, Herman Mashaba en Tshwane. Is Mashaba besig om sy politieke relevansie te verloor, of is hy dalk net ’n pion in die ANC se strategie? Is die gedoente in Tshwane die eerste kraak in die RNE? Ons gesels oor die Jan Braai kontroversie. Volgens Netwerk24 is hy 'n rassis. Is die storie net mediastunts of sw...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.