Afrikaans.Radio
KLETS
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter 03.12.2025 59:42
In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings. Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons vermoed hy bedoel nie vir Suid-Afrika nie, maar hey, dis mos nie nuus nie. Wat wel...
Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate 26.11.2025 53:16
In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!" Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste ekonomiese stad oor ’n naweek toe te sluit nie. Maar was dit werklik so suksesvol… of was dit ne...
Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid 19.11.2025 57:14
In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap begin het. Van daar af ontleed ons die rol en verantwoordelikheid van organisasies soos Solid...
Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies 15.10.2025 54:40
Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die onophoudelike gedruis van tegnologie wat jou brein nooit laat afskakel nie. On...
Hoe stel jy ’n geldige testament op? Petra Labuschagne van PGL Trustees verduidelik 08.10.2025 54:40
In hierdie week se KLETS raak ons bietjie meer ernstig, maar moenie worry nie, dis steeds met n bietjie lag, lewenslesse en ’n paar nuwe woorde wat selfs Matthys en Colene moes Google. Ons KLETS met Petra Labuschagne van PGL Trustees oor iets wat almal weet hulle móét doen, maar aanhou uitstel - jou testament. Petra bring haar regskennis én empatie na die tafel en verduidelik hoekom jou testament...
Van broederskap tot Psigopate: Jimny’s, politiek en Jacaranda hoop 01.10.2025 58:05
In hierdie week se KLETS haal ons asem tussen die chaos deur. Dis Oktober – die maand van jacarandas wat soos pers konfetti oor Pretoria se strate val. ’n Tyd om mooi te sien, selfs al voel dit soms of die res van die land in ’n donker sitcom vasval. Colene vertel van haar nuwe liefde – die Jimny – en hoe sy agterkom dat Jimny-bestuurders eintlik ’n geheime broederskap vorm. As jy ’n Jimny ry, is...
Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans 24.09.2025 1:39:10
As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie episode KLETS ons saam met Prof Jacques du Plessis, Medeprofessor in Inligtingskunde aan die Universiteit van Wisconsin-Milwaukee, waar hy A...
Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025? 17.09.2025 58:25
In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat oor patriotisme, politieke stemme en of vryheid van spraak ooit werklik bestaan het, of net ’n mooi storie was vir die handboek. Intusse...
Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn 10.09.2025 1:10:21
In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en warmte. Suzaan het pas haar eie potgooi bekend gestel genaamd "Met Almal. Oor Alles." en van Vrydag af kan jy dit ook luister op Afrikaan...
Totsiens Neil, hallo Hannon en ’n Mouton Curro deal 03.09.2025 59:03
Ons sê totsiens aan Neil de Beer. 'n Vriend van die show en vegter vir Suid-Afrika. Neil was nooit bang vir ’n moeilike vraag of ’n ongemaklike waarheid nie. Hy’t gelag, ge"moer", gedebatteer en altyd hoop gebring. Hierdie episode is ons huldeblyk aan hom, die man wat ge-KLETS het soos min ander kon. Maar die lewe staan nie stil nie. By die Silwerskermfees wen Hannon en die Tannies juig. Maar die...
Sport, politiek en die narratief van onderdrukking 20.08.2025 1:03:35
In hierdie week se KLETS vat ons die land se temperatuur – en nie net omdat die seisoen draai en jy skielik nie weet of jy ’n baadjie of ’n braaivurk moet vat nie. Ons praat oor sport en emosie: Drikus du Plessis wat wys hoe ’n klap ook ’n storie kan vertel, en die Springbokke se nederlaag die afgelope naweek wat jou dalk laat wonder of dit nie tyd is om ’n nasionale dialoog in die kleedkamer te b...
Kakkerlakke en ’n land vol Dialoog planne 13.08.2025 55:40
In hierdie week se KLETS kyk ons na die Nasionale Dialoog – daai groot “kom ons gesels”-projek wat miljoene rande kos. Die DA rol hul 6-punt-plan uit om Suid-Afrika reg te ruk – ses fokusareas wat, volgens hulle, die land kan draai van chaos na iets wat lyk soos orde. Maar ons het ook vir ChatGPT gevra wat sy 6 belangrikste punte sou wees om Suid-Afrika om te keer. Die resultate? Prakties, duideli...
9 Augustus 2025 - 'n Ode aan Vroue 09.08.2025 4:01
Vrouedag: Sy’t Onthou” 9 Augustus. Dis nie net ’n vakansiedag nie. Dis nie net “discount op blompotte by Checkers” nie. Dis nie net ’n WhatsApp-storie met pienk skrif en “Jy’s spesiaal, vriendin” nie. Dis ’n dag. ’n Ernstige dag. Met geskiedenis. Met backbone. 1956. Pretoria. Uniegebou. 20 000 vroue. Nie met plakkate en skree nie — maar met pas. Met styl. Met stilte. Dertig minute. Staan. Net so....
Van Pamela Anderson tot Plaasgeheime en 'n Ode aan Vroue 06.08.2025 1:01:21
In hierdie week se KLETS is dit ’n storie van onthullings, vergange glorie, vrouens. Saai verklap waar News24 die akkers begrawe het. Die saadjie van die waarheid is geplant, nou wag ons vir iets om te groei… of bars. Pamela Anderson, voormalige “see babe" van die wêreld, is nou weer “found”! Nie in ’n rooi swembroek nie, maar in eenvoud, sonder grimeer, en met meer siel as silicone. Dis ’n les in...
Medisinale Sampioene: Weg met pille, hallo paddastoele! 30.07.2025 1:11:55
In hierdie week se KLETS duik ons kop eerste in die wêreld van medisinale sampioene saam met Gerhard Pretorius van Kuja Wellness. Van Onkologie Blends tot Achiever Blends, van stres en angs tot bewustheid en persoonlike groei – hierdie gesprek is ’n allesomvattende inleiding tot die krag en magic van die fungus. Gerhard deel sy reis van hoe Kuja Wellness ontstaan het uit ’n diep begeerte om liggaa...
Kiss cams, cronies en konstabels wat hyg 23.07.2025 59:43
In hierdie week se KLETS ruk ons die kombers van realiteit af – en wat daaronder uitkruip is ’n mengsel van korrupsie, affairs en die laaste krummels van integriteit. Die Coldplay kiss cam het dit weer gewys: ’n man is ’n bok, en ’n bok is… wel, ’n bliksem. Maar is dit net mans wat afdwaal? Colene bring die statistiek: wie cheat, hoe cheat hulle en wanneer. Matthys ontbloot dat vrouens dalk meer a...
The Relocated South African: Emigrasie sonder filters 16.07.2025 1:09:01
In hierdie week se KLETS vat ons ’n draai verby die grens saam met Jan Hugo, aanbieder van die potgooi The Relocated South African. Jan het in Oktober 2020 saam met sy vrou na Portugal geëmigreer, in die middel van ’n pandemie, en hy deel met ons wat dit regtig beteken om jou lewe op te pak, jou huis agter te laat, en ’n nuwe toekoms te bou. Wat beteken dit om jou land te los? Nie net jou huis of...
Wie beskerm wie? Polisie, politiek en patronising AI 09.07.2025 50:33
In hierdie week se KLETS ruk Matthys en Colene die kombers af en kyk na wat aangaan in Suid-Afrika – in die strate, in die nuus, in die regering… en selfs in die sterre. Daar’s ’n oorweldige gevoel van wantroue wat al hoe sterker word – teenoor die polisie, teenoor die staat, en dalk ook teenoor mekaar. Ons praat oor hoe die mense op straat voel, hoekom almal so bemoerd is, en waarom jy nie meer s...
Wyn, woorde en waardes 02.07.2025 1:16:39
In hierdie week se KLETS kuier ons in een van die mooiste valleie in Suid-Afrika – die Hemel-en-Aarde Vallei – by Bartho Eksteen Wynlandgoed. Ons gesels met die bekroonde wynmaker Bartho Eksteen en sy seun, Pieter Willem Eksteen – twee wynmense met ’n passie vir eerlike wyn, goeie stories, en Afrikaanse gasvryheid sonder pretensie. Bartho bring meer as vier dekades se wynmaak-ervaring, internasion...
AI met gevoelens en Suid-Afrika op WW3 se veiligheidslys 25.06.2025 57:47
Dis 30 jaar sedert 1995 – daardie Springbok-oomblik toe Madiba, in sy nommer 6-trui, die Webb Ellis-trofee aan Francois oorhandig het en ons almal vir ’n kort rukkie saam gebraai het. Maar nou, in 2025, het die Rainbow Nation vervaal. Want terwyl die wêreld op die rand van ’n Derde Wêreldoorlog balanseer, lyk dit of ons in Suid-Afrika darem een troosprys het: ons is glo die 8ste veiligste plek op...
BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester 11.06.2025 55:34
Vandag be-klets Colene en Matthys weer alles wat die afgelope week in Suid-Afrika gebeur het – van politieke transaksies tot sporttriomf en ekonomiese verlies. Helen Zille het die politieke pot behoorlik geroer met die nuus dat sy dalk vir die DA se burgemeesterposisie in Johannesburg sal staan. Is dit ’n poging tot redding van ’n sinkende stad, of net nog ’n skuif op die blou skaakbord? Maar as o...
Wit Broodjies in die Withuis en Wyn in Die Kaap 04.06.2025 45:33
Ons is terug! En ons "be-klets" die chaos, komedie en intriges van die afgelope twee weke hier aan die suidpunt van Afrika. Cyril was in die Withuis, waar hy vir Trump probeer beïndruk het met mooi broodjies en ’n paar gholf swings. Maar terug op Suid-Afrikaanse bodem is dit dieselfde ou storie: krisisse, hofdramas, ministers wat niks sê nie… en die tweede vliegtuig na Amerika. Gelukkig het ons da...
Wat gaan aan in die psige van ’n ma soos Kelly? 21.05.2025 50:58
In hierdie KLETS-episode kom kuier Dr Micki Pistorius op Matthys e bank en hul bespreek die donkerste gangetjies van die menslike psige – spesifiek dié van Kelly Smith, die ma van die 6-jarige Joslin Smith wat in Februarie 2024 in Saldanha verdwyn het. Joslin is nog nie gevind nie. Maar Kelly is reeds skuldig bevind aan mensehandel en ontvoering, en haar vonnis word op 29 Mei 2025 opgelê. Wat dryf...
Tassies gepak, loadshedding terug en Colene het nou "rizz"! 14.05.2025 58:24
In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug). Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg, het die 44 en hul 5 vriende toe hul pad na die VSA gevind. In daai gees het Cyril Ramaphosa besluit om ná...
Die Toekoms van Afrikaans, ‘n Eksistensiële Krisis en ‘n Verjaarsdagviering 07.05.2025 1:26:42
Afrikaans word 100 en Colene word… wyser! In hierdie feestelike, pittige én ernstige KLETS-episode vier ons 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal én Colene se verjaarsdag – alles op een slag! Maar moenie dink dis net koek en konfetti nie. Matthys en Colene sit om die tafel met Yolanda Barnard-Lemmer, joernalis, dosent in joernalistiek en een van die stemme wat nie bang is om eerlik oor Afrikaan...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.