Afrikaans.Radio

KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: afrikaans.radio

Autor

Afrikaans.Radio

Kategoria

Society

Strona podcastu

afrikaans.radio

Ostatni odcinek

8 lip 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android 5 mln+ pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Lyste en Lastige Goggas 08.07.2026

*Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/klets/lyste-en-lastige-goggas/ Colene is terug van die Kaap. Party mense is 'n walking buffet vir muskiete, jou "bierpens" kan dit moontlik verduidelik. Maar dit klink darem onskuldig langs die vrou wat agterkom sy het 38 parasiete in haar brein gehad. Dis nie 'n getal nie, dis 'n houseparty. Het jy al gesonder waar bly die meeste...

Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik 01.07.2026

*Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/klets/dis-nie-genoeg-nie-al-bly-ons-vriendelik/ Dis 1 Julie 2026. Dis winter, en ook presies die middel van die jaar. Ons be-klets die 30 Junie-opstande: waar lê die menswaardigheid, waar lê die deernis, en was die optogte eintlik die moeite werd? Of is Suid-Afrika môre net weer presies soos gister? Tog, te midde van dit alles, is...

Voëls, Buste en die Blou Reshuffle 24.06.2026

*Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/klets/voels-buste-en-die-blou-reshuffle/ Colene is in die Kaap. Die land van melk en heuning. Die DA het ook so 'n belofte gemaak. Hierdie week het hulle net besluit party mense kry die melk, party kry die heuning, en party kry die deur. Steenhuisen is gedemote, ander is geskuif en ander is weg. Dis nie 'n reshuffle nie, dis 'n sta...

Ons is nie kwaad genoeg nie 17.06.2026

*Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/klets/ons-is-nie-kwaad-genoeg-nie/ Dis 50 jaar sedert Soweto se strate gebrand het, sedert kinders in skooluniforme besluit het dat genoeg genoeg is. Ons het 'n insert oor 16 Junie 1976 en wat regtig daar gebeur het. Hulle was kwaad. Is ons vandag kwaad genoeg? Matthys was in die platteland en ontnugter oor hoe dit daar lyk. Dit ga...

Renosters, Recovery en Rage Applying 10.06.2026

Hierdie week se KLETS begin met twaalf stappe. Die wêreld het nog nie eens stap een klaar gekry nie. *Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/klets/renosters-recovery-en-rage-applying/ Ons kyk ook na wat in jou kantoor aangaan. Jy doen dit dalk al. Jy weet net nie die naam daarvoor nie. Gavin Sterley van Dinokeng-Noord is terug, en ons gesels verder oor bewaring, oor wat...

Nie Alles met Horings is 'n Ferrari nie 03.06.2026

*Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/wp-admin/post.php?post=23787&action=edit Hierdie week se KLETS begin met rocklegendes… en eindig waar jy dalk twee keer moet dink voor jy 'n Woolies hoender gaan koop. Bohemian Rhapsody van Queen is een van die mees iconic songs ooit geskryf. Die goed wat jy nie geweet het jy wil weet nie, maar nou kan jy dit nie "un-weet" nie. Die...

Van Fluitjieblasers tot AI-Affairs 27.05.2026

*Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/klets/van-fluitjieblasers-tot-ai-affairs/ Sommige dinge verander nie. Die misdaadsyfers is uit. Die petrol gaan op. Die rentekoers dalk ook. En die man wat Suid-Afrika se bekendste skelmsváanger is, het sy eie fluitjieblaser. Ons kyk na die werksplek en deel raad oor hoe om beter te wees. En praat oor die nuutste manier om jou maat...

Die Wêreld Sluk. Kaapstad Verhuur. Ons Dra Blazers. 20.05.2026

*Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/klets/die-wereld-sluk-kaapstad-verhuur-en-ons-dra-blazers/ Die wêreld is op antidepressante. Die Quality of Life Index sê ons leef beter. Jou WhatsApp group verskil. Dan die AI wat ons almal effens uncomfortable maak: wetenskaplikes het AI agente in 'n mock wêreld gesit en gekyk wat gebeur. Sommige het oorleef. Sommige het nie. En...

Cupcake, Krokodille en Ander Gevare 13.05.2026

*Video is beskikbaar op Afrikaans. Radio - https://afrikaans.radio/klets/krokodille-byt-die-hof-ook/ Hierdie week se KLETS begin by die hof… want die hof het gepraat, en Cupcake se kieringkies ruik al klaar na braai. Die Konstitusionele Hof het sy uitspraak gemaak oor die Phala Phala skandaal, en die vraag is nie meer óf dit seer gaan wees nie. Die vraag is net hoe seer. Dan skuif ons na die Kruge...

Stampe, Stote en Staatsake 06.05.2026

Hierdie week se KLETS begin met 'n nuwe hoofstuk, want ons is nou ook op die "TV". Maar nie sonder stampe en stote nie, en dalk 'n bietjie rof om die kante, maar ons is hier. Volgende week is ons minder dronk. Miskien... Maar, hier "gaat" ons! Ons kyk na Suid-Afrika se beleide en die stoute amptenare wat glo nou AI gebruik. Die probleem? Dit lyk nie of "intelligent" deel van die pakket is nie. Dis...

Van Misdaad tot Megawatt 29.04.2026

Hierdie week se KLETS begin by die mense wat veronderstel is om die land veilig te hou… maar dit voel al hoe meer soos ’n oudisie. Die topbestuur van die polisie in Suid-Afrika is almal “acting”, en die vraag is nie net wie kry die pos nie… maar wie gaan die Oscar kry vir beste "supporting actor" in hierdie misdaad? Die oorlog, of soos dit nou al hoe meer bekend staan, “Trump se oorlog”, hou aan d...

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek 22.04.2026

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker is wie die draaiboek skryf nie. Dan die DA en hul manewales. Strategie of chaos? Plan of paniek? Is daar meer beweging as...

Van Hormuz tot Hill-Lewis 15.04.2026

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het glo al genoeg “BEE-bribe voorstelle” gekry om ’n hele nuwe besigheidsmodel te begin. Want kom ons wees eerlik, wat is Suid-Afrika son...

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp 08.04.2026

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos ’n potensiële rampspoedige "pomp". Terug by die huis swem Helen Zille met haar Johannesburg-burgemeestersveldtog. Is dit momentum, is dit...

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie 18.03.2026

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die unieke lens waardeur sy die wêreld bekyk – Maritza vat ons in haar kop, haar hart en haar hande. Ons praat oor vr...

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel 11.03.2026

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons sy perspektief ná die eerste agt dae van die oorlog. Hoe lyk die lewe tans daar? Hoe ervaar mense die spanning? En hoe lyk dit wanneer wêreldp...

Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste 04.03.2026

In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier. In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op winkelrakke en aanlyn beskikbaar wees. Die koerant beloof om weer ’n ruimte te skep vir kwaliteit Afri...

Van SONA tot SAAI: Die werklikheid van Bek-en-Klouseer 18.02.2026

Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde? Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI, die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oor Bek-en-Klouseer in Suid-Afrika. Waar het die pap op die grond geval? En belangriker: hoe gaan d...

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte 11.02.2026

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die nuus is wat almal so laat sweet. Wat gaan Cupcake in sy Staatsrede sê ná die G20? Gaan dit weer gro...

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie 28.01.2026

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die vakansie is verby, die out-of-office is af, en skielik onthou jy weer hoekom jy in...

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App 21.01.2026

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien eintlik meer geld. Want as daar een ding is wat Suid-Afrikaners kort, is dit empatie vir onderbetaalde politici. Ons...

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026? 14.01.2026

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar druk, verwagtinge en magspeletjies nie meer agter geslote deure gaan bly nie. Die sterre wys duid...

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou 07.01.2026

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm. Hierdie episode is oor die groot prentjie. Volgens numerologie is 2026 ’n 1-jaar. Dis nie ’n jaar van...

Die jaar is klaar, die kos is afgelewer 17.12.2025

Dis die laaste KLETS van 2025. Suid-Afrika is halfpad afgeskakel, die verkeer bestaan net in ou herinneringe, WhatsApp-groepe het verdwyn, en almal belowe weer dat 2026 “anders” gaan wees. Jy weet, soos elke jaar. Dis dus die ideale oomblik om terug te kyk, bietjie asem te haal, en eerlik te wees oor wat ons werklik hierdie jaar gedryf het. Spoiler alert: dit was nie altyd waardes of visie nie. Ba...

ANC op ʼn afdraand, Mashazi op ʼn catwalk en SA op ʼn misdaadlys 10.12.2025

In hierdie week se KLETS "beklets" ons politiek, mode-skandes en ’n paar statistieke wat jou na jou paspport sal gryp. Die ANC verloor blanke stemme vinniger as wat kan "Afriforum" sẽ, en daar is glo drie name in die hoed vir die volgende ANC-president. Die vraag is eenvoudig: Gaan ’n tannie die wa deur die drif kan trek, of gaan hierdie hoed nog ’n konyn uitspoeg wat niemand voor gevra het nie? D...

Słuchaj podcastu KLETS w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS