Afrikaans.Radio
KLETS
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jan Taks! 17.10.2023 36:40
Die Span gesels met Elaine Grobler CA(SA) oor die Jan Taks en die Tax Season wat 23 Oktober 2023 sluit. Ons hoor hoe dinge verander het die afgelope tyd. Wat jy kan doen om seker te maak jy betaal nie meer vir die Keiser se nuwe klere as wat jy moet nie. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Die Bokmasjien! 16.10.2023 40:26
Die Bokke hou SA nederig. In swart getooi gooi die ANC hul steun agter Palestina of is dit Hamas? Tel is nie Statistiek Suid-Afrika se sterk punt nie. SABC skarrel vir geld. Wat fluister Cyril in Patrice Motsepe se oor? Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wat is die mooiste blom in die land? 13.10.2023 39:00
Die Span gesels met die beroemde landskapargitek Leon Kluge oor plante, tuine en sy ontwerp filosofie. Leon deel wat alles agter die skerms gebeur by die grootste blomme skoue en tuinontwerp geleentheid in die wêreld. Hy deel raad oor hoe om meer waterwys tuin te maak en hoe om jou snyblomme langer te laat hou. Leon Kluge Garden Design · Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouT...
SA se spaarbussie is leeg! 12.10.2023 31:54
Matthys loer in by die ekonoom Dawie Roodt oor waar staan Suid-Afrika se finansies. Dawie verduidelik wat die impak van die Israel/Hamas oorlog op Suid-Afrika is en kan wees. Die 2022-sensus verslag word ook vinnig bespreek en Dawie gee sy gedagte oor ekonomiese groei in Suid-Afrika. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
So teel ons! 11.10.2023 39:07
Die populasie pomp te veel krag vir Pravin. Koop jou hoender nou vir die Krismis! Suid-Afrika weet hoe om te teel en oor 20 jaar is blankes dalk die nuwe hoendertande. Dr. Lani het nie die papiere nie maar hy het wel die stetoskoop. Rassie Wada nie rond nie hy en die manne is reg vir hane! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Die puin in pynlik 10.10.2023 32:22
Die goedkoopste eiers in Suid-Afrika is duskant die Botswana grens. De beloofde land weereens in trauma en puin. Oscar kry moontlik ‘n kans om die “best supporting” rol in sy eie lewe te speel. Coléne se kristal bal voorspel wonderlike dinge vir KZN. Hiep-Hiep-Hoera oom Paul! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Wada Wada... 06.10.2023 24:45
Ons kort meer verpleegsters en onderwysers en minder prokureurs. SA is dalk binnekort sonder vlag, volkslied en klere maar die ministers gee WADA om. Vandag is fokol op almal se lippe. Geniet jou naweek en jou eiers! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Jou Luis! 05.10.2023 31:25
Frankryk wemel nie net van die “Super Fans” nie maar ook van die luise. Nog ‘n stukkie Johannesburg tuimel in mekaar. Moenie in die water speel nie die oumense wil dit drink! Die leeu is los. Skollie vat vyf en rus goed! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Beavers, Eiers en Bambi 04.10.2023 32:20
Mense gaan mal oor die stand van eiers maar jy kan eiers vervang met 'n paar ander opsies. Hoeveel weeg jou eiers? Bambi se storie verander om kinders nie te ontstel. Prue Leith wil die beaver sien! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Daar is 'n vibration! 03.10.2023 28:40
Android laat Colene se gemoed ingee! Die werke in SA wat goeie geld maak en as jy een van hulle het stuur vir ons wyn! Die DA klim ‘n leer om te sê hulle gaan SA red. Collective responsability beteken vandag geen verantwoordelikheid. Wat moet jy doen om 108 jaar oud te word? Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Oktober…die mooiste, mooiste maand… 02.10.2023 34:16
Die Jakarandas begin blom en dit beteken die jaar het sy gat gesien. Eskom gee ons bietjie meer krag en die bokke het hul skop skoen gevind. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Tuks of Niks? 29.09.2023 34:11
Die span KLETS oor die gedoente by TUKS en Donald Trump. Maak companies se wellness campaigns mense meer siek as gesond? Tanya Michelle vertel Waar is die JOL. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Die het jou lewe verander! 27.09.2023 33:28
Die ANC moet dalk lesse by Google gaan kry oor hoe om te bou, of dalk moet hul net begin Google? Het jy ‘n kaartboek in jou kombi gehad? Bheki Cele is ‘n blink presteerder volgens die Chinese. Stats wat jou lewe sal verander... Wie ry die stadigste? Waar is jou beste kans om vrou te vang? Wie het die meeste Apples? Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Stamp hom stinkie! 26.09.2023 25:15
Canoe’s in die Kaap van storms en die bosveld is aan die brand. Ons kan nie meer karre bekostig nie maar die Suid-Afrikaanse Polisie het baie spaar voorraad. Die bokke het swaer getrek die naweek en die Fourways boets brul hul exhausts op die maat van Winnie. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
So braai mens! 22.09.2023 40:49
Op die vooraand van Braaidag gesels die span saam met Braaiboy. Ons hoor waar hy al orals gebraai die afgelope 14 jaar. Braaiboy gee tips vir jou Braaidag en vertel wat is sy gunsteling bykosse en vleis om op die kole te gooi. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Pixie Pink gee vir kinders ‘n stem 21.09.2023 40:36
In vandag se KLETS gesels Matthys met die Victims' Advocate Pixie Pink oor die stand van sake in Suid-Afrika rakende kindermishandeling, die slagoffers, die wet en kinder regte. Raak betrokke by die werk wat Pixie Pink en haar span doen om vir ons kinders ‘n stem en ‘n weg uit te gee! Jou subskripsie van R60.00 per maand kan ‘n kind se lewe red! Pixie Pink - Victims' Advocate · The Royal Gr...
Ai die Karin's! 20.09.2023 22:01
Dis amper Braaidag en die span gee raad oor waar jy wat kan koop wat nie die bank sal breek nie. 'n Karin van Engeland vermoed dat Yoga lyk soos massamoord. Jy kan ook nou “famîs” word as jy jou oorfone insluk soos die ander Karin in die VSA. Maak skoon jou huis! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Varke en slegte belsuite 19.09.2023 34:08
Johannesburg se burgermeester hardloop uit sy eie stad weg vir die vuur. Waar daar is rokie is daar ‘n vuurtjie behalwe as jy ‘n roker is. Varke maak meer geld as wat jy dink. Sal jy betaal vir X (Twitter) om Musk te help met sy slegte besluite? Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Vuiste klap en Bokke verpletter! 18.09.2023 29:52
Vuiste klap by Noah konsert in Pretoria. Suid-Afrika is vuil en moeder aarde beding badtyd. Paul Mashatile weereens ‘n top "scorer" en presteer even beter as die Bokke. Postbank is ‘n ster supplier in die SASSA waardeketting. Eiers word al hoe duurder en die bokke verpletter Roemenië. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Wyn vir die pyn! 13.09.2023 47:28
Tim Atkin sê Suid-Afrikaanse wyn is die beste in wêreld geskiedenis. Die span proe saam met die wyn kenner, Lara Jordaan, aan elemente van Tim se verslag en hoor wat jy moet drink. Skink ‘n glasie en leer oor wyn. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Sies Busi, SIES! 12.09.2023 22:58
Busisiwe Mkhwebane is uit haar stoel maar haar regskostes kon 159 miljoen mense help met R350.00. Elon launch sy nuwe kind op X. Cilliers Brink hou kop bo rommel in Tshwane. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Reverse Robin Hood! 11.09.2023 29:54
Die land is arm maar Cyril kuier saam die regering by Spier. Die listerine mannetjies is nou sigbaar vir almal om na te kyk. Peet Viljoen is suur oor JP se geld. Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Arno Greeff 08.09.2023 34:49
Die span KLETS saam met die gewilde akteur Arno Greeff oor die movies, TV, wat dit verg om 'n akteur te wees in Suid-Afrika en oor water! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Die filosofie, die Perd en die Britte 06.09.2023 26:33
Kom ons gaan kamp en bestudeer die filosofie van elektrisiteit. Die Britte dryf hul politici tot vuil taal. Lucky Mamelodi Luke het dalk die oplossing vir duurder petrol en diesel. Covid is dalk vergete maar die korrupsie rondom Covid is steeds ‘n pandemie! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Nada Nada! 05.09.2023 24:49
Cyril speel weer wegkruipertjie in die donker met verslae en antwoorde. Die SAUK het Nada geld vir sepies en die Wêreldbeker rugby. Die voëls het griep! Afrikaans. Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.