GROOTfm 90.5

#GROOTtrauma

News AF ↓ 150 episodes

Woensdae-aande tussen 20:00 en 21:00 gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor die nuutste Mediese-nuus en nooi kenners om te gesels oor verskeie mediesevelde.

Author

GROOTfm 90.5

Category

News

Podcast website

www.grootfm.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

#GROOTtrauma - 16 Oktober 17.10.2024

Dr. Adler gesels oor “medicine’” 3.0 Dr Adler is ’n internis en sjirurg by Morningside Mediclinic en ook direkteur van Infinity Medical Conierge. Hy gesels oor wat Medicine 3.0 beteken en hoekom dit belangrik is vir ’n moderne holistiese benadering to gesondheid.

#GROOTtrauma - 9 Oktober 09.10.2024

Die week gesels Pieter en dr Jaco van Niekerk met Tersia Burger, ondervoorsitter van Hospice Suid-Afrika oor palliatiewe sorg.

#GROOTtrauma - 2 Oktober 02.10.2024

Welma Geldenhuys, senior maatskaplikewerker by ADASA gesels oor dimensie. Francois Louw, HUB by Vista Kliniek skop die 9de Oktober af met hul ‘Nuts and bolts’ veldtog en vertel meer oor wat hulle beplan en waarna die fondse van die nie-winsgewende projek gaan.

#GROOTtrauma - 18 September 18.09.2024

Oktobermaand is borskanker bewustheid maand. Dr Cornel Steyn en Dr Phillipus Nel is in die ateljee om te praat oor borskanker in dames sowel as in mans. Hulle fokus op die voorkoming, simptome en behandeling van borskanker.

#GROOTtrauma - 11 September 12.09.2024

’n Onlangse studie het getoon dat as jy diê sewe goed doen, jou kanse om later dimensie en Alzheimer se siekte kry, vertraag kan word. Dr Jaco van Niekerk vertel wat die sewe goed is.

#GROOTtrauma - 4 September 04.09.2024

Prof Clive Gray van die Universiteit van Stellenbosch is die ontvanger van die 2023 Harry Oppenheimer Fellowship-toekennings. Dit gaan hom in staat stel om navorsing te doen oor voortydige geboorte. Dr Jaco van Niekerk gesels oor oor Torrets sindroom.

#GROOTtrauma - 28 Augustus 28.08.2024

Die Hoof Uitvoerende Beampte van Vista Kliniek gesels oor psigiatriese gesondheid. Kalf Grobler van die Facebook-blad, “Swart hond” deel sy getuienis en vertel ook meer van die groep wat bystand bied vir persone wat met depressie en angs lewe.

#GROOTtrauma - 21 Augustus 21.08.2024

Dr Brittain, ’n hematoloog gesels oor ’n nuwe prosedure om kanker te beveg. Die nuwe behandeling word CarT-terapie genoem. Hy vertel meer hieroor.

#GROOTtrauma - 14 Augustus 14.08.2024

Dr Jaco van Niekerk gesels oor die mees algemene hartkwale, veiligheid by privaat hospitale en deel ook sy opinie oor verskeie nuusstories wat die afgelope week nuus gemaak het.

#GROOTtrauma - 7 Augustus 07.08.2024

Dr Jaco van Niekerk verduidelik wat die verskil is tussen Osteoporose en Rumatoïede artritis.

#GROOTtrauma - 31 Julie 31.07.2024

Johan Kloppers is 'n traumaberader en gesels oor hoe om geweldtrauma te bestuur.

#GROOTtrauma - 24 Julie 24.07.2024

Dr Johan Kluge, 'n kop-en nek sjirurg gesels oor kanker in spesifiek die areas van die liggaam. Hy vertel ook meer oor sy gratis 'screening' projek wat op die 27ste Julie 2024 plaasvind in Johannesburg, Pretoria en Durban.

#GROOTtrauma - 17 Julie 17.07.2024

Dr Maritha Rossouw, 'n onkoloog by ABJ Onkologie in Pretoria Oos gesels oor kanker en nuwe tegnologie wat beskikbaar is vir die behandeling van kanker.

#GROOTtruama - 10 Julie 10.07.2024

Die week gesels Dr Jaco van Niekerk oor beroerte: Wat jy moet weet, tekens en hoekom tyd van kardinale belang is.

#GrootTrauma - 3 Julie 03.07.2024

Die week gesels Dr Jaco van Niekerk oor beroerte: Wat jy moet weet, tekens en hoekom tyd van kardinale belang is

#GrootTrauma - 26 Junie 26.06.2024

Dr Jaco van Niekerk gesels oor beenstruktuur en -trauma in kleuters, tieners en volwassenes en die behandeling daarvan.

#GROOTtrauma - 19 Junie 19.06.2024

Dr Jaco van Niekerk gesels oor jou liggaamstempratuur, hoekom 37 grade die normaal is en wat met jou liggam gebeur as dit oor 40 grade gaan. Hy vertel ook meer oor 'n onlangse studie wat bevind het dat Xyliltol moontlik kan bydrae tot hartaanvalle en beroertes.

#GrootTrauma - 12 Junie 12.06.2024

Dr Jaco van Niekerk gesels oor 'n interessante studie wat onlangs gedoen is in Amerika waar bewys is dat die swemdrag/klere van 'n kind, moontlik sy lewe kan red. Luister gerus hier om meer oor die studie te leer.

#GROOTtrauma - 5 Junie 05.06.2024

Dr Jaco van Niekerk gesels oor nuwe navorsing wat dui dat vrugbaarheid onder mans afneem weens nanoplastiek wat in sperms voorkom in mans luidens die studie en hy gesels oor die onlangse voorval in die Kaap waar 'n rob moontlik hondsdolheid gekry het en die gevaar daarvan.

Groot Trauma - 22 Mei 22.05.2024

Ons gesels met Wes van der Westhuizen en Johan Fourie , kenners op die gebied van Forensiese ondersoeke en motor ongelukke.

#GROOTtrauma 15 Mei 2024 - Estetiese medisyne 15.05.2024

Dr Jaco van Niekerk gesels oor die veld van estetiese medisyne

Groot Trauma - 8 Mei 08.05.2024

Ons gesels met die voorsitter van AXSPASA Maranda van Dam en ons gesels oor Aksiale Spondyloatritis

#GROOTtrauma - 17 April 2024 - Wat behels 'n forensiese ondersoek als? 17.04.2024

Wes van der Westhuizen is 'n forensiese kenner en hy vertel oor sy werk en wat dit als behels.

#GROOTtrauma - Alles oor Parkinson se siekte. 10.04.2024

Gerhard Myburgh is met Parkeson se siekte gediagnoseer. Ons gesels met hom hieroor en ook met sy vrou Andrien wat hom ondersteun.

#GROOTtrauma - 03 April 2024 - Alles wat jy moet weet oor aanneming 03.04.2024

Mientjie en Wouter Prozesksy van Rock of Hope gesels oor die proses van aanneming.

Listen to the #GROOTtrauma podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.