GROOTfm 90.5

#GROOTtrauma

News AF ↓ 150 episodes

Woensdae-aande tussen 20:00 en 21:00 gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor die nuutste Mediese-nuus en nooi kenners om te gesels oor verskeie mediesevelde.

Author

GROOTfm 90.5

Category

News

Podcast website

www.grootfm.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

#GROOTtrauma -11 Junie 11.06.2025

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvra: Watter tipe medikasie word gebruik om bakteriële infeksies te behandel? > Vreeslike lang waglyste by staatshospitale >Moet ons bekommerd wees oor die nuwe Covid 19 variant? – Minister van gesondheid, Dr Aaron Motsoaledi sê, ‘nee’. >Dis Alzheimer’s en Brain Awareness maand >Dr. Jaco se wenk van die week.

#GrootTrauma - 4 Junie 04.06.2025

>Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvra: Watter been is die langste in die menslike liggaam? >Koffie red vrouens gedurende hulle eksistensiële krisis. >Geen geregistreerde Gordelroos entstof beskikbaar in Suid-Afrika nie >Charlene van Jakaranda Kinderuis kom gesels as deel van kinderbeskermingsweek oor die kinderhuise wat nog wag vir hulle eerste kw...

#GROOTtrauma – 28 Mei 28.05.2025

As deel van GROOTfm 90.5 se #GEEweek het Venita en Dr Jaco gedurende #GROOTtrauma gesels met Angelique en Lourens Janse van Vuuren oor die #GROOTverskil wat Kairos in hulle lewens gemaak het. Toe Venita vir Angelique vra wat sy vir haar jonger self sou sê, toe antwoord Angelique; ‘Moet niks verander nie, want dan sal jy nie hier wees waar jy nou is nie’…En dit, ten spyte van geweldige trauma!

#GROOTtrauma - 30 April 30.04.2025

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: Mediese vasvra: Wat is die meer algemene naam vir die limfatiese weefsels aan weerskante van die agterkant van jou keel? Griepseisoen tref vroeg: Die 2025-griepseisoen is die vroegste sedert 2010. Wat beteken dit vir jou gesondheid? Dr. Jaco bespreek die waarde van die griepinspuiting – en wat jy kan doen as jy besluit om dit...

#GROOTtrauma - 23 April 23.04.2025

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: Mediese vasvra: Hoeveel keer klop ’n mens se hart in jou leeftyd? GROOT Oepsie in die Noord-Kaap: Die provinsiale gesondheidsdepartement het versuim om hul lisensie vir medikasie te hernu – wat beteken dit vir pasiënte wat afhanklik is van lewensbelangrike medisyne? Baanbreker-navorsing in beroerte-herstel: UCLA-wetenskaplikes...

#GROOTtrauma - 8 April 08.04.2025

#GROOTtrauma - Hierdie Week gesels Venita en dr. Jaco van Niekerk: 🔹 Mediese vasvra: Wat is die funksie van rooibloedselle? 🔹 MIV-genesingsnuus: Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het baanbrekende resultate uit ‘n nuwe MIV-genesingsproef aangekondig. Ons bespreek wat dit beteken vir die toekoms van behandeling – en hoe Amerikaanse fondsbesnoeiings hierdie navorsing raak. 🔹 Mediese eerste in die VK:...

#GROOTtrauma - 2 April 02.04.2025

Hierdie week op #GROOTtrauma bring Venita en Dr. Jaco van Niekerk vir jou ‘n propvol program vol mediese insigte en interessante gesprekke! -Ons begin met ‘n mediese vasvra – weet jy wat die normale liggaamstemperatuur vir ‘n gesonde volwassene is? -Daar is BAIE goeie nuus vir sangeres Tamlyn Wessels – haar mediese fonds het die wondermiddel TRIKAFTA goedgekeur. Dr. Jaco brei meer uit oor hierdie...

#GROOTtrauma - 26 Maart 26.03.2025

Johan Kloppers is ’n traumaberader en gesels oor sekondêre trauma.

#GROOTtrauma - 19 Maart 19.03.2025

Pieter Cloete en Jaco gesels met Carin Bosman oor wêreld water dag (bakterie in water en wat is kwaliteit water). Sy is die direkteur by Carin Bosman Sustainable Solutions.

#GROOTtrauma - 5 Maart 05.03.2025

Die derde Maart was Wereld gehoor dag. Ons gesels met oudioloog, Bronwyn van Wyk van Specsavers oor simptome, behandeling en vroee voorkoming van gehoorverlies.

#GROOTtrauma -26 Februarie 26.02.2025

In die week se program loer ons in by Shay-Lee Engelbrecht wat die 3rde Maart ’n 4000km reis aanpak om fondse in te samel vir Rock of Hope. Lourindi Nel, ’n spelterapeut en haar man Marius Nel, ’n pastoor gesels oor gesonde gesinne.

#GROOTtrauma - 19 februarie 19.02.2025

Dr Jaco van Niekerk gesels oor die nuutste uitbraak van hand-en mond siekte in kwaZulu-Natal en wat beteken dit vir jou gesondheid as jy besluit om minder op jou foon te wees.

#GROOTtrauma - 12 Februarie 12.02.2025

Dr Jaco van Niekerk gesels oor wat jy moet weet wanneer jy vir ’n normale roetine doktersafspraak gaan. Hoekom doen jy net sekere bloedtoetse, en wat sien dokters in urinemonsters?

#GROOTtrauma - 5 Februarie 05.02.2025

Anel Kruger kuier in die ateljee. Sy was 12 jaar gelede gediagnoseer met AML (Akute myeloïede leukemie). Sy deel haar getuienis en vertel meer oor wat “Survivor guilt” is.

#GROOTtrauma - 29 Januarie 29.01.2025

’n Nuwe studie wat in die National Library of Medicine gepubliseer was, dui aan dat Suid-Afrika op ’n opioïd-verlawing krisis. Dr Jaco van Niekerk gesels hieroor.

#GROOTtrauma - 22 Januarie 22.01.2025

Dr Andrè Hattingh gesels oor hul projek, Ride 4 a child, Jaco Kleynhans, Hoof van Solidariteit se Internasionale Betrekking gesels oor wat die ontrek van Amerika uit die WGO beteken vir Afrika. Dr Jaco van Niekerk gesels oor sie uitbreek van diphtheriae en wat dit is.

#GROOTtrauma - 15 Januarie 15.01.2025

Dr Emmanual Taban, ’n pulmonoloog by Midstream vertel meer oor die HMPV-virus.

#GrootTrauma - 08 Januarie 08.01.2025

Ruvé Esterhuizen, ’n kliniese sielkundige by Life Poortview gee ’n paar wenke vir ouers en matrieks van klas 2024 oor hoe om hul verwagtinge te bestuur vir die matriekuitslae wat volgende week bekendgestel gaan word.

#GROOTtrauma - 11 Desember 11.12.2024

Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale betrekking by Solidariteit gesels oor wat tans in Mosambiek aan die gang is en wat se nagevolge dit vir vakansiegangers moontlik kan inhou. Kallie Kriel was verlede week in sy persoonlike kapasiteit in Mosambiek en vertel van sy ervaring. Dr Jaco van Niekerk gee ’n paar vakansie gesondheidswenke.

#GROOTtrauma - 04 Desember 04.12.2024

Venita en Dr. Jaco bespreek van die belangrikste gesondheids- en maatskaplike kwessies. Gedurende Handewasbewustheidsweek het hulle die lewensbelangrike rol van behoorlike handhigiëne uitgelig. Vir Suid-Afrika se 16 Dae van Aktivisme het hulle gefokus op die dringende behoefte aan beter sekuriteit om pasiënte en mediese personeel in kwesbare gesondheidsorgomgewings te beskerm. Hulle het ook die gr...

#GROOTtrauma - 27 November 27.11.2024

Dr Jaco van Niekerk gesels oor narkose en ook die rol wat ’n narkotiseer speel in die multidisiplinêre span.

#GROOTtrauma - 20 November 20.11.2024

Studente dr Zoe Nel gesels met Dr Jaco van Niekerk oor hoe dit is om vandag 'n graad in medisyne te studeer teenoor hoe dit in dr van Niekerk se dae was. Wat het verander en wat is nogsteeds dieselfde

#GROOTtrauma - 13 November 13.11.2024

Onderhoud met Dr Jaco van Niekerk env Dr Louise Johnson Loots - Internis Met ‘n Spesiale belangstelling in Diabetes by Netcare Montana Ons gesels oor Internasionale Diabetes bewusmakings dag 14 November en ook oor die nuwe middels wat beskikbaar is vir Diabetes soos Ozempic.

#GROOTtrauma - 06 Oktober 06.11.2024

Johan Kloppers is ’n berader en betrokke by verskeie plaasaanvalle vir trauma berading. Die week gesels hy oor wat primêre, sekondêre, tweedehandse en kollektiewe trauma is.

#GROOTtrauma - 30 Oktober 30.10.2024

Dr Annelize Naudé, Streeksbestuurder van SAVF en Thoriso Tleane, ’n maatskaplike werker van SAVF gesels oor van die uitdagings waarmee hulle daagliks sukkel, die situasies waarin hul hulself bevind partykeer en die ongelooflike werk met min finansieële hulp wat hulle daagliks doen om ons kinders veilig te hou.

Listen to the #GROOTtrauma podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.