RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 631 episodes

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gesondheid 7 September 2022 07.09.2022

Ons fokus in Bloedkanker-bewustheidsmaand op leukemie, een van die drie soorte bloedkanker. Leukemie se behandeling verg dikwels stamsel-oorplantings. Mari Hudson praat met ’n kliniese hematoloog hieroor.

Gesondheid 31 Augustus 2022 31.08.2022

Dit is goed en wel om klinies oor ’n chroniese siekte soos Tipe 1 Diabetes te gesels, maar hoe navigeer ’n tiener of jongmens sy of haar pad deur al die emosies van adollesensie, hindernisse, versoekings en andersheid? Mari Hudson gesels met ’n jong vrou wat op 10-jarige ouderdom met Tipe 1 Diabetes gediagnoseer is, en ook laagtepunte beleef het.

Gesondheid 24 Augustus 2022 24.08.2022

Een van die groot probleme van kinders wat orgaanoorplantings ondergaan het, is risikogedrag van tieners wat hulle noodsaaklike daaglikse medikasie staak, met tragiese gevolge. Mense se frontale breinlobbe is eers teen 25 goed genoeg ontwikkel om sulke verantwoordelike besluite te neem. Hoe gemaak? Mari Hudson praat met die hoof van die Nier- en orgaanoorplantingseenheid by Rooikruis Kinderhospita...

Gesondheid 17 Augustus 2022 17.08.2022

Het jy geweet ’n tweede ligte stamp teen die kop kort ná ’n eerste stamp en harsingskudding, kan tot die dood lei? Of dat geen teken van harsingskudding met ’n breinskandering gesien kan word nie, maar dat die brein wel toksiese stowwe afskei wat gemeet kan word? Mari Hudson praat met een van die beste wêreldkenners op die gebied van harsingskudding in rugby, dr. Pierre Viviers.

Gesondheid 10 Augustus 2022 10.08.2022

Hoe ernstig is harsingskudding? Kan dit tot latere breinskade lei? Ons vertel aan die hand van Faf de Klerk se beseringsvideo hoe om dit onmiddellik op die rugbyveld uit te ken. Mari Hudson gesels met een van die beste wêreldkenners op die gebied van harsingskudding in rugby, dr. Pierre Viviers.

Gesondheid 3 Augustus 2022 03.08.2022

Endometriose veroorsaak rou skaafmerke in jou bekken en kan teen en in jou derms, nierpype, eierstokke en ander weefsel groei. Endometriose-chirurgie is ingewikkeld, maar die endometriose weefsel moet in een korrekte operasie verwyder word, en nie elke jaar gebrand word nie. Mari Hudson praat met een van die land se voorste endometriose chirurge.

Gesondheid 27 Julie 2022 27.07.2022

Hoekom kom ’n pasiënt van Kanada na Suid-Afrika vir ’n operasie? Hoe word heupdisplasie herstel sonder ’n heupvervanging?  Waarop stuur ons dokters- en verpleegtekorte af? Is daar lewe vir ’n eens besig dokter ná aftrede?

Gesondheid 20 Julie 2022 20.07.2022

Kan ons staatmaak op kommersiële DNS-toetse vir voeding? Hoekom is vesel so belangrik? Bou proteïenskommels spiere? Hoe werk kankerpasiënte se eetplanne? Mari Hudson praat hieroor met ’n dieetkundige.

Gesondheid 13 Julie 2022 13.07.2022

Dit is moontlik om ’n eetplan te volg wat jou help om spesifiek vet te verloor en nie ander weefsel nie. Vetselle het ’n geheue, en wil hulle vet vashou,  maar hulle kan gefnuik word. Mari Hudson praat met ’n dieetkundige en biochemikus oor die tegniek van termo-genese, oftewel hitte-skepping.

Gesondheid 6 Julie 2022 06.07.2022

Waarop op moet ’n versorger van bejaardes bedag wees? Wat kan skeef loop? Is versorgers goed opgelei? Waar staan ons met verpleegopleiding as daar meer as 10 000 vakante verpleegposte by staatshospitale is? Mari Hudson gesels met ’n spesialis in verpleeg- en kwaliteitsbestuur oor dié kwessies.

Gesondheid 29 Junie 2022 29.06.2022

Hoe werk bloedstolling? Waar pas bloedplaatjies, kollageen en vitamien K in die hele proses in? Hoeveel bloed kan jy verloor, en nog lewe?

Gesondheid 22 Junie 2022 22.06.2022

Moet mens besorg wees oor skeelheid? Wanneer moet ’n baba se skeel ogies by ’n oogarts kom? Hoe werk operasies om skeelheid te herstel? Kan ’n mens dieptepersepsie ontwikkel as jy slegs met een oog kan sien? Mari Hudson praat hieroor met ’n oogarts.

Gesondheid 15 Junie 2022 15.06.2022

Baie meer vroue as wat ons besef, beleef ernstige depressie ná die geboorte van hulle baba. Baie vroue voel skuldig en reken hulle is slegte ma’s as hulle sukkel. Sommige dink selfs aan selfdood. Maar te veel soek nie hulp nie. Daar ís doeltreffende medikasie en behandeling. Watter vroue het die grootste risiko vir hierdie siekte, en wat is die gevaartekens? Mari Hudson gesels met ’n psigiater oor...

Gesondheid 8 Junie 2022 08.06.2022

Die herpes-familie van virusse veroorsaak nie net koorsblare en waterpokkies nie, maar nog ander siektes. Dit is ’n taai en geslepe kalant wat lank in jou senuweevesels kan skuil, om later baie pynlike gordelroos te veroorsaak. Daar is entstowwe wat jou baie pyn kan spaar. Mari Hudson praat hieroor met ’n viroloog.

Gesondheid 1 Junie 2022 01.06.2022

Moet ons bekommerd wees oor die voorkoms van aappokke, wat nou al in meer as 20 lande opgeduik het? Hoe verskil dit van pokke en waterpokkies? Mari Hudson praat hieroor met ’n infeksiesiekte-spesialis.

Gesondheid 25 Mei 2022 24.05.2022

Hoe werk ’n knokkeltoon-operasie, en hoe lank is jy buite aksie? Kan testosteroon-aanvullings jou spermtelling laat daal? Waarom kry sommige mense met hoë tiroïedvlakke uitpeuloë? En, wat is die werklike verband tussen sooibrand en kanker? Mari Hudson praat met vier spesialiste oor dié vrae.

Gesondheid 18 Mei 2022 18.05.2022

Sooibrand is nie ’n rare siekte nie, maar hoe werk refluks? Het oorgewig iets hiermee te make? Wanneer het jy ‘n operasie nodig? En hoe pas Barret-slukderm in by refluks? Mari Hudson praat met ’n gastro-enteroloog oor dié probleme.

Gesondheid 11 Mei 2022 11.05.2022

’n Hartprosedure wat Maandag op ’n sesjarige meisie gedoen is, het haar lewe gered. Haar hart het vandat sy drie jaar oud is, soms teen ’n allemintige 280 slae per minuut geklop, wat lewensbedreigend was. Mari Hudson praat met ’n kardioloog oor die prosedure, en hoe hartritme-defekte in kinders herstel word.

Gesondheid 4 Mei 2022 04.05.2022

Kan jy na een drankie nog goed bestuur? Het ‘binge-drinking’ bykomende gevare? Kan enigiets jou lewer help om alkohol vinniger af te breek? Hoekom lyk dit of gewoontedrinkers nie so gou dronk word nie? Hoe lyk die stadiums van dronkenskap? Mari Hudson praat met ’n forensiese patoloog oor die uitwerking van alkohol op jou liggaam en andersom.

Gesondheid 27 April 2022 27.04.2022

’n Klein skoenlappervormige kliertjie in jou keel bepaal hoeveel petrol in jou enjin is. Sowat een uit tien mense ouer as 40 se tiroïed werk nie reg nie. As dié wanfunksie nie gediagnoseer en behandel word nie, kan dit enersyds tot lewensmoegheid en andersyds selfs tot jou dood lei. Mari Hudson praat met ’n internis oor tiroïedfunksie.

Gesondheid 20 April 2022 20.04.2022

Vertigo, die verskriklike duiseligheid weens probleme in jou binne-oor se boogkanaaltjies, kan met sekere oefeninge verbeter. Middels soos teen-seesiekpille en Serc help, maar Mari Hudson en haar gaste gesels oor die nie-mediese behandeling van vertigo en tinnitus.

Gesondheid 13 April 2022 13.04.2022

Is eetlusdempers gevaarlik, of ’n goeie hulpmiddel? ’n Endokrinoloog praat oor die rol van eetlusdempers in gewigsverlies. En ’n histopatoloog gee ons ‘n kykie in ’n patologielaboratorium.

Gesondheid 6 April 2022 06.04.2022

Glo dit as jy wil, maar spatare en diep veneuse trombose word gereeld verkeerd gediagnoseer. Ons kyk na die nuutste behandeling van spatare, waarom mense se enkels opswel en die gevare van diep veneuse trombose. Mari Hudson praat hieroor met ’n vaskulêre chirurg van Bloemfontein.

Gesondheid 30 Maart 2022 30.03.2022

Kan drastiese vloeistof-diëte jou hart aantas? Is alle vloeistof-diëte dieselfde? Help radikale diëte jou om gewig te verloor? Mari Hudson praat hieroor met ’n endokrinoloog.

Gesondheid 23 Maart 2022 23.03.2022

Beroertes is een van die top tien oorsake van dood in Suid-Afrika en ter wêreld. Hoe ken mens dit uit? Waarom moet mens letterlik binne minute, en beslis binne ’n uur, by ‘n hospitaal kom? Waarom moet mense met mini-beroertes beslis mediese sorg opsoek? Wat kan jyself doen om jou risiko vir beroerte te verlaag?  Mari Hudson praat hieroor met ’n neurochirurg.

Listen to the Gesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.