RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 644 episodes

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gesondheid 31 Mei 2023 31.05.2023

Die jongste inligting oor ova-bevriesing, embrioseleksie, polisistiese ovariële sindroom, endometriose, histerektomies en die kunsmatige stop van menstruasie in jong meisies en vroue, word bespreek.

Gesondheid 24 Mei 2023 24.05.2023

Het jy geweet dat die kans op swangerskap met gevriesde ova en embrios net so goed is as met vars ova en embrios? En dat ‘n 45-jarige vrou se kans op swangerskap beter is met haar gevriesde ova wat 15 jaar vantevore gevries is as met haar vars ova? Ons kyk na die vooruitgang in embriobevriesing en embrioseleksie om kans op swangerskap maksimaal te maak.

Gesondheid 17 Mei 2023 17.05.2023

Het jy geweet dat geen mens te oud is om baat te vind by osteoporose-behandeling nie? Of dat as ’n ouer mens ná ’n klein val ’n beenbreuk opdoen, dit klaar ’n diagnose van osteoporose beteken, en dat dié pasiënt beslis evauleer moet word vir osteoporose-behandeling. Tog laat ortopede en algemene praktisyns in 80% van gevalle na om dié pasiënt se osteoporose te behandel om verdere beenbreuke te voo...

Gesondheid 10 Mei 2023 10.05.2023

Osteoporose is ’n kindersiekte wat in jou latere jare sigbaar word, sê ’n spesialis. Hoe werk dit dat dinge wat jy in jou tienerjare doen, jou in so kan inhaal as jy ouer is?

Gesondheid 3 Mei 2023 03.05.2023

Die nuutste ablasie-tegnologie om atriale fibrillasie te behandel, antistolmiddels en die ChadsVasc Score word alles ingespan om jou brein teen beroerte te beskerm. Vind uit wat is die jongste verwikkelings, hoe werk die tegnologie en werk dan jou eie risiko-puntetelling uit.

Gesondheid 26 April 2023 25.04.2023

Behandeling van atriale fibrillasie, ’n algemene hartritme-defek wat tot beroertes en hartversaking kan lei, gaan vinnig vooruit. Nuwe tegnologie is nou vinniger en veiliger as voorheen. Dit veroorsaak ook dat hittetegnologie nie meer in die behandeling van nuwe pasiënte met AF gebruik behoort te word nie.

Gesondheid 19 April 2023 19.04.2023

Ystertekorte in tienermeisies, swanger vroue en mense met hartversaking is baie algemeen, maar moet met baie groter sorg en bewustheid gediagnoseer en behandel word as jy skade aan jou eie brein, die ongebore baba en die reeds verswakte hart van mense in hartversaking wil voorkom. Dokters moet ook meer aandag aan die diagnosering van ystertekorte gee. Ysteroorlading en die gebruik van EPO (Lance A...

Gesondheid 12 April 2023 12.04.2023

’n Ystertekort móét behandel word, want te lae ystervlakke het ’n impak op veral jou brein en hart, en op ’n ongebore baba. ’n Derde van tienermeisies het ’n ystertekort en benodig behandeling. Hoe werk die verband tussen yster, jou bloed en suurstof? Wat is die oorsake, simptome en behandeling?

Gesondheid 5 April 2023 05.04.2023

Oorgewig skakel skadelike prosesse in jou liggaam aan en dryf die groot toename in nie net diabetes nie, maar ook lewervervetting, pankreatitis en pankreaskanker. Jy kan jou risiko verlaag. Daar is ook nuttige wenke vir die versorging van pasiënte met demensie.

Gesondheid 29 Maart 2023 29.03.2023

Is vitamien-gevulde dieet-gummies ’n blink idee vir gewigsverlies? Lewervervetting, pankreatitis en pankreaskanker is vinnig aan die toeneem. Wat is die verband tussen dié probleme met die lewer en pankreas en oorgewig?

Gesondheid 22 Maart 2023 22.03.2023

’n Tiener en 'n jongmens kan nie help nie dat hulle gedrag riskant is sonder veel insig, en hulle eerder hulle vriende wil aanhang as hulle gesinne. Hoekom ontwikkel hulle breine só? Wanneer is jou brein ontwikkel genoeg vir volwasse gedrag? En kan jy jou brein skerper slyp?

Gesondheid 15 Maart 2023 15.03.2023

Hoe ontwikkel die mens se brein? Het jy geweet dat alle neurone in die embrio se brein binne vier weke ná bevrugting ontwikkel is? En dat een deel van die brein na die ander oopgestel word vir ontwikkeling soos wat die baba, die kleuter, die tiener en die volwassene dit nodig het vir oorlewing? En dat die ontwikkelende brein baie vatbaar is vir skade?

Gesondheid 8 Maart 2023 08.03.2023

Om te sterf is stil. Marí Hudson gesels met ’n palliatiewe sorg-spesialis oor die laaste paar dae van lewe, oor die fases van dood, die opflikkering kort voor dood en die sien van gestorwe geliefdes voor die stil uitblaas van die laaste asem.

Gesondheid 1 Maart 2023 01.03.2023

Nuwe tegnologie is vandeesweek die eerste keer in Afrika ingespan om ’n pasiënt met artriale fibrillasie, die algemeenste hartritme-defek in mense ouer as 60 jaar, te herstel. ’n Reeks pasiënte word dan ook die eerste reeks in Afrika, en dit word deur ’n Suid-Afrikaanse hartritmespesialis in Panorama Mediclinic gedoen. Wat behels dié tegnologie, wat beskryf word as revolusionêr?

Gesondheid 22 Februarie 2023 22.02.2023

Ons gesels oor ’n heilige onderwerp - die dood. Is daar herkenbare fases en tekens dat die liggaam begin afskakel? Wat beteken dit? Is daar iets soos ’n opflikkering kort voordat ’n mens sterf?

Gesondheid 15 Februarie 2023 15.02.2023

Masels mag ’n kindersiekte wees, maar wanneer komplikasies soos breinontsteking, breinskade, erge diarree of ernstige longontsteking intree, is dit alles behalwe kinderspeletjies. Dis hoogs aansteeklik. Kinders wat nie ingeënt is nie, kan ander kinders en grootmense aansteek, wat tot ernstige siekte en sterfte kan lei.

Gesondheid 8 Februarie 2023 08.02.2023

Hoekom word mens geel as jy geelsug het? Is geelsug en hepatitis dieselfde ding? Word alle gevalle van lewerontsteking deur virusse veroorsaak? Is daar meer as een hepatitisvirus?

Gesondheid 1 Februarie 2023 01.02.2023

’n Leweroorplanting is tegnies ’n baie moeilike operasie, en om ’n stukkie van ’n lewende skenker se lewer oor te plant, is nog moeiliker. En dit onder tyddruk, want die lewer kan nie lank sonder bloedvoorsiening wees nie. Nie net moet die chirurg baie bedrewe wees nie, maar die narkotiseur moet uiters vaardig wees. Een van Suid-Afrika se vaardige oorplantingchirurge vertel hoe ’n volle lewer en ’...

Gesondheid 25 Januarie 2023 25.01.2023

Sowat 50 babas en kleuters wag tans op ’n leweroorplanting. Die meeste is gebore met ’n siekte wat die lewergalwëe beskadig. Ander is te veel parasetamol toegedien, en ander het ’n diaree-virus opgedoen wat lewerskade aangerig het. ’n Oorplantingchirurg vertel meer.

Gesond 18 Januarie 2023 18.01.2023

Sowat 9 000 Suid-Afrikaners sterf jaarliks weens selfdood. Te veel mense wat aan depressie ly, kry nie noodsaaklike chroniese langtermyn behandeling nie. Selfs ligte depressie MOET behandel word, en geen uiting van selfdoodgedagtes mag ooit ligtelik opgeneem word nie. Leer meer oor die kliniese en persoonlike aspekte van depressie en selfdood in die laaste aflwering van die reeks, LAAT DIE LIG IN.

Gesondheid 11 Januarie 2023 11.01.2023

Depressie hoef nie die einde van jou lewe, of ’n uitsiglose bestaan in ’n aanneenlopende donker tonnel te wees nie. Willemien Brümmer, bekende joernalis van Netwerk24, vertel hoe sy die lig inlaat.

Gesondheid 4 Januarie 2023 04.01.2023

Verskeie gevalle van bosluisbytkoors, hondsdolheid en baie gevalle van masels is die afgelope tyd in Suid-Afrika aangemeld. Wat is hierdie siektes, hoekom is hondsdolheid byna altyd dodelik vir die mens, en hoekom moet maselsuitbrekings ten alle koste voorkom word deur vaksineringsprogramme?

Gesondheid 28 Desember 2022 28.12.2022

Laat net die lig in, sê iemand wat al self ’n einde aan haar lewe probeer maak het. As jy in hierdie tyd nie kans sien vir die slae van die lewe nie, kry hulp, want daar wag nog ’n wonderlike, onvoorspelbare avontuur met die naam ‘lewe’ op jou. Laat net die lig in.

Gesondheid 21 Desember 2022 21.12.2022

Dis vakansie- en feestyd, maar pleks van vreugde, het baie mense donker gedagtes van selfdood, sien nie meer kans vir die lewe nie, en ervaar al weke lank ongediagnoseerde depressie of angstigheid. Drie formidabele en talentvolle vroue wat regstreeks gekonfronteer is met angs, depressie en selfdood, deel enkele insigtige.

Gesondheid 14 Desember 2022 14.12.2022

Is daar nuwe verwikkelings in gewigsverlies? ’n Endokrinoloog gee vyf wenke wat jou kan help om nie die feestyd te veel gewig op te tel nie, maar steeds die tyd te geniet. Daar is ook raad oor versoeters en die anakonda om jou middellyf.

Listen to the Gesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.