RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 631 episodes

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gesondheid 23 Augustus 2023 23.08.2023

’n Middel wat oorspronklik vir die behandeling van diabetes ontwikkel is, én voordele vir jou hart inhou, kan voorts nierversaking dramaties vertraag én die tyd tot dialise met tot 15 jaar uitstel. Ons praat oor die jongste navorsingsbevindings en wat dit vir pasiënte beteken.

Gesondheid 16 Augustus 2023 16.08.2023

Suid-Afrika se verpleegdienste is op die rand van die afgrond. Teen die huidige tempo en kwaliteit van opleiding, sal pasiënte se veiligheid in ’n swakker kaliber verpleegkundige se hande, in groter gevaar wees as ooit. In ’n spesiale verslag kyk Marí Hudson indringend na die stand van verpleegdienste in ons land.

Gesondheid 9 Augustus 2023 09.08.2023

’n Nuwe middel kan die lewe van mense met sistiese fibrose dramaties verander. Wat is sistiese fibrose? Hoe werk die nuwe middel? Hoe bekom Suid-Afrikaanse pasiënte dié midde,l wat nie in die land beskikbaar is nie?

Gesondheid 2 Augustus 2023 02.08.2023

Heruitsending: Die jongste gesondheidsgier is om ’n vitamienkroeg te besoek om ’n mengsel van vitamiene, anti-oksidante of aminosure binne-aars te ontvang. Hou dit voordele vir jou gesondheid in? Wat moet jy weet voordat jy toelaat dat iemand ’n mengsel regstreeks in jou bloedstroom indrup? Marí Hudson praat hieroor met ’n endokrinoloog van Pretoria.

Gesondheid 26 Julie 2023 26.07.2023

Wat het rook, alkohol, damprook en die herpesvirus in gemeen? Al vier is van die snellers vir kankers in die kop- en nekgebied, wat aan die toeneem is. Daar is goeie nuus: baie van die kankers kan voorkom word, dit kan vroeg en akkuraat gediagnoseer word en goed behandel word sodat baie lewens gered kan word.

Gesondheid 19 Julie 2023 19.07.2023

Wat weet ons nou meer oor Covid? Wat is feit en wat is fiksie? In die eerste episode in ’n kort reeks oor ’n Covid-terugskouing kyk ons na inligting wat dikwels eenkant toe geskuif is of verswyg is in ons poging om by die beste moontlike wetenskaplike inligting uit te kom.

Gesondheid 12 Julie 2023 12.07.2023

Baie hoërskoolleerders, en selfs laerskoolleerders, damprook, of vape soos dit bekend is in Engels. Heerlike geure maak dit aanloklik, en dis sosiaal aanvaarbaar vir tieners en ook vir baie ouers. Is damprook gevaarlik? Is dit verslawend? Hoekom vape so baie kinders?

Gesondheid 5 Julie 2023 05.07.2023

Gloukoom begin sonder enige opvallende simptome. Mense wat nie gereeld die druk in hulle oë laat toets nie, kan blind word indien gloukoom nie betyds opgespoor en behandel word nie. Moenie dat gloukoom jou stilweg bekruip en blind maak nie.

Gesondheid 28 Junie 2023 28.06.2023

Makulêre degenerasie is ’n algemene oogsiekte in veral ouer mense. Ons kyk na die verskil tussen die droë en nat tipe makulêre degenerasie, hoekom mense met dié oogsiekte ’n dowwe kol reg in die middel van hulle gesigsveld sien, en die oorsake en behandeling. Ons gesels ook oor Stargardz se siekte, wat veral jongmense tref.

Gesondheid 21 Junie 2023 21.06.2023

Het jy geweet dat indien retinale loslating nie onmiddellik en as ’n noodgeval behandel word nie, jy alle sig in die aangetaste oog kan verloor. Ook kan diabetiese retinopatie en makulêre degenerasie tot blindheid lei. Dié drie oogprobleme word bespreek.

Gesondheid 14 Junie 2023 14.06.2023

Manlike onvrugbaarheid weens die gebruik van anaboliese steroïede, is een van die moeilikste probleme om te behandel. Hoërskool-rugbyspelers en ander sportmanne wat anaboliese steroïede gebruik, besef dikwels nie dat dié middels hulle planne om eendag pa te word, kan pootjie nie.

Gesondheid 7 Junie 2023 07.06.2023

Berg Everest het hierdie seisoen reeds meer lewens geëis as enige ander jaar. Hoekom is die doodsone so gevaarlik? Hoe werk hoogtesiekte?

Gesondheid 31 Mei 2023 31.05.2023

Die jongste inligting oor ova-bevriesing, embrioseleksie, polisistiese ovariële sindroom, endometriose, histerektomies en die kunsmatige stop van menstruasie in jong meisies en vroue, word bespreek.

Gesondheid 24 Mei 2023 24.05.2023

Het jy geweet dat die kans op swangerskap met gevriesde ova en embrios net so goed is as met vars ova en embrios? En dat ‘n 45-jarige vrou se kans op swangerskap beter is met haar gevriesde ova wat 15 jaar vantevore gevries is as met haar vars ova? Ons kyk na die vooruitgang in embriobevriesing en embrioseleksie om kans op swangerskap maksimaal te maak.

Gesondheid 17 Mei 2023 17.05.2023

Het jy geweet dat geen mens te oud is om baat te vind by osteoporose-behandeling nie? Of dat as ’n ouer mens ná ’n klein val ’n beenbreuk opdoen, dit klaar ’n diagnose van osteoporose beteken, en dat dié pasiënt beslis evauleer moet word vir osteoporose-behandeling. Tog laat ortopede en algemene praktisyns in 80% van gevalle na om dié pasiënt se osteoporose te behandel om verdere beenbreuke te voo...

Gesondheid 10 Mei 2023 10.05.2023

Osteoporose is ’n kindersiekte wat in jou latere jare sigbaar word, sê ’n spesialis. Hoe werk dit dat dinge wat jy in jou tienerjare doen, jou in so kan inhaal as jy ouer is?

Gesondheid 3 Mei 2023 03.05.2023

Die nuutste ablasie-tegnologie om atriale fibrillasie te behandel, antistolmiddels en die ChadsVasc Score word alles ingespan om jou brein teen beroerte te beskerm. Vind uit wat is die jongste verwikkelings, hoe werk die tegnologie en werk dan jou eie risiko-puntetelling uit.

Gesondheid 26 April 2023 25.04.2023

Behandeling van atriale fibrillasie, ’n algemene hartritme-defek wat tot beroertes en hartversaking kan lei, gaan vinnig vooruit. Nuwe tegnologie is nou vinniger en veiliger as voorheen. Dit veroorsaak ook dat hittetegnologie nie meer in die behandeling van nuwe pasiënte met AF gebruik behoort te word nie.

Gesondheid 19 April 2023 19.04.2023

Ystertekorte in tienermeisies, swanger vroue en mense met hartversaking is baie algemeen, maar moet met baie groter sorg en bewustheid gediagnoseer en behandel word as jy skade aan jou eie brein, die ongebore baba en die reeds verswakte hart van mense in hartversaking wil voorkom. Dokters moet ook meer aandag aan die diagnosering van ystertekorte gee. Ysteroorlading en die gebruik van EPO (Lance A...

Gesondheid 12 April 2023 12.04.2023

’n Ystertekort móét behandel word, want te lae ystervlakke het ’n impak op veral jou brein en hart, en op ’n ongebore baba. ’n Derde van tienermeisies het ’n ystertekort en benodig behandeling. Hoe werk die verband tussen yster, jou bloed en suurstof? Wat is die oorsake, simptome en behandeling?

Gesondheid 5 April 2023 05.04.2023

Oorgewig skakel skadelike prosesse in jou liggaam aan en dryf die groot toename in nie net diabetes nie, maar ook lewervervetting, pankreatitis en pankreaskanker. Jy kan jou risiko verlaag. Daar is ook nuttige wenke vir die versorging van pasiënte met demensie.

Gesondheid 29 Maart 2023 29.03.2023

Is vitamien-gevulde dieet-gummies ’n blink idee vir gewigsverlies? Lewervervetting, pankreatitis en pankreaskanker is vinnig aan die toeneem. Wat is die verband tussen dié probleme met die lewer en pankreas en oorgewig?

Gesondheid 22 Maart 2023 22.03.2023

’n Tiener en 'n jongmens kan nie help nie dat hulle gedrag riskant is sonder veel insig, en hulle eerder hulle vriende wil aanhang as hulle gesinne. Hoekom ontwikkel hulle breine só? Wanneer is jou brein ontwikkel genoeg vir volwasse gedrag? En kan jy jou brein skerper slyp?

Gesondheid 15 Maart 2023 15.03.2023

Hoe ontwikkel die mens se brein? Het jy geweet dat alle neurone in die embrio se brein binne vier weke ná bevrugting ontwikkel is? En dat een deel van die brein na die ander oopgestel word vir ontwikkeling soos wat die baba, die kleuter, die tiener en die volwassene dit nodig het vir oorlewing? En dat die ontwikkelende brein baie vatbaar is vir skade?

Gesondheid 8 Maart 2023 08.03.2023

Om te sterf is stil. Marí Hudson gesels met ’n palliatiewe sorg-spesialis oor die laaste paar dae van lewe, oor die fases van dood, die opflikkering kort voor dood en die sien van gestorwe geliefdes voor die stil uitblaas van die laaste asem.

Listen to the Gesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.