RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 14 Februarie 2024 14.02.2024 25:17
In ‘n nuwe wending met ingewikkelde rugoperasies, het twee Suid-Afrikaanse ortopede ‘n rugoperasie wat van die voorkant én agterkant gedoen word, anders aangepak om dit veiliger en beter vir die pasiënt te maak. Mari Hudson het meer inligting.
Gesondheid 7 Februarie 2024 07.02.2024 25:39
Mari Hudson kyk na die nuutste behandeling van ‘n goedaardige vergrote prostaat, na aanleiding van Koning Charles III se prostaatkankerdiagnose. Ons vind meer uit oor ‘n nuwe wending in ingewikkelde rugoperasies nadat twee Suid-Afrikaanse ortopede die eerstes in die wêreld geword het wat ‘n rugoperasie wat van die voor- én agterkant gedoen word, anders aangepak het om dit veiliger en beter vir die...
Gesondheid 31 Januarie 2024 31.01.2024 25:44
Turkye is deesdae ‘n gewilde toevlugsoord vir mediese toeriste, veral vir plastiese en bariatriese chirurgie. Die aanbiedings is ook vir Suid-Afrikaners aanloklik. Watter vrae moet jy vra voordat jy hierdie chirurgie in die buiteland, en selfs in Suid-Afrika, oorweeg? Is daar goeie lande en slegte lande betreffende hierdie soorte chirurgie? Mari Hudson vind uit.
Gesondheid 24 Januarie 2024 24.01.2024 26:25
Die opstellers van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet maak beloftes wat nie eens oor 30 jaar kan realiseer nie. Hulle maak ‘n groot denkfout as hulle dink dat private pasiënte se mediese fondspremies bloot in die NGV-fonds inbetaal kan word, of dat belasting verhoog kan word om dit te finansier, of dat huidige private pasiënte die reg tot private gesondheidsorg en private finansiering deur m...
Gesondheid 17 Januarie 2024 17.01.2024 24:00
Die opstellers van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet het geen finansiële kosteberekenings gedoen nie, want dan sou hulle self die publiek moes meedeel dat die plan onbekostigbaar is. Die NGV-fonds word bloot geskep vir plundering. Voorts is die wet op verskeie maniere ongrondwetlik. Hofsake sal volg die oomblik nadat Pres Ramaphosa die wet onderteken. In die derde episode in ‘n reeks oor di...
Gesondheid 10 Januarie 2024 10.01.2024 25:57
Hoekom is dokters en ekonome so bekommerd oor die implikasies van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet? In die tweede episode in ‘n reeks oor die implikasies van die wetgewing gesels Mari Hudson met ‘n verteenwoordiger van 25000 dokters en ander gesondheidslui en ‘n gesondheidsekonoom.
Gesondheid 3 Januarie 2024 03.01.2024 24:59
Wat behels die Nasionale Gesondheidsversekeringswet wat bloot op die handtekening van Cyril Ramaphosa wag? Hoekom is dokters en ekonome so bekommerd oor die implikasies van die wet? Gaan dit dan nie maklike toegang tot baie goeie gesondheidsdienste lewer nie? In die eerste in ‘n reeks oor die implikasies van die wetgewing gesels Mari Hudson met ‘n dokter wat namens sowat 25000 dokters en ander ges...
Gesondheid 27 Desember 2023 27.12.2023 22:24
Dokters moet aan besliste en spesiefieke etiese optrede voldoen. Maar wat van die pasiënt? Wat mag die dokter van die pasiënt verwag? Is jy ‘n ideale pasiënt, ‘n loskop-pasiënt, 'n volstruis-pasiënt of ‘n buffel-pasiënt? Kom toets jouself. Wat sal jou reaksies op sekere situasies die beste beskryf? vra Marí Hudson.
Gesondheid 20 Desember 2023 20.12.2023 25:47
Navorsing is aan die gang om op ’n nuwe manier antwoorde te vind om antibiotika-weerstandinge bakteriële infeksies te behandel. Tuberkulose is een van die belangrikstes in Suid-Afrika. Die oplossing lê moontlik in bakteriofaag-behandeling. Wat is bakteriofage en hoe kan dit ingespan word teen bakterieë? Marí Hudson het gaan uitvind.
Gesondheid 13 Desember 2023 13.12.2023 24:17
Wat is epilepsie? Kan ’n mens dit ontgroei? Kan jy jou tong insluk tydens ’n aanval? Hoe gevaarlik is ’n epileptiese aanval? ’n Neuroloog gesels meer oor die elektriese storms in jou brein.
Gesondheid 6 Desember 2023 06.12.2023 25:14
Kan ’n bystaander ’n lewe red op ’n ongelukstoneel? Wat is die belangrikste: dat die beseerde kan asemhaal of dat sy hart klop? Hoe besluit ’n dokter watter traumabeseerde om eerste te behandel? Wat beteken dit as iemand ‘uitbloei’? En watter skade rig ’n koeël aan?
Gesondheid 29 November 2023 29.11.2023 23:59
Hoe het die nieroorplanting waaroor ons verlede week gewag het, afgeloop? Mari Hudson gesels met die nier ontvanger Elna Durr en haar nierskenker Allison Griffiths, en ook met die ontvanger Pieter-Jans Durr en sy skenker.
Gesondheid 22 November 2023 22.11.2023 24:09
Retinitis pigmentosum, nierversaking, nieroorplantings, bipolêre gemoedsversteuring, boeliegedrag, die uitwerking van diereslagting op die slagter se gemoed. Kom vind uit hoe al dié aspekte verweef is. Mari Hudson gesels met ’n gesin van Malmesbury.
Gesondheid 15 November 2023 15.11.2023 22:17
Wat is bewuste sedasie? Hoe verskil ’n epidurale verdowing van ’n spinale verdowing? Wanneer is ’n pynblok voldoende?
Gesondheid 8 November 2023 08.11.2023 25:36
Het jy geweet ’n narkosemiddel is eintlik ’n pakket van middels wat jou aan die slaap maak, jou pyn verlig en jou spiere verslap sodat jy nie kan beweeg tydens ’n delikate operasie nie? Wat monitor die narkotiseur voortdurend by die kop van die pasiënt? Hoe weet die narkotiseur om meer of minder narkosemiddels toe te dien? En kan die pasiënt dalk wakker word op die teatertafel?
Gesondheid 1 November 2023 01.11.2023 25:03
Kan ’n middel soos dagga en Tik ’n psigose soos skisofrenie aanskakel? Wat is ’n psigose? Hoekom is ’n jong brein so vatbaar vir die aanskakeling, wat selfs hulle IK kan verlaag? Kan die psigose weer afgeskakel word as die jongmens ophou om die middels te gebruik?
Gesondheid 25 Oktober 2023 25.10.2023 25:30
Skielike kardiale dood in jonger mense het meestal niks te doen met ’n hartaanval of bloedvatsiekte nie. Ons vind meer uit oor Skielike Kardiale Dood, en hoekom ’n hart wat hopeloos te vinnig klop, noodlottig kan wees.
Gesondheid 18 Oktober 2023 18.10.2023 25:15
Hoe verskil Alzheimer se siekte van ander soorte demensie? Wat loop verkeerd in die brein? Waar staan die wetenskap in die verstaan en behandeling van Alzheimers? Kan Alzheimer se siekte jou dood kos? Kan goeie slaappatrone help teen dié soort demensie?
Gesondheid 11 Oktober 2023 11.10.2023 25:46
Jy is oorgewig en wil gewig verloor. Jy verloor 5 kg en dan steek alles vas. Hoekom? Kom vind uit hoe werk die fisiologie van oorgewig en gewigsverlies, want twee nuwe middels sal in die toekoms help om die foutiewe metaboliese bane in jou liggaam te help herstel.
Gesondheid 4 Oktober 2023 04.10.2023 25:21
Wat is die jongste benadering tot die behandeling van gewigsverlies vir oorgewig mense? Kan ’n nuwe middel wat binnekort ook in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, dalk baie gevalle van bariatriese chirurgie vervang?
Gesondheid 27 September 2023 27.09.2023 26:48
’n Rugoperasie om ‘n fusie te doen, of die drukking weens ’n lekkende tussenwerwelskyfie te herstel, kan nou deur twee klein sleutelgat-snytjies gedoen word. Jy gaan enkele ure later huis toe en beweeg asof niks gebeur het nie! En jy kan agt dae later weer begin oefen. Dié soort operasie word nou ook in Suid-Afrika gedoen.
Gesondheid 20 September 2023 20.09.2023 21:35
In die tweede program in 'n kort reeks oor sarkoom, kyk ons na geteikende- en immunoterapie en die kans op herstel. Daar is baie vorms van dié sagteweefsel-kanker, wat veral tieners en jong volwassenes se lewe kan ontwrig.
Gesondheid 13 September 2023 13.09.2023 25:43
Wat is sarkoom, die kanker wat veral tieners en jong volwassenes se lewe kan ontwrig? Wat is die tekens? Waar kom dit vandaan? Hoe doeltreffend is die behandeling? In die eerste program in ’n kort reeks, verken ons in Kinderkanker-bewustheidsmaand dié kankersoort.
Gesondheid 6 September 2023 06.09.2023 22:06
Baie vroue wil nie daaroor praat nie, maar sukkel met blaaslek. Maar soos die uroginekoloë sê: Nappies are for babies, not for ladies. Daar is twee soorte blaaslek, en daar is hulp vir enige van dié twee vorms.
Gesondheid 30 Augustus 2023 30.08.2023 22:18
Die diabetesmiddel, Ozempic, kan oorgewig mense help om gewig te verloor. Is daar slaggate, en is dit ooit in die regte dosering vir gewigsverlies? En kan die nuwe middel wat nierversaking so dramaties kan vertraag, vir mense in laatstadium nierversaking of diegene reeds op dialise, voorgeskryf word?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.