RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 7 Augustus 2024 07.08.2024 17:40
Die debakel in die bokskryt in Parys by die Olimpiese Spele, het weer vroue wat ‘anders seksueel ontwikkel’ in die kollig geplaas, en baie onkundigheid onder die publiek ten toon gestel. Waar pas dié vroue in, en het hulle ‘n prestasievoordeel bo ander vroue?
Gesondheid 31 Julie 2024 31.07.2024 23:00
Moet mens op hol raak as ‘n nodule op jou tiroïed vorm? Hoe stel dokters vas of dit kanker is? Wat is die jongste sienings oor die behandeling van tiroïed-nodules en -kanker?
Gesondheid 24 Julie 2024 24.07.2024 23:58
‘n Klein skoenlappervormige klier in jou nek bepaal hoe vinnig of stadig jou metabolisme is, en het ‘n uitwerking op jou harttempo en hoe moeg jy voel. Ons praat in die eerste program in ‘n reeks van twee, oor dinge wat verkeerd kan loop met jou skildklier, en hoe dit behandel kan word.
Gesondheid 17 Julie 2024 17.07.2024 22:09
In die Tour de France word fietsryers tot die uiterste beproef. Is hierdie skraal en taai fietsryers superatlete? Wat is die eienskappe van die top Tour-fietsryers? Kan enigeen wat hard oefen, ‘n Tour-wenner word? Is daar steeds ‘n donker kant aan dié en ander fietstoere, of is dit beslis dwelmvry? Mari Hudson praat hieroor met die gerekende sportwetenskaplike, dr. Ross Tucker.
Gesondheid 10 Julie 2024 10.07.2024 21:38
‘n Suid-Afrikaanse navorser het pas ‘n toekenning van die Oppenheimer Stigting ontvang om sy navorsing voort te sit, nadat hy die verband tussen HIV positiewe swanger vroue wat anti-retrovirale medikasie ontvang, premature kraam, en ‘n spesifieke molekule gevind het. Vroeë identifisering van die risiko-vroue en doeltreffende behandeling kan uit verdere navorsing voortvloei. Mari Hudson praat met p...
Gesondheid 3 Julie 2024 03.07.2024 24:16
Die dood van ‘n 17-jarige Graad 11-leerder van die Paarl, nadat sy tien ure in die ongevalle-afdeling van ‘n staatshospitaal moes wag, laat baie vrae ontstaan, want haar geval is ongelukkig nie uniek nie. Word ons triage-stelsel reg toegepas? Waar sluip die foute in? Hoekom? Mari Hudson praat hieroor met ‘n traumachirurg.
Gesondheid 26 Junie 2024 26.06.2024 20:48
Dit is nou moontlik om baie pasiënte met hartversaking of linkerbondeltak-blok ‘n beter lewe te gee. ‘n Nuwe soort pasaangeër, waar die hart se eie geleidingsweefsel gestimuleer word, pleks van die hartspier, word nou as die goue standaard vir pasaangeërs beskou.
Gesondheid 19 Junie 2024 19.06.2024 23:52
Hartversaking, siek-sinus-sindroom en AV-bondel-blok is drie van die hartprobleme wat die hart te vinnig of te stadig laat klop. Pasiënte se behandeling kan sluit die uitskakeling van oorsake, medikasie en ‘n pasaangeër insluit. In deel 1 van dié kort reeks, vind ons uit wat behels hartversaking, siek-sinus-sindroom en AV-bondel-blok.
Gesondheid 12 Junie 2024 12.06.2024 24:17
Baie mense (veral mans) loop vir jare met lies- of ander breuke, en druk net elke keer die uitstulping of breuksakkie terug. Maar die risiko is deurentyd hoog dat ’n stukkie van dunderm of dikderm vasgeknyp kan word en afsterf. Dit kan tot ernstige komplikasies lei. Chirurgie moet eerder vroeër as later gedoen word. Ons stel ook vas hoekom ’n deel van die dunderm saam met die kop van die pankreas...
Gesondheid 5 Junie 2024 05.06.2024 20:05
Hoe gou nadat jy griep of Covid gehad het, kan jy weer oefening doen? Hoe lank duur lang-Covid? Hoe werk die griepinenting? Is dit te laat in die winter om dit te kry?
Gesondheid 29 Mei 2024 29.05.2024 23:57
Baie mense is op die oomblik in ’n waaksorgeenheid in ’n hospitaal weens ’n wintervirus. Daar is griep, varkgriep, Covid, RSV om net vier te noem. Hoe ken mens dit uit? Moet jy weet watter virus dit is? Word dit verskillend behandel? Help antibiotika?
Gesondheid 22 Mei 2024 22.05.2024 23:47
Hoekom word net die helfte van alle traumapasiënte wat ‘redbaar’ is, wel gered? Het die groot traumalading iets hiermee te doen? Hoekom is ‘stomp’ beserings soos in ’n konstruksie- of voertuigongeluk, gevaarliker as ‘skerp’ beserings soos ’n messteek? Wat is die moets en moenies op ’n ongelukstoneel? Hoe word ongevallepasiënte geklassifiseer as rooi, geel of groen, en wat beteken dit? Mari Hudson...
Gesondheid 15 Mei 2024 15.05.2024 23:57
As ’n beseerde persoon onder die puin van ’n ineengestorte gebou uitgehaal word, is die stryd om sy lewe nog nie afgehandel nie. Dokters moet dan veg teen ‘crush’-sindroom. Hoe kan ‘n vasgepende arm of been tot skielike nierversaking lei, of tot ‘n hartstilstand en die dood? Verskeie ingewikkelde metaboliese prosesse word aangeskakel as spiere deur ‘stomp’-beserings beskadig word. Mari Hudson gese...
Gesondheid 8 Mei 2024 08.05.2024 22:10
Met kanker in die gesig wat toeneem, moet al meer rekonstruksie-chirurgie gedoen word om die kake, tong, lippe, neus en ander dele van die gesig waar die kanker weggesny moes word, weer op te bou. Mari Hudson gesels met ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg wat baie betrokke is by dié opbou-chirurgie.
Gesondheid 1 Mei 2024 01.05.2024 23:33
Wat is die oorsake van die toename in kanker in die gesig, mond en keel wat al hoe meer rekonstruksie-chirurgie noodsaak? Wat is die alarmsimptome, en hoe kan jy verseker dat dit vroeg opgespoor word? Mari Hudson gesels met ’n oor-, neus- en keelkankerspesialis voordat sy volgende keer verder met ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg gesels oor die opbou-chirurgie.
Gesondheid 24 April 2024 24.04.2024 23:34
Met kanker in die gesig wat toeneem, moet al meer rekonstruksie-chirurgie gedoen word om die kake, tong, lippe, neus en ander dele van die gesig, waar die kanker weggesny moes word, weer op te bou. Het jy geweet dat kakebene opgebou word uit een van die onderbene? Of dat elke deel wat oorgeplant word, se bloedvate met mikrochirurgie aan oorblywende bloedvate in die kop en nek geheg word? Mari Huds...
Gesondheid 17 April 2024 17.04.2024 23:33
Ons ken die advertensie waar FAF de Klerk in ’n klein ysbad sit. En om soggens vroeg in yskoue seewater te swem, is gewild. Watter uitwerking het ysbaddens of swem in koue water op jou liggaam? Kan dit spiere help om te herstel? ’n Ysbad of swem in koue water het onverwagte voordele. Mari Hudson praat met ’n sportwetenskaplike.
Gesondheid 10 April 2024 10.04.2024 24:09
Prinses Catherine van Brittanje se kankerdiagnose plaas die siekte weer in die kollig, veral omdat studies wys dat kanker onder jongmense besig is om toe te neem. Hoekom neem dit toe? Word genoeg gedoen om kanker onder jonger mense vroeg op te spoor? Help vroeë opsporing jou kans op oorlewing? Laat alle chemoterapie jou hare uitval? Wat is voorkomende chemoterapie? Mari Hudson praat met ’n onkoloo...
Gesondheid 3 April 2024 03.04.2024 23:27
Het jy geweet dat as die pasiënt tot 18 grade Celsius afgekoel word, die hartlongmasjien vir tot 45 minute afgeskakel kan word sodat die hartchirurg ’n aneurisme kan herstel? Hoe koel jy ’n pasiënt af tydens ’n hartoperasie? Hoe lank kan die brein sonder suurstof wees sonder afkoeling? Hoekom word die pasiënt so stadig van die hartlongmasjien gespeen ná ’n hartoperasie? Mari Hudson praat met ’n pe...
Gesondheid 27 Maart 2024 27.03.2024 24:16
Het jy geweet jy het meer as 100 triljoen bakterieë in jou ingewande? As dié bakterieë nie reg werk en in die perfekte balans is nie, kan jy allerlei siekteprobleme ontwikkel. Moet jy aanhoudend probiotika drink, of hoe gemaak? ‘n Gastro-enteroloog vertel meer aan Mari Hudson.
Gesondheid 20 Maart 2024 20.03.2024 25:11
Wat is aflatoksien, en hoekom word so baie produkte wat verwerkte grondboontjies bevat van die winkelrakke onttrek? Hoe kan ‘n middel wat een maal ‘n jaar toegedien word, jou ‘n jaar lank teen osteoporose beskerm? Hoekom behoort ortopede alle pasiënte wat ‘n heup- of rugfraktuur opdoen sonder dat hulle in ‘n groot ongeluk was, te verwys vir osteoporose behandeling? Marí Hudson het die antwoorde ga...
Gesondheid 13 Maart 2024 13.03.2024 20:52
Kan ‘n mens van ‘n Sagmoedige Sandra in ‘n Moordenaar Esther verander? Is daar iets soos alters in die regte lewe, of net in sepies en flieks? Is daar iets soos Dissosiatiewe Identiteitsteurnis, en hoe werk dit? Mari Hudson praat met ‘n psigiater om uit te vind.
Gesondheid 6 Maart 2024 06.03.2024 24:26
Met ‘n instrument wat baie presies op die regte plek in jou hart se linker ontvangkamer geplaas word, word elektriese pulse blitsig, maar akkuraat, gevuur teen ‘n elektriese lading só spesifiek vir hartspierselle dat slegs dié selle sterf en geen ander selle nie. Mari Hudson gesels met ‘n hartritme-spesialis oor die jongste tegnologie om Atriale Fibrillasie, die algemeenste hartritme-defek in mens...
Gesondheid 28 Februarie 2024 28.02.2024 23:54
Ná ‘n harde hou teen die kop, soos ‘n klap in ‘n kragklap-kompetisie, bons en stamp die grys- en witstof in jou brein rond in jou skedel soos rooi en geel jellie in ‘n harde bak. Neurone kan skeur as jou kop tol ná ‘n kragklap, en boonop kan elektrolietveranderings elke senuvesel nog meer breekbaar maak vir groter skade met die tweede klap in kragklapkompetisies. Die risiko vir harsingskudding en...
Gesondheid 21 Februarie 2024 21.02.2024 23:48
Kragklap-kompetisies is baie gewild in Amerika. In Suid-Afrika het dit ook posgevat, met mans en vroue wat deelneem. Die deelnemers staan doodstil sodat die teenstander hom of haar op die wang kan moker met ‘n kragtige plathand-klap. Wat gebeur met die brein as die kragklap die kop tref? Rugby probeer harsingskudding voorkom, en kragklap-kompetisies probeer harsingskudding veroorsaak. Mari Hudson...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.