RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 5 Februarie 2025 05.02.2025 24:18
Het die oorlewingsyfer van kanker verbeter? Watter kankers is nou meer behandelbaar, en watter reageer swak op behandeling? ‘n Chirurg wat met kankerpasiënte werk, en vier pasiënte, vertel van hulle reis met kanker.
Gesondheid 29 Januarie 2025 29.01.2025 22:20
Die feit dat vetsug nou as ‘n aparte siekte beskou word, hou voordele vir pasiënte in, aangesien mediese fondse nou vir die behandeling van vetsug sal betaal. Dit kan dié fondse geld spaar omdat skraler mense waarskynlik minder tipe 2 diabetes, hartaanvalle en verskeie ander obesiteitverwante siektes kan kry. Ons kyk ook na Tik-Tokkers wat swartmark Ozempic bemark.
Gesondheid 22 Januarie 2025 22.01.2025 24:03
Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se voorste metaboliese en vetsugkenners. Hoekom kyk kenners nou na vetsug as ‘n aparte siekte? En hoe kan dit pasiënte help?
Gesondheid 15 Januarie 2025 15.01.2025 21:58
‘n Vroeggebore baba is ‘n baba onder konstruksie, en baie dinge kan skeefloop. In deel 2 van 'n kort reeks fokus ons op die oorsake, risikogroepe, moontlike langtermyngevolge en voorkoming.
Gesondheid 8 Januarie 2025 08.01.2025 23:05
‘n Baba wat vóór of op 37 weke swangerskap gebore word, is ‘n vroeggebore of premature baba. Dié babas is nog ‘onder konstruksie’ en al hulle organe en stelsels is nog nie volledig ontwikkel nie. Hoe vroeër ‘n baba gebore word, des te groter is die risiko dat iets skeef kan loop. ‘n Pediater van die Tygerberg Neonatale eenheid vertel wat veral met die brein, longe, niere en dermkanaal skeef kan lo...
Gesondheid 1 Januarie 2024 01.01.2025 23:01
Diabetes, oorgewig en Ozempic het baie mense aan die praat. Mari Hudson som die belangsrikste aspekte op, wat vanjaar aan die lig gekom het. Sy praat opsommerderwys oor swartmark-Ozempic, nuwe rugoperasies, hartlongmasjiene, ysbaddens, kragklappe, oogprobleme en meer.
Gesondheid 18 Desember 2024 18.12.2024 24:32
Adrenalien-junkies sal hierdie vakansie sekerlik ‘n reksprong of twee, ‘n foefieslaaidrit of ‘n ander waagmoedige of opwindende aksie aanpak. Maar waar kom die adrenalien in die liggaam vandaan, en hoe weet die liggaam om meer vry te stel in sekere situasies? Ons kyk na die fisiologie van adrenalien, noradrenalien, die veg-en-vlug-reaksie, kortisol en stres.
Gesondheid 11 Desember 2024 11.12.2024 21:45
Hoe siek moet mens nie voel as jy verlig is om te hoor jy is op die lys vir ‘n dubbel-longoorplanting nie? Wat behels die lewe ná ‘n dubbel-longoorplanting? Anchen van Dyk, wat ses jaar gelede op 22-jarige ouderdom ‘n longoorplanting gehad het, vertel meer.
Gesondheid 4 Desember 2024 04.12.2024 21:50
“Ek het elke dag gevoel ek verdrink,” vertel Anchen van Dyk, eienaar van ‘n velsorgkliniek. Sy het ses jaar gelede ‘n dubbele longoorplanting ondergaan. Ons vind uit hoe dit vóór die oorplanting was, en hoe dit nou met haar gaan.
Gesondheid 27 November 2024 27.11.2024 22:14
Mari Hudson praat met ‘n pediater en Suid-Afikaanse hoof van mediese dienste vir Dokters Sonder Grense. Sy het pas van Libanon teruggekeer, en vertel van die situasie daar.
Gesondheid 20 November 2024 20.11.2024 21:27
Neem jy genoeg verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid?. Gaan jy gereeld vir jou jaarlikse, tweejaarlikste of vyfjaarlikse siftingstoetse? Mari Hudson praat met ‘n internis oor ‘n groep dokters se aanslag om groter klem te plaas op voorkomende gesondheid.
Gesondheid 13 November 2024 13.11.2024 21:32
Een uit drie mense het vetterige lewersiekte, al weet hulle dit nie. Dié siekte vuur hartsiektes en diabetes aan, en móét behandel word as jy nie jare van jou lewe wil inboet nie. Die doeltreffendste behandeling is om 15 kg gewig te verloor as jy oorgewig is. Mari Hudson praat ‘n internis in die vierde en laaste episode in die reeks oor diabetes.
Gesondheid 6 November 2024 06.11.2024 21:32
Hoekom is oorgewig so gevaarlik? Hoekom sukkel mens om gewig te verloor? Hoekom moet swartmark Ozempic vermy word? Hoekom moet hierdie soort middels lewenslank geneem word? Hierdie vrae word beantwoord in die derde episode van ons reeks oor die jongste sienings oor die behandeling van diabetes.
Gesondheid 30 Oktober 2024 30.10.2024 23:28
Jy is pas met borskanker gediagnoseer. Wat nou? Chirurg toe of onkoloog toe? Mari Hudson praat met ‘n onkoloog in deel 2 van ‘n kort reeks oor borskanker.
Gesondheid 23 Oktober 2024 23.10.2024 24:08
Kan ‘n radioloog ‘n knop op ‘n mammogram sien voordat ‘n vrou dit kan voel? Hoe onderskei ‘n radioloog tussen ‘n kankerknoppie, fibrotiese weefsel en ‘n sist in 'n bors? Het jy geweet dat daar minstens vier verskillende soorte borskanker is, en dat elkeen se behandeling anders is? Mari Hudson vind meer uit by ‘n radioloog en ‘n onkoloog in deel 1 van ‘n kort reeks oor borskanker.
Gesondheid 16 Oktober 2024 16.10.2024 23:04
In deel 2 van ons reeks oor die jongste oor diabetes-behandeling, fokus ons op oorgewig as die sneller van diabetes en ander siekteprobleme.
Gesondheid 9 Oktober 2024 09.10.2024 24:03
Ons vind uit wat jy self kan doen om te keer dat jy blind word weens diabetes. En in deel een van ‘n reeks oor die jongste nuus oor diabetesbehandeling, stel ons vas hoe diabetes en oorgewig verskeie ander siekteprobleme kan sneller.
Gesondheid 2 Oktober 2024 02.10.2024 23:37
Is jy een van die diabetes-pasiënte wat nalaat om elke jaar vir jou oogondersoek te gaan, omdat jy nog goed kan sien of omdat jy reeds swak sien, en niemand kan jou help nie? Jy maak ‘n reuse fout, want vroeë opsporing kan jou sig red, en selfs vir mense met swak sig kan verdere agteruitgang gekeer word. Mari Hudson praat met ‘n oogarts om meer uit te vind.
Gesondheid 25 September 2024 25.09.2024 22:15
Ketamien kan lewens red, maar dit kan ook lewens verwoes. Indien dit in die regte dosis onder ‘n psigiater se toesig as kortstondige noodbehandeling vir behandelingsweerstandige depressie gegee word, kan dit ‘n lewe verander en red. Maar om dit op aanvraag by klinieke en op die swartmark te gebruik, lei tot verslawing met ernstige gevolge.
Gesondheid 18 September 2024 18.09.2024 23:08
Die jongste gonswoord in knievervangings is kinematiese belyning. Hoe werk dit? Is dit beter as ander metodes? Hoekom is dit beter? Mari Hudson praat met ‘n ortopeed om meer uit te vind.
Gesondheid 11 September 2024 11.09.2024 19:33
Wat het radioloë met die behandeling van chroniese pyn te doen? Intervensie-radioloë kan nou chroniese pyn baie doeltreffend behandel, omdat hulle skanderings inspan om die pynblokke en inspuitings presies op die regte plek toe te dien. Mari Hudson praat met ‘n radioloog om meer uit te vind.
Gesondheid 4 September 2024 04.09.2024 25:20
Hoe kan tegnologie help in die opsporing en behandeling van psigiatriese probleme? Hoe gemaak as net 30% van die geestesgesondheidsinligting op TikTok korrek is? En hoe het private inisiatief in die Wes-Kaap gehelp om honderde kinders uit agtergeblewe gemeenskappe se ADHD te diagnoseer, soveel so dat Australië lesse hieruit wil leer?
Gesondheid 28 Augustus 2024 28.08.2024 24:25
Swartmark semiglutide, wat deur ‘n Suid-Afrikaanse medisyne-samesteller vervaardig word, word links en regs sonder 'n doktersvoorskrif deur gim-instrukteurs en ander leke uitgedeel aan vroue wat wil maer word. Daar word aan hulle gesê dis “soos Ozempic.” Die Suid-Afrikaanse Owerheid vir die Regulering van Gesondheidsprodukte (SAHPRA) waarsku dat hierdie ‘nagemaakte’ Ozempic ‘n ander draer-molekule...
Gesondheid 21 Augustus 2024 21.08.2024 25:59
Heruitsending: ’n Middel wat oorspronklik vir die behandeling van diabetes ontwikkel is, én voordele vir jou hart inhou, kan voorts nierversaking dramaties vertraag én die tyd tot dialise met tot 15 jaar uitstel. Ons praat oor die jongste navorsingsbevindings en wat dit vir pasiënte beteken.
Gesondheid 14 Augustus 2024 14.08.2024 22:46
Kan ‘n plakker jou stamselle verander én jou jonger maak, gewig laat verloor en jou reumatoïede artritis genees? En dit het onder ons aandag gekom dat nagemaakte Ozempic op die swartmark deur gim-instrukteurs verkoop word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.